Grondgrypers buite Brits verwyder

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die sakeregtewaghond AfriSake het Maandag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die balju van Brits en die Rooimiere talle onwettige grondgrypers sowat 6 km buite dié dorp suksesvol verwyder.

Dit volg nadat AfriSake en drie aansoekers op 29 Junie vanjaar ’n tussentydse hofbevel in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria in dié opsig verkry het nadat daar op die grond van verskeie private eienaars toegesak is.

Volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, is hierdie ’n groot oorwinning vir eiendomsreg omdat dit ’n grondwetlike reg is en hierdie reg afgedwing moet word. Twee van die drie aansoekers is weduwees wat geen ander hulpbronne het nie en dus genoodsaak was om AfriSake vir die uitsetting van dié grondgrypers te nader.

Pieterse het gesê dat die uitsetting ’n uiterse suksesvolle operasie was waarin alle betrokke partye doeltreffend saamgewerk het.

AfriSake sal op 18 Augustus weer in die Noord-Gautengse hooggeregshof verskyn om die tussentydse hofbevel te bekragtig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Polisie julle moet nou dink aan opvolggeweld wat gaan volg na dit …dink daaraan toe

henry ·

Netjies Afrisake… iemand moet die reg toedien. As mense soos julle dit nie doen en die polisie verplig nie sal dit n golf van grondgrypers tot gevolg he!

Almerie ·

So so dankbaar uit eindelik gebeur maar twee weduwees geweldig gespanne een is my skoonsister omrede die grondgryper op ‘n stadium vandag 300 meter van haar woning was vandag en ook vergadering in lokasie gehou is en blykbaar wil grondgryper noj due boere in doe straat uitsorteer. Skoonsister het nou professionele wag gewapen gehuur vir 2 nagte om buite om haar erf omheining diens te doen. Kos arm en been, maar sy is geweldig bang is al aangeval in verlefe paar jaar terug en ongeveer 2 jaar terug het hul probeer in breek gelukkig van geluid wakker geskrik uitgestorm sonder wapen. Inbreker weg gekruip en toe sy terug in huus kom oor mes ens gestruikel wat hulle laat val het toe eers besef hulle so aangeval gewees het en sy is regtig wrak. Hoop polisie en alle nodige dienste gaan by patroleer en kyk dat arme mense nie aageval word nie. Alles so bitter onnodig en nou word jy as grond eienaar gedwing om grond te verkoop kan nie bekostig om aan grond te klou en jy verloor lewe. Mag God se Wil geskied!.

jaco ·

as afriforum nou regtig wil help, moet hulle so gou as moontlik n behoorlike heining om hierdie eiendom oprig. anders is die plakkers more maar net weer terug. ek weet waarvan ek praat: langs die buurt waar ek bly is daar soms n plakker in n tent. die stuk grond waarop hy plak is nie omhein nie. die kaapse munisipaliteit verwyder hom dan as ons inwoners lank genoeg kla. maar dis skaars twee weke en hy is maar weer terug

Spokie ·

Laat daar gespook word deur voorvadergeeste by grondgrypers, en laat slange op hulle neerdaal, dit is die taal wat hulle sal verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.