Grondmosie: AfriForum wil internasionale gemeenskap waarsku

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie.

AfriForum het Woensdag aangedui die burgerregte-organisasie gaan ’n omvattende internasionale veldtog van stapel stuur om buitelandse beleggers en regerings wêreldwyd in te lig dat eiendomsreg in Suid-Afrika bedreig word en dat buitelandse beleggings in Suid-Afrika ook nie veilig sal wees nie, sou planne vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding deurgevoer word.

AfriForum se veldtog volg in reaksie op Dinsdag se goedkeuring van ’n mosie in die parlement wat ’n proses van stapel gestuur het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding te bewerkstellig.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal hierdie veldtog van stapel gestuur word met memorandums wat aan die ambassades van lande wat tans Suid-Afrikaanse handelsvennote is, oorhandig sal word.

Dié memorandums sal handel oor die bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika. Kriel sê dat die memorandum ook aan alle ander ambassades gestuur sal word. Lande wie se burgers beleggings in Suid-Afrika het, sal volgens Kriel in dié memorandum versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om af te sien van planne om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Kriel waarsku dat, sou die Suid-Afrikaanse regering hom nie steur aan buitelandse druk nie en voortgaan om eiendomsreg te bedreig, AfriForum buitelandse beleggers, handelskamers en die Wêreld Ekonomiese Forum direk sal nader om hulle in te lig dat hul beleggings in Suid-Afrika nie veilig is nie.

“Hoewel dit ’n drastiese stap sal wees, sal dit ’n noodsaaklike laaste uitweg wees om te verhoed dat die Suid-Afrikaanse regering die land se ekonomie – deur eiendomsregmiskenning – tot nadeel van almal in die land vernietig. As ’n verantwoordelike organisasie moet AfriForum alles doen om te verhoed dat Suid-Afrika nie deur die miskenning van eiendomsreg ’n tweede Zimbabwe raak wat in armoede gedompel word nie,” het Kriel gesê.

Benewens die vernietiging van Suid-Afrika se ekonomie hou onteiening sonder vergoeding volgens Kriel ook ’n wesenlike gevaar in dat dit konflik in die land kan ontketen. “Konflik is in niemand se belang nie en daarom sal AfriForum alles moontlik doen om internasionale druk te mobiliseer om só die skending van eiendomsreg te verhoed.”

Oor moontlike kritiek op AfriForum se beplande optrede om internasionale beleggers in te lig oor die bedreiging van eiendomsreg in die land, het Kriel gesê dat kritici nie die boodskapper moet aanval bloot omdat hulle nie van die boodskap hou nie.

Volgens Kriel is die oorsaak van die dreigende krisis die feit dat die regerende party sy rug op die beskerming van eiendomsreg gekeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Elize Smit ·

Baie dankie, Afriforum. Daar is geen scenario waar on teeing nie die ekonomie nadelig beïnvloed nie.

Johann ·

Ja Kallie. En wie gaan jy se verteenwoordig jy? Of Afriforum? Veral as jy jou/ julle absurde regs geding kwessies moet probeer regverdig teenoor wat jy die Wereld oor wil inlig? Askuus meneer Kriel, maar jyt enige kans wat Afriforum plaaslik op mag reken as gesonde en gegronde aksies nek omgedraai met jou keuse van sake wat jy beskou as relevant. SO jammer, anders was daar dalk n kans dat iemand actually luister en iets doen….

@ JOHANN ·

So hoe gaan jy jou stem laat hoor of gaan jy jou plaas liewer afgee . of . het jy nie ‘n plaas om af te gee nie hmmm?

Casper Labuschagne ·

@Johan en wat presies is jou alternatief? Is dit dalk die strategie van ‘n vrou wat deur haar man geslaan word en liewers nie iets wil sê wat hom sal kwaad maak nie? Of het jy soos etlike arm asook ryk witmense op die platteland ook ‘n ANC (en/of EFF) lidmaatskapkaart en gevolglik sal onteiening heel laaste op jou van toepassing wees? Dalk is jou strategie bloot om te wag tot die horde by jou deur opdaag en dan aan hulle te sê, “Maar ek is liberaal, ek is aan julle kant, kyk net hoe is ek teen die regses wat teen die swart meerderheid weerstand wil bied.” Behalwe vir die groep Christene wat volhou dat ingryping van bo sal plaasvind (‘n siniese persoon sou dit beskryf as om vir hulself reg te maak om biddend op hul knieë doodgemaak te word) weet ek nie watter ander rede jy kan hê nie.

Pieter ·

Johann, ek verstaan regtig nie wat jou probleem is nie. Het jy dit teen Kallie Kriel of teen Afriforum? Het jy ‘n plan om weerstand te bied teen die ANC / EFF se grondplanne, of dink jy nie dis ‘n probleem nie???

adriana ·

Dit sal wonderlik wees indien julle dit kan doen – ek stuur ook sommer hierdie berig na Duitsland sodat dit daar in die koerante geplaas kan word.

JSG ·

My vriend in Duitsland noem dat die huidige gebeure in hulle koerante en nuusmedia gepubliseer word. Internasionale lesers het daar ook al hul misnoeë uitgespreek oor wat hier gebeur.

hendrik ·

Die regering en Malema (asof hy die besluitnemer is) dreig om plase af te vat en dit jaag almal die hoenders in en dan sal dit so gebeur dat hy die 99 jaar huurpag stelsel gaan voorstel en dat die boere maar kan voortgaan met hul normale boerdery.

Hkgk ·

Malema beplan om president te word, en hierdie is net n deel van sy plan om te sorg dat hy soveel rykdom vir homself bymekaar maak as moontlik. Dis al lank dat hy strewe daarna om in Mugabe se voetspore te volg. Hy gaan nie stop tot hy dit bereik het nie. En die realiteit hiervan is dat hy en Mugabe dieselfde voel oor wittes, ongeag of hulle boere is of nie. Hy gaan beslis nie omgee oor kos ens nie, al is dit nou sy kastige voorneme. Die arm mense van SA is op dieselfde pad as hulle bure en te onnosel om dit te sien kom

Ada ·

Ek gaan ook waarsku – ek het genoeg kontakte in die Buiteland.

p ·

As hulle nou instap en my huis eis, dink julle ek gaan dit nog aanhou betaal?? Nie ‘n manier nie. Wat gaan dan van ons banke en ander instansies word?? Vra maar net?

Al ·

Mooi so Afriforum! SA is nie ñ eilandjie nie maar deel van die Global Village.
Wanneer jul dit reg benader sal jul hope sukses behaal!

Eish ·

Die waarskuwing gaan absoluut niks aan ons heil doen nie.
Daar was nog nooit n ingryping in n bevryde Afrikaland se huishoudelike sake deur die internasionale gemeenskap nie. So, wat wil ons bereik?
Die helhool gaan nog baie warmer word vir ons bleeksiele wat Afrikaans praat.

MarthinusWillemse ·

Eish, jy het seker al gehoor van Libië? Volgens die VN se Human Development Index 2009, het Libië se burgers die hoogste lewensstandaard in Afrika gehad. Gratis medies, gratis onderwys. Maar omdat Amerika, die “internasionale gemeenskap”, nie van Moeammar Gadaffi gehou het nie, is besluit om hom dood te maak. Samantha Power, Anna-Marie Slaughter en Hillary Clinton het prez Barack Obama oorreed om in te gryp. Met sy Nobel Vredesprys in die hand, het hy toestemming gegee. Nadat Gadaffi vermoor is, het Hillary Clinton met `n breë glimlag op TV verskyn en gesê “We came, we saw, he died”. Toe lag sy. Goddank die Amerikaanse volk het gesorg dat sy nie president word nie.
Lees bietjie William Blum se werke oor Amerika se inmenging in Afrikalande. Die Amerikaanse NRO’s Freedom House en USAID is baie bedrywig hier; hul gunsteling tegniek is “openbare ongehoorsaamheid”, soos om standbeelde te verinneweer…

Kellies ·

Voordat enige gebore Suid Afrikaner se eiendom gevat word moet alle buitelanders se eiendom eers gevat word, anders word buitelanders bo ons bevoordeel. HeHe.
Groete.

Hendrik ·

Dit is die regte stappe om te doen. Daar moet binnelands en in die buiteland ongelooflike druk geplaas word op die regering. Soos die algemene boikot van e-tol , die optogte teen plaasmoorde, aksies teen Zuma, moet daar dieselfde druk toegpas word op die regering.

MANIE ·

Waar is die liberaliste en ja stemmers nou wat almal gepaai het dat dit nie hier sal gebeur. Die geskiedenis van ons land oor honderde jare het geleer met wie kan jy onderhandel en wie nie. Hoop net nie die verligtes is die wie se bates reeds in die buiteland is

anti-crime ·

Kellies – dit maak sin!!
Dankie vir jou kommentaar!!

Jerry ·

Ooreenkomste met n plan en waarborge was gesluit met beleggers reeds in Davos. Vind eers uit wat die plan en waarborge behels voordat julle weer julle naam gaan loop en krater maak!

Kobus ·

Dankie Afri forum.hier kom n ding.ek sal my lewe gee vir my grond.ons wag

Kabous ·

Baklei sal ons baklei sit staan of le se net hoe julle dit wil he !

HPV ·

Malema se uitsprake is feitelik so skeefgetrek dat dit ‘n veiligheidsrisiko skep vir alle witmense. Al sy uitsprake en opswepery word aangevuur deur haat en bitterheid en dit is tyd dat mense nasionaal asook internasionaal kennis neem.

Mathys Lubbe ·

Kallie ek het vir joi my voorstelle per epos gestuur.

Liamari ·

Om te hoor hoe daar van my mense as “criminals’ in die parlement gepraat word, maak baie seer. Ons boere is almal my helde. Want om onder hierdie haatlike omstandighede nog elke dag vroeg op te staan en aan te hou produseer, is net ongelooflik. Hulle is almal helde! Die ANC beter hul mense reguit voorberei dat hulle nooit eienaars van grond gaan wees nie, maar slegs huurders van die staat. Plaasmoorde sal nooit ophou nie, al is jou kleur wat ookal. Tussen 50 miljoen mense kan nie eers die helfde grond besit nie.

leon ·

Dis reg Afriforum. Net een wyse van verset. Dit is waarom bydraes oor die jare so ‘n goeie belegging is.

Uitgevang ·

Baie ander partye het gehelp om die EFF te steun om grond te onteien. Wie regeer – die ANC dink hierdie ander partye wragties dat hulle grond gaan sien? Hierdie kan sleg in hul gesigte ontplof, want ons Almal weet Ramaposa is nie die president nie hy is nie die ANC se mooi gesiggie. Al die ander gaan uigevang word want SLEGS DIE ANC gaan grond besit!!

Marthinus Willemse ·

Gedurende die 1970’s en 80’s het Desmond Tutu Amerikaanse Universiteite en maatskappye oorreed om hul pensioenfondsbeleggings in Suid-Afrika te onttrek. Hulle het, so ook KFC, Chevrolet, IBM, Barclays, en meer. En ons het dit gevoel. Twee dapper manne, dr Connie Mulder en Eschel Rhoodie, het politieke guerrilla-oorlogvoering begin, om ons ekonomie te red. Totdat hulle in die rug gesteek is deur PW en Pik Botha en kie. Eschel is as diplomaat selfs in Frankryk in die tronk gestop. Die NP-“leiers” kon net nie verstaan dat die tye verander het, en dat uitsonderlike situasies uitsonderlike aksies regverdig nie. En dit is waarom ons hierdie aksie van AfriForum moet ondersteun.

Vermeemde ·

Hierdie is n feit soos water nat is, die ANC en veral Malema gaan hulle nie daaraan steur nie want hulle sal die massas agter hulle he, my vraag is. Kallie, wat gaan Afriforum doen wanner die onteiening begin?
Ek kan sien julle wil die korf skut maar ook nie teveel nie.
Neem net kennis dat die opbou van n land wat afgebreuk is triljoene Dollars werd is teenoor n stagnante SA ekonomie wat nie veel divedente lewer nie.
Grondonteiening is n geleendheid vir beleggers om geld te kom maak uit ons bloed.

Laetitia ·

Ons moet t-hemde wat die boodskap uitdra na alle sport geleenthede begin dra, sodat die wereld kan sien dat beleggings in hierdie land absoluut taboe is.

Attie ·

Die internasionale gemeenskap gaan niks doen nie dis hulle wat SA gedruk het om die land weg te gee so sou hulle intree sal dit beteken dat hulle weet dat dit n fout was dis hoekom suid afrikaaners so sukkel om refugee status in ander lande kan kry.Ons is op ons eie

Aasvoels ·

Attie, dan veg ons ook op ons eie.
Oorwinning sal dan net aan ons behoort.

Tammy ·

Ons moet nou oorweeg om alle eiendomstransaksies te staak totdat ons presies weet hoe hierdie aangeleentheid gaan werk. Ek sal geen grond met of sonder n eiedom verder koop nie, want die risiko is reeds te groot. Eiendomsagente gaan hulle deure toemaak, nog een van die ANC se werkloosheidskeppings inisiatiewe!!! Hulle het al duisende werksgeleenthede laat verlore gaan met hulle gierigheid. Dit knou ook die ekonomie, wanneer gaan hulle wakker skrik?

Groenie ·

Malema bestuur die land.Ramaposa luister vir hom kom ek agter.ramaposa het nou sy respek verloor.

Andre Nel ·

My vraag aan Kallie en almal wat oorsee hardloop om die ANC/Malema te gaan aangee. Hoeveel is daar gedoen aan die plaasmoorde, wat ook aan die buiteland geraporteer is. Hoeveel lande het Zimbabwe tot hulp gesnel. Ek vra maar net. Dink julle vir een oomblik die ANC/Malema of die buiteland, gaan hulle aan ons steur.

Koos ·

“Kyk vir ons! Kyk vir ons!” Bietjie laat sou ek sê.

Dink Kallie Kriel die buiteland weet nie wat hier aan die gang is nie? Gedorie, hulle het mos mense hier wat dinge dophou en enige geletterde mens kan met die druk van ‘n knoppie op die Net lees wat hier aangaan.

Dis maar reg so Kallie, laat hulle alle beleggings onttrek, dan gaan dit stukke beter met ons.

P.S. Hulle voel vere vir wat met ons gebeur.

Nadia ·

Ek is nou so kwaad.. vir wat gee cyril ni sy plaas op in waterberg.. of sy mcdonalds in warmbad nie??

Elle ·

Julle ouens, soos dit vir my lyk en klink,
is ‘Not -so -Honourable Member’
Malema ons volgende Prez.
Rooikappie-brigade is ons voorland.
Moenie daai man onderskat nie.

Susan ·

Goed so, maar wat kan gedoen word aan plaasmoorde wat hand uitgeruk het?

Voorstel ·

Om bloot ‘n bewusmaking v stapel te stuur dat beleggers moet ontrek is nie genoeg nie! Almal van ons sal negatief benadeel word. Afriforum het nodig dat die buiteland investeer op grond van die internasionel reg, dat die basiese reg op eiendom afgeforseer word in Suid Afrika. Hoe dit gedoen word weet ek nie, maar ek glo daar is briljante mense met duk brille wat dit kan uitwerk.

Boerin ·

En Malema soek sy grond buite Pietersburg terug wat hy verloor het oor skuld!!!

DirkJ ·

Due werklike groot gevaar is dat Malema n’ gees laat ontstaan dat swartmense nou by enige dorp kan instorm en witmense se einedom begin opeis…..dit is die grootste gevaar van alles….want swartmense kan maklik opgesweep word en dan gaan daar n’ volskaalse massa moord plaasvind!!!!!!!! Daar is baie oumense wat glad nie bewapen is nie en ook nie daaraan glo om bewapen te wil wees nie……..buurtwagte moet hulle observasies en paraatheid begin verskerp.

Kabous ·

Baklei sal ons baklei sit staan of le se net hoe julle dit wil he !

Cor ·

Ek weet darem nie of Malema dit sal maak om president te word nie. Die man het geweldig baie gewig verloor….hy lyk vir my nie te gesond nie. Of dalk het hy maar net ‘n streng dieet gevolg?
Soos die gesegde gaan: ” karma is ‘n blikslaer”

Francois Bosch ·

Goed en wel, slaag julle daarin om dit teen te staan verskerp hulle die aanslag deur plaasmoorde..

Lerato ·

Malema het gesê. Botha gaan op die plaas bly en boer.
Botha skuld die bank klomp geld.
Moet Botha nou die bank betaal vir n plaas wat nie syne is nie?
Moet die bank die verlies ly?
Gaan ons dorp mense met onse belasting vir die bank betaal?
Sal graag die antwoord hoor, asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.