Grondonteiening: Grondwet hoef nié te verander

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Maite Nkoana-Mashabane, die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het die reg om voort te gaan om grondhervorming binne die bepalings van die Grondwet toe te pas en hoef nie te wag vir die aanbevelings van die grondwet-hersieningskomitee nie.

Groenewald verwys na ʼn mediaberig waarin Nkoana-Mashabane gesê het sy is bereid om ingevolge klousules wat reeds in die Grondwet vervat is, voort te gaan met onteiening.

“Die minister is nuut in haar pos en sy sal vind dat dit onnodig is om grond te onteien, aangesien die staat reeds meer as 4 000 plase in sy besit het wat hy kan gebruik om swart boere te vestig,” sê Groenewald. “Onteiening is ʼn regsproses wat die belastingbetaler baie geld gaan kos en die minister sal geld mors indien sy wil onteien.”

Groenewald sê grond wat die staat sedert 1994 in die grondhervormingsprogram verkry het, asook grond van mislukte projekte om swart boere te vestig, moet eers gebruik word om opkomende swart boere te vestig wat graag ʼn sukses van hul ondernemings wil maak.

“Indien die minister hierdie stappe volg, sal sy agterkom onteiening is totaal onnodig en sal dit die belastingbetalers baie geld spaar,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Richard van der Westhuizen ·

Die ANC wil nie oplossings hê vir die grondkwessie nie. Hulle wil dit voorhou as stuk ongeregtigheid wat reggestel moet word.

snoefie ·

die mense wat die onregte gepleeg het, sowel as die mense teen wie die onregte gepleeg is, is dood. wie boer op ramaphoza, malema en zuma se plase in mp?

Jean ·

Jip dit is n verkiesing strategie om stemme te koop.met erge nagevolge vir die land!
Nog meer beloftes nog minder dienslewering maar helaas die lot gee nie om nie…net skep terwyl dit val ne…

Paul ·

Jean, ek stem saam met jou. Dr Groenewald nooi eintlik vir die minister uit om sommer nou al die onteiening/hervorming toe te pas, sy hoef nie vir aanbevelings te wag nie. Dus beduie hy vir haar dat die ANC regering kan mos maar sommer nou al daad by die woord voeg, dan sal ons sien wat die reaksie, ook in die buiteland is.

Oom Kalahari ·

Dankie Dr Groenewald vir jou riglyn, maar dit gaan nie vir hul oor verdeling van bestaande grond nie en is dit jare beplande manifes om die wit boer van sy grond te onthef en onder Staatsbeheer te plaas. Hier gaan dit oor haat en verarming en tot uitwissing van ‘n minderheids volk.

Lolla ·

Enige ou wat met Groenewald wil stry, bewys royal onnoselheid en verdrink in sy eie selfsug en haat. Dis feite waarmee jy nie kan stry nie.

Andre ·

Die grondonteiening wat die Regering wil toepas, het niks met ‘n kamstige “honger” na grond uit te waai nie, en word dit nie gedoen om opkomende swart boere te bevoordeel nie. Indien dit so was sou die miljoene hektaar wat reeds aan die Staat behoort, reeds aan swart boere uitgedeel wees. Die kommunistiese Regering soek beheer van die grond, net soos hulle feitlik reeds alles in die land beheer.

Ken ·

My Oompie, Ek stem 100% saam net jou. Dit gaan oor die ANC wat alles in hul besit wil he. Dan het ons mense geen meer weerstand nie. Dit is hoe Kommunisme werk. Word wakker mense.

isabella ·

Gee jou grondgebied terug aan God. Ek kry die een bitter jammer wat dit van Hom probeer wegvat. Daar was al n hele paar keer moordenaars in die erf waar ek woon snags. Ek is afgetrede weduwee, maar die bose kon.nie naby my kom nie omdat ek elke aand psalm 91 bid! Ek kwoteer bedags dele daarvan wanneer ek gevaar sien of aanvoel. Wees sterk en hou vas aan God. Die dag van afrekening is nie ver nie.

Sondes ·

Isabella, jy laat dit klink of mense wat nie die Bybel soos jy lees en/of vertrou soos jy vertrou nie, nie deur God beskerm sal word nie. Ongelukkig is die lewe nie so eenvoudig nie. Dis goed om Bybel te lees en te bid, maar harde realiteite staar boere elke dag in die gesig en soms moet mens van ‘n mens se knieë af opstaan en self ook iets doen. Ons lewe nog op hierdie aarde en nog nie in die Hemel nie en moet mede verantwoordelikheid vir ons veiligheid (en alle ander fasette van ons lewe) aanvaar.

Sondes ·

Isabella, jy laat dit klink of mense wat nie die Bybel soos jy lees en/of vertrou soos jy vertrou nie, nie deur God beskerm sal word nie. Ongelukkig is die lewe nie so eenvoudig nie. Dis goed om Bybel te lees en te bid, maar harde realiteite staar boere elke dag in die gesig en soms moet mens van ‘n mens se knieë af opstaan en self ook iets doen. Ons lewe nog op hierdie aarde en nog nie in die Hemel nie en moet mede verantwoordelikheid vir ons veiligheid (en alle ander fasette van ons lewe) aanvaar.

isabella ·

Jissie jong nooit nie! Ek deel maar net my persoonlike ervaring wat my veilig laat voel. Sy trou is n skild en n pantser en dis vir my baie groot! Jy moet onthou ek woon alleen, dit laat my rustig slaap.

Jerry ·

Ek deel julle almal se sentimente, maar ek dink die Afrikaner is besig om homself in n hoek in te verf deur plaasmoorde en grondonteiening as politieke speelbal te gebruik. Suid Afrikaners en buitelanders voel nie jammer vir die Afrikaner nie. Dit is net die Afrikaner wat jammer voel vir homself, want die Afrikaner het dit aan homself te danke omrede hy nie wil versoen nie en nou word die foute van die verlede weer herhaal. Sou Mnr. Groenewald leierskap wys dan sou hy reeds om n tafel met CR gaan sit het om sekerheid te kry oor grondonteiening en oor staatshulp vir plaasveiligheid (nie plaasmoorde) vir boere en werkers. Goeie buurmanskap en goeie leierskap is n vereiste vir die vreedsame voortbestaan van die Afrikaner in SA. Die roete wat Mnr. Groenewald, die forum en TLU nou volg gaan nie vreedsaam eindig nie! Die plaasbeveiliging van die Forum werp nie vrugte af nie en plaasboere en werkers benodig daarom staathulp en ingryping mbt veiligheid.

En jy? ·

Jerry, dis altyd maklik om andere te kritiseer, maar wat doen jy van jou kant af?

Jaco ·

Ek sal graag wil weet wat word van die gevalle waar begunstigdes uitbetaal is vir grondeise waar hulle in meer as 90% van die gevalle die geld verkies het? Word die in ook in berekening gebring as na die grond eienaarskap gekyk word. Jy kan tog nie twee keer eis op n stuk grond as jy klaar daarvoor vergoed is nie? Regtens behoort dit mos dan aan die huidige eienaar want die benadeelde is klaar vergoed?

se maar net ·

Miskien moet daar ook gekyk word na bestaande trustgrond wat reeds in swart stamme se besit is. As elkeen se stukkie grond op die trust in sy/haar naam geregistreer word, (waar baie reeds bly of dit as ‘n 2de tuiste gebruik) kan dit moontlik reeds ‘n groot verskil maak aan die huidige situasie van grondbesit.

Verder moet daar ook ‘n ouderdom afsnypunt wees sodat die sogenaamde “born frees” wat van 1994 gebore is, nie ook hulself vergryp aan grond nie. My vrees is dat die oomblik wat die grond op mense se name is, hulle gaan skuld maak op die grond wat hulle dalk nie kan betaal nie, en op die einde van die dag besit die banke die meeste grond, waarmee hulle basies niks kan doen nie. Verder sien ek ook geen rede hoekom ‘n persoon moet grond verniet kry as sy/haar ouers reeds grond besit nie. My ouers het nie vir my grond gelos nie, ek moes gaan werk soek en self koop.

Bestaande staatsgrond kan gebruik word vir werkskepping in landbou. Vat mense en lei hulle op, gee wat hulle nodig het om te begin maar staak alle hulp na ‘n jaar of twee. Sou die mense misluk, verloor hulle die grond en sodoende ook hulle werk

Dries ·

Die mense stel nie glad nie belang in jou grond nie, hulle stel belang in, wat jy op die grond opgebou het. Hul kan die grond vat maar ek het die reg om vergoed te word wat ek gebou het op die grond. Mag ek afbreek wat ek op gebou het, of gaan dit strafbaar wees.

Casper Labuschagne ·

Inderdaad bestaan al die maatreëls om grondhervorming en selfs onteiening waar benodig, toe te pas. Maar dit gaan nie oor die wet of maatreëls nie, dit gaan oor die sogenaamde “oorspronklike sonde” waar die inheemse Afrikane van grond ontneem is en hulle wil oombliklik alle eiendom terug hê. Hierdie argument is so gestruktureer dat geen wit persoon ‘n geldige teenargument mag uiter nie, ons is skuldig bevind aan kriminele sondes teen die meerderheid en basta! Myns insiens kan daar ‘n sterk argument gemaak word dat dit uitsluitlik gaan oor ‘n drang na vergelding in die onderbewussyn van die swart nasionalisme.

Basjan ·

Casper, ek stem 100% saam met jou. Jy som die hele saak mooi op.

Joshua ·

Dit gaan nie vir die massas net oor grond nie-dit gaan vir hulle watse minerale moontlik onder daai grond is-hoekom niks oor dit se nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.