Grondkwessie amptelik volgende parlement se kopseer

Argieffoto

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ʼn verslag aanvaar wat die groot taak van die wysiging van die Grondwet om grondonteiening toe te laat, in die hande van die sesde parlement plaas.

Die sesde parlement sal ná die verkiesing in Mei vanjaar tot stand kom.

Die verslag is goedgekeur met 210 stemme teenoor 61, met die DA, ACDP en die Vryheidsfront Plus wat volhou dat hulle die voorgenome wysiging sal beveg.

Steve Swart van die ACDP het gesê die kwessie bly hoogs verdelend terwyl Pieter Mulder van die VF Plus dit bestempel as ʼn verkiesingsfoefie van die EFF en ANC.

Mulder het gesê dit is duidelik dat dit onmoontlik sou wees om ʼn grondwetlike wysiging voor die verkiesing deur te druk, maar die EFF is volgens hom desperaat om die idee aan kiesers te “verkoop” as ʼn beleidsverandering wat hulle op die ANC afgedwing het.

“Ons sal steeds hof toe gaan,” het Mulder gewaarsku.

Die tweede parlementêre komitee wat opdrag gegee is om die proses te behartig, het verlede week tot die slotsom gekom dat so ʼn wysiging voor die verkiesing nié haalbaar is nie en dat dit dus deur die volgende parlement hanteer moet word.

Die EFF het Dinsdag die ANC daarvan beskuldig dat hy ʼn vertragingstaktiek gebruik en aangevoer grondonteiening sal slegs ʼn werklikheid wees wanneer die EFF aan bewind is.

“Ons mense moet weet wie vir hulle is en wie teen hulle is,” het EFF-LP Phillip Mhlongo gesê. “Hierdie land sal teruggegee word as mense in vanjaar se verkiesing vir die EFF stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ria Maritz ·

Oor my dooie liggaam sal ek eerstens nié vir hulle stem nie en tweedens, hulle lieg.

Werner ·

Wonder net of hulle hulle doodgeskrik het of doodgelag het toe Mulder gese het hulle gaan dit in die hof beveg

Tanya ·

As julle julle grond wil behou moet julle baie mooi sit en dink. Staan vir een keer saam in julle lewe

Frik Lotz ·

VF Plus veg onbeskaamd teen grondonteiening sonder vergoeding en dis tyd dat hul hande versterk word om nog meer te doen. Mense moet VF Plus steun en vir die party gaan stem op 8 Mei. Die verkiesing is seer seker een van die belangrikste verkiesings nog en daarom moet kiesers sorg dat hul by stembus uitkom.

Boerseun ·

As hulle my huis wil kom vat haan ek my nie aan enige wet steur nie. Daar sal baie bloed vloei in strate daai dag. Op die ou einde sal dit seker my eie ook wees, maar ek is meer as bereid om daai opoffering te maak

A v Vuuren ·

Die VF+ is beslis nie die antwoord of oplossing nie. Hul politici doen presies dieselfde as al die ander, sonder enige sukses. Hul beleid en modus is uiters verdelend, derhalwe is COPE ‘n beter en geldige alternatief vir SA en AL sy mense….

John ·

Nee, die VFPlus veg vir die reg van die kleurlinge om ook plase te bekom tensy Peter Marais onder narkose was toe hy dit gesè het. En die VF+ veg nou juis vir minderhede se regte. Wat is dan die verskil tussen die ander partye en die VFPlus? Dit sal die laaste verkiesing wees wat die 1%-lekkerlewe-ooms in die parlement sal wees.

KrokodilBotha ·

Eff is ten minste reguit, nie verkleurmannetjie agtig soos die DA nie.

jakes ·

Ek wens net ek het geweet waarom almal grong wil he? Grond beteken niks tensy jy dit ontwikkel of bewerk. Om dit te kan doen benodig jy geld en waar gaan hierdie mense die geld vandaan kry om dit te doen? Julius Malema se EFF sal nooit hierdie land regeer nie want die ANC het die land vir dekades in trurat regeer. Ek is n man en het eerder n kans om swanger te raak as wat Juius die land sal regeer.

George in Bloem ·

Die dag as die EFF die verkiesing wen,en ek dink dit is nader aan onmoontlik as onwaarskynlik,sal die land byna oornag in totale chaos, vlamme,geweld,dood en verwoesting gedompel wees. Net werklike dom en naiewe mense sal enigsins enige ander scenario in so geval voorspel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.