Grondonteiening mag nié ekonomie beïnvloed, sê Ramaphosa

Cyril Ramaphosa

Die nuwe president van die ANC, Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Cyril Ramaphosa, die nuutverkose president van die ANC, het Sondag aan Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini gesê die ANC-beleid van grondonteiening sonder vergoeding moenie gedoen word op ʼn manier wat die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan benadeel nie.

Ramaphosa het besoek aan Zwelithini afgelê by sy Osuthu-paleis in Nongoma in KwaZulu-Natal om terugvoer te gee oor die party se 54ste nasionale verkiesingskonferensie.

Hy het aan Zwelithini gesê dat daar Desember ʼn “verreikende besluit geneem is” dat die land “aan ons mense teruggegee sal word” deur middel van onteiening en sonder vergoeding, maar dat dié stappe nié die ekonomie moet beïnvloed nie.

“Ons gaan seker maak dat ons mense grond kry en dat die grond aan hulle teruggegee word. Ons het ook gesê, en dit beaam die sleutelkwessies wat u [Zwelithini] al in die verlede geopper het, dat ons grondonteiening sal toepas deur te kyk na die ekonomiese aktiwiteite in die land om sodoende nie die ekonomie nadelig te beïnvloed nie. Ons wil nie landbouproduksie benadeel nie en ook nie voedselveiligheid in gedrang bring nie,” het hy gesê.

Ramaphosa het gesê grondonteiening moet eerder gelykstaande wees aan ʼn ekonomie en voedselproduksie wat groei.

Hy meen dat tot twee miljoen werksgeleenthede geskep kan word deur die landboubedryf “te verbeter”.

“U majesteit, ek weet u wil hê ons moet teruggaan na die grondbeginsels deur ons grond te begin bewerk en seker te maak dat die grond wat ons het, goed bewerk is. Dit is nou vir ons moontlik om landbou ʼn suksesvolle ekonomiese sektor in die land te maak. Ons kan Suid-Afrika die tuin van Eden maak.”

Ramaphosa het gesê die partylede wil die ANC vernuwe en hervestig sodat hy die uitdagings wat “ons in die toekoms in die gesig staar suksesvol kan oplos om die lewe van ons mense te verbeter”.

Die nuwe ANC-leierskap gaan Maandag die grafte van voormalige ANC-leiers in die provinsie besoek. Volgens Ramaphosa sal hulle tydens die besoek die leiers inlig van die suksesvolle verkiesingskonferensie en die radikale besluite wat daartydens geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Domvraag ·

Party mense leer nooit en dis moontlik n gebrek aan insig. Hoeveel grond is in besit van “ons mense” en word produktief benut. Die koning het seker ook grond en wat is die kosproduksie van die grond. Wat was die bydrae van die ou Transkei, Ciskey of van plase wat aan “opkomende boere” gegee is. Wat het van Zebedela geword wat eens die grootste sitrusplaas was?
Hoeveel werksgeleenthede het die grond in besit van “ons mense” opgelewer of het dit verlore geraak en nou die onrealistiese belofte van 2miljoen werksgeleenthede. Hoe is dit bepaal? Waar is die berekening? Wat het van al die werksgeleenthede geword wat deur Zuma belowe is?
Lyk eerder of onteiening net daar is om opwinsgewende plase op besklag te lê en dat Zimbabwe ons voorland gaan wees van eers selfvoorsienend tot bakhand staan.

Grassie ·

Ramaphosa het in die verlede die storie vertel dat met die witmense gewerk gaan word soos die padda in die pot water wat stadig verhit word. Dit is presies wat besig is om nou te gebeur. As die ANC in 1994 openlik gesê het dat hulle witmense se grond gaan vat was daar dadelik burgeroorlog. Die feit nou is dat die water stelselmatig al tot so ‘n mate verhit is dat die padda lam in sy lendene geword het en nie meer werklik in staat is om die proses te stuit nie. Ons gaan baie verontwaardig wees, mond uitspoel in die openbare media en so hier en daar gaan ‘n boer weerstand bied maar dit gaan bloot die laaste stuiptrekkings van ‘n sterwende volk wees. Ons het mos nou gesien wat het by SASOL gebeur. Al hanteer Ramaphosa die proses omsigtig – as die besluit eers geneem en die grondwet dien ooreenkomstig gewysig is, is die deur onherroeplik oopgemaak. Die jong militantes wat vorentoe by Ramaphosa gaan oorneem gaan gladnie “omsigtig” wees nie.
Die skrif is aan die muur.

Janneman ·

Ek stem volkome Grassie.

Kyk maar na die onderrig, eers was die eis vir tweetalige instansies, sodra dit bereik is verskuif die doelpale na slegs engels, die volgende teiken sal blanke studente en dossente in die algemeen wees. Soortgelyk was dit grondeise teen vergoeding en daarna grondonteiening in ag genome die ekonomie en daarna bloot grondgryp teen enige prys.

Dit is klassieke padde in die pot taktiek!

Blits ·

Amid escalating land-related conflicts, the Deputy Minister of Labour and honorary president of the Congress of Traditional Leaders of SA (Contralesa), Sango Patekile Holomisa, also fears that expropriation of land without compensation could be a recipe for war.

Shabalala also warned that the ANC’s plans to expropriate land without compensation could backfire horribly. “It could become toxic if not handled properly. When people who are not properly skilled take over agricultural land, farms lose their value. This will suffocate the market and put more strain on food production.”

Daar is darem diegene wat sien dat die ding wat die ANC beplan n resep is vir burgeroorlog.

Dit is op MSN news

Andre Traut ·

Hoe wil hy dit doen? Alvorens jy grond aan swart en bruin mense kan teruggee, sou ek dink moet hulle nie net eers kan bewys dit was hulle sn nie, maar moet hierdie mense eers geleer word om volhoubaar te boer en moet hulle die brein kapasiteit hê om hierdie ongelooflike moeilike besigheid te kan bestuur. Net omdat jy bruin of swart is beteken nie jy is geregtig op grond nie en beteken dit ook nie jy gaan automaties die verstandelike vermoeë hê om dit volhoubaar te doen nie. En onthou, as jy wil boer en in besit wil wees van grond moet jy daadwerklik weet en besef dat JY verantwoordelik gaan wees om n honderdduisend mense minimum te moet kosgee. En nog n ding, en hier sluit ek myself in, wys my die boer wat nie hand en tand teen hierdie sinnelose oefening gaan baklei nie

Andrea ·

Almal gaan dit maar gelate aanvaar soos ons alles wat aan ons gedoen word aanvaar. Ons is nie meer die volk wat ons voorvaders was nie. Grassie hierbo slaan die spyker op die kop.

Grassie ·

Andre – jou redenasies hierbo is reg, logies en ek stem daarmee saam. Maar dit is die denkwyse van ‘n westerling, ‘n eerste wêreld mens. Ons leef in Afrika en dit is nie die denkwyse van die “peoples” nie. Vir hulle is ons oorgawe in 1994 ‘n oorlogsoorwinning en in eeue oue Afrika tradisie vat die oorwinnaar alles wat die verloorder besit, grond, eiendomme, vee en ook al die jong vroue, Die feit dat hulle, volgens hul mening, die oorlog gewen het maar ons wittes het nog ons grond, huise, besighede en so aan is nie vir hulle aanvaarbaar nie. Al daardie grondige punte wat jy noem is nie vir hulle belangrik nie. Daar is geen wyse waarop ons hul menings kan verander nie.
Ons nee-stemmers van 1992 het hierdie feite verstaan en het beséf wat die uiteinde gaan wees, maar ons is as verkramp, agterlik en mense wat ‘n kommunis agter elke bos raaksien, uitgekryt. Die liberaliste en rugby-en-krieket-kykers het die oorhand gekry en ons, en ongelukkig ook ons nageslag, aan die genade van die peoples van Afrika uitgelewer.

Modern ·

Klink vir my asof die Cr ‘n voorvader gees aanbidder is. Ja, en almal like hom omdat hy glo ook ‘n christen is…. Wat se Christen tree so op?

Loon ·

Nou het ek als gehoor, hulle gaan grafte besoek en voormalige leiers inlig??????
Wonder wat gaan dan gebeur, gaan wie ook al terug antwoord?

Veritas ·

Loon, ek wonder self oor die inligtingsessie. Wie gaan watter leiers inlig oor die besluite wat geneem is. Indien jou mening korrek is, beteken dit net dat Ramaphosa nie ‘n Christen is nie. Met ‘n voorvader aanbidder as staatshoof lê daar swaar tye voor vir Suid Afrika. God waarsku ons in Sy woord, teen sulke praktyke en ons kan nie in dieselfde juk trek as die spul nie. Ons moet die leierskap van die land met hand en tand teenstaan en geensins enige samewerking bied nie. Indien ons dit sou doen, moet dit ook om die regte redes gedoen word en nie net omdat polities van die regering verskil nie. God moet ons vertrekpunt wees en Hy sal ons, soos Israel van ouds, uit slawerny verlos. Want dit is Sy belofte aan Sy kinders.

jean ·

Tans lê daar miljoene onbewerkte hektaar in die tuislande….Waarom gevestigde, bewerkte plase onteien terwyl almal weet dat dit alles binne 2 maande vernietig sal word. Ten koste van wie? S A sal nie die “garden of Eden” wees waarvan Ramaphosa praat nie want almal is klein bestaansboere ….vergeet van ‘n groeiende ekonomie!…. Ons het die megaboere nodig wat weet wat hulle doen en die winkelrakke vol hou…..Ramaphosa en kie nog ‘n ramp vir S A.

Jacques venter ·

King Goodwill is seker die grootste grond besitter in die land. Ongeveer die helfte van Natal is onder sy beheer.
Hier boer bestaans boere elk op n lappie grond wat nie aan hom behoort nie. Hy betaal belasting aan die koning, terwyl hy self in uiterste armmoed lewe.
Boonop betaal ons dié koning miljoene onder andere om.sy trop vroue van duur Duitse karre te voorsien.
Cyril begin hier. Gee eiendomsreg aan hierdie klein boere. Hulle ken die grond. As hulle eiendomsreg het, kan hulle kapitaal leen om hulle bedryf uit te brei

Poplap ·

Dis soos om ‘n hele loaf brood op te vreet in een aand en dan in die spieël te kyk en te sê: o genade ek hoop nie ek word vet nie!
Elke daad het gevolge en jy kan dit nie wegwens nie

Chris Ws ·

Cyril sal’n dwaas wees om onteining toe te pas.Die buitewereld kan reeds nie wag om Suid Afrika uit die wereld ekonomie te skop nie!En DIT sal fataal vir die land se ekonomie wees.
Ons buurlande hou bak hande by ons so hulp van hulle kan ons nie verwag nie.Laat ons kyk hoeveel breins Ramaphosa regtig het.Die regering besit sowat 25% van die grond in die land.Hulle kan dit eerste herverdeel as hy slim genoeg is.Die eerste ding nou is om van zuma ontslae te raak.

Boer in Beton ·

Ek wonder net of indien hulle die Boer se plaas vat…..gaan hulle ook sy Landbank skuld vat ????

Werner ·

Het die berig op news 24 geleer nêrens se hy dat dit nie die ekonomie mag beinvloed as grond gevat word nie trouens die koning het gesê hy moet dit so gou as moontlik doen

Anoniem ·

Gaan voort met die leuens wat julle verkondig ANC… Julle dwaasheid, julle ware kultuur en absolute minagting vir die VOLLE waarheid van grondbesit en die geskiedenis daarvan in S.A reflekteer wie en wat julle is! Die grond was nooit wettiglik julle s’n om mee te begin nie, so gaan voort… Julle dag van vergelding kom ook!

Boer ·

Hul kan my grond kom vat…..as ek nie meer my geweer kan vashou nie!

Jacques venter ·

Cyril is n slim kalant. Hy weet hoe om te praat. Die populistiese ding is grondgryp. Die realistiiese ding is voedsel sekerheid.

Hy praat altwee kante toe. Hy moet steun werf om te doen wat hy moet doen.

As ek n boer was sou ek nie te bekommerd gewees het nie.

Selfs die SAKP , by monde van Cronin steun nie grondgrype nie

Carel ·

Stem. As eerste plaas val, gaan almal val. Free for all. Wat van grond waarop jou huis en besigheid staan? Dit kan baie baie selgte gevolge he…

bgj van der westhuizen ·

al wat hy nou begin is dat geen bank meer geld gaan leen aan boere nie wand as sy plaas gevat wod wie gaan die skuld betaal die regeing of die boer as ek n boe is en die regering vat die plaas dan moet die regering die skuld ook vat en daar om is baie boere in die skuld maar ek se nou vir julle hulle gaan al die boere wat meer as een plaas het se plase af neem dit is verseker veral goed bewerke te plase hulle soek nie plaas waar daar alles nog gedeon moet word nie al die ou tuis lande en staats grond wat on bewerk is waar om word dit nie bewerk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.