Grondhervorming moet steeds vinniger gebeur – ANC

Die ANC sê hoewel sy voorstel in die parlement misluk het, was die afgelope drie jaar nie ʼn mors van tyd nie. (Argieffoto: Jo Raubenheimer)

Die ANC sê hy gaan voort om vordering met grondhervorming te verseker en sal steeds met of sonder ʼn grondwetlike wysiging skeefgetrekte grondeienaarskappatrone in Suid-Afrika omkeer.

Die ANC het in ʼn verklaring gereageer op sy mislukte poging om ʼn tweederde-meerderheid in die parlement te kry wat sou lei tot die wysiging van die Grondwet om grondonteiening in Suid-Afrika moontlik te maak.

“Ons konferensieresolusie erken dat ons ʼn gemengde program van grondhervorming en landelike ontwikkeling met groter vasberadenheid moet nastreef om radikale sosio-ekonomiese transformasie moontlik te maak,” sê die party oor besluite wat by die Nasrec-konferensie in 2017 geneem is.

Volgens die party is die voorstel van onteiening sonder vergoeding een van verskeie maniere wat voorgestel is om grondhervorming en verspreiding moontlik te maak.

“Die konferensie het voorts bepaal dat die maniere waarop die resolusie ingestel word, nie toekomstige belegging in die land mag ondermyn of skade aan ander sektore van die ekonomie mag aanrig nie.”

Die ANC sê hy het vordering gemaak met verskeie wetsontwerpe wat in die proses gebruik kan word. Dit sluit in die onteieningswetsontwerp wat tans voor die parlement dien, die wetsontwerp oor grond, asook die wetsontwerp oor grondherverdeling en gemeenskaplike grond.

Die regerende party sê ook hy is bewus van die belangrike rol wat internasionale reg gespeel het in die stryd om apartheid te laat afskaf en dat dit ʼn spesiale plek in die Suid-Afrikaanse regstelsel het en prominent in die Grondwet is.

Die land is ook nie kwytgeskeld van die voorskrifte van internasionale wetgewing nie en het ʼn wettige plig om dié wetgewing in ag te neem. Die verskil tussen wettige en onreëlmatige onteiening is ook duidelik gevestig in internasionale reg en volgens die ANC word dit in ag geneem en toegepas in die vergoedingsbedrag van internasionale besluitnemers.

Die ANC sê hoewel sy voorstel in die parlement misluk het, was die afgelope drie jaar nie ʼn mors van tyd nie. “Hoewel ons demokratiese stelsel nie die beoogde uitkoms bereik het nie, is grondhervorming weer benadruk as kritiek noodsaaklike aspek van ons demokratiese transformasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

anniekiewiet ·

… nie toekomstige belegging in die land mag ondermyn of skade aan ander sektore van die ekonomie mag aanrig nie.
Siestog. As hul dit maar net kan verstaan.

Harley Davidson ·

Diskriminasie teen huidige benaadeelde minderhede moet ook afgeskaf word en die staat besit die meeste grond gee dit vir die vorige benaadeelde mense .

Tiptol ·

Anc, maak al die miljoene hektar staatsgrond beskikbaar vir our people en los privaat eiendom waarvoor daar hard gewerk is uit.

Anoniem ·

Begin sommer by die Zulu monargie se miljoene hektare grond wat onbenut lê.

Porseleintjie ·

It is not yours!!!!! Julle wil net he. Grond, lewens, vryheid…. Wat nog???

Jaco ·

Gaan onteiening sonder vergoeding net oor landbougrond, of is stedelike grond ook ter sprake? Ek besit 2 huise in stedelike gebied, so 25km van mekaar af. Gaan ek van albei onteien word, of gaan ek net 1 verloor gegrond op ‘n argument van “jy het 2 terwyl ander mense niks het nie, so jy moet 1 opgee”.

PieterJ ·

Kan jou verseker die bewoording is so dat alle eiendom ingelsuit word, jou besigheid, motor en pensioen is ook eiendom. Die woord “land” is spesifiek met “property” vervang vir daai rede. Die staat kon nog altyd grond onteien soos bv as hul n nuwe snelweg of spoolyn moet bou wil land se beswil en eieinaar wil nie verkoop nie.

Erika ·

En die Boere het niks daarmee te doen nie….
Why dont you donate your own Property voluntary -in the ANC ranks – and give it to the people..LOL..

SjN ·

Jan van Riebeeck kan ook nie nou blameer word nie, soos hofsake tans jare vat vir afhandeling gaan Afrika tyd in Oom Jan se guns tel.

Hannes ·

“Grondhervorming” is wanneer iemand wat bevoeg is ‘n dorre stuk land omskep in ‘n volhoubare voedsel bron tot voordeel van almal in ‘n land.
Wat het die ANC kaders in 26 jaar met grond gedoen anders as om dit te gebruik as ‘n politieke skaakspel?

Miskruier ·

Jy moet kom kyk in Limpopo, hul word ge”sponsor” deur Dep Landbou.

melaney ·

……”En sal steeds met of sonder ‘n grondwetlike wysiging”……Die papier waarop die grondwet geskryf word beteken vir die anc net mooi niks. Vat gaan hulle vat.

Kokerboom ·

Wat is fout met die vervloekte kadergespuis? Hul teer op konfrontasie en het GEEN belang om land op groeipad te kry. Gelukkig (hopelik) is hul dae getel!

melaney ·

Hulle dae is wel getel, maar voor die son weer vir ons skyn, gaan daar baie donker dae te sien wees. Hou maar dop.

Swerwer ·

Die ANC sal bitter vinnig moet wakker skrik. Die grond het nie aan swart of wit behoort nie, die grond het aan God behoort en God het die mens geskape. Dit wat in blank besit is, is voor gewerk en betaal ons voorgeslagte het niks verniet in die lewe gekry nie.

casper ·

Man – Julle sit op derduisende hektaar grond wat julle more kan allokeer maar nee – wil net boere se plase vat ne !!
Dan as julle die grond allokkeer dan word dit net totale mislukkings !!!!!

Perdeby ·

Ja julle wil voor 2024 want dan gaan julle nie meer regeer nie.

Jacobus ·

Teen die huidige tempo van diefstal en totale gebrek aan beplanning was die idee klaar dood in die water. Solank belasting betalers en selfs “our people” weet dat enige grond aan “verdienstelike” kaders sal gaan, dit ‘n voorspel tot ongekende armoede en hongersnood wees. Is hulle werklik so dom. (retoriese vraag)!

Marius ·

Gaan dit die grondkwessie oplos as die grond van die boere wat minder as 11% van alle grond in die land besit net afgevat word ? Wie besit die ander 89% ? Die konstitusie en wet boeke word klaarblyklik geïgnoreer deur die regering. Hoekom moet ons dan nog die wette gehoorsaam? Al wat ek kan sê is, “jy moenie ‘n boer se grond probeer vat nie”, jy sal tweede kom.

Marius ·

Dis nou ‘n blink idee. Vat al die grond, en gee dit vir die armes wat nie geld het om dit te bewerk of in stand te hou nie.

Yolandie ·

Yes dan verkoop die ou siel die grond vir ‘n 5 liter kan wyn, wan dit gaan nie oor die grond nie dit gaan oor geld!!!!

annie ·

Hoekom koop die ANC nie vir ‘n slag iets nie. Alles moet net in hul skoot val of hulle gaan vat dit skaamteloos… O ja, of skreeu hul koppe af soos balhorige kinders en veral voor oupa en ouma vir effek soos SA se regering voor Biden. Big show.

Swerwer ·

Die ANC is gewoond om van geboorte af net te ontvang en nie te werk of te betaal vir iets nie.

Jacobus ·

Hierdie gaan nie oor grond of eiendomsreg nie. Hierdie gaan om die witman se eiendom te vat en hom afhanklik van die staat te maak. RASSISTIESE POLITIEK IS N VUIL SPEL, kyk wat het MUGABE gedoen. Waarom begin die ANC nie by Ramaphosa se derduisende hektaar plase en vat dit eerste nie?

bobmartin ·

Regering kan nie eers sy eie mense hanteer of na hulle omsien, maar die regering bekommer homself oor grondhervorming. Daar is groter probleme in die land as grondhervorming op die oomblik.

Pietertjie ·

Nou gebrúík die grond wat reeds aan die staat behoort : gee dit onmiddellik weg sonder vergoeding!

SlinkseKoljander ·

Die ANC weet hulle sal nooit die grondwet kan verander, hierdie is net geraas om alles wat hulle in die agtergrond doen weg te steek.

kolonel ·

Wat van ‘n radikale transformasie en julle as regering begin julle regte werk te doen? Wat van ‘n radikale transformasie en hou op plunder?

Jack ·

Die Amerikaners is die skepper van die uitdrukking: “buzz words”. Dit verwys gewoonlik na die gebruik van leke van vakterminologie, gewoonlik op so ‘n wyse dat dit nou nie eintlik in verband met die onderwerp is nie. Die ANC is geesdriftige gebruikers van “buzz words”, want hulle wil tog so graag slim en vernaam voorkom. lukkig is die wat hierdie voorliefde het gewoonlik salig daarvan onbewus dat in die oe van kundiges hulle hulself net belaglik maak. Meeste van die probleme wat ons hier te lande mee spartel is eie doele aangeteken deur die ANC, maar hulle uitsprake or enige probleem wat hulle self geskep het duer watter faktore ook al word altyd so geformulaaer dat die skuld daarvoor na blankes geprojekteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.