Grondonteiening: Nasionale Forum vir Dialoog ‘eensydig, ongeloofwaardig’

Piet le Roux

Die besluit van die Nasionale Forum vir Dialoog (NFD) om belangrike stemme teen grondonteiening sonder vergoeding uit te sluit, dompel dit in ʼn geloofwaardigheidskrisis weens beweerde eensydigheid.

Dit is die standpunt van AfriSake ná die nuus van ʼn geleentheid volgende week wat voorstel om ʼn nasionale dialoog oor grondhervorming daar te stel.

“Boonop voorspel die deelname deur pres. Cyril Ramaphosa, sleutelfigure in die regering en die grondwetlike hersieningskommissie aan so ʼn eensydige geleentheid niks goeds vir die openbare deelnameproses oor onteiening sonder vergoeding nie,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, in ʼn verklaring gesê.

Volgens berigte vind die NFD, geïnisieer deur onder andere Roelf Meyer, ʼn voormalige minister, eerskomende Dinsdag en Woensdag in Illovo in Johannesburg plaas.

“Ramaphosa lewer na verwagting die openingsrede. Hierbenewens is die grondwetlike hersieningskommissie blykbaar van voorneme om die geleentheid te benut as ʼn ‘induksie en oriënteringsgeleentheid’ vir hul openbare deelnameproses,” het Le Roux gesê.

Le Roux het gesê die konsepprogram, soos AfriSake dit sien, verraai egter ʼn opvallende tekort aan rolspelers wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is.

“AfriSake is nie deur die NFD genader nie, ten spyte daarvan dat AfriSake onlangs gasheer was vir ʼn hoëprofiel spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding.

Hy het gesê op 6 Maart, binne ʼn week nadat die mosie oor onteiening sonder vergoeding in die parlement goedgekeur is, het AfriSake die spitsberaad teen onteiening sonder vergoeding aangebied.

“Dit is bygewoon deur meer as ʼn dosyn organisasies, insluitende gerekende organisasies uit die burgerlike samelewing, landbou-organisasies, ‘think tanks’ en omtrent alle politieke partye wat teen die mosie gestem het. Dit is ondenkbaar dat iets wat vandag hoop om ʼn  nasionale dialoog daar te stel ons en feitlik al die organisasies wat aan ons spitsberaad deelgeneem het, kan uitsluit.”

Die spitsberaad deur AfriSake is bygewoon deur verteenwoordigers van AfriForum, AgriSA, die FW de Klerk-stigting, die Helen Suzman-stigting, die Solidariteit Beweging, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede, TLU SA, die Vryemarkstigting, die DA, die VF Plus en die ACDP.

“Ons sal die geleentheid monitor, maar die wyse waarop hierdie NFD byeengeroep is, maak dit feitlik onmoontlik dat die verloop daarvan ʼn dialoog daarstel. Deur die kritiese stemme van gerekende rolspelers van die geleentheid uit te sluit het die NFD sy geloofwaardigheid prysgegee. En die bywoning deur Ramaphosa, sleutelfigure in die regering en selfs die grondwetlike hersieningskommissie voorspel niks goeds vir ʼn oop en gebalanseerde openbare deelnameproses oor onteiening sonder vergoeding hierna nie,” het Le Roux gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Leahim ·

Net die naam roelf meyer gee my koue rillings hierdie katastrofe het immers by hom begin by kodesa.??

Selfbeskikking ·

Ons moet nou self inspring en hard onderhandel vir ons eie land, dis ons laaste kans, hoor mooi wat ek sê, want grondhervorming gaan die platteland se ekonomie vernietig en so ook ons laaste ekonomiese mag.

Cherokee ·

Leahim, jy is die enigste een wat roelf meyer toe reg skryf. Kleinletters soos dit hoort.

Casper Labuschagne ·

@selfbeskikking Alles goed en wel dat ons moet onderhandel vir ons toekoms, maar wat anders as ons totale oorgawe en onteiening bring die meerderheidsparty na so ‘n onderhandelingstafel? As ons enige hoop met onderhandeling wil hê, moet dit uitsluitlik wees vanuit ‘n sterk magsbasis. Goed soos belastingboikotte of selfs ‘n massa emigrasie tel niks nie, daar bestaan juis ‘n agenda om van ons minderheid ontslae te raak tensy ons geheel en al inval by hulle sosiaal demokratiese agenda.

Jaycee ·

Ons het al geleer dat dit waarby Roelf ‘n belangrike rol speel, op die langer duur nie veel goeds inhou vir mindedheidsregte nie.

Paul ·

Is hy en Cyril dan nie sommer dik pelle nie? Roelf vertel nou mos al vir jare vir die wat wil hoor, dat Cyril is die man.

Andrea van Vuren ·

Roelf Meyer ‘n kneg van sy base. Wié ookal regeer. Puppet on a string!

Justice ·

Ramaphosa weet na Codesa dat Roelf Meyer hom soos `n handskoen pas om sy grondbeleid in werking gestel te kry.

Eish ·

Die ongenuanseerde benadering deur die uitsluiting van sommige belangegroepe, stuur n sterk sein uit, veral nadat alle betrokkenes genooi is tot insette.
Roelf Meyer se betrokkenheid by die NFD is besonder insiggewend.
Née wat, ek dink tog ons het n baie beter opsie deur buitelands voorbrand te maak.
” A man convinced against his will,
is of the same opinion still.”

Eish ·

Dankie Paul vir die skakel. Dit is verblydend om die ondersteuning te sien. Ek hoop dit bou momentum op.

Gerhard ·

So die leeus hou vergadering om te besluit wat op die spyskaart is vir aandete. Waarom sal hulle die aandete vra om deel te neem aan die besluit?

Gerrie ·

Wat gedoen gaan word is reeds besluit. Al wat nou bespreek gaan word is hoe dit gedoen gaan word. Ek vermoed dit is waarom teenstanders van onteiening sonder vergoeding nie genooi is nie.

HPV ·

Met Roelf Meyer is dit ‘n absolute wen-wen situasie vir die ANC, net soos hulle hom destyds van die tafel afgevee het, gaan hulle weer doen. Inteendeel hy is medeverantwoordelik dat minderhede letterlik geen regte het nie.

Vermeendes ·

Die ANC wil nou weer CODESA maar hierdie keer net met hom self, Roelf Meyer het in 2006 by die ANC aangesluit as lid, verder sal ek ook graag wil weet onder watse mandaat Meyer betrek word.
Hierdie hele ding is oë verblindery wat net pro onteiening sienings word betrek.
Zuma was dom astrand maar Cyril is n appel met n ander kleur, die gevaarlikste van hulle almal.

Awie Opperman ·

Namens wie neem Roelf Meyer deel aan die berraad? Hy verteenwoordig beslis nie my stem nie. Ek dink ook nie praat gaan regtig ‘n verskil maak nie, maar om vir Roelf hierby te betrek is ‘n klap in die gesig van elke regdenkende Suid-Afrikaner.

Boerseun ·

Geen deelname nodig nie. Stel dit net duidelik dat enige vat van n Boer se grond sal ly tot konflik. Geen doel om in debat te tree of spesiale verkiesing deel te neem en wysiging aan diefstal te verleen nie

Gerrit ·

Roelf Meyer …van “onderhandel” faam. Hy bly ‘n held in sy eie droomwêreld. Wat meeste Afrikaners van hom dink, voldoen egter nie aan Maroela Media se “bepalings en voorwaardes” vir kommentaar nie.

Grassie ·

Dat Roelf daar sal wees is vanselfsprekend, ek wonder net waar is Wessels. Dit is mos nou ‘n gulde geleentheid vir hulle om hul vernietigingswerk voort te sit.

Willem ·

Uiteindelik was daar Brakenjan en die drie Musketiers, soos jy sê Wessels, dan ook FW en Pik.

Willem ·

Enigiets waarby Roelf Meyer (en sy vriend Louis Wessels) betrokke is, is van alle geloofwaardigheid ontdaan. Hy is ‘n polities naïewe liggewig wat ons voorheen uitverkoop het en dit sonder gewetenswroeging weer sal doen. Wie of wat is die NFD in elk geval ? Nie Google of die Afrikaanse Wikipedia kon dit opklaar nie. Roelf se selektiewe uitnodigingslys ontbloot sy agenda.

vissie ·

Roelf ek het jou en CR glad nie toestemming gegee om oor my grond te besluit nie. Sies man skaam jou!

Jerry ·

Julle het julle uitsluiting geregverdig deur julle eie onversoenende denkwyse en inisiatiewe van selfbeskikking, volkstaat, opsweping van die Afrikaner teen versoening en buitelandse dialoog veldtogte teen n gematigde ANC administrasie wat poog om die demokrasie te red uit die hand van die anargiste. In plaas daarvan om n hand van vriendskap uit te gereik het en deel te wees van oplossings het julle, julle hand oorspeel en kanse vir deelname vernietig! Om nou te kla en kerm omdat julle uitgesluit word is soos mostert na die maal. Uitsluiting en deelname nou en in die toekoms dien as strafmaatreel vir julle onversoenende inisiatiewe en buitelandse dialoog. Julle was gewaarsku en julle wou eenvoudig nie luister nie.

DHK ·

Ek sterf eerder met selfrespek as om te onderhandel met die duiwel.

Johan Snyman ·

Die negatiewe kommenraar uit die verlede gaan ons niks baat nie. Ek doen ‘nberoep op al die organisasies wat by Afrisake se beraad betrokke was, om die President en die NDF te nader met n versoek dat die deelnemers meer gebalanseerd saamgestel moet wees anders word geloofwaardigheid reg hier aan die begin van die proses reeds ingeboet.

Pieter ·

Die duidelike doel is om net oor die toepassing van die beleid te praat en derhalwe alle kritiese opinies uit te sluit. Jammer CR, ons val nie vir die een nie.

Henk ·

Verbaas dit julle dat Roelf Meyer julle uitgesluit het? EN boonop vertrou julle die fw de klerk stigting? Dit is twee van die hoof rolspelers wat die Konstitusie opgestel het waaronder die minderheid vandag vertrap en verkrag word vir ingeval julle vergeet het!!

At ·

Maak nie saak wat ons se of doen nie, hulle is nou die meerderheid. Die freedom charter van die anc is hulle padkaart, en die wat weet wat dit behels sal verstaan.

Joshua ·

Wat van teenwoordigers vir selfbeskikking-hoe gouer hoe beter.

Kas ·

Ek wens net ons leiers besef dat selfbeskikking ons laaste kans op ootlewing nou is.

At ·

Wat ons se of doen sal nie verskil maak nie, ons in minderheid. Die “freedom charter” van die anc is hul padkaart en die wat weet wat dit behels sal verstaan.

Jan Brits ·

Die ou konkelaars bymekaar. Waar is wessels en de klerk?? Slegte nuus aan die kom.

Rynhardt ·

Mense jy bly weg van die NFD!!!Dit gaan net daaroor om Roelf Meyer(hy het destyds homself uitgeonderhandel),die F.W.de Klerk-stigting en hul kommunistiese vriende goed te laat lyk!Julle gaan daar net verder verneder word.Anc en EFF het reeds vir jul uitgespel wat hul wil he!!??????????

Johanna Botha ·

Kan roelf nou namens almal praat …wie gee hom die mandaat …of is hy die regte persoon volgens wat die anc dink en is hy hulle keuse ?

Lolla ·

Ons neem Wes-Kaap reg deur tot Vrystaat. Niks minder nie. En dis alleenlik net “worst case scenario”. Sal steeds verkies om die hele SA ten volle in vrede te kan leef en geniet soos altyd. Net van EFF ontslae raak.

White Rhino ·

Meeloper van de klerk ene roelf meyer is n lid van die anc
Verraaier in die ergste graad – hy en de klerk.

Manie Strydom ·

As roelf meyer wil onderhandel moet dit namens sy party wees die anc

Casper Labuschagne ·

Onderhandel vir ons eie ondergang is waarop dit neerkom. ‘n Paar honderd binne die kongres van die regerende party het besluite geneem wat geïmplementeer sal word, en wat nou gebeur is die verloop van ‘n proses om aan hierdie skyndemokrasie ‘n aspek van legitimiteit te verleen. Eintlik leef ons bloot in ‘n diktatorskap van die regerende party.

marous ·

Hy moet dadelik sy plaas en huis en besittings en die van sy naaste vriende en familie aanbied sonder vergoeding en sommer hul paspoorte ook ingooi.

Reguit ·

Die slim en nugter mense is besig om te emigreer. Die res wat steeds wil “wag”, “praat”, “soebat”, “redeneer”, “kibbel” en “onderhandel” gaan geplunder word en bloei.

Anti Gryp ·

Reguit baie van ons het kinders op universiteit
Ek het twee daar wat eers oor 2 jaar klaarmaak.Dis baie duur en ek kan nie daardie geld in die water gooi nie.Wanneer hulle klaar is kan hulle gaan.
Intussen hoop en bid ons vir die beste.Wat stel jy voor? Hulle moet n geleertdheid he om in n ander land suksesvol aanvaar te word.

Reguit ·

Hallo Anti-Gryp. Ek besef jou situasie goed. Jy is nie alleen nie. Ek ken heelwat sulke mense. Ek is gelukkig op pad uit. Ek wens ek het raad gehad om vir jou te gee, maar ek het ongelukkig geen, en ek is regtig jammer daaroor. As ek aan die situasie dink, dan spoel daardie gevoel van hartseer, magteloosheid en moedeloosheid (namens mense soos jy) oor my. Die wittes in SA gaan bitter swaar kry. Sterkte.

Discern ·

Hulle gaan nie julle eiendomme kom vat nie.. hulle gaan net julle aktes oordra aan die staat..en dan huur geldjies kom kollekteer

Reguit ·

Sulke mooi klinkende woorde daai. Verskaf asseblief net die skriftelike waarborg ook. Intussen kan u bietjie op Maroela Media rond lees oor die onlangse wonderlike voorbeelde van hoe hulle u “aktes gaan oordra” en hoe hulle die “huur geldjies gaan kollekteer”. Wenk: Hulle kom in hordes. Enige tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.