Grondonteiening-hofuitspraak begin van ʼn lang pad

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Alle oë sal vanoggend op die Wes-Kaapse hooggeregshof wees waar regters Vincent Saldanha en Makgoatji Dolamu uitspraak sal lewer in die eerste hofsaak oor die moontlike verandering van die Grondwet om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik.

Ter sprake is ʼn aansoek van die burgerregtegroep AfriForum om die Nasionale Vergadering daarvan te weerhou om ʼn verslag van die parlement se grondwetlike hersieningskomitee wat aanbeveel dat ʼn grondwetlike verandering wel nodig is, Dinsdag te debatteer, omdat die gebrekkige proses wat tot dusver deur die parlement oor die kwessie gevolg is, ʼn geldige besluit onmoontlik maak.

Die parlement staan AfriForum se poging teen op grond daarvan dat dit voortydig is, ʼn onwettige beteueling van die demokratiese wil is, en ʼn aanslag op grondhervorming verteenwoordig.

Wat die uitslag van hierdie hofgeding ook al is, sal dit nie die uitkoms van die debat oor onteiening sonder vergoeding bepaal nie.

As AfriForum sou wen, sou dit beteken dat die grondwetlike hersieningskomitee sekere elemente van hul ondersoek moet oordoen en hul bevindings moet herformuleer.

As die parlement sou wen, verander dit niks aan die Grondwet soos dit nou staan nie want die verandering van die Grondwet is ʼn tydrowende konsultatiewe proses wat eers met die aanvaarding van die verslag deur die parlement inhoud kry, so die hele stryd oor wat ʼn grondwetwysiging moet behels, begin dan eers.

Vanoggend se uitspraak is dus die eerste stap in ʼn lang reis wat oor hierdie kwessie vir Suid-Afrika voorlê.

Argumente in die saak is Donderdag aangehoor. Aan die een kant het adv. Etienne Labuschagne, vir AfriForum, aangevoer dat ongeveer 176 000 voorleggings teen die voorstel ingedien is. Sodoende is mense hul grondwetlike reg op betekenisvolle deelname aan die demokrasie ontsê. Die proses is dus onregmatig.

Die voorleggings was gelykduidend in inhoud en is as herhalings deur die parlement hanteer. Baie daarvan is mense wat ʼn verklaring wat deur AfriForum versprei is, onderteken het.

Labuschagne het ook aangevoer dat die parlement sy plig versaak het deur sommige van sy verantwoordelikhede uit te kontrakteer aan ʼn diensverskaffer, en dat prosedurele foute gemaak is. ʼn Korrekte besluit kan gevolglik nie op ʼn foutiewe aanname gemaak word nie.

Namens die parlement het adv. Tembeka Ngcukaitobi aangevoer dat die proses nie in hierdie stadium stopgesit kan word op AfriForum se gronde nie.

Hy het aangevoer dat die aansoek aan die een kant voortydig en aan die ander kant te laat is. Volgens Ngcukaitobi is die aansoek voortydig omdat die besluit of die Grondwet verander moet word, nog nie geneem is nie.

Hy het voorts aangevoer dat AfriForum nog baie geleenthede sal kry om insette in die proses te lewer omdat die inhoud van enige grondwetlike verandering ʼn afsonderlike proses is.

Ngcukaitobi het betoog dat gelykduidende voorleggings as ʼn enkele voorlegging hanteer word omdat dit nie ʼn referendum is nie, maar ʼn voorlegging van idees en standpunte. Hy het ook aangevoer dat AfriForum se regsoptrede ʼn aanslag teen grondhervorming is – ʼn bewering wat deur AfriForum betwis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die hartseer feit is dat “onteiening sonder vergoeding” die ANC se enigste oorblywende kaart is. Alles is SO opgeneuk onder hierdie cANCer dat hulle niks meer aan “our people” kan belowe nie. Nou gaan grond hulle ryk maak… Bid jou aan! Het hulle dan niks by Zimbabwe geleer nie? Mag daar tog vandag n wonderwerk gebeur.

Werner ·

Moet julle nie bluf nie hulle sal sommer die kortpad vat en beset

Donderstorm ·

Sal mens werklik n opregte uitspraak kry van hulle wat nie polities is nie?Kon bv vn regters nie besluit het nie ?

Jeff Ralph ·

Hoekom mors ons tyd en geld. Want wanneer jy n wind los in die Revlon parfuum fabriek gaan niemand dit ruik nie, glo my. They didn’t run to Russia and China for nothing. They are communists ie you the State make your own laws and do as you please

Johannes ·

Dis OK, ons is besig om die boksies af te tik. Wanneer drastiese optredes om ons eiendom te beskerm ‘n realiteit word kan die wêreld nie omdraai en sê ons Boere het onsself nie op ‘n vreedsame en nie-geweldadige manier probeer beskerm nie.

Jerry ·

As AfriForum die saak wen! Ek is bevrees daardie “AS” is verbrande hout. Daar is nie n manier wat enige hof sulke snert vir argumente mee sal saamstem nie!

CHRISTA ·

Wat gaan hulle maak met die meer as 51% grond wat STEEDS in staatsbesit is? Gaan dit verdeel word onder die ANC kabinetslede en hulle familie en vriende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.