Grondhervorming: ‘Boere se lewens nou slegter as vantevore’

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

Die African Farmers Association of South Africa (Afasa) het Maandag sy ontevredenheid uitgespreek omdat die organisasie meen boere wat plase deur die regering se grondhervormingsproses ontvang het, nou slegter af is as vantevore.

Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa, het in ʼn verklaring gesê die grondhervormingsproses in sy huidige vorm vernietig die lewens van die mense wat veronderstel is om deur die proses gehelp te word. Hy het gesê die regering se benadering tot grondhervorming “veroorsaak baie pyn en hartseer”.

Volgens Mahanjana is mense gefrustreerd met die stadige grondhervormingsproses en ontvang nie die nodige ondersteuning van die regering af nie. “Die regering moet die proses uitbestee aan privaat maatskappye om in elke provinsie in werking gestel te word. Die regering se funksie moet eerder beleidsontwikkeling, monitering en evaluasie wees, asook om die nodige hulpbronne aan die agente te voorsien wat die proses in werking moet stel,” het hy gesê.

Volgens Mahanjana gaan dit nou slegter met die boere wat plase deur die grondhervormingsproses gekry het en is hul toekoms duister. “Aan baie is onproduktiewe plase toegeken wat tans deur die vorige eienaars of algemene boosdoeners beskadig of geplunder word. Baie van hierdie mense het hul gemaklike lewe as onderwysers, verpleegsters, polisiebeamptes, en so meer prysgegee met ʼn droom om boere te wees en tot die land se voedselsekerheid, ekonomie en werkskepping by te dra.”

Hy het gesê ʼn “korrupte en onbevoegde stelsel” veroorsaak nou dat die boere na hulself moet omsien. “Hul lewe is vernietig. Selfs die boere wat in aanmerking kom vir lenings deur kommersiële banke of finansiële instansies vir regeringsontwikkeling sukkel om in hierdie plase te belê omdat die plase aan die regering behoort.”

Boere “wat dapper genoeg is om in die plase te belê” loop die risiko om alles te verloor weens die voetstootse huurooreenkomste met die regering. “Die staat sal die Wet op Openbare Finansiële Bestuur na jou gooi as jy durf om vergoeding te eis vir beleggings wat op die plase gedoen is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

T ·

HA HA HA HA HA, ja nee regtig?, hulle het die boere verwyder en hulle afgegooi sommer dadelik, … dis nogals interesant hoe ALMAL slegter af is wat die regering sommer net indruk erens .. Bestuurs poste mense sukkel en werk stres is hoer en hulle is emotioneel slegter af hulle het die mense “onder” hulle opgestel vir FAILURE. Die regering moet wakker skrik hulle plan van aksie was nie reg geimplementeer nie en het baie meer mense skade gedoen as wat hulle besef.

Paul ·

Haai, wie sou dit nou ooit kon raai?! Die mielies groei nie sommer net vanself nie. Die koeie kalf nie sommer net spontaan nie. Die trekker en die bakkie diens hulself nie sommer nie. Die pryse op die mark is nie altyd sommer gunstig nie. Dis nie sommer net so maklik om te belê op ‘n huurplaas waarvan jy summier afgeskop kan word nie.
Wie sou dit kon raai?

Lions ·

Daar het ons dit nou!! Daar sal aan enige verskoning gedink word om weereens iemand anders as hulself te blameer vir hul onproduktiewe plase. Ek is nie iemand wat boer nie maar ek weet dit kos bloedsweet om te boer want jy moet iets uit niks nie opbou om suksesvol te wees. Dit kos harde werk om ‘n plaas ‘n sukses re maak. Die boere wat al jare lank boer het nie die hele tyd verskonings sou daar nie ‘n goeie oes wees nie. Dan probeer hulle maar weer tot hulle suksesvol is. Ongelukkig het van die mense wat plase by die regering gekry het nie ‘n idee wat boerdery is nie en staan nou maar bakhand en blameer. Hulle moet maar leer werk of besef wat werk is want van hierdie nuwe ‘boere’ het nog nooit hard gewerk vir iets nie.

lizette ·

En wat almal mis,wat so grond “gekry” het, die grond is nog steeds nie hulle s’n nie,dit het van eienaar verwissel ja maar die regering besit dit nou en die plaaswerkers is nou die bywoners op n plaas wat hy gedink het aan hom behoort.OEPS

Peter ·

Dis wat gebeur wanneer jy iets vat wat nie aan jou behoort nie en mense wat deureerlike, harde werk hul eiendom wettig gekóóp het van hul brood en botter ontneem. Dis nie net vir grond vat en boer nie. ‘n Groot persentasie van hierdie nuwe grondeiemaars het erken hul wou nooit die grond hê nie maar eerder geld. Weereens ‘n geval van die regering wat die eier uit die hoender ruk en hul wil afdwing om ‘n punt te probeer bewys.

fj ·

Die regering het geen blanke boer met die droogte gehelp nie,met baie genade is van ons daar deur. Dankie aan die mense wat ons so mooi
gehelp het. Ek weet van n boer wat grond gekry het en net n ruk daarna nog 3miljoen rand ook. Dan wonder ek hoekom sukkel hulle so.

SkarrelKind ·

Hierdie hele kommunistiese gedagte van alles verdeel en ontvang sonder dat mens regtig daarvoor werk, is bog. Mens heg net waarde aan iets as mens hard daarvoor moes werk, moes stres, beplan, opoffer en kop bo water hou. Verniet plase sal nooit en op geen plek werk nie. Maar Afrika wil nie leer nie. Dis vir hulle pret om eerder te voel en swaar te moet kry. Kry vir julle!

Hennie ·

Daar is ook gevalle waar “baie gemaklike mense” plase ontvang het wat hoogs produserend was. Die vrugteboorde was net gelos om met bossies toegegroei te word totdat daar niks van oor was nie. Sink kaias was opgerig waar prostitute aangehou was om mee geld te verdien en die trekkers wat die staat gegee het was gebruik vir vervoer dorp toe.
Dan was daar ander gevalle waar mense beeste wat in uiters goeie toestande was, net gelos om van honger om te kom.
Het dit hulle in ‘n swakker posisie gelaat? Hulle wil hulle brood alkante gebotter hê, selfs die korsies se kante ook.

Loeis ·

Mahanjana raak ‘n problleem met die ANC en EFF se beleid aan: seker heid. Daar is ‘n risiko wat boere (ongeag kleur) loop wanneer dit by die ontwikkeling van grond kom.

Natuurlik is mense huiwerig om in grond te bele wat nie aan hulle oorgedra word nie, of wat deur grondgrype afgevat kan word. Grond eienaarskap is vir enige boer belangrik, en dit kos baie geld om ‘n boerdery van die grond af te kry. Gee heel eerste vir mense sekerheid dat hul eiendom veilig is, ons is besig om op ‘n ramp aff te stuur. Dit is verblydend dat swart boere ook hierdie saak begin aanspreek.

Frans C ·

Dit is ou nuus. In Februarie 2004 het Dr Philip Du Toit ‘n boek met die titel ‘The Great South African land scandal’ verskyn. Die boek bevat talle ondersoeke na die oorname en mislukkings van eens produktiewe plase.

Die boek het nooit enige publisiteit in die liberale pers ontvang nie en is deur die ANC afgemaak as propaganda.Is dit nie ironies dat al die probleme wat destyds aangespreek is nou deur Afasa ondervind word.

Dit bly maar waar ‘n profeet word nooit in sy eie land geëer nie.

Theuns ·

Ek is n Boer. Hier voor my le twee plase wat deur die regering aan swart mense gegee is om op te boer! Altwee plase het tot niet gegaan. Een druiwe plaas en die ander ‘n groente plaas. Die lee opstalle word aan buitelanders verhuur teen R50 per maand. 3 Shebeens maak fluks besigheid en die een opstal is omskep in huis vir Prostitisie. Naweeke is daar n kakofonie van geraas en musiek wat onthoubaar is. Resultaat, ons omliggende plase is niks werd nie?

cherokee ·

Sommige kommentators kritiseer dit hier in die bondel om saam te praat maar op stemdag stap hulle reguit na die DA-tafel en stem opnuut vir grondhervorming.

SkarrelKind ·

Cherokee – ek hoor wat jy sê, maar mens moet die oposisie steun – die party wat ‘n kans het en die land kan regtrek, of mens met alles 100% saamstem of nie. Vir wie anders, wat REGTIG ‘n verskil kan maak, wil jy stem? VF is ‘n opsie, maar met alle respek, wat is die kans?

Suzette ·

Begin hulle ondersteun ons is nou wel nie miljoene meerderheid nie maar tenminste voel ons almal dieselfde en as jou stem op een plek is en bly behoort almal saam ‘n magtige stem te hê.

Cherokee ·

Skarrel en Suzette, daar is geen kans dat ek vir grondhervorming en regstellende aksie sal stem, bloot om vir opposisie wat dit buitendien nooit verder as nou sal maak nie, te stem nie. Sien, ek het ‘n gewete ook. Ek kan nie hier kla oor Eskom se bankrotskap terwyl ek buitendien daartoe bygedra het deur te stem dat bevoegde witmense oorsee moet gaan werk soek en die land se kernkragsentrale deur onbevoegdes met BMW’s in die afgrond in bestuur word nie. Indien jou gewete jou toelaat om vir ‘n party te stem wat niks vir Afrikaans doen nie en blankes aanval omdat hulle betoog teen vuil strande, laat dit so wees. Julle sal buitendien een van die dae met die EFF ineensmelt.

NEL ·

Mense kom ons wees eerlik met mekaar, jy word nie oornag in die nuwe S.A . ‘n produktiewe boer nie. Ou boere sal vir jou vertel van die droogtes en resessies wat hulle moes deur staan, want hulle is die sout van die aarde. Hoe kan jy ‘n verpleegster, polisieman, onderwyser vat wat in die eerste plek nie die diens waarin hy geplaas was behoorlik kan doen nie ‘n boer maak.Gesoute boere het hulle grond gekoop en dit uitgebrei tot waar hy vandag is. Julle kan vir hulle plase gee wat in volle produklsie is en binne ‘n jaar sal daar niks oor wees nie. Hoe sal ons voedsel sekerheid kan he as al die plase tot niet gaan. Afasa moet maar die skuld gaan le voor die deur van Zuma wat nou aan die stuur staan van grondhervorming. Daar sal ‘n plan wees om die mense te paai om vir die ANC te stem.

yster 74 ·

Dis mos maklik om te boer. Die windpompe maak hulself reg. Die draad span hulself. Die lusern moet gesny word pappa. Dit moet gehark en gebaal word. Die skape moet deeglik gewerk word vir goeie gesondheid. Maar dis net rooi rose en maanskyn op n plaas. Dit kos vir opstaan boeta. Vroeg en enige tyd opstaan. Julle sal nog sien wat is boerdery. En ja amper vergeet ek. Daar is altyd miljoene in ons rekenings.

m ·

Hoe lekker lag ek nou. Dit sit nie in enige mens se broek om n boer te wees nie. Jy moet weet wat jy doen. Hierdie mense het een groot toets gedop. Gedink alles kom net vanself…. ai tog.

Marc ·

Eish! Die regering het vergeet om blanke slawe ook saam met die plase te gee.

jennefer ·

Manlief se , hy dink hy moet n afdak oprig, my antwoord ; nee, ons sal, soos in Zimbabwe n groot stuk seil span, ek bele geen sent meer in die grond nie!

Jan maak n Plan ·

As die regering vir jou n stuk grond gee, maak dit nie van jou n boer nie – miskien n “wanabe” boer. Jy moet weet wat om wanneer en waar en hoe te doen en dan moet jy nog pluk in jou bas ook he – en dit het die meeste sogenaamde agtergeblewe boere ongelukkig nie. En as julle vir die regering wag, dan maak julle net daar julle volgende groot fout.

Liza ·

Hier gaan dit nie oor wat aan swart mense gegee was nie, maar wat van die wit mens gevat is. Solank as wat hulle ons kan slaan sal hulle!

Jan ·

Ek het ‘n vriend wat audits gedoen het op die regeringsplase in die noord wes area.
Van die ongeveer 80 plase wat hy gedoen het was daar net 2 produktief, die res se hy het daar niks aangegaan nie.
Die 2 plase wat produktief was het wit plaas bestuurders gehad. Die “eienaar” sit in Johannesburg en laat boer.
Die mense wat nou op die plase moet boer se hulle is die grond verskaf, maar niks anders nie, so weet nie hoe hulle sal kan boer nie. Presies dieselfde sal gebeur as hulle ons wil ontein. Hulle sal die grond he maar niks daarmee kan doen nie.

zahn ·

Dankie, nou word dit op skrif gestel, mense sonder enige boerdery angtergrond het plase gekry. Nou toe nou, wie sou ooit kon dink dit is die geval? (Sarkasme drup drup )

pop ·

Cherrokee ja, ek gaan vir die DA stem. Ten minste het hulle leier 2 grade en nie st 3 nie. En die Kaap lyk nie vir my te sleg daaraan toe nie, veral gemeet aan ander provinsies

anton ·

Pop, duidelik weet jy niks wat in die land aangaan en die politiek nie. Hoekom gaan stem jy nie maar vir die anc nie? SUG!

Cherokee ·

Dankie Maroela, :-)
Pop, effe hoër, antwoord my gerus daar.

John ·

Die nuwe base gaan die grond mettertyd onderverhuur aan Sjinese en Indiers wat mega-boerderye sal begin. Lui boere gaan met met son- en windplase en mynbou begin of dorpies vir plakkers stig. Die aanvanklike boere gaan, soos ons hierbo sien, uitgeboer word deur die diefstal van vee en landbou-produkte. Mense sal nie kan waag om hul plase te verlaat vir kerk, besigheid of vakansies nie. Onuithoubare toestande en uittarting is reeds aan die toeneem, en dis nog net die begin. Plaasmoorde kan toeneem sodra boere kla oor die chaos op die grond langs sy plaas. En by wie sal die arme boere kan gaan kla?

Didi ·

Cherokee…stem 100% met jou saam. Ek het ook ‘n gewete en stem daarvolgens. Om net te stem vir die oposisie sonder om te weet waarvoor staan die oposisie…kan maar net my kop skud. Hulle voel ook maar ‘n veer vir ons minderheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.