Grondmosie: ‘Min rasionele redenasie oor gevolge’

Dan Kriek, president van AgriSA. Argieffoto: AgriSA

Agri SA het in reaksie op die EFF se veelbesproke grondonteieningsmosie, wat Dinsdag in die parlement aanvaar is, gesê hoewel die organisasie volle begrip vir die noodsaak van grondhervorming het, het “politiek en emosie die botoon gevoer in die debat oor grond” in die nasionale vergadering.

Maroela Media het vroeër berig die EFF se mosie dat die parlement maniere moet ondersoek om die grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind, is Dinsdag met 241 stemme teen 83 aanvaar.

Dan Kriek, president van Agri SA, het in ʼn verklaring gesê Agri SA het begrip vir talle Suid-Afrikaners se frustrasie met die stadige vordering van grondhervorming, maar is verbind tot ordelike en volhoubare grondhervorming. Hy het gesê hoewel die mosie deur die ANC en van die kleiner politieke partye gesteun is, was rasionele redenasies oor die moontlike gevolge wat so ʼn stap kan inhou vir die landbousektor en die ekonomie in die breë afwesig.

“Die feit is dat finansiële instellings swaar belê het in die sektor en dat onteiening sonder vergoeding ook op die banksektor ʼn uitwerking sal hê en waarskynlik daartoe sal lei dat finansiële instellings nie verder produksielenings aan landbouers beskikbaar sal stel nie. Daarsonder kan boere nie saad, kunsmis, voer of implemente koop nie, en nie voortgaan om voedsel te produseer nie. Dit kan lei tot voedseltekorte, prysstygings, voedselverwante onluste en sosiale onstabiliteit,” het hy gesê.

Volgens Kriek het die ANC en EFF duidelik ook nie erns gemaak met die identifisering van die ware feite rondom die mislukking van grondhervorming nie. Hy het gesê dit wil voorkom asof die regerende party geen ag slaan op die bevindinge van die hoëvlak paneel op sleutelwetgewing, wat deur die parlement aangewys is om die kwessie te ondersoek nie. Volgens Kriek het die paneel na deeglike ondersoek bevind dat dit nie die eiendomsklousule of die vereiste dat vergoeding betaal moet word by onteiening is wat grondhervorming gekelder het nie, maar ʼn ontoereikende begroting, gebrekkige politieke wil, swak implementering en korrupsie.

Hy het voorts gesê dit is skynbaar makliker om die grondwet te wysig as om die ware probleme met grondhervorming te probeer takel.

“Agri SA sal deelneem aan die konsultasies wat nou gaan volg en sal die beste moontlike kundigheid gebruik om ʼn optimale impak op die proses uit te oefen.”

Kriek het gewaarsku dat alle eiendomseienaars se regte in gedrang kan kom en dat die wysiging van die eiendomsklousule ʼn stap terugwaarts sal inhou na ʼn verlede waar eiendomsbeskerming nie vir almal beskore was nie.

“Eiendomsreg is ʼn fundamentele reg wat wit en swart, arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm. Die ontkenning daarvan is uit pas met internasionale praktyk en nie in die nasionale belang nie,” het Kriek gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

SAAI WAT JY MAAI ·

My magtie meneer, is jy nie die man wat GEWEIER het dat jou lede op Swart Maandag saam deelneem aan die #stopplaasmoorde veldtog nie? Is jy nie die een wat wou saamwerk met die regering en om hulle pype dans en wou wys dat julle wil versoen en opkomende boere help nie? Is jy nie die een wat voel ‘n optog Uniegeboue toe was onnodig nie? NEEWAT .. moenie nou kom tjank nie, tyd vir KONSULTASIES is verby .. julle het julle kans gehad .. die regering gaan AL Julle lede se grond vat en jy gaan sonder ‘n inkomste sit of dink jy die opkomende boere gaan jou salaris betaal?

Daan ·

Ons volk se probleem ons is leierloos nou luister die meerderheid na enige persoon wat n posisie het en meng dan nog die feit dat afrikaners n arrogante streek het en dit is dan wat jy kry n flop swart maandag het die meerderheid laat opstaan en kennis neem.

Boer ·

Nog een wat die les van Piet Retief gaan leer, nes frikkie, roelfie en zille

AP van Schalkwyk ·

Vraag: Koos het 6 jaar gelede n plaas gekoop en sit nou met n verband van R X miljoen by die bank. Sy plaas word nou onteien deur die staat en hy kry geen vergoeding daarvoor nie.
Wat gebeur nou.? Die bank wil sy geld terugkry, want die plaas het as sekuriteit vir die lening gedien. Wie is nou vir die bedrag op die verband verantwoordelik ?

Niemand ·

Die banke gaan ook genasionaliseer word . sien julle nie die groter prentjie nie? NIEMAND gaan dit terugbetaal nie . al die geld en die skuld gaan die REGERING s’n wees ..

nee-stemmer ·

Dis maklik.
1. Koos moes lewens versekering uitneem voor die lening toegestaan was.
2. Die lewens polis is ge-sedeer aan die bank.
3. Die plaas is in voogdyskap (“kuratorskap”) geplaas, so behoort nie meer aan Koos nie.
4. Hulle maak Koos dood, die bank kry sy geld en die moordbende (of te wel “begunstigdes”) ontvang die plaas.

Casper Labuschagne ·

Mits banke genasionaliseer word, sal jou eiendom dan as ‘n bate op die balansstaat verskyn en sal die banke nie ondergaan vanweë onteiening nie, mits die staat as eienaar van die bank ‘n gepaste aanpassing doen om die bank se balansstaat te laat klop. In die praktyk is dit meer kompleks, jou lening met sekuriteit (‘n verband) sal oombliklik ‘n lening sonder sekuriteit word en die betrokke bank sal die regsproses gebruik om jou uitstaande balans van jou lening in te vorder. DIt sal beteken dat jy dus ook bankrot sal gaan sou jou eiendom onteien word en jy sal ook al die geld verloor wat jy reeds op die verband afbetaal het. En sou jy vir die volgende dertig jaar spaar om ‘n nuwe eiendom sonder ‘n verband met kontant te kan koop (want geen bank gaan aan jou ‘n verband toestaan omdat jou risiko te hoog is), kan daardie eiendom ook dalk weereens onteien word.

Dit is onregverdig ja, maar ek en jy behoort aan ‘n minderheid wat nou vir vergelding deur die meerderheid geteiken word – dit is absoluut niks anders as net dit nie.

Gerhard ·

Watter deel van herverdeling van grond verstaan julle nie? Dit beteken vat by WIT en gee aan SWART.

Blits ·

Antwoord op jou vraag, Nee hulle gaan nie omdat dit klaar met die zulu koning bespreek is en vir hom belowe is dat daar onder geen omstandigheide aan die grond wat aan swart mense behoort geraak sal word nie, basies sluit dit hulle almal uit met onteiening en dis net gemik op wit boere en wit mense se eiendom, dit sluit huise, besighede en enige ander eiendom wat in wit mense en indeers en buitelanders behoort, as hulle besluit jou huis is mooi dan begin hulle met die onteiening proses daarvan, dit geld vir jou besigheid ook en myne alles, Die eindom markte gaan in eenstort en dan gevolg deur die banke, die rigeering kan nie die tiepe geldelike slag dra nie, nie eers die rykste land in die wêreld nie, dis n hengse ketting reaksie wat volg.
1. Eiendom
2. Banke
3. Werk
4. Voedsel verskaffing
5. Gesondheid
En tussen dit alles ons landswette ook
Plaas aanvalle en moorde op wit mense gaan nou drasties toeneem.
Die mense gaan nou dieselfde stratigie doen as in Zim en niemand en niks gaan hulle keer nie, hulle sien dit as dat daar gesê is julle kan maar gaan vat en as dit nie gegee word nie maak dood

Helena ·

Ons het GEEN regte meer. Afrikaans is ‘n vloekwoord WEG met Afrikaans is die KREET. Waarom plaas hulle (Die EFF & ANC) nie liewer die kollig op staatskaping en die Zuptas nie, as hulle al daardie geld kan terugkry kan hulle betaal vir die grond wat hulle nou net WIL VAT, die geskiedenis herhaal homself nou net, net omgekeerd gaan die Afrikaner en die wat nou onteien word oor 30, 40 jaar weer maak soos nou en weer alles onteien en dan word die siklus net herhaal

WIL MAAR NET WEET

Piet ·

Hier kom oorlog . Ek soen wit mense saam staan .Nee ek sien afrikaanse mense saam staan . Vir meer as n honderd jaar wag ek al dat ons almal net kan saam staan .

Tanzie ·

@Piet, ons het dan nie eens ‘n blanke leier nie, hoe kan ons saam staan?

jakkalse ·

En de klerk s’n? Hy het dit immers tog uitverkoop vir ‘n pot lensiesop?

Jerry ·

Lyk my Agri SA gaan dit erg moeilik maak vir Malema. Sien die mannetjie raak by die dag maerder, wonder wat is fout? More skyn die son weer, ook op die Afrikaner!

Herman ·

Dis maklik. Banke word genasionaliseer en jou verband word nou aan die staat betaal. Eiedomsreg word vervang met huurpag. So jy besit niks en betaal die staat om hier te kan woon.

honourable member ·

Hier is n strik vraag vir 10 punte: Gaan al die onteiende grond se skuld afgeskryf word. Hoeveel skade gaan die banke lei want daar is lenings uitgeneem, Wie gaan daai geld aan hulle terugbetaal.

Chris ·

En wat van de klerk se plaas? Hy het dit reeds verkoop saam met S A met Kodesa?

Jan ·

HOEKOM MOET DAAR BEGRIP WEES VIR DIE NOODSAAK VAN GRONDHERRVORMING?

Wat beteren dit, wil iemand verduidelik, watter noodsaak en waarom moet daar grondhervorming wees? Watter vergrype is in die verlede begaan wat nou reggestel moet word?

As die wit mense en boere sulke onmenslike vergrype begaan het soos wat die ANC en die EFF beweer, dan is dit mos niks minder as reg dat die wit mense in eie munt terug betaal word nie.

Sies vir die wit mense wat geen begrip vir die pyn van die swartes het nie, die swartes moes vir by die 300 jaar opvreet wat na hulle toe gegooi is!

Dieter ·

Ek het beslis simpatie met die boere, maar vir Kriek en AgriSA voel ek vere. Indien hy n plaas het, kan hy dit gerus verloor.

Marius ·

Nee hulle gaan nie sy plaas vat want daar bly ‘n swart man klaar op die grond hulle soek net die wit man se grond en huis.

Piet OVS ·

Ek hoop regtig daar is n leser met agtergrond wat die vraag vir ons kan
beantwoord. Die regering moes tog ook al so na die hele onteiening
delema gekyk het ?

Tammy ·

Die eerste ouens wat die nuwe onteiening aan die bas gaan voel is die huisagente. Wie gaan nou n huis of grond koop? More moet jy hoor iemand het n eis ingedien om daardie huis of grond te vat? Sodoende gaan die ekonomie sommer van vandag af begin skade ly. Ek sal nou geen eiendom koop nie, nie eers teen halfprys nie totdat ek presies weet wat aangaan….

Boerseun ·

Casper Labuschagne stel die logiese scenario. Jan, is jy heeltemal oningelig oor die historiese verloop van grondbesit? Met die moontlike uitsondering van enkele gevalle het bitter min grondeienaars grond gegryp. As enige volk ooit benadeel was, is dit die Koi/San wat oorspronlik die land bewoon het. Die hele res het hulle óf van noord in Afrika, óf van Europa hier kom vestig. Alle grond is d.m.v. onderhandeling gekoop of geruil. Die Afrikanasies het histories ná Jan van Riebeeck na Suidelike Afrika gestroom. Geen witmens het nodig om ekskuus te vra oor hul hier is nie. Wat vandag in SA staan is eeue se harde werk en uithouvermoë. Daar is huidiglik ‘n totale aanslag op georganiseerde grondslag deur die regeerders. Oënskynlik is hulle min gepla oor wat die gevolge ook vir hulle gaan wees. Ons sal moet wakkerword en tot die enige lewende God moet roep om ons te red van ons vervolgers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.