Grondonteiening: ‘ANC is roekeloos en onverantwoordelik’

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdagoggend in Kaapstad, waar die openbare verhoor van die grondwetlike hersieningskomitee oor grondonteiening plaasvind, gesê die ANC is “roekeloos en onverantwoordelik en dobbel met mense se lewens”.

Die openbare verhoor het in Goodwood, Kaapstad, plaasgevind.

“Die doel van hierdie verhore is om van die mense van Suid-Afrika te hoor of en hoe artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word sodat doeltreffende en ekonomies bemagtigende grondhervorming kan plaasvind,” het Maimane gesê. “Dit lyk egter of die ANC nie omgee om die mening van mense van hierdie provinsie aan te hoor nie, want hulle het Woensdag aangekondig dat hulle beslis artikel 25 van die Grondwet gaan wysig. Dit lyk dus of hierdie grondverhore sommer net boksies is wat afgemerk word, en Suid-Afrikaners word nie werklik gekonsulteer nie.”

Maimane het dit benadruk dat die DA ten volle verbind is tot grondhervorming. “Ons glo grondhervorming is noodsaaklik. Om die waarheid te sê, die DA-geleide regerings is al myle voor wat betref werklike, betekenisvolle grondhervorming om diegene te bemagtig wat agterweë gelaat is. Die ANC se benadering is egter om nog meer grond in staatsbesit te kry en dit dan aan swart Suid-Afrikaners te huur en hulle ewigdurende huurders te maak, afhanklik van die regering vir hul oorlewing. Dít is nie vordering nie.”

Hy het gesê dit het die afgelope paar dae en weke duidelik geword dat die verhore nie oor die mense of vordering gaan nie. “Dit gaan oor mag en om daaraan te bly vasklou. Toe pres. Cyril Ramaphosa, as president van die ANC, die SAUK Woensdag gebruik het om ʼn Zuma-agtige laataandaankondiging te maak, het hy nie aan grond of geregtigheid gedink nie. Hy het net gedink hoe om die ANC bymekaar te hou en die bedreiging wat sy nuwe ‘pêlle in rooi’ vir die verkiesing inhou, te neutraliseer.

“Miskien gaan dit daaroor om die EFF se ondersteuning te koop, sodat hulle beheer kan terugkry van die metro’s soos Nelson Mandelabaai wat hulle in die grond in bestuur het met korrupsie en wanadministrasie.

“Die ANC is roekeloos en onverantwoordelik en dobbel met mense se lewens. Ons ekonomie is reeds in ʼn vreeslike toestand. In die eerste kwartaal van hierdie jaar het dit met 2.2% gekrimp. Ons het vandeesweek gehoor werkloosheid het gestyg. Byna 10 miljoen volwassenes sit nou sonder werk. En terselfdertyd verhoog die regering lewenskoste met petrolprysverhogings, BTW-verhogings, en verhogings van sondebelasting. Die mense ly vreeslik. Die laaste ding wat hulle nodig het is ʼn knou aan die ekonomie.

“Grondonteiening sonder vergoeding is nie die silwer koeël wat geregtigheid sal verseker nie. Om die waarheid te sê, presies die teenoorgestelde. Dit sal privaat eiendomsregte ondermyn en ons ekonomie en werkskepping seermaak. Dit sal beleggers afskrik. Zimbabwe se voorbeeld wys ons dinge kan nog baie erger raak. Om hulself te beskerm, lei die ANC nou Suid-Afrika op ʼn baan wat lukrake grondgrype, lukrake ontneming van privaat eiendom, leë supermarkrakke en leë mae tot gevolg sal hê.

“Die president weet dit net so goed soos ek, maar die ANC kom eerste en Suid-Afrika laaste.”

Maimane het gesê die DA se benadering is om titelaktes uit te deel. “Waar ons regeer, het ons reeds meer as 100 000 titelaktes oorhandig, en meer as 100 000 gesinne is bemagtig met eienaarskap van ʼn bate wat hulle kan gebruik om ʼn lening te bekom en met ʼn onderneming kan begin. ʼn Bate wat hulle aan hul kinders kan nalaat.

“Ons ondersteun ook gelykeaandeelskemas, waar diegene wat die grond bewerk, ook in die wins daarvan deel. Waar ons regeer, het ons ʼn 60%-sukses in landbougrondhervorming wat behaal is deur omvattende ondersteuning aan opkomende swart boere. In teenstelling hiermee het die ANC ʼn 90%-druipsyfer wanneer dit kom by grondhervormingsprojekte.”

Maimane het verduidelik die DA het ʼn grondhervorming-raadgewerslessenaar en distrikskomitees oor grondhervorming gestig om die nodige ondersteuning te bied aan opkomende boere. “Ons is die enigste provinsiale regering wat ʼn eksterne evaluasie van alle grondhervormingsplasse binne ons provinsie gedoen het.

“Die ANC werk nie meer vir die mense nie. Hulle vertel net leuens. Ek doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om populisme te verwerp, konstitusionalisme te verwelkom en saam te werk om Een Suid-Afrika vir Almal te bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die ANC is desperaat vir stemme en weier om hul eie tekortkominge te erken. Die EFF wil hierdie wet he. Die ANC is maar n marjonet in die skobbejakke se hande. CR is tog immers n slim, sakeman… Wag maar tot “our people” begin honger raak en nie verder Suid sal kan vlug nie. Dan gaan die poppe dans! ‘n Honger volk is n gevaarlike volk.

Johanna Botha ·

Die anc speel met vuur. Nou moet die mense by die staat huur …genade beaef hulle nie die gevolge ! Entlik moet net mense stem wat n taks no het want die ander dink geld val uit die lug !

leser ·

wat van al die grond / plase wat reeds aan hulle GEGEE is, dis leeg / bar,
waar dit eens winsgewende areas was,
maar nee, alles moet vir hulle gedoen word,
hulle wil op hul agterente sit en dagga rook terwyl wit boere die werk moet doen,
banke “moet” lenings gee, wat nooit terug betaal sal word nie
ooooo wag, dit is alweer “a part hate” se skuld dat niks werk nie

Paul ·

Maar natuurlik is dit ongrondwetlik, so vat CR en die ANC hof toe!

Paul ·

Die prosedure soos per die grondwet vereis is geminag, vat CR en die ANC hof toe!

Nikita ·

Eenie, meenie, miney, mo…which side should CR go? Ek like die plakate…I like….I like!! Die ANC is nou aan die kop…hulle het die bal aan die rol gesit en het dit oor hulle self gebring!

Lynne ·

Hierdie gemors laat my dink aan die legendariese song Me and Bobby McGee. “Freedom is just another word for nothing left to loose….” Ons gaan ons gatte sien sonder ‘n spieël!!

ZAR ·

Al die praatjies van die DA is so mooi, dan kom jy by die gedeelte wat hy sê dat hulle glo in gelyke-aandeelskemas, die wat die grond op plase help bewerk moet ook deel in die winste. Dit is vir my lagwekkend. Hoe kan iemand in jou wins deel as hulle nie ook in jou verlies deel nie? Dit moet mos beide kante toe gaan. Enige boer het soveel om te verloor, en het elke dag daai stres, een haelstorm kan alles verwoes, die werkers deel nie in daai stres nie. So indien die DA glo in gelyke aandeelskemas en ‘n bewerker van die land ook in die boer se winste moet deel, moet hulle ook aanvaar om in die boer se verliese te deel. Dit klink vir my meer logies.

AJ ·

Land expropriation is just a publicity stunt!

The Land expropriation issue is only a publicity stunt pulled by the ANC to cover up for their failed government, mismanagement, looting of state assets and TREASON.

The ANC sold SA to foreigners such as the Guptas and other foreign racketeers!

They (the ANC) not only destroyed the economy, they also destroyed the trust and goodwill among diverse ethnic groups!

How can the ANC looters, traitors and instigators of racial hatred be trusted with the private property that they want to expropriate?

What citizens should do is to punish the ANC by VOTING them into oblivion … forever!

Eradicate the ANC like you would eradicate dangerous vermin!

SA have millions of honest, competent and reliable citizens that can replace the current ANC crooks!

Don’t be deceived by the ANC propaganda!

Never take your eyes off the state coffers that are being looted ‘as we speak’!

Snowball ·

In ‘n rasionele wêreld, was die ANC lankal uit die regerende gestoeltes gelig, maar SA is tans ‘n plek waar niks sin maak nie en regdenkende mense yl gesaai is; die massas wat die ANC bly instem is manipuleerbare, arm stemvee wat val vir emosiebelaaide beloftes oor grond en ‘n Utopia waar wittes gaan boet vir apartheid. In SA, bestaan die vermoë om die ANC te straf by die stembus hoegenaamd nie, hoofsaaklik weens ‘n gebrek aan kennis asook die houvas wat die ANC het op die psige van die oorgrote bevolking, òf, deur nuwe populistiese breinspoeling, soos die grondkwessie, òf ou lojaliteite by mense, wat die ANC sal bly sien as die bevryders van swartes, onder die juk van apartheid. Daar is geen stryd te wen teen die ANC by die stembus nie…

LB S ·

Probeer dit vir die massas sê, nie vir ons nie. Hulle staar hulle nou BLIND teen redenasies, dis mos makliker om net te DEMAND!

Manie ·

Die grond storie is deur die anc op die voorgrond gebring sodat geen mens met praat oor die vergrype van die party in die staats kas saam met die Guptas. Ek is seker dit is hulle raadgewers wat gesê het om die pad te volg om mense se aandag af te lei van hoe patetiese regering hulle werklik is

Staak ·

Hierdie verhore het geen geloofwaardigheid en ligemieteit nie, die verhorw was gehou om die publiek se insae te kry maar wat eintlik gebeur het is dat politieke partye die vloer soos gewoonlik gekaap het. Mense wat duidelik geidentifieseer word deur hulle T-hemde en rooi berette het namens partye gaan praat, die parlement en sy raadsale is vir partye beskikbaar maar nie vir die publiek nie.
Die publiek is geensins gehoor nie, net party politiek is gehoor, is dit genoeg rede vir n hof aansoek om dit tersyde te stel en Cyril vir n tyd te stop?

Katerina ·

Almal wag vir n leier om die nasie uit te lei uit die duisternis. Miskien wag die leier wat julle soek in julle geledere..EK is bereid om vooruit te tree. Ek is n 53jarige vrou. My regte naam is Deborah Van Rooyen. Ek weet niks van politiek en ekonomie,maar good grief,ek sien hoe die mense soek vir n leier – en Niemand tree na vore. Ek sal dit wees,en doen,maar ek sal BAIE hulp nodig he.

Katerina ·

Paul – Ek kry sommer hoendervleis.. ek luister juis nou net na De La Rey..

Anoniem ·

As Suid Afrikaners en dit sluit alle rasse groepe in. Ek praat nie van net blankes nie dan sal ons werklik moet saamstaan met die volgende verkiesing. Hierdie 2019 verkiesing sal bepaal of blankes nog n voortbestaan het in hierdie land. Ek is ook nie tenginste van die DA nie maar mense as ons n ander regering aan bewind wil sien dan sal ons vir hulle moet stem want hulle is die tweede grootste party. Al die ander splintergroepe kom net mooi nerens en kan weer voortgaan met onderhandelinge met die DA na die 2019 verkiesing ek glo hulle staan n beter kans dan. Moenie wag na die verkiesing om dan te wil koalisies te stig nie gooi jul gewigte nou saam en trek die wa deur die drif.

tokkelos ·

danien stel jy voor dat die da as hulle wen dan die vervreemde grond van die nuwe begunsrigdes afneem en aan die regmatife eienaars teruggee? een ding wat vir my baie duidelik is, is dat die !ensw wie sulke lang roerende insette lewer onbewus is dat die plase wat onteien gaan word vir landbou en voedselsekerheid aangewend moet woed want hulle gaan pen gerus n erf vir n huis af. wat weer wys hoe die anc die mense wie op die verhore kom hpgetuig, mislei.

Frikkie ·

Die skrikwekkende is as die staat jou vyand word en jou gedagtes al meer soos terrorisme vir hulle sal klink!
Dit gebeur as diegene wat “honger en dors na geregtigheid” (Matteus 5:6) hulle bevind in `n staatsbestel waar die regering die bewerkers van ongeregtigheid geword het.

Hennie ·

Hoor wie praat van roekeloos. Om getroud te wees met n wit vrou en dan in die openbaar te verkondig dat “white privilege” aangespreek moet word. Wat doen hy vir sy kinders? Colored privilege? Dweper!!

Chris Ws ·

Die ANC WIL oorlog he dis al.Hulle sal enigeiets doen om die blanke te kry om eerste te begin sodat die blaam nie op hulle val nie.
Cyril Ramaphosa is deur die Russe opgelei as saboteur,maw hy is ‘n opgeleide terroris.Nou is die land se president ‘n terroris so wat verwag mense gaan hy doen?Koekies bak en tee drink ??

Anoniem ·

Hi Tokkelos. Dit gaan vir my om n nuwe regering aan bewind te kry en dan met hulle te onderhandel of stel jy ook oorlog voor. As mense wil oorlog praat dan is dit nou die tyd om ruggraat te kry en dit te doen want anders gaan ons onverwags in ons slaapklere gevang word. Jy wag nie vir die vyand om eerste die skuif te maak nie. In hierdie land is daar nog baie sterk sakemanne wat hierdie regering op hul kniee kan druk maar omdat geld die god is sal daar eerder gesien word hoe menige mense sterf en dit Tokkelos is wereld geskiedenis dat geld mag is en om mag te he sal jy ook moord pleeg.

Pierre Roux ·

Besluit waar u staan, elke maand verander u van mening. U is die leier van nog net een
politieke party wat die Afrikaner uitgelewer het nadat ons stemme u die politieke aanstelling in die parlement gegee het as die offisiële opposisie Blankes is behoort nooit weer hul kruisies agter jou false party se naam te maak nie.

Die DA behoort hulle self te skaam maar ek is wys genoeg om te weet politikuste het nie morele waardes nie.

Clipper ·

Ek het na 1 vergadering geluister en kon somner sien hoe dinge by die ander sal gaan. Dit sal my glad nie verbaas as die anc spesiaal opswepers na elke vergadering gestuur het nie. Die zumaphosa is besig met sy eie agenda en al wat tel is dat sy party moet die volgende verkiesing wen al beteken dit dat die hele land in sy peetjie gestuur word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.