Grondgrype in Stilfontein gaan voort

Foto: Verskaf

Honderde grondbesetters drom steeds saam op ʼn stuk staatsgrond in Stilfontein waar hulle sedert Sondagmiddag begin erwe uitmeet het.

Volgens Pieter du Preez, veiligheids- en takvoorsitter van AfriForum van Stilfontein, is die situasie eintlik onveranderd van Sondag af en staan mense net rond. “Daar is nog geen strukture opgerig nadat die grond skoongevee en erwe uitgemeet is nie.” Gras op die stuk grond is vroeër aan die brand gesteek.”

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie monitor die situasie, maar hulle kan nie optree alvorens daar ʼn klag ingedien is nie. Volgens haar was daar nog geen voorvalle van geweld nie en is niemand al vir enige oortredings in hegtenis geneem nie.

Die grond behoort glo aan die staat. Volgens Du Preez strek die besetting nou al oor ʼn baie groot gebied.

Foto: Verskaf

Intussen drom daar steeds ook mense met uniforms wat lyk soos dié van munisipale werkers op die toneel saam. Daar is ook materiaal aangery met voertuie wat die munisipaliteit se kenteken op het. Die Matlosana-munisipaliteit kon sedert gister nog glad nie vir kommentaar bereik word nie.

Fanie du Toit, onderleier van die VF Plus in Noordwes, het gesê die grondbesetting blyk ʼn “oënskynlik georkestreerde aksie” te wees. “Die besetters het met die hulp van munisipale amptenare erwe begin uitmeet en afbaken. Munisipale trokke is gesien wat pale en pype vir die mense aangery het om erwe mee af te baken.”

Du Toit het gesê VF Plus-parlementslede, ʼn VF Plus-wetgewerlid asook plaaslike VF Plus-raadslede, monitor die situasie saam met die polisie en die AfriForum-buurtwag

Foto: Verskaf

“Die VF Plus het ook reeds klagte by die Matlosana-raad ingedien oor die onwettige misbruik van munisipale eiendom en vereis onmiddellike sterk optrede teen die betrokke amptenare wat die besetters gehelp het.”

Erns Kleynhans, ʼn VF Plus-wetgewerlid in Noordwes, het die aangeleentheid met die LUR vir openbare werke opgeneem en het versoek dat die provinsiale regering onmiddellike stappe doen om die onwettige grondbesetting stop te sit.

“Die VF Plus het vasgestel dat die betrokke grond wel staatsgrond is, maar dat Transnet ook ʼn serwituut op die grond het vir ʼn pypleiding wat oor die grond loop. Die polisie kan daarom eers verdere stappe doen indien die staat as eienaar van die grond ʼn klag teen die besetters indien.

“Weens die diensleweringsprobleme wat reeds ondervind word, sal die owerhede vinnig in hierdie geval moet optree, aangesien die besetting ʼn wesenlike bedreiging inhou vir die volhoubare voortbestaan van Stilfontein.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Schalla ·

Ek wonder of die polisie sal optree as hulle sien hoe ‘n oortreder iemand met ‘n mes aanval, alvorens die slagoffer ‘n klag ingedien het? My magtig in sekere gevalle is dit so ooglopend iets onwettigs is aan’t gebeur en hulle moet eintlik “optree” en nie meer net “monitor” nie.

Martin ·

My magtig….hou op om die polisie so die heeltyd te wil aanval. Gaan vergewis jouself eers oor die wettiglike aspekte oor wanneer die polisie in so geval mag optree.

sweis ·

Die polisie wil net rondsit of niksdoen nie ,hulle is verantwoordelik vir misdaad bekamping maar die klomp monitor altyd net en die meeste se arogantheid ken geen perke volgens n statistieke opname gedoen onder suid afrikaanse burgers die mees korrupte departement in die staatsdiens

Lollie ·

Ja nee, van die verkiesing af het die EFF mos in Noordwes ingekom. Hier begin ons probleme nou. Hulle gaan maak en breek soos hulle wil. Wie staan die EFF teen? Hulle regeer mos. Oral wil hulle hulle sin hê.

Swannie ·

Moenie bekommerd wees nie, die Suid Afrikaanse Moniterings Eenheid ( ou SAPD) is op die toneel om die situasie dop te hou ( te moniteer)

Pieter ·

En wat gaan hulle maak nee wat ons moet ook begin grond gryp dit is al

Jerry ·

Wanneer dit polities georkestreerd is voel hulle n veer vir Stilfontein se volhoubare voortbestaan. Die polisie sal nie optree voordat die ANC politici so se nie. Inteendeel kan die ANC politici besluit dat daar glad nie opgetree sal word nie agv Afriforum se vervolging en vernedering van die parlement se ANC speaker! “Where is the FF the most vulnerable? There where they think they are the strongest. So then, lets show them how weak they really are, lets take their Stilfontein”!

GM ·

Dit laat my wonder of hul ook so sou staan en monitor tot ‘n klag ingedien sou word as ‘n ander rassegroep so begin erwe uitmeet het?

toppie ·

Almal monitor net, komaan VF+ doen julle verkiesings slagspreuk gestand en SLAAN TERUG!!!!. Ek woon in Stilfontein vir 59 jaar en laat ek julle almal vertel, politieke partye is almal eenders, MEER BEK AS BINNEGOED. Ek kan julle nou al se, almal trek nou net skouertjies op, want dit is nie hulle eiendom, veiligheid en situasie wat geraak word nie

fred ·

ja Toppie….niemand gaan hulle stop nie…hulle is met miljoene en het niks om te verloor nie…die Ff+ kan net op n mooi beskaafde manier protes aanteken, maar die EFF gee n flenter aan beskaafde gedrag,hulle het die massa aan hulle kant.
jammer maar nog n plakkerskamp in wording…wonder waar kom al plakkers vandaan? Hoeveel mense is daar in ZA?lyk my niemand weet

sweis ·

Fred daar is nie n party soos Ff+ nie en die mense soos ek wat DA gestem het moet hieruit leer en die volgende verkiesing vir die VF+ stem sodat hulle tande langer kan word om harder te kan byt.

wonder ·

Dit is staatsgrond? Kry hul dit hier reg, is die volgende staatsgrond die teiken. Hul gee mos nie om oor enigiets soos ashope en riool en kragstasies nie. Ek glo dai grond is vir n doel die staat sin?

Willehond ·

Ons het die land in sy glory in gemonitor! Anc kan trots wees, dis die eerste keer in die hele wereld waar iemand so iets reg kry in net 25 jaar! A good story to tell, sou ek se!

Cherokee ·

Suzette..!! Is jy ernstig!? 26 Myl of 26 meter? Jimmel, wat sê jul wyksverteenwoordiger daarvan? Watter munisipaliteit is dit? Begin by die gesondheidsinspekteur.

Adam ·

Cherokee, dit is vir my net so moeilik om sulke belaglikhede te glo, maar ongelukkig blyk dit dat aanvaarbare stadsbeplanningspraktyke by die venster uitgewaai het. Ironies genoeg is daar tans ‘n geskil in Brittanje waar ‘n ontwikkelling se rioolaanleg vir groepbehuising binne een van die wonings se tuine geplaas is. Hoe dit ook al sy, die regering sal hulle slap houding jeems grondgrype moet verander. Wat wel interressant sal wees is om te sien wat die VF+kan vermag.

sweis ·

@ Suzette ,daai rioolplaas sal so gesaboteer word die munisipaliteit sal n ander een moet bou of gewapende wagte daar plaaa dag en nag.

JMP ·

Hierdie is nog niks, my Broers het sommer my ouers se goed gegryp terwyl hul nog lewe.
Ook in Stilfontein.
Stilfontein heet nou Grypfontein!!

Zimba ·

Gee die mense grond, maar niks anders nie. Jy kan nie grond eet nie! Die gevolge van onbeheerde aanwas van mense is nou duidelik sigbaar. Liberation before education is besig om in die regering se gesigte te ontplof.

TDW ·

VF plus wen die munisipale verkiesing in Stilfontein. Die ANC wil nie hê dit moet weer gebeur nie.
Hulle het dieselfde gedoen in die Kaap.
Nou word daar gezondo oor staatskaping, maar dis juis die ANC wat die staat gekaap het.

Gert ·

Hierdie berig kan tog nie waar wees nie?
Het Cyril dan nie vir die hele wereld vertel dat so iets nie gebeur nie?
Maar moenie bekommerd wees nie – ek moniteer ook die situasie.

Dirk ·

VF julle moet een of ander tyd vir die kiesers kan wys dat julle nie net meer bek as binnegoed is nie. Julle het kiesers lekker opgesweep met selfbeskikkingsideale om te keer dat ons mense emigreer. Nou toe wys ons n bietjie hoe dit gedoen moet word. Wys dat die geskiedenis wat julle so graag aanhaal en die liedere nie net een groot verkiesingsfoefie was nie. Ons wag in spanning om te sien of julle hond haaraf gaan maak in Grypfontein! Ek twyfel sterk, ek voorspel dat julle beledigende houding teenoor mede Afrikaners en Suid Afrikaners gaan bars, maak nie saak watse verskonings julle agterna mee gaan uitkom oor hoekom julle niks kon vermag nie!

Cherokee ·

Dankie M. Moes nou eers aan Dr Google vra waar op aarde dìt is, toe sien ek dit is Klerksdorp Munisipaliteit se naam.

Aaaa ·

Mooi so vat land van die staat en los privaat eindom uit . Staat kan nie nou moun nie hulle bly grond belowe staat het mos baie grond so nou begin vir jou vot
ers Jou Staats eindom gee en los die boere wat vir ons kos en wol voorsien se grond uit probleem opgelos

Parlement ·

Ekt nou net bietjie zinkplate gegryp, n hammer, n koevoet en n gevaarlike tapelyn, kan iemand asb vir my directions gee hoe kom ek daar uit om gou vir my so n paar kilometres af te steek?

Dr P E van der Dussen ·

‘N ERNSTIGE BEROEP OP MAROELA EN SY LESERS: ONS BELEEF TANS ‘N UITERS ERNSTIGE TOESTAND IN DIE LAND! MAROELA EN ANDER NUUSDIENSTE MOET ERNSTIG BESIN OOR DIE BERIGTE WAT HULLE KEUR. PLAASMOORDE MOET STELLIG AANDAG KRY, POLITIEKE EN ALGEMENEMOORDDADIGHEID MAAR MET DEEGLIKE BESINNING OOR DIE WYSE VAN AANBIEDING DAT DIT NIE GEVOELENS OPWEK NIE. ONGELUKIG IS DIE KOMMENTAARTRANT DIKWELS (MEESTAL?) GESKREE IN ONAANVAARBARE SKELTAAL, SINLOOS EN ONKUNDIG. WAT DAARMEE BEREIK WORD IS WEERSIN EN VYANDIGHEID BY DIEGENE TEEN WIE DIT GERIG IS. DAAR IS SEKER GOEDGESINDES WAT KOMMENTAAR LEES MAAR AANSTOOT AAN TAALGEBRUIK NEEM SELFS AL STEM HULLE SAAM. MAAR EWE SEKERLIK IS DAAR ANDER (SELFS VYANDE) WAT DIE NUUSMEDIA FYNKAM EN ELKE EN ENIGE WOORD UITBUIT OM VYANDSKAP TE BEVORDER. ERGER: SULKE UITLATINGS AS LASTERLIK EN OPSWEPEND VOOR TE STEL WAT DIE TOESTAND IN DIE LAND VERERGER. EN DIE GOEIE VERHOUDINGE IN DIE SAMELEWING EN WOONKOMPLEKSE BESKADIG.
ONS WOON IN ‘N AFTREEOORD. ONS HET IN BYNA AGT JAAR NOG GEEN ONAANGENAAMHEDE OF SPANNING TUSSEN INWONERS EN PERSONEEL ERVAAR NIE. INTEENDEEL NET WAARAAN ONS AS OUMENSE GEWOOND WAS. MAAR AS EK OOR MY MOET LEES WAT SOMMIGE KOMMENTARE BEVAT…… JA’K!!!!!
LEES JAKOBUS SE SENDBRIEF. EERBIEDIG DIE TIEN GEBOOIE. BEDOEL DIE VYFDE BEDE VAN DIE HERE SE GEBED. EN ERKEN SOOS PAULUS: EK, ELLENDIGE MENS…….
DINK AAN ANDER SOOS JY WIL HE ANDER MOET AAN JOU DINK. EN LAASTENS: RIG JOU OPTREDE OP DIE BEDE: LAAT U KONINKRYK KOM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.