Grondonteiening-besluit: ‘Teleurstellend, maar te verwagte’

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake. Foto: Reint Dykema

AfriSake het Donderdag sy stem by talle ander organisasies gevoeg wat die ANC se besluit om artikel 25 van die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding ten sterkste veroordeel.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, het in ʼn verklaring gesê die aankondiging van die ANC is nie verrassend nie aangesien die ANC eiendomsreg “duld, maar nie respekteer nie”. Le Roux het gesê dit is teleurstellend dat die ANC onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa weg van ʼn markekonomie beweeg.

“Die ANC is in wese besig om radikale ekonomiese transformasie te versnel. Besluite wat geneem is, sluit onteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van die Reserwebank in – maar dit is slegs die hoofopskrifte. Sonder veel uitsondering sal die uitkoms van dié konferensie ekonomies en maatskaplik skadelik wees,” het Le Roux gesê.

“Gelukkig is die slegte nuus meestal ou nuus. Die ANC het nie skielik ’n nuwe rigting ingeslaan nie en die inwerkingstelling daarvan sal omtrent net so lank neem as wat dit in die afgelope jare geneem het. Die georganiseerde sake- en die burgerlike gemeenskap moet hul bes doen om dit selfs moeiliker vir die ANC te maak om hul besluite uit te voer.”

Le Roux het gesê AfriSake sal, waar van toepassing, dié besluit van die ANC sterk met regsaksie teenstaan en, waar nodig, met sterker maatreëls.

Die DA se Thomas Walters het intussen gesê die party staan sterk agter die eiendomsklousules in artikel 25 van die Grondwet en terselfdertyd ook sterk agter die regte van die armes om by die ekonomie ingesluit te word.

Walters het gesê die ANC het misluk om Suid-Afrika uit armoede en ongelykheid te lei en is “verskeur deur korrupsie en wanadministrasie” – daarom probeer die party nou homself herposisioneer as ʼn party van radikale ekonomiese transformasie. “In die proses het die ANC weer gewys dat die party nie gewillig is om die werklike uitdagings in grondhervorming wat ons samelewing in die gesig staar, aan te spreek nie, maar om eerder van die wesenlike kwessies af te wyk,” het hy gesê.

Walters het gesê die werklike probleme met grondhervorming, insluitend massiewe korrupsie en wanbestuur, ʼn teensinnigheid om eiendomsreg aan armes toe te wys, swak administrasie van grondeise en verwante prosesse en swak hulpbron- en begrotingstoewysings deur ‘n onbekwame staat sal nie een deur die voorgestelde wysiging aan die Grondwet uit die weg geruim word nie.

“Die DA sal opstaan vir ons land se Grondwet en eiendomsregte teen ʼn ANC-regering wat net homself wil verryk ten koste van die volk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

N Lourens Reitz ·

Nuwe leierskap. Gaan dinge verander? Nee stellig nie. Dit dieselde slang net met ñ ander kop.

Matmiet ·

Ek wet julle Ramaphosa is agter die besluit en om anc te versterk in die stemme. As hy n anc lid is kan ek hom ongelukkig nie vertrou nie al is hy hoe goed met besigheid. Juis… goed met besigheid…!

John ·

?..opstaan vir die grondwet wat stuk-stuk gewysig gaan word? Wat help dit om sake in ‘n Afrika-bos-hof te veg as daar geen wette is wat jou saak onderskryf nie. Gaan ons nou stylvol geklee en in hoogdrawende Afrikaans~ servet in die hand ~ netjies oor die krans spring en vriendelik wuif vir ons liefste ‘verstes’, ons aaklige naasbestaandes en al die hogeres in die buiteland wat toe nooit na ons eeuelange ellelange pleidooie geluister het nie? Ongelukkig laat Afrikaners hulle meestal lei deur onervare en lig-in-broek-leiers wat konfrontasies ten alle koste vermy… want die Bybel se glo so. Afrikane was nog altyd aggressiewe en baasspelerig bloedsuiers. Wil ons dit nie weet nie of is ons doodgewoon net te onnosel? Ons is nou in groot … en dit is nie leeumis nie.

Jean ·

Baie welkom in Afrika! Wat het enigiemand verwag? Dat Suid-Afrika hierdie straal van hoop sal wees in hierdie hart van die duisternis. Hierdie politici in die parlement het die mag en die geleentheid om verandering te betwis deur die misdadigers in die kabinet te verwyder wat voortdurend misdade en korrupsie pleeg. Hulle kon die verslaers van diktature en verdedigers van demokrasie gewees het. Maar hulle het nie besluit om die status quo wat hulle in die afgelope kwart van ‘n eeu onderhou het te handhaaf nie. Net soos die res van die 53 ander Afrika-lande wat die Afrika-kontinent uitmaak, sal Suid-Afrika nie anders as die res wees nie. Dis dis Afrikaners vir Afrika! “

Chris Ws ·

Anc of wie ookal,kom vat my eiendom wat ek wettig met swaar verdiende geld GEKOOP het.Bring ‘n lykswa saam want daar gaan beslis lyke wees om weg te ry!Dis gewaarborg.

Popeye ·

Die verklaring en nagevolg voorspel niks goed vir die voortslepende plaasmoorde nie.

CHRISTA ·

Ek wonder of Ramaposa Mugabe se streke gaan uithaal. Hoeveel plase gaan hy vir homself en sy vrou en familie “hijack”?

Ek het al vele kere tevore gesê die ANC is so lief vir naamsveranderings. Hulle kan net so wel ons land se naam verander na “Zimbabwe Extension”!!

Kellies ·

@ Christa. Jy sal jou hande saamslaan as jy weet hoeveel plase en geld Cyril al het. Is lankal al so gegoed soos Mugabe.

Oom Klasie ·

Jammer om op nog n verraaier af te kom met een van die kommentare.Sulkes gaan die land eerste verlaat wanneer die popo die fan strike.Ons ander sal ons man staan en veg waarvoor ons gewerk het.

Vermeende ·

Van watter volk praat die DA?
Ramaphosa het nog nie eers begin bemark onder die DA nie en die DA vry klaar na die blanke wat van honself praat as die volk se stem.

Tokkie ·

Agri SA en Johan Bornman n ekonoom het in die artikel Who owns SAs land ? gepubliseer op news 24 webtuiste gedateer 29 Oktober 2017 heel ander feige gepubliseer as wat die ANC voordoen : onder andere dat meer as 50% van landbougrond in Oos Kaap en Kzn in swart besit is en dat 46 % van landbou potensiaal deur nie wit eienaars beheer word.

My vraag is net na watter % landbougrond kyk die ANC moet alles aan hulle gegee word sonder vergoeding ? n Groot gedeelte van die grond in hierdie land behoort aan die regering self – kan hierdie grond nie aangewend word vir grondhervorming nie – hoekom moet grond van ekonomies aktiewe eienaars gevat word en in onproduktiewe ondeurdagte besluite verander word ?

Johann Marx ·

Hou op julle blind staar teen ‘n “konstitusie” en gaan die die A&C se “Freedom Charter”. Hulle voel ‘n veer vir ‘n konstitusie………..en is besig om hulle vryheidsmanifes tot die letter toe te pas…

Werner ·

Piet le Roux jy en die da is besig om julle lede te paai sodat julle tog die laaste bietjie geld uit hulle kan wurg julle yl as julle dink julle gaan hierdie aksie in die howe stuit

Flippie ·

Ek volg die eiendom son rekening met belangstelling.. Wat vir my interesant is dat nêrens word die lot van die landbouer en sy familie genoem nie. Nêrens word genoem dat ‘n landbouer se werk, sy boerdery is nie, nêrens word daar genoem dat hy op die plaas woon nie (sy plaas is sy huis) en les bes is sy kan out besigheid ook sy pensioen plan.

Allerhande ander rede word aan gegee teen onteiening, behalwe dat die wit kleinboer hier uitverkoop word ten gunste van die industrieele boere.

Die kleinboer ongeveer 80% van alle boere produseer slegs 20% van landbou produksie. Verder het blanke klein boere bitter min skuld. Dit is dus duidelik dat die teiken van onteiening die blanke kleonboer is.

Hoe dit ook al mag sy ek maak my maar reg vir die onafwendbare. Want sonder my plaas het ek nie werk nie, nie ‘n huis nie en ook geen pensioen nie. Met ander woorde nie eintlik ‘n toekoms wat ek begeer nie. Hulle sal my grond oor my dooie ligaam moet vat!

My eiendom is onbeskikbaar ·

Ek stel dit baie duidelik: my eiendom is nie beskikbaar vir diewe nie.

Vermeende ·

My gond is bekom met harde werk en n lening wat klaar betaal is.
Ek is klaar oud en my besluit is maklik, ek kan nie meer hardloop of oor begin nie so hier op my plaas gaan ons saam bloei. Ek sal my lewe neer le wat my grond is die enigste toekoms wat my nageslag het.
Alle landbou unies moet maar kennis neem, hierdie is nie n saak vir gesprekvoering of in die howe te toets nie.
As enige persoon verwag dat die boer gehoor moet gee, staan dan eers jou huis, eiendom, inkomste en pensioen af dan kom staan jy voor ons boere as voorbeeld en stel dan die eis aan ons en dit geld vir alle leiers.

Frans C ·

Die grondwet is van die NP se kant af onderhandel deur geleerde mense,dws mense met tenminste universiteitsopleiding. Maar geleerd beteken nie wys nie of dat jy insig in die gevolge
het nie.
In ‘n land met ‘n bevolkingsamestelling soos ons,waar elke groep ‘n minderheid teenoor die saamgevoegde meerderheid is,gaan die saamgevoegde meerderheid altyd besluit wat gaan gebeur.

Minderheidgroepe selfs die van die eerste bewoners van die land suig aan die agterste speen
wanneer dit gemeet word teen die belange van die saamgevoegde meerderheid.En dit kon die geleerde mense nie insien nie,dat in ‘n een man-een stem verkiesings,selfs met proporsionele verteenwoordiging die saamgevoegde meerderheid (swart volke met ‘n spikkel bruin en wit in) die kitaar slaan.

Dit is waarom mi die onderhandelde skikking met sy pragtig luidende grondwet, met selfs
‘n stukkie godsdienstigheid in, opgeteken sal word as die grootste mislukking in die Afrikaner se geskiedenis, sy onafhanklikheid verruil vir ‘n pot lensiesop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.