Grondonteiening: ‘Hoekom moet boere nog voedsel produseer?’

Louis Meintjes, president van TLU SA. Foto: Reint Dykema

“Dit kos meer as R6 000 per hektaar om te ploeg en te plant. Hoekom nog voedsel produseer? Boere sal nou twee keer dink om daardie groot onkoste aan te gaan as daar ʼn groot moontlikheid is dat die grond gevat kan word en hulle die risiko loop om alles te verloor.”

Só sê Louis Meintjes, president van TLU SA, in reaksie op die parlement se grondwetlike hersieningskomitee se aanvaarding van ʼn verslag waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

Die aanvaarding van die verslag is nog ʼn stappie nader daaraan om onteiening sonder vergoeding ʼn werklikheid te maak. Die verslag sal nou aan die nasionale vergadering voorgelê word waar dit gedebatteer sal word.

Meintjes sê die aanvaarding van die verslag het nie vir TLU SA as ʼn verrassing gekom nie, aangesien dit te wagte was “in die lig van die twyfelagtige prosesse en die emosionele opswepery”. Hy meen dat dié verwikkeling egter nou onsekerheid onder boere veroorsaak of hulle nog enigsins vir die nuwe seisoen moet plant as dit moontlik is dat hulle net alles gaan verloor.

“Die president van die land moet nou sê waarom boere wel behoort voort te gaan om te plant,” sê hy.

“TLU SA gaan voort met sy internasionale veldtog en sal die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie die einde van die maand inlig dat die Suid-Afrikaanse regering sy Grondwet wil wysig om grond van sy onderdane te steel, terwyl die Suid-Afrikaanse boere hulle grond wettig bekom het.”

In teenstelling met Meintjes se reaksie het die African Farmers Association of South Africa (Afasa) Vrydag die aanvaarding van die verslag verwelkom. Neo Matshile, voorsitter van Afasa, sê die hersieningskomitee se besluit “weerspieël die sienings van die meerderheid Suid-Afrikaners dat daar ʼn behoefte is aan dringende en versnelde grondhervorming om die ongeregtighede van die verlede reg te stel”.

Matshile sê die organisasie staan onwrikbaar agter die instelling van grondonteiening sonder vergoeding en glo dit sal landbouproduksie en voedselsekuriteit verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Johann M van Heerden ·

So strompel en val ons tot niet. Waar o waar is al die slimjanne van pre 1994. Die Nobel pryswenners en gladde monde wat ons so uitverkoop het terwyl beloftes van ‘wigte en teen wigte’ gemaak was. Nou moet elke mens en organisasie maar spartel en spook.

Petrus Heigers ·

Ons ondersteun Afriforum en Solidariteit en TLU SA se dryf en verantwoordelikheid om ons boere en grondeienaars se saak te beveg.
Ja alle “JA” stemmers het soos mis voor die son verdwyn

Jean ·

Ek het nie genoeg inkleur penne en papier nie, maar ias ek dit maar weer moet uitspel:

AFRIKANERS MET CODESA ONDERHANDELINGE MET DIE ANC IN 1994 IS JULLE ‘N BAIE GOEIE GELEENTHEID AANGEBIED OM SUID-AFRIKA TE VERLAAT A.S.A.P. SONDER GEWELD.

My mede Afrikaners kry dit tog net in asseblief julle kop dat die wat julle veraaiers noem, ons ‘n uitkom kans gegee het vir ons families en vriende, terwyl ons nog kan en dit goed met ons gaan. Moet nou nie wag soos kippie en wag wat gaan volgende gaan gebeur nie, want wat volgende gebeur in Suid-Afrika is wat reeds in die res van Afrika gebeur het tussen 1950 – 1980 kyk maar al die bevrydings oorloe veral die van Algeria is ‘n baie goeie voorbeeld

Piet ·

Jean dit klink vir my so of jy probeer om jou eie “Ja stem” te verduidelik. Onthou net die VSA en Europa het ook maar hulle probleme. Sal jy hulle daar in die dinges in gaan stem en dan ook weer aanskuif na die volgende land of gaan jy ‘n ander strategie volg?

wet ·

yip, die propaganda foefie in 1993 was baie effektief, selfde soos vandag

Groenie ·

Toe ek kommentaar in ‘n vorige artikel geplaas het oor FW de Klerk se wigte en teenwigte, het MM besluit om dit nie te plaas nie. Wonder waar lê MM se sentimente.

Andrea van Vuren ·

My vraag is: Waar is Agriforum se veelbesproke Dan Kriek?

Swart teen wit ·

Alles in SA het swart teen wit geword. Hoekom moet enige wit mens nog enige bydrae tot die land oorweeg as dit die norm is ? BEE is swart teen ‘n ongelooflike minderheid wit. Grondonteiening klink uit die berig dat dit net die wittes se grond is wat gevat gaan word.

Joe ·

Dis nou hoe ons ouer geslag ons lewens verwoes het, hulle uie kinders. Ek haat julle vir dit

Piet ·

Jong Joe hulle het baie vertroue in hul leiers gehad. Dit is nou so, mens moet nie bitter raak teenoor almal nie. Dit irriteer my wel dat daar mense is wat steeds hul “Ja” stem wil regverdig, maar dan ontevrede is met die chaos wat oral heers, in so mate dat hulle uit hul geboote land wil vlug. Jy kan mos nie jou brood aan albei kante botter, toast en jam nie. Jou Ja stem is mos reg of dit was verkeerd.

Spiekeries ·

Ek het gister weer agtergekom as Afrikaners ‘n vaagste redetjie het om te kla dan is daar omtrent 2 miljoen van hulle, maar as daar fisies iets gedoen moet word, selfs so n klein dingetjie soos om n memorandum aan die Amerikaanse ambassade te oorhandig dan is daar maklik 300 Afrikaners in die land. Waar was jy en jou generasie gister, Joe?

Ondersteunet ·

Laat die wat dit verwelkom het nou maar spartel. Ondersteun net jou eie mense en verspry jou goed self an privaat en nie meer an maskapye nie.

Antoinette ·

Mmm as ons moet wag vir President om te se of daar geplant moet word gaan ons lank wag en daaroor gaan hy ook lieg so los maar!

Anneli ·

Ja Antoinette, die huidige president is ‘n leunaar, sy woord is nie sy eer nie.

Andrea van Vuren ·

Sarel, lees asb my vorige kommentaar. Ek het nog altyd Dan Kriek se insette in ons kosbare landbou bevraagteken. Geld iewers onder die tafel deur?

Sarel ·

Hi Andrea, jy weet nie eens welke organisasie Kriek verteenwoordig nie . Hoop jy het net verkeerd gespel . Doen tog asb moeite en google bietjie .

Anoniem ·

Verduidelik waar kom voedsel sekuriteit en landbou verbetering in? Daar sal niks wees op di ou einde ni. Dan dolwe ek n stukkie grond om in my eie erf
Sit als onder net om teen di elemente te beskerm en eet so uit my eie tuin uit.

Ronelle ·

As jy nog n ou stukkie grond het om te plant! Nee weet nie meer!

Linda ·

Is dit nie tyd dat banke hierdie boere ñ jaar of wat grasie gee nie ..dan plant hul niks vir die vlge jaar of wat nie want in hierdie land, is sien, glo en voel -verstaan.

ronelle ·

Die Banke se niks! Al ooit gewonder hoekom? Hulle laat liewer hul personeel gaan om nog die laaste bietjie groot wins in te palm!

PJ ·

En was dai 1994 nobel pryswenners nie slim nie roelfie in die week op program Groot ontbyt net vol lof vir nuwe suid afrika jou ou karnarie

Lientjie ·

Hou op om ander mense te blameer. Dit 25 jaar terug. Of sou jy dit kon oorleef met steeds sanksies teen ons. Blameer die buiteland wat nou niks van ons wil weet. Nou sien hulle wat hulle einlik aan ons gedoen het, en nou dreig hulle weer met sanksies. ‘n Sirkel is rond jy kom altyd by dieselfde punt uit.

Magrietha ·

Ek stem geen grond geen kos gee afbetaaling van leenings op huis plase en grond nie.

Petrus Heigers ·

Ons ondersteun TLU SA, Solidariteit en Afriforum se dryf en verantwoordelikheid om die boere en grondeinaars se saak te beveg!
Al die “JA BROERS”het soos mis voor die son verdwyn. En wie moet ons bedank- die “Codessa trio”

TB ·

Die regering moet onthou die boere voorsien vir die hele land voedsel, as hul grondonteiening gaan toepas gaan Suid-Afrika net soos Zimbabwe eindig die land is daar maar hulle sal dit ni kan bewerk nie di instandhouding ensv. Daars n verskil om vir jou land te boer en te voorsien en n paar mieliepitte agter jou huis te laat groei en dink jy is nou n boer. Ek kan geensins sien hoe dit voedsel produksie sal bevorder ni

Adam ·

Ek stem volkome saam dat boere nie meer die risiko’s kan en behoort te dra nie. Ek persoonlik is van oordeel dat die ” grootste ongregtighede van die verlede’ tussen 1994 en 2018 gepleeg is. Jammer kaders, maar julle sal die een maar op die ken moet vat.

JV ·

Wonder watter inpak dit op die Mega boere gaan hê. Matshile sê hy glo dit gaan landbou produksie verbeter, kan mens so naief wees, Die boere wat kan moet van bates ontslae raak en die geld landuit vat al is dit hoe hartseer. As hierdie land hervorming begin gaan dit n rimpel effek hê.

khoi-kind ·

Matshile praat deur sy nek, die enigste ware eienaars van die grond in Suid-Afrika is die bruinman wat die afstammelinge is van die eerste bewoners van hierdie land. Die bewyse van grond eienaarskap le oral in die grotte waar ons voorouers se tekeninge is.

Johan ·

Julle is ń minderheid, die Nguni setlaars gee nie om oor julle regmatige grondeise nie want julle kan hulle nie by die stembus troef nie.

Gerhard ·

Om skuldig te voel oor jou voorvaders se doen en late is ‘n Europese ding. Afrikane voel vere daarvoor.

hendrik ·

Khoi, dis net jammer jou Khoi voorvaders was trekboere wat die grond vir hulself gebruik het en nie n nasie kon voer nie.

Annatjie ·

Logika ontbreek duidelik! Matshile, weet jy dat voedsel(kos) direk deur boere geproduseer word? Checkers en Pick&Pay verkoop dit net! Jy wil die boer se plaas vat, vir jou verontregte mense gee… en ek waarborg jou… binne 7dae is ALLES op die boer se plaas afgebrand en doodgemaak! Matshile, as jy die som kan maak, weg is die voedsel(kos), en staar hongersnood ALMAL in die gesig! Buiten natuurlik die blinkvet korrupte regering van die dag! Logika Matshile, logika!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Uhhhmmmmm……….as jy OPHOU boer, is dit nie dan nog MEER van ‘n rede vir die regering om jou grond te onteien en dit vir iemand te gee wat WIL boer nie? Ophou is nie die antwoord nie………….aanhou en aanhou en aanhou is die antwoord. Waar boere onteien word moet ander boere hulle help, kragte saamspan en grond deel sodat die blanke boere nog steeds die ruggraat van die landbou ekonomie bly…….en soos wat die “nuwe boere” faal (want hulle SAL)….kry ons maar weer net die grond terug en BOER….soos net ons kan!! Hierdie is net ‘n siklus wat moet kom en gaan……….werk daardeur.

Karin ·

Dis vir my.verstommende om.te hoor, dat.na.al.hierdie negatiewe nuus, daar.nog steeds jong.mense.is, wat.se.hulle.gaan.boer,.kom.wat.wil!!!!! Is.ons.ouer.mense.nie maar.net te realisties nie??? As selfs die jeug.kans.sien.vir “negatiewe” nuus,.sal.ons.oueres.ons.skouers.moet reg trek en aangaan!!!!.sterkte alle.boere en.mense van.S.A., die.lewe is.altyd.n uitdaging!!!!!

Judge Dredd ·

Ek hoor wat jy se, maar hierdie regering het nou al oor en oor bewys hulle luister nie en sal voortploeter met hul gefaalde denkwyse.
Enigste manier om dit moontlik te stop is vir kragtige aksie – die boere moet nou saam staan en vir 1 seisoen niks plant. Miskien leer die regering dan.
Die grondkwessie gaan nog maande indien nie jare in die howe le met regsaksie.

lewies ·

Sal ‘n mense sy eie huis bevuil ? (spreekwoord) Of’ ek verstaan nie die onmiddelike imlikasies van die verandering van die wet nie, of ek is naief om te glo dat dit deel is van die onsienbare, onaangekondigde strategie van die president nie (in ‘n positiewe sin).

Ek glo dat politiek soos kaartspel. “Hou jou kaarte naby aan jou bors” veral met die naderende verkiesing. ‘n Wet is daar om te verander en weer te verander. Is dit nie waar die spreekwoord “die papier werd waarop dit geskrywe staan”, vandaan kom nie? ens.

Dienkie ·

Adam ek stem 100% saam met jou kommentaar dat die grootste ongeregtighede teen die mensdom gepleeg is tussen 1994 en 2018. Was Apartheid regtig so ‘n groot sonde teen dit wat vandag in Suid-Afrika aan die gebeur is – ek dink nie so nie.

Ben ·

Skaal af as jy kan ,maar, moenie ophou boer nie. Soos Sopbeen sê, dit sal hulle dan rede gee om eerste jou grond te vat in belang van voedselsekerheid.

Wayne ·

Stop complaining, do something about it. Stop with farming. Mabe then will Government realise the real impact the no-compensation for land will have on the economy and food security.

Die Verlore Skaap ·

Wayne jys reg.
As boere begin om minder te plant sal voedsel pryse styg en die land lam le !
Dan sal ons sien wat die regering en die banke doen !

Cherokee ·

Then Wayne, what does the farmer’s family live of? Be realistic! Can a shop owner close his shop to protest? Do any of you ever think about it? I thought about it and maybe they could only plant for the family’s needs. Wish just like you it could be done. But it’s the same as if someone says you should stop working. Farming happen to be their bread and butter.

Ogriet ·

Slegs as elke boer saam span en oohou plant, sal die effek gevoel word en werk.

Daniel ·

wat van stedelike grond? ek besit 2 huise in Kaapstad, so 25km uitmekaar. gaan net 1 onteien word, met as rede dat ek greedy is om 2 te hê, of gaan albei onteien word?

Andrew ·

Dit is die tweede keer dat jy die vraag vra, sonder antwoord. Is daar iewers gesê dat net mense met meer as een plaas, erf of eiendom onteien gaan word? Nee, alle blanke eiendom gaan onteien word. Albei jou huise gaan onteien word en volgens Nedbank gaan jy steeds verantwoordelik gehou word vir die uitstaande verbande, skulde, indien enige. Ook besighede gaan onteien word. Volgens die regering gaan hulle met landbougrond en besighede begin. Die berigte is daar, soek en lees dit vir meer inligting.

Cherokee ·

Daniël, jou vraag is vir my ook van groot belang. Andrew stel dit nòg donkerder en ek weet nie of dit is dat sy glas half leeg is terwyl myne half vol is, nie. Ek besit 3 woonstelle op Durban se strand, woon in een met permanente huurders in die ander twee. Ek drink Cabernet Sauvignon en as my eiendom onteien word, sal ek boks wyn moet drink. Ek is besig om Australiese webwerwe te besigtig en staan verstom oor hoe Afrikaans ons daar kan lewe.

Han ·

Wat ek wel wil vra is hoekom wil CR en kaders die boere se grond vat. Hoekom mik op wit boere. Daar is genoeg dorre grond orals…begin soos die boere dit moes doen….maar nou moet hul gevestige grond en al die boere se goed vat en gee aan iemand wat nie eers die diesel van n trok of trekker kan betaal nie.

Ek sal wragtis waar alles stroop en laat verdwyn sodat hy die nuwe uwe opgeploegde grond het en dis al. Laat ons dan sien wat gebeur.

RG ·

Wat verwag mens van ‘n President wat self alles wat hy het “pasella” ontvang het. Hulle het nog nooit iets self van die grond af opgebou nie en weet dus eenvoudig nie hoe nie, al wat hulle ken is revolusie, protes en aftakeling om dit wat ander hard voor gewerk het sonder vergoeding oor te neem en alles onder die mantel van ongeregtighede van die verlede.

Innie Sakkie ·

Die Banke en alle korporatiewe maatskappye in SA is innie sakkie van hul ANC meerderheid swart bemagdigde aandeelhouers. Die hele boksomdaais. Wittes het hulle suksesvol gemaak maar hulle benodig ons besigheid nie meer nie en draai nou een na die ander hul ruê op ons om hul eie bestaansreg te verdedig. Die ANC kaders het die plan meesterlik en geduldig geimplimenteer, selfs staatskaping en plundering is deel daarvan.
Die Ja stemmers stook die liberale pot nou vanuit ander lande waarheen hulle emmigreer het.
Ek sou eerder nie vir CR vra waarom boere moet aanhou boer nie Mnr. Meintjies, hy sal vir jul ‘n mooi storie vertel. Doen die regte ding self en laat hulle die gevolge voel.

LR ·

Die tyd kom nader dat ons, ons rue styf maak en die ANC laat verstaan dat ongeag hoe hulle die grondwet gaan verander ons NIE ons grond gaan afstaan sonder vergoeding nie, ons gaan volstrek weier. Hievoor moet ons baie buitelandse steun werf.
Dan speel ons die bal terug in hulle hande en kyk hoe hulle die situasie sal hanteer. Gaan hulle met mag ons van die grond afsit, ons in die gevangenis sit,wat gaan hulle dan doen. Wat hulle reaksie ookal sal wees dit sal wêreld nuus wees, hoop net ons kry baie buitelandse steun.
Dit sal in elk geval vir die ANC n globale verleentheid word.

Aster ·

LR..as boere nie nou vrywilliglik hulle plase oorhandig nie, then they will take it by force en julle mense WEET GOED wat dit beteken. Hoe op dees aarde beskerm jy jou plaas as hordes van hulle daar op daag met pangas en knopkieries? Ek stem saam met Wayne, boere moet ophou boer. Die swoeg en sweet is dit nie werd nie. Doen jy goed vir jou land dan kry jy nog ‘n skop onder die g.. ! Ek sal saam met die boere staan, mens kan ook nie van hulle verwag om kos op die tafel te sit in sulke verergende omstandighede en dan word hulle nog so afgemaai nie. Vat weet CR in elk geval van boerdery af? Ek stem saam met Wayne, moenie verder boer nie, laat die regering self sien kom klaar, hulle het nie ons wittes se kennis en insette nodig om te boer nie. Hulle is expert boere so laat hulle maar voort gaan en kos vir ons op die tafel kom sit.

Willem ·

Kom ek gaan ‘n stelling maak….daar gaan BAIE boere, en megaboere wees wat nogsteeds gaan plant en boer om die “nasie” te voed, want hulle is al té diep in die regering se agterend opgekruip om om te kan omdraai en hulle gaan nou nog dieper opkruip, want hulle dink as hulle aanhou boer, die regering na hom sal kyk. Hoop ek is verkeerd…..

Louis ·

Die jammergat wereld van baie wat nog by Ja/Nee stemmery vashaak het duidelik geen benul van die ingewikkelde werklikhede toe en selfs nou nie. Hou op kerm, voed julself op, begin dink en ontwikkel dan ‘n rugraat om iets hieraan te doen. Deur saam te staan en te werk is baie moontlik..

Boervrou ·

Boere sit met enorme skuld. Skuldenaars wat nie die grond meer as sekuriteit aanvaar nie. Hulle móét produseer, ten einde hul skulde te betaal.

O, ons sou wat wou gee om (1) te emigreer, maar al ons kapitaal lê in landbou en landboutoerusting. (2) Op te hou produseer, maar hoe gemaak met produksielening, koöperasierekening, saadmaatskappye, ens?

Ek was te jonk om destyds aan die referendum deel te neem, en aan die Azaniese voorgeeverkiesings het ek nooit deel of erg gehad nie.

Ons is lief vir die land. Ons trots is om te werk, voedsel te produseer. Nou is ons sekerlik van die armstes – dit wat jou waarde was, is niks….geen vergoeding werd nie.

Nouja ·

Jy maak ‘n goeie punt tov skuld. Dalk is die oplossing om net genoeg te produseer om slegs die rente van daardie skuld te kan betaal vir ‘n paar jaar. Indien dit selfs ooit moontlik is.

Donderstorm ·

Dit sal defenetief nie by plaas grond bly nie more oor more vat hul mens se huise hul wil klaar ons taal uit die skole uitvat.

Jacobus ·

As die ANC die plaasgrond onteien gaan hulle dit aan hulle ingeskrewe lede gee as vergoeding vir hulle lojaliteit aan die party en vir die boere dan sê dat hulle die grond kan huur by die nuwe eienaars. Verryk (verdeel welvaart) so die kaders terwyl die boere maar stilweg voort boer, al die risiko’s dra met die vrees as hulle iets sê teen die ANC dat hulle huur ooreenkoms opgeskort sal word.

Die banke sal steeds hulle geld kry deur die huur inkomste van die nuwe eienaars met ‘n ekstra betaling deur die boere om die nuwe eienaars finansieel te dra/vergoed.

Dit is ‘n wen-wen-wen-verloor ooreenkoms.

Die ANC wen, Banke wen, nuwe eienaars wen en net die boere gaan verloor wat hulle gaan slawe op hulle eie grond wees.

Dit is die opsie wat ek dink die ANC gaan implementeer en as die boere nie wil nie, sal die Sjinese en ander lande; insluitend die groot landbou maatskappye in Amerika en Europa wel dit doen en geen buitelandse regering gaan ‘n vinger verroer om ons te help ten koste van hulle eie maatskappye, winste, belastings en mense.

Bogenoemde wil nie die grond hê nie, net die winste wat hulle daaruit kan maak.

As huise, bankrekenings, pensioene, eiendom ens. daarby ingesluit word, gaan dit ‘n ander storie wees; kyk maar as voorbeeld dan na Zimbabwe, Venezuela, Noord Korea, Kuba, ens.

Swaarkry, is Suid Afrika en sy mense se voorland, of ons dit vil erken of nie.

John ·

Dis ‘n ope vraag of lenings aan boere toegestaan gaan word want banke weet nie watter boere se plase summier gegryp gaan word nie. En die nuwe eienaar sal nie die lening wil terugbetaal nie. Sou boere nie plant nie en tekorte ontstaan dan is dit net wat die grypers soek om aan te voer dat hulle bloot nou die witboere se swak boerderye moet oorvat vir oorlewing. Dis hoekom boelies so gevaarlik is. Hulle het altyd ‘n goeie liegstorie gereed. Duidelik wil die grypers ‘n oes op die land he om die liegstorie die moeite werd te maak. Een van die grootste rolspelers, naamlik die finansiers, se menings word nie gevra nie…
Wil CR die EFF help om ons banke en Reserwebank te kelder? Watter mamparras gaan dan in die IMF se pot sing? Eh?

Staak saam ·

Ons boere sal produseer tot op die laaste toe net soos die Zim boere gedoen het, boere skaal wel af en dieselfde tonne maat/jaar gaan onhaalbaar wees wat verhoogre produk pryse tewee gaan bring.

Druk sal op landbank geplaas moet word vir antwoorde oor wanneer hulle nie meer produksielenings sal toestaan nie en ook nie meer grond as waarborg sal aanvaar nie.

What a joke! ·

Hoog tyd boere dat jul begin besef die bedreiging is waar!!!Laat hul honger kry ,hul wil in elk geval jul plaas net kom vat!!!

Al ·

Jammer dat Afasa nie verder dink as wat hul neus lank is nie.
Het hul vergeet wat in Zimbabwe gebeur het toe Grace Mugabe grond afgevat het van swart boere?

Alwyn ·

Soos mense reeds ookal tereg uitgewys het is en sal dit dekades en selfs nog n klompie eeue neem voordat die kultuurverskille van westerse en inheemse tradisionaliste bymekaar uitkom en oor dieselfde dinge ooreenstem.Ons bevolkingsamestelling is soos n windmeul wat draai volgens die wind se rigting.Ons probeer noual sedert 1652 om twee beskawings bymekaar te laat uitkom sonder volgehoue sukses.Kodessa het bewys hoe ingelig was ons onderkandelaars en was dit noodsaaklik dat jy moet eers jou teenstander se kultuur verstaan alvorens jy ooreenkomste volgens jou eie kultuur standaarde probeer onderhandel. Grondonteiening vorm deel van n langtermyn strategie van magte van buite en is gebasseer op n eenvoudige begrip van hou die gepeupel oningelig en laat hul verstaan die regte soort wiel is nognie uitgevind nie. Die huidige regime het begin met aflegging van blanke mans in die werksplek ten koste van hul gesinne , die ontwapening van die bevolking en nou die huidige fase van eiendom afvat sonder vergoeding.Hierdie meesterplan het sy oorsprong lank voor 1994 en ongelukkig het ons nie toe dit nodig was oor die staatsmanne beskik om die agenda raak te sien nie.Ons bevolkingsgroep het in totale kapitulasie mode gegaan en dit sal baie wysheid verg om die radikale skip op sy rampspoedige vaart omgedraai te kry.Grondonteiening is maar slegs deel van die weldeurdagte meesterplan.

Al ·

Alwyn ek stem saam met jou, maar ek glo nog steeds in ñ Groter Mag.
Die mens wik maar God beskik.
Daar is krag in gebed, om te bid dat mense se harte verander deur Heilige Gees, dat die ANC en EFF kennis, wysheid en insig sal kry en hul haat stop.

LR ·

Alwyn baie waar, apartheid, wat nie reg was nie, is verantwoordelik vir maar n klein deel van die Afrika mense se agterstande. Die hoofrede vir hulle agterstande is histories van aard, dit geld die hele Afrika.

DC ·

Daar is kennis beskikbaar wat massa verwoesting kan skep. Dit raak tyd dat leiers daardie opsie oorweeg. Ons is baie ver weg van die demokrasie waartoe die meeste blankes hulle destyds verbind het. Ons het nie meer n land of enigiets om op trots te wees nie. Oor 20 jaar vorentoe gaan blankes v hul eiendom, kennis en kultuur gestroop wees. Daar is nog tyd v Arikaners om met eer uit die stryd te tree.

Edward ·

Louise Meintries verdien al die ondersteuning wat hy nodig het. Hoekom moet boere hul verdere verneder om aan te gaan as hul als gaan verloor waarvoor hul so hard gewerk het. Vir wie gaan hul nou eintlik plant. Die wat die grond verniet wil hê laat hul die plant werk doen. Ons het alreeds gesien wat het van plase geword staan soos wit olifante vernietig.

Afghanistan ·

Jy kla oor grondonteiening maar skree vir die Bokke? Jy betaal jou belasting, maar kla oor korrupsie? Word wakker, Afrika is nie vir sissies nie. Die lewe is nie regverdig nie, almal erf nie n plaas nie! So is die lewe, als word vir jou geleen, jy vat niks saam as jy sterf nie. Pas maar aan by die werklikheid, soos die Voortrekkervrouens wat nie paniekbevange, soos Joe, geraak het nie Die geldgod is mos die Afrikaner se baas, dalk is dit die rede vir die groot gekerm. Dink vir jouself en oorleef op enige plek!

Johan ·

Boere moenie plant nie . Laat die klomp Ja stemme vir hul kry. Die HNP ,KP en AWB het hongersnoot daai tyd al voorspel

hendrik ·

Snaaks genoeg Johan, was dit n klompie boere wat my probeer oortuig het om JA te stem. Hul rede was dat die skepe reeds gelaai was om uit te voer sou die ja stem wen. Hulle het van sover as Citrusdal af gekom om mense in die Helderberg area te kom oortuig om ja te stem. Geld is maar n euwel en dan maak jou land en nageslag nie meer saak nie.

Waarheid ·

Siener het dit geskryf maar niemand glo dit nie.Ek is nie verbaas nie

Alida ·

Natuurlik sal slang CR die boere aanmoedig om te plant. Dan vat hulle die plaas en daar is kos op. Dit sal ook die laaste kos wees wat daar geproduseer word. Alles oor almal us honger.

Jerry ·

Die Afrikaner leiers se idees eindig alles in een of ander vorm van protes wat doodeenvoudig nie die sous die kool die moeite werd maak nie. Die idees is te afgewater en bied geen lewensvatbare oplossings en daarom is daar nie eenstemmigheid en eendrag onder Afrikaners om die idees te ondersteun nie. Jy kan eenheid onder n volk net bewerkstellig met realistiese werkbare idees wat langtermyn lewensvatbaarheid waarborg. Wanneer n volk se leiers dus nie vorendag kan kom met lewensvatbare idees wat eendrag kan bewerkstellig nie, dan is die Skrif aan die muur vir n volk en moet die volk liefs maar hul heil gaan soek in wat die Skrif se, van wat die volk te doen staan.

Boy van die Suburbs ·

“Ons sal ANTWOORD op jou ROEPSTEM, Ons sal OFFER wat jy VRA, Ons sal LEWE, Ons sal STERWE, Ons vir JOU SUID-AFRIKA!”

Elsa ·

Waar is die HNP, KP en AWB nou? Wat het al die Nee stemmers sedert 1994 gedoen behalwe kerm en kla en sedertdien ook niks positiefs bygedra nie? Magtig, wat het geword van Afrikaners is plesierig? Was die meeste net plesierig toe hulle alle voorregte alleen gehad het en niks met die meerderheidsgroepe wou deel nie. Dis juis oor daardie selfsugtigheid van die verlede, wat ons nou gestraf word met regstellende aksies en die onteiening van grond. Dis wat gemaak het dat die onderdruktes van daardie tyd af ‘n haat teenoor blankes ontwikkel het en as ons eerlik kan wees, sou ons tevrede gewees het as die rolle destyds al omgeruil was en blankes toé al geen regte gehad het nie? Nou is die rolle omgeruil en kyk hoe kla die blankes! Hoeveel vrouens se mans en seuns is in ons grensoorlog dood omdat ons nie eerder wou kopgee nie? Daardie mans en jong seuns het verniet gesterf in my oë. Wat sou gebeur het en hoe sou ons land gelyk het as veranderings nie plaasgevind het nie en die Nee stemme die meerderheid was? Sou ons ook vir meer as 20 jaar ‘n burgeroorlog gehad het en mekaar uitgeroei het dat daar niks meer oor was nie? Ek glo rassehaat is ‘n gruwel in God se oë en voordat ons ALMAL nie ons harte verander nie, sal ons nie ‘n vreedsame oplossing vind nie.

Dries ·

Elsa, jy is die tipiese voorbeeld van n hensopper. Die grensoorlog en die verlies aan lewens was juis aan hul toedoen. As boere op hul plase vir hulself moet verdedig kom dit op presies dieselfde neer as grensbeveiliging. Ek dink juis is n maar swak ingelig.

Koos de Meyer. ·

Man mense wat so huil oor sanksies. Ons was beter af daardie jare. Ons het ‘n trotse weermag gehad. Maar sedert 1994 wat ons land deur ‘n klomp ruggraat lose verraaiers op ‘n skinkbord weg gegee is, is alles wat reg was in ‘n rioolsloot af. Plase wat aan hulle gegee was is ge plunder. Nou wil hulle nog grond hê om wat mee te maak. Hulle het alles verniet gekry, geboue, teerstrate, en nie wat nog alles nie. Onthou maar net al kruip jy by hulle, hulle gaan jou nie oorsien nie. Word wakker suster Elsa.

EC ·

Die referendum was die 1ste keer wat ek kon stem. Ek weet mos nie van beter nie. Nog nooit rerig in politiek belanggestel nie. Ek kan nie eers onthou vir watter party my kruisie gegaan het nie maar dit was een wat teen die huidige groen/geel party was. So as wat word ek nou beskou n Ja stemmer en verraaier of n Nee stemmer ?

Thinus Erasmus ·

Elsa, daar was onreg en bevoordeling, maar daar is ook geweldig baie leuens wat jy en ander nou verkondig. Ek sal my gesin, my familie en my volk eerste help en bevoordeel – en dan ander. As dit verkeerd is, as dit sonde is en as dit selfsugtig is, dan het ek vrede daarmee en jy mag maar verskil. Maar se vir my, waar kom al die skole, hospitale, klinieke, polisiestasies, landelike besproeings projekte, en selfs universiteite vandaan wat in die voormalige tuislande en trust gebiede gebou is?
Dit kom van ons SELFSUGTIGE wit belastigbetalers, plus al die sending pogings en voedingsprogramme en geletterheids programme en soveel as wat jy kan aan dink. Wys my of die ander volke dan minder selfsugtig as ons was en wys my hul eie opheffings aksies en wys my hoe word ons bedank vir die goeie wat ons gedoen het.
Nee jammer om te se Elsa, jy gooi maar net klippe na die wat na beter streef as die gemors waarvoor ander (is jy een? ) verantwoordelik is.
Ons was ‘n trotse en ontwikkelde land, kan jy nie sien in watter gemors ons nou is nie?

marous ·

Reg so . Wil sien hoe plant die grond grypers skyfies en pap en burgers en pizzas en tamatie sous en achaar en brood .

Elsa ·

Dries, ek sien myself nie as ‘n hensopper nie, maar iemand wat vrede najaag en naasteliefde teenoor almal wil uitleef. Ek haat nie al wat swart is oor die plaasmoorde nie en ek glo nog aan die goedheid van mense. Alle swart mense is nie sleg nie en alle blankes is ook nie net goed nie. Die grensoorlog is geveg omdat SA nie die ou Suidwes onafhanklikheid wou gee nie. Nadat hoevele mans op die grens omgekom het, het Namibia wel onafhanklikheid gekry. Waarvoor was daar dan geveg? Om die onafhanklikheidsproses net met ‘n paar jaar te vertraag? Ek is heeltemal ten gunste daarvan dat boere meer paraat moet wees en dat plaaseienaars met radiostelsels met mekaar verbind kan wees. So kan mense vinniger hulp verleen en die skuldiges vastrek. Ek kry geen plaasmoordenaar jammer nie en as die boere hulself kan verdedig en alle plaasmoorde kan voorkom, sal ek kliphard juig. Ek sien daagliks hoe ons mense al hoe meer verbitterd en hatig word, maar bitterheid en haat gaan ons nêrens bring nie. Daar sal nooit weer net ‘n blanke regering kan wees nie en ons as minderheidsgroep kan nie meer die land regeer nie. Ek gun vir ander mense dieselfde regte wat ek vir myself gun en ons moet vergeet van die verlede en minder kla en meer doen.

Elsa ·

Koos, byna alles wat jy gesê het, stem ek mee saam. Selfs baie swartmense erken vandag dit was beter onder die blanke regering as onder die ANC vandag. Nog nooit was werkloosheid en korrupsie so erg soos sedert die ANC aan bewind gekom het nie. Ons skole, hospitale, paaie, weermag, polisie, lugdiens, SAUK, Eskom en hoevele ander instansies was baie beter as vandag en tot dusver het ons nuwe regering ons land en sy mense hopeloos gefaal. Ek stem egter nie met jou saam oor die gedeelte van die verraaiers wat ons land weggegee het nie. Dit was nie net die blankes se land nie, maar almal van ons wat hier gebore is, het die reg om ten volle landsburgers te wees. Swartmense het geen regte en stemreg gehad nie en ek dink nie ons kan voor God sê, dat dit regverdig en reg was nie. Hulle moes ook regte kry en daar sou ons nie verby kon kom nie. Onthou hoe is treine uitgebrand en mense van treine afgegooi die jaar voor die verkiesing en dinge sou net al hoe erger word en ons land sou in ‘n bloedbad verander het. Dinge moes verander, maar dit wat vandag gebeur, is net so erg of nog erger. Ons sal net MOET hande vat en saamstaan teen die ANC en EFF. Om plase af te vat, is die onnoselste besluit wat die ANC en EFF nog geneem het.

RG ·

Elsa, ek moet met jou saamstem. Wanneer ek om my rond kyk sien ek mense soos ek, wat net wil aangaan met hul lewens en ‘n menigte wat graag ook wil leef en nie net bestaan nie. Mense wat ook graag ‘n huis wil he en nie in ‘n plakkerskamp sonder basiese dienste wil woon nie.

Ons is egter DIK daarvoor om die gauntlet te hardloop en die menigte armes te moet dra terwyl die regering hul eie mense faal en self nou al die euwels van apartheid voorstaan sonder om dit in die wetboeke op te teken. Ons het genoeg gegee.

Soos Louis hier bo uitwys: hou op kerm, groei ‘n ruggraat, begin dink, werk, voed julself op. Enigste probleem is hy preek vir die bekeerdes. Gaan vertel dit vir die ANC ondersteuners, want laas toe ek gekyk het, het ek my vingers deur gewerk, soveel so dat ek onlangs kon ervaar hoe dit voel om ‘n Titel Akte in my hande was te hou, waarvoor ek my lewe lank GEWERK het.

Feit is, dat die regering ons belasting van die afgelope 24 jaar aangewend het om hulself te verryk. Dit is die uitkoms wat elke Nee stemmer voorsien het want dit is wat in alle Afrika lande gebeur. Glad nie ingewikkeld nie.

Was dit aangewend soos dit moes, sou daar nie vandag ‘n enkele plakkerskamp bestaan het nie. Nou word daar weereens van ons verwag om die laaste van ons bestaansreg te oorhandig.
EK HET GENOEG GEGEE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.