Grondonteiening, ANC wil volle mag hê

‘n Stuk grond in die Noord-Kaap is onwettig beset. (Foto:Verskaf)

Die ANC wil hê die uitvoerende gesag, eerder as die howe, moet besluit wanneer onteiening sonder vergoeding moet plaasvind.

In ʼn onderhoud met eNCA sê Mathole Motshekga, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee getaak met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, die ANC is nie tevrede met die huidige voorstel vir die wetsontwerp nie. “Die ANC meen dat die uitvoerende gesag eerder oor hierdie mag moet beskik, aangesien hofprosesse tydsaam is en Suid-Afrikaners nie nog 25 jaar kan wag om die kwessie van grond aan te pak nie,” sê Motshekga.

Lede van die publiek het tot einde vandeesmaand (31 Januarie) om kommentaar op die voorgestelde wysigings te lewer. Indien die ANC sy wens kry, beteken dit die regering sal kan besluit in watter gevalle “nul vergoeding” vir grond kan geld. Die howe sal in sommige gevalle wel kan bevind dat die ANC verkeerd was in só ʼn bevinding, maar sal geen mag hê om ʼn ander bevinding te maak nie.

Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), sê indien dié verandering aan die wetsontwerp aangebring word, dit die verdeling van magte in die land heeltemal sal ondermyn. “Dit sal ook moeiliker en duurder wees vir grondeienaars om besluite oor vergoeding teen te staan,” sê Jeffreys.

Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging, sê Motshekga se uitlatings bewys weer eens dat die ANC se enigste prioriteit die verkryging van absolute mag is. “Daarom moet onteiening sonder vergoeding ongekwalifiseerd teengestaan word, of dié mag nou by die howe of die uitvoerende gesag gesetel is. Die illusie dat daar ʼn ideologiese skeiding van magte tussen die drie bene van die regering bestaan, is buitendien doodgebore,” sê Redelinghuys.

Motshekga het verder verduidelik hoe hierdie verandering deur legitieme prosedures – soos openbare verhore en die insette van ander politieke partye – aangebring sal word, aangesien hierdie nie slegs ʼn ANC-proses is nie.

Maar Redelinghuys is nie oortuig nie. “Die ANC se versekering dat prosedures gevolg gaan word, is nie juis gerusstellend nie. In 2019 het pres. Cyril Ramaphosa reeds in die middel van die openbare verhoorproses aangekondig dat die ANC voortgaan met onteiening sonder vergoeding – dit ten spyte van die feit dat geskrewe openbare insette die proses oorweldigend teengestaan het. Hierdie voorbeeld dien as bewys dat die ANC nie sal skroom om oor billike prosedures en teenkanting te stoomroller in die najaag van sy eie belange nie,” verduidelik Redelinghuys.

“Onteiening sonder vergoeding sal die regering die mag gee om een van die steunpilare van vryheid van ons te ontneem. Hierdie growwe skending van eiendomsreg is iets wat in beginsel teengestaan moet word, ongeag hoe dit geadministreer word,” meen Redelinghuys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Frm ·

En mag ek vra hoe moet ons dit teen staan want sover het al die gekerm en gekla niks gehelp nie. Ons almal besef dat dit teengestaan moet word maar is daar regtig n effektiewe manier om dit te doen?

Se maar net ·

Dit sal onbeskryflik gevaarlik wees om hierdie reeds bewyste mafia bende van n regering die ya of ne oor eiendom het….
Kan julle, julle indink hoe korrupsie gaan seevier onder die ministers en hul trawante met hierdie mag.
Hoe kan ons as burgers dit teensteen?

Gaitsigubib ·

Wors mens kan baie bereik net om ten minste saam te staan. Ek het van die begin gese ons moet soos een man etol boikot. My eie 2 susters het egter getrou begin etol betaal. n Paar dwarstrekkers hou steeds hierdie euwel aan die gang! Die wat wel geregistreer het het nou al besef dat dit n fout was. AGRI SA se manne het die regering gehelp met land claims in n poging om op die gravy trein te spring. Mala-Male waarvan Dawid Mabuda n derikteur was is n goeie voorbeeld van wat ek die gravy train noem. Hulle het die landbou tot in sy verderf in geonderhandel, nou wil hulle bid saam met die einste mense wat hulle nie hier soek nie. Ek slaan my hande saam!

Gaitsigubib ·

My spelling stink- jammer my lomp fingers wil nie saam werk nie.

Pieter Fourie ·

Dit gaan oor mag en “payback” teenoor witmense. Hulle gaan woonbuurte wil onteien om die “vorige benadeeldes” te help en hul grond (ons huise) te gee. Jy gaan geen vergoeding ontvang, huisloos wees en seker nog jou verband moet klaar betaal.

Landie ·

Wanneer ‘n regering volle mag en besluitneming totaal in hulle hande wil he is die land nie meer ‘n demokratiese land nie. Maar ‘n land wat geregeer word deur magsbehepte vrate. Onteieining sonder vergoeding sal die begin en einde wees van ons land soos ons dit nou ken. Niemand sal hier wil bele nie. Die ANC sal bietjie mooi moet dink oor hulle vlngde stap met die wet.

Db ·

@ Landie. Dit is juis die probleem. Hierdie wesens kan nie dink nie want die breinvermoë is nie in hulle gene nie.

Liezl ·

Weet julle wat beteken die woorde ‘grondonteiening sonder vergoeding’? Dit beteken jou grond, waarvan jy die wettige eienaar is, word ontneem sonder dat jy betaling kry. Dit sal net oordra na die volgende ding, jou huis wat jy besit in die dorp, dis mos ook ‘n stukkie grond, jou motor wat jy betaal het en jy die eienaar is. Hulle kan jou net stop en sê klim uit, dis nou myne. Ek skud net my kop, ons het regtig nodig om meer tyd op ons knieë deur te bring.

John ·

En daar waai demokrasie by die venster uit…

Hulle het die land en die soe’s in die grond in bestuur en nou wil hulle die vryheid in die land ook opmors…

Hierdie land is definitief nie ‘n demokrasie nie…

Dit is nou waar ons opeindig met al die politiese leuens en selfsug…

Dankie fw….

Blommie ·

Ag mense dink julle regtig ons gaan hierdie slef behepte land keer en omdraai.
Dieselfde wat in Zimbabwe gebeur het gaan hier gebeur…
Hier is nie hoop vir die witmens in die land nie. ons moet plan maak en gaan na n land waar ons ekonomies groei iets beteken. want hier gaan die witmens niks meer besit nie. werk vir die regering en nie vir ons gesinne nie. Kyk tot mens se pensioen, JOU EIE neseiertjie wil daar beheer oor geneem word. Mense ons moet ophou dink dit sal nie gebeur nie en eerder voorsorg tref.

Andries ·

Die voorgestelde wysiging van artikel 25 is nie grondwetlik nie omdat ‘n kernbeginsel van die konstitusie aangetas word wat slegs met ‘n 75% meerderheid gewysig kan word. Soos dit tans lees, gee artikel 25 die reg op onteiening wat sonder vergoeding kan plaasvind indien die vereiste voorwaardes en omstandighede aanwesig is. Die vraag ontstaan ​​waarom dit nodig is om artikel 25 te wysig om uitdruklik te sê dat vergoeding nul kan wees. Die voorstel is gekleë onder die dekmantel van grondhervorming en restitusie, maar is eintlik gelykstaande aan die nasionalisering en herverdeling van enige eiendom. Ingevolge art 25 (4) (b) van die Grondwet is ‘eiendom’ nie beperk tot grond nie. Enige tipe eiendom, bv. aandele in landbou- en voedselondernemings, kan onteien word sonder vergoeding as dit in belang van grondhervorming geag word. Die Grondwet maak nie voorsiening vir nasionalisering en herverdeling van eiendom nie. Die voorgestelde wysiging kan die deur oopmaak vir die misbruik van onteiening van “eiendom” vir die persoonlike verryking van politici en hul kaders omdat slegs 50% +1 % nodig is vir die parlement om ‘n wet te aanvaar tov die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding kan geskied. Die gevaar van potensiële strooptogte van eiendom deur politici moet met alle mag moontlik teengestaan word.

toy ·

Is net ek mag dit ek mag dat omdat ek mag, mens is al so moeg vir dit want alles val plat waar hulle ‘n mag oor het.

Paw-paw ·

Nog net die grondkwessie en die reserwebank, dan het die ANC als vernietig!

Winston ·

Hoe stop of keer jy kommunisme? Dit is al waaaroor hierdie grond en eiendom verdeling gaan. Veg of vlug is enigste opsie..Jammer dat so baie dit te laat gaan begryp..Loop met skille voor hulle oë en dink alles loop nog mooi.

TINKIE ·

Wil hulle maar nie alles vat nie??? Ek kan nie verstaan hoe ‘n ander person/persone sommer net kan vat nie? Is dit hoe die nuwe Suid Afrika werk?? En een van die dae is daar geen kos meer op die tafel nie, want dit word aan persone gegee wat sokkerball weet!

Griki ·

En hier is ek onder die indruk dat ons ‘n regstaat is …

Otto ·

Ja, hulle gaan ons na die plakkerskamp toe jaag en dan beset hulle ons huise en besittings.

Blommie ·

Otto, he he he hoe lekker laat jy my nou lag en wanneer dit gebeur en ons binne hulle nedersettings eknomiese groei wys en hulle die stede afbreek en afbrand dan wil hul trug trek. lol

Feite ·

Die grondwet is nie langer die papier werd waarop dit geskryf staan nie, omrede die demokrasie in SA reeds gesneuwel het die dag toe die opposisiepartye toegelaat het dat die ANC hulle met ondemokratiese sosialistiese beleid onder dekmantel van transformasie vir die herstel van die onreg van die verlede laat mislei het. Al wat op die agenda onder dekmantel van transformasie was, was kaderontplooiing vir die kaping van die staat vir selfverryking van die ANC strukture en elite ten koste van gewone mense, maar hoofsaaklik ten koste van die kolonialiste. Die ANC was toegelaat om met die herstel van die skade van staatskaping nog groter sjade aan te rig tot so n mate dat opposisie weerstand so verkrummel het dat dit bloot n kwessie van tyd is voordat die ANC terselftertyd wat hulle grond annekseer ook privaat/pensioenfondse gaan kaap. Nie die demokrasie of die grondwet kan dus enigsins gebruik word om die ANC veel langer te keer om grond, pensioen/privaatfondse, reserwebank en finansiele instellings te nasionaliseer nie. Die wette van die land geld net vir die opposisie, nie vir die ANC wie verhewe bo hierdie wette is. “Watch this space”!

Drikus Kotze ·

Menslike mag is geneig om korrup te wees, en absolute menslike mag, korrupteer absoluut.

A van L ·

Lyk my ons is terug by die Groot Trek. Met Bybel in die wakis en geweer in die hand en veral geloof in ons Skepper.

MANNY ·

Hierdie party verteenwoordig n klomp uiterse geslepe skelms in hulle boonste linie en hulle party beleid moet n onreg teen die mensdom verklaar word.Dit is tipies afrika tendens dat die daarbo al die mag oor hulle oningeligte volgelinge wil he. Kom al van dingaan se tyd en is net nog so met hulle huidige konings

JohanR ·

En nou watter uitsoek en spog plase sal die ANC ministers nou vir hulself kies. Ja ANC julle dink hier in SA lewe daar net dom mense wat nie weet wat julle meer besig is nie. Is dit ook nou die rede hoekom gewere moet ingehandig word sodat die boer nie kan terugskiet nie?

Nick ·

Hulle gaan dit regkry ook want ons gaan dit maar net weer sluk, soos met alles ander!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.