Grondgrypsaak: ‘Speel Malema vir tyd?’

Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

AfriSake en AfriForum se regspan het die registrateur van die konstitusionele hof versoek om te bevestig of Julius Malema, leier van die EFF, enige hofdokumente ingedien het in verband met sy beweerde aansoek om die Wet op Oproerige Byeenkomste, 1956 (wetno 17 van 1956) ongeldig en ongrondwetlik te laat verklaar.

Die registrateur het intussen aan albei partye bevestig dat nóg Malema nóg die EFF enige aansoek in dié verband ingedien het.

Dit volg ná Malema weens ’n oortreding van dié wet in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het. Malema se onderneming om die aansoek in te dien, het daartoe gelei dat sy verhoor in die landdroshof tot 27 Oktober 2017 uitgestel is, hangende die konstitusionele hof se uitspraak in dié verband.

“Die vraag wat nou ontstaan, is of Malema eenvoudig vir tyd speel om homself te kan verdedig ná hy ondersteuners in 2014 opgesweep het om land onwettig te beset en of hy die hof doelbewus om die bos lei,” het Armand Greyling, regs-en-beleidsanalis by AfriSake, gesê.

“Volgens mediaberigte word die aansoek oor die ongrondwetlikheid in Julie aangehoor en uitspraak teen September gelewer, maar dit is hoogs onwaarskynlik.”

Greyling het gesê dit is kommerwekkend dat ’n politikus wat uitlatings in ’n hof maak wat alle strafregtelike prosesse teen hom tot stilstand bring, nie met dié onderneming voortgaan wat hy aan die hof voorgelê het nie.

“Sou hy nie die aansoek by die konstitusionele hof indien nie, mag die landdroshof sy gedrag as minagting van die hof beskou – wat hom in groter moeilikheid sal laat beland.”

Volgens Greyling is dit AfriSake en AfriForum se voorneme om enige aansoek wat Malema moontlik indien om die Wet op Oproerige Byeenkomste, 1956 ongrondwetlik te laat verklaar, teen te staan omdat daar geen verstaanbare rede bestaan om enigiemand te verskoon wat die publiek aanhits om geweldsmisdade of enige ander strafregtelike dade te pleeg sonder dat dié persoon tot verantwoording geroep word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ry hom tot by oom Daantjie in die kalwerhok.
Hy wil mos moedswilliglik wees

humor ·

Geen kommentaar. Wat anders kan ons verwag. Net jammer met sy ongeloofwaardigheid en al staan hy aan die spits van 1000 de wat hom klakkeloos volg en wat bloedvergieting kan veroorsaak.

Leon ·

Daar sal niks van kom nie! Dis slegs blankes wat onder die landswette val.

vermeende ·

Man kyk vir die man op straat noem ons n vurk n vurk, Malema doen net wat hy toegelaat word om te doen, so, die Malema probleem is nie n Malema probleem nie maar n regering toegelate probleem. Die wet staan immers swart op wit tensy die anderkant gekyk word.

Jan Nel ·

Maroela Media, geensins ‘n poging om leedvermakerig taalkundige te speel nie, miskien is ek verkeerd.

Volgens my moet dit Die Griffier van die Grondwethof (Konstitusionele Hof is wel aanvaarbaar, dog nie ideaal nie) wees, nie registrateur nie. Is dit miskien ‘n direkte vertaling van die Engelse “registrar”?

brt ·

Ek het prof de Vos ‘n week of drie gelede per e brief gevra om ietsie hieroor te skryf sodat die soos ek daaruit kan leer want . . . dit kan tog nie regtens houdbaar wees as ons laer howe verhore uitstel op grond van beweerde aksies in hoer howe nie?

Jan Nel ·

Brt, eintlik is dit Julius se regsverteenwoordiger wat hier die spit moet afbyt en voor stok gekry moet word. As prokureur of advokaat is jy amptelik ‘n beampte (officer) van die Hof. Jy moet ‘n geskikte persoon daarvoor wees maw die Regter/Landdros moet jou kan glo as jy hulle iets meedeel oor die hofproses en wat besig is om gebeur. Nalatigheid is geen verskoning nie, as jy vir die hof sê ‘n proses is besig om te gebeur, moet jy self seker wees dit is wel so. Ons praat nie hier oor die meriete van jou kliënt se saak nie (daarvan kan niemand seker wees nie), maar oor die hofproses waaroor jou kliënt normaalweg nie veel kennis van dra nie. Miskien het die prof vir jou ‘n beter antwoord, maar hierdie is myne :-)

Zirk ·

Baie dankie Afriforum. “KEEP UP THE PRESSURE”. Dis die strategie wat die ANC in die struggle jare teen die NP regering suksesvol toegepas het. Gee hul hul eie medisyne terug. Hou so AAN.!

JC ·

Ek wil almal net vra. Kyk na die foto. Het die man nie baie maarder geraak nie? Skuus my spelling. Lanklaas in Afrikaans geskyf. Sy bakkies lyk maar.(skinny)

Rika G ·

Stem saam JC al sy nonsens is besig om hom onder te kry. Dis hoekom hy so maer lyk van al die gemors wat hy dink en praat kry nie kans om te eet nie.

Scalla ·

Rika G, hy kry wel kans om te eet , hy het verseker die wonderlike nuwe gewaarborgde dieet gevolg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.