Grondkwessie ‘nie meer ʼn nare monster’

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die wêreldmedia toe in Davos, Switserland. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n emosionele etiese argument aangevoer om die land se grondhervormingsbeleid te verdedig teenoor lede van die internasionale media by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland.

Ramaphosa het Woensdag op ʼn nuuskonferensie daarop aangedring dat grondgrype nie geduld sal word nie en dat grondonteiening ordelik en binne ʼn wetlike raamwerk uitgevoer sal word.

Hy het toegegee dat die vraagstuk van grondhervorming wêreldwyd baie belangstelling gewek het asook baie debat binnelands, maar hy sê dis nodig om toe te sien dat die onreg van die verlede reggestel word.

“Ons het dit in verskillende forums wêreldwyd gesê en die versekering gegee dat ons nie grondgrype in Suid-Afrika sal toelaat nie,” het Ramaphosa gesê.

“Grondhervorming sal ingevolge die Grondwet behartig word, maar … ons sal seker maak dat ons sorg vir die mense wat die reg ontsê is om grond te besit.”

Ramaphosa het gesê: “Ek dink ons is op ʼn goeie pad.”

Hy het die proses van openbare oorlegpleging verduidelik en gesê die grondkwessie is nie meer die “nare monster wat mense gemeen het dit sou wees nie. Dit strook met ons transformasieproses om Suid-Afrika beter te maak, om dit ʼn beleggingsbestemming te maak.”

Volgens hom het die regering nie ʼn verskuilde agenda nie. “Ek meen dis waarom ons op ons beleggingskonferensie met beleggers kon praat oor ons benadering tot grondhervorming en hulle tot $20 miljard kon belê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Jan ·

So dit wat tans in Hermanus gebeur is n leun? Al is dit self’s n DA stadsraad?

honourable member ·

Vertel weer vir die wereld wat hulle wil hoor maar in werklikheid gebeur dinge baie anders.

Dirk Breytenbach ·

Soos bv. die rou haat en rassisme wat ontbloot was met die klug by Schweizer Reneke en onvanpaste vonnise by rassisme sake? Moet hom asb. nie glo nie, ook nie die ganse ANC nie. Wie is betrokke by die staatskaping en diefstal van regeringsgeld wat armes ontneem het van ‘n beter lewe in SA? Dieselfde mense wat ons so paai?

Johann M van Heerden ·

Wakker slaap mense. Die ou vertrou ek nie. Hy moet seker dink ons is onder ‘n kalkoen uitgebroei! Die grond probleem is eenvoudig te wyte aan ‘n ANC regering wat nie die huidige markkragte gebruik het om te verkry nie. Dit wat wel verkry is opgemors. Hier kom groot moeilikheid as hulle grond gaan begin vat. Ons gaan baklei vir wat ons het.

Judge Dredd ·

Dis natuurlik die man wat gese het daar is geen plaasmoorde.

se maar net ·

Tiepiese anc lid, lieg al wat hy se en dink die wereld weet nie wat aangaan en is soos sy volgelinge wat als glo wat hy se.

Maro ·

Hy dink ons is op n goeie pad.
Wel uit vorige ervarings WEET ek ons is nie.
Kan een mens soveel leuens vertel.
Donker, donker afrika.

Hanna Hoekom ·

Sou Zimbabwe dan ook op n “goeie pad” wees? Hulle het mos nou al die grond “hervorm”, dan nie?

Jordaan ·

Wel, ek besit beleggingseiendom – dit is nou daardie lee grond vir spekulatiewe doeleindes wat ook in die konsepwetgewing gelys is as moontlike teikens vir onteiening. Ek glo jou dus glad nie en ondersteun ten volle die veldtog van Afriforum om die wereld te probeer attent maak op hierdie leuens van Ramamphosa en sy ANC.

Klein Boer ·

Mag ons nog grond koop om weer te verkoop?
Vryemark stelsel ne!

Dirk Breytenbach ·

Die kwessie van beleggings eiendom is net nog ‘n teken van die ANC volgelinge se onverantwoordelike uitlatings en verwagtinge. Van wanneer af of in watter wet word spekulasie en winsneming as ‘n onreg of ‘n misdaad gereken. Miskien in kommunistiese wette?

Hannah ·

Hy sukkel …..
Voel eintlik jammer vir hom.?
Want hy begin sy eie leuns as waarheid verkoop

christa ·

ek weet nie waste onreg van die verlede waarvan die man praat nie. Almal het hul grond gekoop met swaar verdiende geld. Nou wil hy vir die mense wat nie wou leer nie en skole afbrand as daar geleer moes word van grond voorsien. Wat hulle in elk geval deur hulle …. gaan trek. Dan moet boere staan en toekyk hoe hulle handearbeid verwoes word.

Frans C ·

Dit wat Ramaphosa op WEF oor grond gesê het is nie wat die massa ANc-ondersteuners onder dit verstaan nie.

Manie ·

Korrek, al wat hulle verstaan is ons gaan grond en goed vat soos ons wil.
Sal natuurlik so elke ses maande herhaal word sodra vorige aas tot niet is tot niks in land oor is. Dan is almal gelukkig want getrou aan Afrika het almal niks

Boer ·

Hy is reg. Dit gaan dalk binne n wetlike raamwerk gebeur……een wat hy en sy rower bende hard besig is om te maak en op ons gaan af dwing ! En dan dames en here is dit lights out in Afrika

Hans ·

Dink die Anc president regtig dat die buitelandse beleggers so maklik om die bosgelei kan word-almal is nie so liggelowig nie.

Wag 'n bietjie ·

Wat hy nou eintlik probeer sê is dat grondhervorming net ‘n mooier woord is as grondgryp….O wee

Allan ·

As ek reg geluister het, dan het hy “verskuilde” woorde gebruik namelik die woord “equity”. Maw hy wil toesien dat swartes “equity (aandele) in die eiendom/besigheid moet kry om die “onreg” van die verlede reg te stel.

Maw wat hy eintelik sê, is dat sy plan is nie om die grond net “vat” nie , maar dat AANDELE in die besigheid/plaas oorgedra moet word, presies soos in die geval van mynbou op die oomblik teen 30%. Maar, as ek tussen die lyne deurlees dan soek hulle 50% of dalk 51%, 30% is nie goed genoeg nie

Dan gaan dit nie net by Lanbou bly nie, maar ander besigheid ook. In die mynbou werk die beginsel goed – vir hulle

Rupert Ashford ·

Wel dit is soos hy rykgeword het so vir hom is dit 100% reg. Ou Paddaman…

Anoniem ·

Laat Ramaphosa asb verduidelik wat is die verskil tussen onteiening sonder vergoeding en grondgrype.

Zelda ·

Jy sien dis wat ek ook nie verstaan nie… grondgrype en onteiening sonder vergoeding… altwee klink vir my dieselfde

willem Botha ·

Die woorde speletjies en leuens gaan hom inhaal,hoekom vertel hy nie wat hy beoog om met die boere te doen nadat hy hulle van hulle plase afgesit het nie sonder inkomste of heenkome nie.

Se maar net ·

Hy is mos n geenie, hy gee nie n flenter om solank hy net n vet beursie het

Werner ·

Dink die ouens daar by Davos weet meer as ou CR wat in hierdie land aangaan

Se maar net ·

Korrek maar hy dink dis sy stemvee wat niks weet en alles glo wat hy se

Jan ·

Nee wat julle is magteloos ou piet hy is deel van die internasionale bende wat besig is om ons stadig maar seker uit te roei

Gert ·

Maar hy het darem teenoor voornemende beleggers erken die korrupsie in die land is baie, baie groter as wat hulle ooit kon dink.

Gert ·

En daar gaan darem heelwat organisasies binnelands die voornemende grondonteiening sonder vergoeding wetgewing in die hof beveg, dit het hy nie vir hulle vertel nie, ook nie wat die werklike aantal skriftelike voorleggings was wat hulle ontvang het en wat teen die grondonteiening sonder vergoeding is nie.

Dellie ·

sal nie woord glo wat uit sy mond kom nie….ons weet wat in SA aangaan….

Spike ·

Die werêld moet net weet jy kan ñ comrade en kader nie vertrou nie.

Sjoe ·

Hermanus is al klaar ‘n bewys van wat voorlê. Hy kan maar die waarheid praat want hulle sal hom nog steeds geld gee. Die wêreld gaan niks om vir ons nie, ons as volk het net ons God en mekaar… Mense sal dit nog kom leer een van die dae.

Deon ·

Die IMF reken Afrika gaan met 6% groei in 2019. Die AfDB glo 4.1% is moontlik. SA gaan bars om 0% te haal. Ramaphosa en sy vrinne moet verduidelik.

Dis waar jy verkeerd is deon die imf en al die ander internasionale organisasies ondersteun vir ramaposa nes hulle vir mugabe gesteun het. ·

Sis waar jy mistas deon die imf en ander groot organisasies ondersteun vir ramaposa nes hulle vir nugabe gesteun het. Hie armer n land is hoe makliker kan hulle daai land beheer ou maat….

Riaan ·

Ons sal binnekort weer ‘ n nuwe amptelike vliegtuig vir cr moet koop want sy neus gaan agv al sy leuens nie meer in huidige vliegtuig pas nie!
Interesant dat hy stil is oor die oordonderende teenkanting wat die korupte parlementere kommitee ignoreer het.
Miskien het bosasa nie genoeg betaal nie?

Martins ·

Ja nee dit is nou alles mooi praatjies maar die gewone ou op die straat wat grond belowe is ,is nie te veel gepla oor hoeveel alreeds belê is nie, hy gee ook nie om hoe ordentlik dinge gebeur nie al wat hy wil hê is sy beloofde grond.onteining sonder vergoeding of grondgrype hy kan dit noem net wat hy wil,al wat ek weet is hier kom koos.

Onnodig ·

Dit sal volgens die grondwet gedoen word, want hy gaan die wet verander. Sal heeltemal wettig wees alhoewel nie regverdig nie.

Koos de Meyer. ·

Wat het in elk geval geword van die plase wat hulle alreeds gegee is, Niks. Alles deur getrek nou wil hulle nog meer hê. Waar gaan hulle met al die Afrika mense wat hier instroom heen. Vra maar net.

Paul ·

Dis hoekom hulle nou als wil oordoen, maar nou met ander boere se grond. As hulle so ‘n 10% sukseskoers behaal, ag maak dit 100% ,kan mens self dink vir hoeveel mense nou werk geskep is. Ek meen dat as die plaas in ‘n wit eienaar se hande was, is dit al wat gaan verander, die werkers gaan nog steeds swart wees, die plaas se eienaar gaan nou net ‘n swart familie wees.

Al wat anders kan werk is as hulle op die plaas ‘n myn op sit en waar honderde of duisende meer mense werk is as wat daar plaasarbeiders was, so hoe CR dit gaan doen as dit by plase kom, weet nugter, hy kan mos nie meganisasie omdraai of stop nie. Ek kan nie sien dat CR so vir duisende meer werk gaan skep of gee nie.

@Dik Daan ·

Dik Daan, die video is erg misleidend. Van die geboue wat in ruïnes is, is deel v d nuwe hawe en het in onbruik geraak lank voor die protesaksies in Hermanus. Die stuk grond Schulphoek, was oorspronklik uitgesit vir ‘township development’ en is toe verkoop aan ‘n ontwilkkelaar, nog voor die huidige DA se tyd. Nou is die munisipaliteit onder druk om Schulphoek terug te kry, aangesien dit grond is wat oop lê en nooit ontwikkel is nie, nie as township of as duur strandeiendomme nie. Die oorspronklinke verkoop van daardie grond, is waar die probleme reeds begin het. Hierdie tipe video doen meer skade as goed en is nie ‘n 100% weergawe van die stand van sake in Hermanus nie.

Chris ·

@Dik Daan, ek sien die video is al baie duisend keer gekyk, die wêreld sien dit en dit versprei vinnig, dit help nie jy plaas ‘n kommentaar hier nie, wat gaan jy maak om die werklike toedrag bekend te stel?

David en Goliat ·

Mense ek kan eerlik waar nie sê wat om te doen of wat om te maak met al hierdie dinge wat ons as boerevolk in die gesig staar nie. Wat ek wel weet is, dis net ‘n kwessie van tyd na die grond storie afgehandel is, dan kom hulle vir die banke met ons beleggings en pensioene en ons besighede wat ons besit, hulle sal nie ophou voordat hulle alles gekry en gevat het nie.

Hendrikkie ·

Wat SA nodig het is ‘n leier wat, sonder vrees oor sy eie geraamtes wat uit ‘n kas kan tuimel, die mes inlê en korrupsie en korrupte politici en amptenare uit slag uit die sisteem uit. Ek glo die enigste rede hoekom CR dit nie doen nie is omdat hy homself dalk sal raak sny… Is daar enige ANC politikus wat homself gaan missny?

Dirk Breytenbach ·

CR word beskuldig daarvan dat hy gedeel het in die Bosassa plundertog. Hy het darem intussen tyd gekry om ‘n baie elegant verskoning uit te dink terwyl hy so fluks rondvlieg Hy flous niemand nie.

Gert ·

Dit is net die eienaardigste argument wat hy het nl. dat die proses “wettig” sal wees. Hoe maak dit ‘n verskil of jy net die grond vat, teenoor of jy eers ‘n wet maak en dan die grond vat? Die resultaat is dieselfde, die grondeienaar wat sy grond swaar verdien het, verloor dit en sit met niks, en iemand anders wat niks gedoen het nie, kry die grond gratis. Dan kry jy Europeërs soos Theresa May wat dadelik reageer: “O nee maar as dit net WETTIG is, dan is dit OK”

Chris ·

Neem dit so, as Cyril nie grondhervorming aan die buiteland verkoop nie, en daarby verduidelik hoe dit die swartman in die ekonomie gaan laat deel nie, wat anders het hy om te verkoop?

Johann ·

Ramaphosa a smooth talker. He will do better when he sells Icecream to the nation. South Africa are on no way and Ramaphosa’s son was also involved doing business with Bossasa. I don’t trust Ramaphosa.

Jeremia ·

Klink na net nog ‘n Jakkals en Wolf storie. Jakkals vol slenterplanne en ou Wolf die alewige ou swaap.
Laat my dink aan die tweetjies se diefstal van botterbalies (afgerol van boer se wa). En J se plan om dit te begrawe tot die botter ryp is.
So daag W telkens op by J se huis om te hoor wanneer dit ryp is. Maar J doop elke keer kleintjie: Eerste hoepel, Tweede…, Derde …
Uiteindelik toe W vir J vra wat die soveelste ou kleintjie se naam is toe antwoord hy: Boomskraap.
Dis waar ons nou trek : boomskraap.

Ben ·

20 miljard! Droom maar lekker voort Mr Ramaphosa….in hier die land kom niemand belê nie. Jy t seker vergeet van die talle buitelandse korrespondente wat in die land tuisgaan wat vir hulle koerante verslag doen?

Werner ·

Hierdie man is baie gevaarliker as Zuma. Net so skelm, maar slimmer. Skrikwekkend

Helizna ·

Enigste mense wat nie die grond mag besit waarop hulle woon nie, is op tribal grond. So sy storie hou weereens nie water nie.

Anoniem ·

Onteiening sonder vergoeding, grondgryp deur individue, alles een en dieselfde. Mnr Rhamaposa, jy vertel mos nou leuens!

Koosman ·

Dingaan in i snyerspak ! PASOP maar Roelf bly gemesmeraais ! Vervoeilik !!!

Alex ·

Inderdaad 100% – nog voor hy die pos beklee het het ek dieselfde vrot karakter ook in hom raakgesien. Wie die 70 Trekkers is wat hom gaan vertrou sal ons maar wag en sien.

Nou verstaan ek ·

Dit is vir my ongelooflik dat CR dink die buiteland net so gullible is soos sy ondersteuners. Hulle het hom al van ver af gesien kom met leuns en al

lewies ·

Luister na die program oor grond wat vannaand (24-01-2019) oor 702 uitgesaai is dan gaan die grondkwessie juis ‘n reuse monster raak Mnr die Predident. Moontlik sal dit op podgooi geluister kan word. Dit is die volgende skokgolf oor bedrog, wat aan die lig gekom het. Dis enorm en skandalig.

Adam ·

Toe Cyril President geword het, het ek hom as ‘bang Cyril” beskryf. Tot op hede het hy my nog nie verkeerd bewys nie. Hy ‘n ‘n tipiese politikus met ‘n diplomaties persoonlikheid en glo sy eie leuens. Hy is die mees ruggraatlose leier ooit in SA, net soos Zuma die mees korrupte was. Nog erger is die feit dat daar nie ‘n enkele moontlike opvolger is wat oor die nodige vaardighede beskik nie. Hoe op aarde hy sy grondhervormingsplanne kan sien as iets wat in die openbare belang is, weet nugter.

Alex ·

Die man praat soos die draak in Openbaring………..altyd n paai storie vir wie dit moet hoor en n heel ander storie vir sy geesgenote.

Die duiwel wat jy nie ken nie…….

Daar is weinig verskil tussen die grensboere van die 1820’s en die 1830’s se omstandighede en die omstandighede vandag – veiligheid is daar weinig, n verdraaide reg, gemaklike geld jagters wat dink dis als die grensboere se skuld. So kan n mens aangaan. Praat nie eers van die liberale predikante wat voorspoed verkondig in plaas van om sonde by die naam te noem nie.

Vra jouself af of jy weet wat vryheid is en of jy wel vry is. As individu, as gesin,as familie, as kultuurgemeenskap, as volk en as Christen gelowige.

Stripes ·

Hulle sal nie grond onwettig vat nie en sal alles volgens die grondwet doen. Dis hoekom die grondwet verander gaan word sodat dit vir hulle wettig is om grond af te vat.
Klomp slange.

Cornelia ·

Die grondonteiening sonder vergoeding is nie meer ‘n nare monster nie. Net jammer ons sit met een aan bewind.

henk ·

Onreg van die verlede ??????????????????????? watse verlede en wat se onreg ?

Danie ·

Dit is beslis nie meer net ‘n nare monster nie. Dit word nou realiteit.

madels ·

Ja hulle sal dit volgends wet doen, maar die wet sal se ‘VAT DIE GROND”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.