Grondonteiening: ‘Dit sal ekonomiese selfmoord wees’

Argieffoto

Verskeie organisasies het Donderdag hul skok en woede uitgespreek oor die ANC se aankondiging dat dié party artikel 25 van die Grondwet wil wysig om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Agri SA meen daar is geen rasionele gronde vir dié besluit nie. “As dié artikel gewysig word om [grondonteiening sonder vergoeding] toe te laat, sal dit ekonomiese selfmoord wees. Die finansiële markte sal ongetwyfeld onttrek uit Suid-Afrika en beleggingsvertroue sal aan skerwe spat,” sê Agri SA in ʼn verklaring.

Die landbousektor het die beste gevaar in die eerste drie kwartale van 2017 en was die grootste bydraer tot die 2%-groei in die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal.

Dan Kriek, president van Agri SA, het gesê hulle vra deurlopend vir verblyfregsekuriteit en eiendomsregte vir afgeleë gemeenskappe en dit is tyd dat die ANC dit as ʼn geleentheid sien om nuwelinge in die landbousektor te bemagtig en befondsingsmeganismes te ontsluit.

Kriek het gesê Agri SA daag die ANC uit om te verduidelik hoe dié voorgestelde wysiging produksie of suksesvolle ontwikkeling van nuwe boere gaan bevorder. “Ons sal dit graag met Ramaphosa en ander leiers wil bespreek.”

Die VF Plus het intussen gesê die besluit dat die land se Grondwet gewysig moet word om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, is gevaarlik en bedreig die landbousektor, private grondbesit en die ekonomie. “Die besluit bedreig in wese alle private grondbesit en baan die weg om later grond in Suid-Afrika te nasionaliseer,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Diegene wat glo dat die voorwaardes van die besluit dat voedselsekerheid en die ekonomie nie benadeel mag word nie, effektief die onteiening nie moontlik maak nie, word mislei deur mooi woorde. Cyril Ramaphosa is ʼn meester om klem te lê op die aspekte wat mense gemoedsrus gee, maar die interpretasie van die voorwaardes sal ‘n ANC-interpretasie wees.

“Indien die Grondwet eers gewysig is, sal die interpretasie van voedselsekerheid so wyd geïnterpreteer word dat landbougrond onteien sal kan word sonder vergoeding,” het hy gesê.

“Ramaphosa het geen keuse as om die wil van die ANC uit te voer nie en hy as individu se magte is beperk. Indien die Grondwet eers gewysig is, is dit neusie verby vir private grondbesit op die langtermyn. Die Vryheidsfront Plus sal alles in sy vermoë doen om hierdie wysiging van die Grondwet te verhinder.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die ANC se besluit kom neer op ’n besluit “om diefstal te pleeg en die land op dieselfde vernietigingspad te plaas as wat deur Zimbabwe gevolg is met die ondermyning van eiendomsreg”.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is respek vir eiendomsreg ’n kernvereiste vir ’n suksesvolle ekonomie. “Lande wat eiendomsreg skend, word gekenmerk deur werkloosheid, armoede en ekonomiese agteruitgang. Die ANC se besluit om eiendomsreg te skend, sal dus almal in die land benadeel, behalwe die klein groepie elite wat voordeel uit die ANC se diefstalplan sal trek,” het Kriel gesê.

Kriel wys daarop dat die ANC se plan om eiendomsreg te skend ’n verdere aanduiding is dat die ANC nie die ooreenkomste wat tydens die onderhandelde oorgang van 1994 bereik is, as bindend beskou nie. “Minderhede en ander wat gaan deurloop onder die ANC se verbreking van die 1994-ooreenkoms kan dus nie hulle hoop op enige ANC-leier plaas nie en sal self stappe moet neem om na hulle eie belange en eiendom om te sien,” voeg Kriel by.

Kriel meen AfriForum, sy lede en ander “wat ook hard gewerk het vir wat hulle het, sal nie net terugsit en toekyk hoe hulle eiendom gesteel word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

wel as daar die wet deur kom wil ek weet gaan hulle ook die bank betaal wat geld geskuld word

Eish ·

Banke gaan genasionaliseer word, dan is dit in elk geval hul eiendom as eerste eiser.

Carel ·

ANC jull moes XYZ gewees het, julle is nie Baie slim nie is julle? Kyk na jul buurland Zim? Julle gaan ons laat vrek van die honger,…….

Eish ·

Wel, wel, wel, al wat die meerderheidsregering met sy konferensie regkry het, is om n nuwe gesig aan sy minderheidsvervreemdingsbeleid te verskaf.
Met die volgende algemene verkiesing binne roepafstand, kan ons, onself staal vir n populisties gedrewe beleid en optrede deur die praatpatriotte ten einde die wegblyers en die apatiese oud ondersteuners in hul hordes terug te bring.
Ongekende verbeterde dienslewering, noue skakeling met kiesers, witmansbelasting, biljoene leë beloftes en n paar ander foefies om te verseker hul sit die volgende 5 jaar die stoele van mag warm.
Om die wysiging deur die parlement te kry, gaan ook nie n onbegone taak wees met die EFF se seën daarop nie.
Die mafia van Skelmbosh kan verwag dat daar op hul neergedaal gaan word soos n ton bakstene.
Jaques Pauw en die res van witmonopoliekapitaal gaan die eerste persona word om onder die geheime nuwe noodtoestand aangehou te word sonder verhoor, kos en water.
Agri SA en die VLU hou hul optog in wit teen die beleid en die leierskorps word geroer onder noodtoestand wetgewing.
Eish, hier kom n rowwe 2018!
My voorneme is maar net lydelike verset soos Ghandi. Om die rek te rek tot voor hy breek, om die glas te skud tot voor die water uitdons, om my spraak te sprook tot by die streep, om Africa Check se syfers te roer soos n hoop suiker in n blik koffie.
Ek sien eerlikwaar reikhalsend uit na die
wederkoms…

Cherokee ·

Wat het geword van die stil groepie (menende de klerk, meyer, botha, van schalkwyk & kie?) Dit is opmerklik dat hulle geen woord sprak. Sommige van hulle is sover my kennis strek, lede van die anc.

Boervrou ·

Kan nie sien hoe enige boer net gaan terugsit en kyk as hul jou grond wil vat nie. Dit kos baie sweet trane en deursettings vermoë om te boer. Niemand het grond verniet gekry nie.

Ek sal my grond verdedig ·

Ek sal my eiendom verdedig tot die dood, ek belowe.

Gerhard ·

Ja dit is ekonomiese selfmoord, maar kom gaan dit kom. Punt

Vermeende ·

Die enigste manier wat dit redelik suksesvol gesen kan word is n plaas hier en n plaas daar en dit uit die nuus hou.
My vraag is, hoe gaan Afriforum dit stop?
Gaan julle weer na die howe hol en wanner onteiening begin se maar ons het darem probeer of sal julle voet neersit?
Steun maar gerus op die boere, sodra die wysagings gemaak kondig dan n landbou produksie staking aan. Alle boere stop dan om te produseer of hou vir n maand terug. Dit is my voorstel, die honger massas moet daar voor die ANC kantore gaan staan vir hulle pap.

Johannes ·

Banke soos ABSA, Standard Bank, FNB ens sal aan die einde van die dag die ergste getref word want verbandhouers/boere sal in hulle duisende ophou om hulle uitstaande verbande te betaal. Banke sal nie die vermoe hê om soveel eiendomme en plase terug te neem nie. Ek sal dan ook ophou om my verbande te betaal ….

Vermeende ·

Glo dit maar, Ramaphosa gaan maai onder die swart DA stemme en die DA melk en na die volgende verkiesing wanneer Zuma uit is dan gaan Malema n ANC koaliesie venoot word en dan het die ANC sy 2/3 meerderheid.

Eish ·

Heeltemal moontlik. Opwindende tyd vir die DA. Die blankes behoort op n streep na die VF PLUS te gaan so Mmusi gaan n eensame figuur raak in die politieke landskap.

Dereck Le Roux ·

Nou is die filistyne op ons, waar is ons sogenaamde “regte” wat in die grondwet verskans is en waar is Frikkie de Klerk se sogenaamde wigte en teenwigte? Niks minder werd as die papier waarop dit geskrywe staan.

Grysburger ·

Wat gaan grondeienaars doen as hul grond afgevat word na ‘n wysiging van die Grondwet? Hulle sal hulle defnitief nie na die howe kan wend nie. Dus sal grondeienaars maar pro-aktief moet optree om die lewe vir diegene wat hul grond wil vat, so moeilik moontlik maak. Begin sommer nou om elke buitelandse fonds wat geld in Suid Afrika investeer te waarsku dat hul belegging nie veilig is nie. Dryf die Rand na ongekende laagtes, al moet ons self daardeur ly. Pas ‘n verskroeide aarde beleid toe sodra dit bekend word dat ‘n bepaalde stuk grond gevat gaan word. Brand jou opstal en alle geboue af. Vergiftig die boorgate. Verwyder jou grensdrade en elke meter waterpyp. Nooi elke Jan Rap en sy maat om op die grond te gaan plak. As jy wild het, nooi die plakkers om dit uit te roei en kry beeldmateriaal daarvan. Almal behoort nou te gaan aansoek doen vir paspoorte en by buitelandse ambassades in groot getalle op te daag en vra vir ‘n heenkome in ander lande.

Oom Klasie ·

Dit is presies wat Siener geskryf het.Alles val soos n legkaart inmekaar.Groot probleme kom so staal julself maar op die heel einde sal ons ok wees.Die heel einde.

Cherokee ·

Sug :-(
Johann, die vraag is nie of jy dit beter kan sê nie maar eerder of jy dit net so goed sou kon sê.

Cherokee ·

Julle twee praat hoop maar is albei verkeerd. Wanneer die regerende party ‘n verkiesing wen met soveel as ⅔ van die stemme kan die verbrousel waarvoor die ja-stemmers gestem het in ’92 gebuig en verbou word na smaak. Nou verwyt die ja-stemmers de klerk, meyer, botha en kie asof hulle alleen skuldig is, maar dìt is wat die ja-stemmer goed gekeur het.

HV ·

Wel , die oomblik as die ANC regkry om n wet in te stel vir onteiening sonder vergoeding , dan breek hul die kontrak van 1994 . Dan is daardie wet onwettig asook daardie regering en is ons weer terug voor 1994.

Reg ·

Ja, dit is nie wat ons onderhandel het nie. Dit sal die begin van lelike dinge wees, die ANC beter die onderhandelinge se voorwaardes nie breek nie.

Tessa ·

Die Grondwet waarmee de Klerk & Kie so geloop en spog het, is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie! Ons 2018 begin nou al met drie ernstige kwessies:
1. GRATIS Onderrig
2. Grondonteiening
3. Nasionalisering van die Reserwebank
Die Hemele Behoed ons!

Blommie ·

Sou die grondwet verander moet word moet dit nie deur ‘n referendum vooraf gegaan word nie. EK VRA MAAR NET!!!

Cherokee ·

Soos Gerhard vir jou sê, nee want die grondwet kan verander word as die regerende party ‘n verkiesing met ⅔ of meer van die stemme wen. En soos hy sê sal dit geen verskil maak nie want soos die destydse Nasionale Party die land in ‘n ystergreep gehad het, is hoe die ANC dit nou doen. ‘n Referendum sou bloot ‘n formaliteit wees.

grotman ·

as n ou diesel en ander chemiese stowwe in die land in ploeg sal die grond mos vir hul ook niks beteken nie

Johannes Meintjes ·

Grondonteiening (moontlik naspeurbaar na die SA Regering se slaafse bydrae tot die internasionale doelwitte van VN Agenda 21) skep wel na mening gulde geleenthede om eerstens burgerlike beveiligingssamewerking (buurtwagte, plaaswagte en GPF) op plaaslike en nasionale vlak saam met die SAPD te toets in gevalle waar roekelose politieke opportunisme sou plaasvind, en om te sien watse alternatiewe aangebied word waar onteiening plaasvind en regmatige eienaars van hulle bron van inkomste of familie-erfporsie beroof word.

Chris ·

Die grondkwessie is en sal ‘n tameletjie bly. Dit is ‘n politieke speelbal waarmee stemme gewerf word. Ek is egter bietjie bekommerd oor die gepeupel wat die sentiment van die bevryders steun. Dit is egter nie vir sommer kom vat nie. My groot bekommernis is, wie sit werklik agter die “grondeise”. Dit is dieselfde as die “white monopoly capital” gonswoord. Iemand is iewers besig met ‘n baie gevaarlike spel wat die land destibiliseer onsekerheid en rassespanning aanblaas. Agv gebeure in die verlede is ek baie skepties oor die betrokkenheid van sekere lande in Suid Afrika. Geen land het vriende nie. Jy het belange. Wat is die oogmerk van die sg “vriende”? My beskeie mening is dat die land nooit soos Zimbabwe sal word nie. Almal sê dit neig daarnatoe. Ons heer en meesters sal dit nie toelaat nie. (VSA. Britanje. Duitsland.) . Ongelukkig word die blanke en meer pertinent die Afrikaner/boer/landbouer geteiken. Hulle weet van watter stofasie ons gemaak is.

Ek self sal dit nie toelaat nie ·

Anders as die zim boere het meesta van ons nerens om heen te vlug nie, en wat gebeur as mens nie kan vlug nie?…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.