Grondonteiening: ‘Mense gaan doodgemaak word’

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), en sy adjunk-sekretaris, Lefu Hanong, spreek die media in Midrand, Johannesburg toe. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), het Woensdag gesê indien die regering voortgaan met sy plan om eiendom sonder vergoeding te onteien, sal mense doodgemaak word.

“Ek is oortuig indien Suid-Afrikaners die meerderheid in daardie parlement toelaat om mense se eiendom onder dwang te vat … dan gaan swartes, Indiërs en wittes doodgemaak word. In al die sektore van ons bevolking, daar gaan mense wees wat in hierdie land doodgemaak word,” het Lekota aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“As ons vir mans en vroue stem wat avontuurlustig wil wees en roekeloos optree, sal ons dít toelaat om te gebeur – soos in sommige van daardie toesprake wat ek daar by Unisa gehoor het. Daarom sê ek ons wat vir hierdie Grondwet geveg het, sal dit nie toelaat nie. Ons sal dit teenstaan sover ons kan.”

Lekota, ʼn voormalige ANC-kabinetsminister wat destyds saam met talle ander anti-apartheid-struggleveterane op Robbeneiland aangehou is, het probeer duidelikheid skep rakende sy siening van die dreigende grondonteieningswetsontwerp wat deur die parlement aanvaar is. Dit volg nadat hy Maandag uitgejou is tydens ʼn debat oor grond by Unisa se hoofkampus in Pretoria.

Lekota het aan die gehoor gesê dat die grond nie by swart mense gesteel is nie, maar deur strydvoering en oorloë gewen is.

“Julle kan nie sê grond is gesteel nie, dit is verkleinerend. Ons het geveg vir ons vryheid. Ons het nege gevegte volgehou om onsself te verdedig. Daar is nie een Britse weermagbevelvoerder tot vandag toe wat kan beweer hy het die Basotho verslaan en die spits van die Thaba Bosiu-berg [in Lesotho] bereik nie.”

Hy het gesê die staat is in beheer van genoeg grond wat aan mense toegeken kan word, eerder as om grond van eienaars te onteien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

AmY ·

Hierdie man het werklik ‘n kop op sy lyf. Wens meer wil soos hy dink en redeneer..

Andreas Meyer ·

Hy is ook nie bang om vir vriend en vyand te se wat die feite en sy standpunt daaroor is.
Die saak op hande wys dat die behoudendes soos Carel Boshof snr reg was: “Die grondvraag is die grondvraag.” Partisie, soos voorgestel deur die KP, Oranjewerkers en ander, so die beste oplossing vir Suid-Afrika gewees het.

Cherokee ·

Die KP? Die KP wat die regsgesinde verraai het deur die HNP te opponeer deur ‘n party te stig met basies dieselfde grondbeginsels maar die HNP teëgestaan het, geopponeer het in verkiesings? Partisie is vernederend vir Afrikaans want dit is afgelei uit Engels. Ons, die HNP, het geveg vir Afsonderlike Ontwikkeling.

Wats nuut ·

Daar word al van 1994 al mense dood gemaak!!! En nog steeds!!!

Kannaland ·

Ja maar dis die punt van die ysberg. Eiendomgrype sal waarskeinlik tot burgeroorlog lei sodra ekonomiese ineenstorting en hongernood kom en dan gaan almal bitterswaer kry.

pieta ·

en voor ’94 is niemand doodgemaak nie en het almal in vrede in utopia gebly…..alle rasse in harmonie?

Rina Schwindt ·

I totally agree with Mininster Lakota. Looks like his the only one who stands in agreement that the goverment had innoth land to give away to the people. Whe can only prayer every day for the country.

Alida Savaba ·

Kan ons asseblief vir Meneer Lekota stem as President van Suid Afrika. Hy praat die waarheid en ken die Geskiedenis van Suid Afrika.

Kobus Swanepoel ·

Ek stem ten volle saam met Mnr Lekota as die regering aangaan met hulle manier van grond hervorming sal daar verseker probleme wees glo my , Dankie Meneer Lekota dat u nigter dink oor Suid Afrika .

Jerry ·

Duidellik weet Lekota ook wat ek weet en dit is dat hier groot moeilikheid aan die kom is omrede niemand werklik bereid is om versoenend na vore te tree met die kernvraagstukke van ons tyd. Met die uitsondering van Lekota, sien al die ander sprekers geweld en bloed wat vloei as die oplossing vir die kernvraagstukke. Dit is een van die talle redes waarom n volk in n tyd van vrede homself paraat moet maak en ten alle tye voorbereid en gereed moet wees vir oorlog. Indien hierdie gereedheid nie in plek is nie, is enige ander inisiatiewe nutteloos. Is julle gereed VF-, Solidariteit en Afri-Forum! Die uurglas vir speeltyd in die buiteland is besig om vinnig uit te loop.

Pierre ·

Dit is persoon wat sin praat, hy verstaan die beginsels en weet dat anargie ons voorland is mits daar nie gou genoeg duidelikheid gegee gaan word oor die pad voorentoe nie. Ons kan nie bekostig dat bloed vergiet gaan word oor grond nie. Ek het baie lank in die Limpopo Provinsie gewerk in die sogenaamde “rural” gebied en het daar gesien hoe baie grond le daar braak. Die regering sal moet standpunt inneem want met ‘n naderende verkiesing kan dit chaos veroorsaak.

Alida ·

Hulle wil nie grond he nie hulle soek klaar bewerkte en beboude plase. Nou wonder ek watter boer gaan sy huis se sleutels net so oorgee en alles wat daarmee saamgaan.

Nie ek nie ·

Ek gaan beslis nie net my eiendom afgee nie, ek sal my eiendom met my lewe beskerm.

Carien ·

Mnr Lekota, baie dankie vir u ondersteuning om nie grond weg te van van mense wat sorg vir kos vir ons land. U is waarlik ‘n eerbare mens en weet Mnr Nelson Mandela sou trots op u gewees het.

Genieve ·

Ek stem darem een wat n kop op sy lyf het oor grondonteiening..jy kan mos nie goed vat waarvoor jy ni gewerk het nie.

zoom zoom ·

Maak nie saak wie die president is nie. Die probleem lê by die regering van die dag en ook vakbonde wat tans meer mag het as die beherendeparty. En dan is daar ook nog die kans van ‘n derdemag wat gevuur word deur mensr aan ye huts om geweldadig op te tree. Ons almal weet wie daai persone is.

marous ·

Sweep die massas op en laat hulle elk verdryf van plase en grond . As daar teenstand is gaan dit hopenlik nie wesenlik wees nie , en as daar moontlik mobilisasie is , dan word die regstelsel ten volle ingespan. As daar burgeroorlog is gaan dit baie kort wees en daarna sal die VN sekerlik kos afgooi vir diegene wat oorleef. Die stilswye van die heersers van die land dra duidelik die stempel van goedkeuring dat hul planne vlot loop…..

Rynhardt ·

Lekota is reg wanneer hy se:”Mense gaan doodgemaak word wat grond wil onteien”.Dan se hy:”Die staat is inbeheer van genoeg grond wat aan mense toegeken kan word”.Heeltemal korrek,daar is meer as 4000plase in Anc se besit,maar hy ignoreer dit.Lekota het meer wysheid as Cyril Ramaphosa,Maimane en Malema!Lekota is op en wakker!!

Reguit ·

Die vraag is net of die massas vir die man sal luister, of sal hulle hom bloot platvee?

Hansie slim ·

”Wats nuut”, daar word wel steeds mense dood gemaak maar Lakota praat van burgeroorlog, of iets soortgelyk.
Ek dink dit sal erg wees!!

Thinus Oosthuizen ·

Art 25 is Ultra Vires tot die staat, slegs die noem van Grond onteiening is ‘ n verbreking van die Eerste tween voorlopige artikels van Immanuel Kant se Perpetual Peace, wat in 2008 deur die VN en Vredesorganisasie erken nie ‘n oplossing vir Demokrasie is nie, en genoegsame gronde vir die Afrikaner is om die Onderhandelinge met die ANC te erken nie. En word al hierdie Administratiewe handelinge soos wat deur IDASA in Julie 1987 en die Harare De Klerk sien van 31 Jan tot 4 Feb 89, itv Art 23 van die Voorlopige Grondwet en nou Art 33 van die Huidige Grondwet ( Aantal Artikels van die Sandrivier konfensie ) hersien. Nadat Art 7 van die Wet op Administratiewe Geregtigheid Wet 3 van 2000 uitgeput is in my Noord -Gauteng 71589 /2010 en Grondwethof CC 144/2013 en die publiseer van die Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal se Administratiewe Instruksies Jan 2014. Wat die Regering vernietig het en my vir agt maande in aanhouding , selfs Weskoppies gehou het. ‘n Amptelike persverklaring behoort binnekort gemaak te word. Art 2 – 10 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie Wet 12 van 2004 is duidelik dat niemand wat Openbare fondse ontvang enige gratifikasie vir stemme maak nie. Daarom word vergoeding vir politici in die Grondwet ingeskryf

Gatvol ·

Meneer Lekota vir President!!!!
As ons so ‘n man aan die bestuur van hierdie land kan hê… SAL daar vrede wees!!
Dis waarvoor ons moet bid!!!
Lekota vir President
Amen

Annelize ·

Dankie tog een wie se kop reg aangeskroef is en wat se logiese verstand werk!

ANON ·

Die land is in n gemors. Die president stap en stap ipv sy land regeer. Mnr Lekota ons praat teen n muur vas, als gaan ten gronde. Dankie vir jou verstaan en veg vir almal. Iemand wat nie “power hungry” is nie..

jean ·

Mnr Lekota….waar was jy met die aanwysing van ‘n nuwe president?…….. Nou moet ons oor grondgryping hoor van Ramaphosa wat veronderstel is om ‘n sakeman te wees en die ekonomie te verstaan…………..

Ella ·

Dis vir my vreeslik pateties as mense so kruip en smeek en bid vir hulle besittings, dat Lekota nou skoon ge- “u” word asof hy God is.
Ons weet tog wat gaan gebeur, en hoekom. As jy nie sielkundig voorbereid daarop is nie, gaan jy swaarkry so maak plan.

Irene ·

Ella ek dink dis respek om iemand u te noem, dankie mnr Lakota dat u verstaan

Cherokee ·

Ó Irene, praat jy van Mnr Donald Trump, Mnr Putin, Mnr Ramapokker of sommer by die naam soos bv Lekota? Soos Ella sê, julle maak poppeys van julself.

PLP ·

Ag Ella jy en Cherokee altwee asseblief word tog groot, Natuurlik in Lakota nie God nie maar hy kan met respek behandel word. Mense soos julle vertroebel die land

Corrie Reichert ·

Sjoe, kan ons hom President maak. Dis iemand wat bietjie dink wat hy se en die waarheid praat.

mc ·

“Terror” Lekota en oom Piet Els in Kimberley is groot geeste van daardie omgewing. Hierdie man is ‘n man van die aarde, alle rasse het groot ontsag en respek vir hom gehad, al voor 1994. Dis ‘n man met groot wysheid, mense kan maar na hom luister.

Casper Labuschagne ·

Mense word reeds doodgemaak in die stryd oor grondonteiening – dit staan bekend as plaasmoorde en plaasaanvalle.

HPV ·

Ja, baie gaan sterf in die daaropvolgende burgeroorlog. Bates op die grond sal deur hul eienaars vernietig word, maw hulle sal grond met geen waarde daarop vind. Duisende Suid Afrikaners sal die land verlaat, die werkgewers met besighede sal hul besighede oorsee hervestig, dit laat derduisende ander Suid Afrikaners werkloos. Dan besit hulle al die grond, werk en inkomsteloos, asook grond met waardelose bates. Mooi man!

Mvj ·

Vir ñ slag is daar iemand wat die geskiedenis van al die bevolkings in ons land aanvaar en nie net maak of 80% daarvan nie bestaan nie. Ek sal beslis met ander oë na Cope kyk.

Eish ·

Baie nugtere beskouing van wat voorlê.
Al wat die situasie kan omdraai is ons Hemelse Vader.

Cherokee ·

Dit neig te klink asof VF+ gerus met Cope ‘n koalisie-ooreenkoms kan aangaan. Probleem is egter omgewingsverskil.

PLP ·

Wat van saam met jou HNP party, ooo eskuus hulle bestaan mos nie meer nie

Johanné ·

Mnr Lekota, is daar enigsins ‘n manier dat ons ‘n veldtog kan begin wat heet: CR must fall! Jy kan president van al die kontinente in die wêreld wees, want jy staan heelduidelik met jou voete vas op hierdie aarde, en jy dwing respek af met jou ongelooflike insig en ordentlikheid. Ek saluut jou President Lekota.

Vryheid ·

Al praat Lekota sin het hy net so min inpak soos al die minderheidsgroepe en partye daar buite. Die meerderheid wil kry sonder om daarvoor te werk.

Callie ·

Die naiwiteit van die ou Afrikaners. Al is Lekota reg, die Anc en eff en blf sal nie stop voor daar oorlog is wat hul glo hul gaan gebruik om die witman uit die land te dryf nie. Magtig, berei jul voor. Almal met verstand weet wats op pad

Hanna ·

Dankie mnr Lekota vir hierdie nugtere waarskuwing! Hier gaan virseker (meer) bloed vloei. Ek begin dink dat hierdie die begin van n burgeroorlog kan wees… Ongelukkig stel die “massas” nie in hierdie waarheid of raad belang nie! Hulle wil bewerkte, winsgewende grond bekom bloot om dit te plunder en dan honger te lei as gevolg hiervan.

Daan ·

Alida ek dink dit is wat jy se. Luister wat se cr, hulle wil onteien op die manier dat voedsel sekerheid nie skade ly, en malema se geen bloed sal loop, al wat ek dink gaan gebeur is hulle gaan onteiening ‘n wet maak en dan alle ongebruikte grond wil vat, en die keer die grond wat voedsel produseer dalk los, en dan die wat dit teen staan net in die tronke gooi, want dit is mos’ n wet, so … Dan is daar mos nie bloed vergiting nie en voedsel sekerheid staan sterk. En as jy nou mooi gaan sit en dink sal jy ontdek wie leer hul en help hul met die truuks, kyk net so innie rigting van die konsentrasie kampe ding.

Gwen ·

Daan ek stem met jou. Die plaasmoorde gaan nie oor die persoon die plaas wil he nie maar omdat daar vir hulle gese word wat om te doen. Die mense wat dit doen het nie veel kennis nie en word “miskien” n paar rand betaal vir die moord en hulle dink dit is baie geld want hulle het nie veel meer nie. Iemand soos Mnr Lekota wat meer weet van die land en sy mense moet die boodskap oordrae aan sy mense wat nooit die kans gehad het om werklik enige geleertheid te kry nie. Al wat hulle hul lewe lank ken of geken het was om saam met die stroom te gaan en maak wat vir hulle voorgese word om te doen soos die EFF se mense. Terwyl die armes die vuil werk doen sit en afgebreek word sit die hoe EFF mense in hul groot huise, slaap in warm beddens, eet 3 gang maaltye en drink sjampanje. As die EFF dan hul mense wil help met grond dan moet hulle al daai plase wat die staat het mooi in erwe opdeel en vir elkeen sy gedeelte gee ( verniet). Maar die mense wat hulle lewe lank gewerk het en swaar betaal het aan hulle eiendomme gaan verseker dit nie verniet weg gee nie. Ek dink nie die EFF/ANC ken die boerevolk werklik nie.

PLP ·

Hier is n man wat stil stil indruk maak. Lekota verstaan politiek en die situasie in die land. Hy is natuurlik heeltemal reg as hy se mense gaan doodgemaak word oor die onteinings kwessie. Hulle gaan in hulle duisende sterf, en die ANC en EFF gaan die moordenaar wees van hulle eie mense. Lekota behoort baie meer aansien te he in hierdie land as wat hy tans het. Mooi so Mosiuoa jy doen reuse werk

Piket ·

Volgens die kommentare nie eers EEN wat weet waaroor al hiedie dinge gaan nie…………..

Paul ·

Wat ek nie verstaan nie is die banke se stilswye oor hierdie aangeleentheid. Meeste plase het verbande. My eie huis en motor behoort tegnies aan die bank aangesien nie een van die twee afbetaal is nie. So wie gaan eintlik verloor? Dink die banke en regering ek gaan bly betaal as my eiendom my ontneem word sonder vergoeding? Lenings is sekerlik die grootste deel van ‘n bank se inkomste. Wanneer mense ophou betaal, wat gaan gebeur?

Amelia ·

Ek is maar net n vrou wat bietjie weet van die politiek. Beslis nie baie baie nie. Maar ek weet as jy nie gaan stem dan gooi jy n stem weg. Na die DA se gemors het ek begin wonder waarvoor en vir wie ek moet stem. Ek dink dai probleem is opgelos. Lekota jy het n ekstra stem gekry

Reguit ·

Dit is juis hierdie tipe ‘slim’ wittes (soos te vinde hierbo) wat steeds in Afrika wil “stem” – nogal vir die een of ander (nuwe) Afrika persoon. Hoe ‘briljant’. Dit is júís oor hierdie tipes waarom mense soos ek die Afrika-hool verlaat.

Eks Kommandolid ·

Onteiening sonder vergoeding is een ding. Die spreker kan daarteen praat…
Maar die tot-niet-maak van die kommandostelsel was om die deur wyd oop te maak vir die ongebreidelde aanvalle op die boere. En, raai wie het die kommandostelsel tot niet gemaak toe hy minister van verdediging was??

Roelien ·

Baie dankie vir iemand wat rassioneel en helder kan dink . Wat ook aan die uitkoms van n aksie kan dink en vooruit kan visualiseer. Dit is tyd dat Suid – Afrikaners ,maak nie saak watter kleur of ras nie, saam staan om ons land te red. Kom ons wees slim en ondersteun mekaar in die goeie, regverdige dinge. Daar is nog hoop. Ek is seker daar is genoeg grond wat reeds aan die regering behoort, wat in klein plotte opgedeel kan word, soos jare terug, toe my blinde oupa n klein stukkie grond naby Hartswater gekry het van die regering af. Daar het hy grondboontjies geplant vir n inkomste en die plekkie was altyd baie netjies gehou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.