Die Gautengse polisie moes Saterdag ʼn skare met rubberkoeëls uitmekaar dryf nadat hulle probeer het om ‘n leë stuk grond tussen Pretoria en Johannesburg te beset.
A.o. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn groep van nagenoeg 100 mense het vroeër op ʼn oop stuk grond in die ooste van Diepsloot toegesak in ʼn poging om dit onwettig te beset.
“Van die mense het Ingwenyamaweg met bande wat aan die brand gesteek is en ander voorwerpe versper,” het Mavimbela gesê.
ʼn Groot polisieteenwoordigheid is na die gebied ontplooi. Die situasie was gespanne en die skare het deur die loop van die middag die polisie met klippe bestook, waarna die polisie met rubberkoeëls teruggeskiet het.
ʼn Vierjarige seun het ʼn besering aan sy bolyf opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Dit is nog nie duidelik wat sy besering veroorsaak het nie.
ʼn 36-jarige man is weens publieke geweld in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.
DAAR GAAN WEER GESE WORD DIE POLIESIE HET DIE KIND MET N RUBER KOEL GESKIET SO DAT DIE POLIESIE GE STOP MOET WORD
Stuur asb die nuusbrief op n gereelde basis, baie dankie , Koos Pretorius Westene Jhb