Grondonteiening: ‘Ons saai nié paniek nie’

alana bailey afriforum

Alana Bailey

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gesê hy sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks kritiek wat Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het.

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse regering Woensdag gesê het “organisasies soos AfriForum” versprei onakkurate inligting oor grondhervorming “wat vrees en paniek saai”, en dat “geen Suid-Afrikaner deur hul eie regering bedreig word nie”.

Die regering het op sy beurt gereageer op onder meer Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, wat in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê het sy departement is besig om ondersoek in te stel na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die organisasie verwerp Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai. Bailey het gesê al die feite wat AfriForum bekend maak, kan wel bevestig word.

“Dit is ’n feit dat die ANC as regerende party in Desember 2017 tydens sy nasionale kongres onteiening sonder vergoeding as beleid aanvaar het. Dit is ook ’n feit dat die Suid-Afrikaanse parlement op 27 Februarie 2018 met ’n meerderheid gestem het ten gunste daarvan dat ’n proses begin word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

“Verder is dit ’n feit dat plaasboere tans ernstig bedreig word. ’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se statistiek van die afgelope 21 jaar dui daarop dat daar, konserwatief bereken, gemiddeld meer as een plaasaanval per dag en meer as een plaasmoord per week plaasvind,” het sy gesê.

Bailey meen dit is juis noodsaaklik dat die burgerlike samelewing ’n veldtog van hierdie aard aanpak en ondersteun omdat die regering volgens haar “skynbaar nie hierdie feite as onaanvaarbaar beskou nie”.

“Die minister se gerusstelling oor regeringsoptrede wat binne die grondwetlike raamwerk sal geskied, bied geen gemoedsrus nie, aangesien die wysiging van die Grondwet deel is van die proses ten gunste waarvan die parlement gestem het. Die regering mag buitelandse regerings en meningsvormers se intelligensie onderskat, maar ons as AfriForum maak ons nie daaraan skuldig nie,” het sy laat hoor.

Bailey het vroeër gesê Dutton se houding behoort stof tot nadenke vir die regering te wees. “Dit moet as waarskuwing dien dat Suid-Afrika die gevaar loop om nog meer produktiewe, lojale burgers te verloor as daar nie met erns na hul kommer oor kwessies soos eiendomsregte geluister word en daadwerklike aksies geloods word om probleme soos misdaad in die land aan te pak nie.”

Sy het gesê AfriForum se standpunt bly dat oplossings vir die probleme wat Afrikaners en ander minderhede in Suid-Afrika ondervind, gevind moet word en dat ’n toekoms aan die suidpunt van Afrika geskep moet word waarin ook Afrikaners en ander minderhede blywend vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. “Die organisasie verwelkom verder enige internasionale druk wat die uitdagings wat minderhede in die gesig staar in die kollig plaas en die regering help oortuig om dit te prioritiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

marlene ·

Stem 100% saam. Dis hartseer dat so baie bejaardes op hul plase, lewendig afgeslag word, en die regering sê niks.?
Dis op geen nuuskanaal nie.

Magda ·

Ek dink ons wit Suid Afrikaners doen ‘n fantastiese poging om die buitewêreld te laat besef wat hier aangaan. Of ander lande betrokke wil raak en help is die ander vraag. Gedurende ‘n EU vergadering het die meeste lande hierteen gestem en dit dus afgekeur. Maar doen julself n guns en gaan kyk na ‘n kort video of you tube van Barbara Pas waar sy by die Vlaams-Nederlandse regering pleit vir ons. Kan nie die link plaas nie maar titel is: “Barbara Pas over de ‘Plaasmoorde’ op en de massale onteigening van blanke boeren.”

Johan ·

“Doet so voort!” Alana en Afriforum. Sisulu en die ANC lieg soos tannetrekkers.
Hulle sê weliswaar dat hulle grond (en terloops ALLE eiendom) wettig sal onteien maar verswyg dit dat hulle die wette van die Grobdwet af ondertoe gaan verander om dit “wettig” te kan doen

CJ ·

Gaan kyk op Youtube na die Kanadese Lauren Southern se kort video getiteld “Why white people?” Video gemaak na haar onlangse besoek aan SA om plaasmoorde te ondersoek.

Elvira Bothma ·

Baie dankie Afriforum. Die Regering het nognie n vinger verroer om plaasmoorde aan te spreek nie. Dis asof hulle n koue skouer draai en daarmee saamstem.

Charlotta ·

Moet Asb nie net afriforum alleen die skuld gee nie.. Dit is die waarheid. Die witman staan nou op. Genoeg is genoeg.

John Samuel ·

En as enigeiemand dit nog oorweeg om vir die “blou” party te stem, moet jy jou kop laat lees…

Afriforum doen meer vir die Afrikaner as Enige ander “puppet-party”.

Jan ·

Afriforum moet teen julius malema ‘n hofsaak maak. Julius M. haat die witman, hij het dit al genoeg laat hoor. Sy siel sal nie rus totdat al die blankes uitgejaag is nie. Hy is ‘n pure rassis van eerste klas. En Cyrel Ramaphosa werk vir hom maar hy weet nie hy word deur malema gebruik nie. Julle moet hom oor elke haatuitspraak hof toe vat. Daars baie geleenteid om dit te kan doen. Sy mond moet toegemaak word. Hy hits al sy volgers op en hy is koelbloedig.

marlene ·

Die hartseerste is die plaasmoorde. Punt.
Niemand doen iets daaraan nie.?
As die ANC net eenkeer gesê het – ” Stop die plaasmoorde”, maar niks. Hul ken die statistieke.

Gerrit ·

Dankie Afriforum doen so voort bring dit onder die wereld se aandag dat daar teen wit kinders gediskrimineer word oor die kleur van hulle vel.

Manie Strydom ·

Die wereld moet weet hoe die huidige benaadeelde minderheid vermoor,gemartel en verkrag word deur die huidige bevoordeelde meerderheid.

White Rhino ·

Dankie Afri – doen so voort!!!!
Wys die wereld. Vertoon foto’s van die wreedheid vir die wereld – veral by groot sport geleenthede!!

marous ·

En plak dit teen elke Suid Afrikaanse ambassade se hek wereldwyd .

Dell ·

Mooi, die regering begin nou in die warm pot water val. Vir jare, probeer die onderdruktes die wereld daar buite wys, wat met ons aan die gebeur is in hierdie land. Dit is nie ‘n onlangse stryd nie. Foto’s en videos lieg nie, wat gese en gedoen is kan nie as onwaar afgemaak of terug getrek word nie. Gebruik alle moontlike media en laat die wereld regop sit!

Jerry ·

Objektief beteken dat jy n mening kan vorm wat beide kante van die muntstuk dek en nie in ontkenning van die anderkant van die muntstuk n onwrikbare standpunt inneem nie. Dit is n feit dat julle aksies reeds talle vorige kere tot botsing met die ANC en EFF gelei het en weereens nou lei. Dit en die konfronterende ononderhandelbare manier waarop julle sake benader saai paniek onder wit Suid Afrikaners en Afrikaners wat voorstanders is van vreedsame onderhandelbare gee en neem prosesse. Aan die ander kant bring dit hoop vir n sekere groep Suid Afrikaners en Afrikaners dat die buiteland reg staan om die Afrikaner te ondersteun in sy stryd teen swart dominasie en grondonteiening. Om te ontken dat hierdie aksies tot paniek onder sekere groepe lei, is dus nie n objektiewe mening nie. As julle hierdie ding wil wen gaan julle saam met die waarheid moet wandel!

jean ·

Laat die buitewêreld eers begin doen….dan sal ons glo . “Talk is cheap”. Almal het geweet van die Jodeslagting en tog het almal agteroor gesit. Dieselfde met die volksmoorde in elke land waar daar minderhede is……

Jacques ·

Nou vra ek hoe moet n mens positief bly en in vrede saam leef as die regering geweld goedkeur en dit as reg beskou ?

christo ·

Dankie Afri-forum vir wat julle doen
Net jammer dat ons radio stasie met hulle nuus die goeie werk wat julle doen atbreek
Se dankie vir die Aussies se uitsprake en moet dit nie kritiseer nie
Alle posetiewe uitsprake help druk toepas

Alida ·

Afriforum moet die afgryslike fotos en syfers die WERELD in stuur!!!!

wonder maar net ·

gaan nie iets aan plaasmoorde doen nie…kry geld uit dit uit….boedelbelasting…”koffertjies” gaan dan leeg loop

Verdraaide wette ·

Dis maklik om die stelling te maak dat die niemand bevrees hoef te wees vir die regering nie omdat dit sogenaamde “kriminele” is wat die plaasmoorde pleeg………..dis n leuen……dis mense wat aangehits word deur Malema en kie en BLF en wat sal aanhou omdat juis die regering NIE teen hulle optree nie…..en bovendien verander die regering die normale morele wette om hulle te pas en dan is dit skielik NIE MEER N MISDAAD NIE om eenvoudig mense se eiendomme te onteien sonder vergoeding en hulle te vermoor daarvoor EN DIT MENSE IS TIPIESE KOMMUNISME,,,,,,,seg dit al jare lank!! Dis hoekom hulle nooit aan die buitewereld sal erken dat daar n probleem is nie……net dit is nie meer net n probleem nie DIS PURE MOORD VAN ONSKULDIGE MENSE en boonop die mense wat HULLE BROOD GEBOTTER HOU…..die breekpunt is NABY!!!!

Saak? ·

Hoeveel mense ?? kan in ‘n REUSE klasaksie saak opgeteken word vir ‘n hofsaak teen ……….DIE RASSEHAAT en die gevolge wat die haatspraak houdings veroorsaak ens.ens.???

Willie Maree ·

Baie dankie aan Afriforum en Alana vir hierdie duidelike en omvattende standpuntstelling. Ek sou baie graag wou sien dat Afriforum ook direk met die regering van die dag (Ramaphosa) in gesprek tree en ondubbelsinnig Afriforum standpunt t e stel. Sterkte vir julle taak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.