Grondonteiening: ‘Ons sal dit beveg tot in die hoogste hof’

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van die Sakeliga, het gesê al die organisasies is ernstig bekommerd oor wat onteiening sonder vergoeding vir die toekoms van Suid-Afrika inhou. Foto: Morné Prinsloo/Sakeliga Onteieningberaad.

Twintig organisasies het Woensdag op ʼn spitsberaad in Centurion hulle opnuut daartoe verbind om saam te werk om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat, selfs tot in die hoogste hof te beveg.

Dit volg ná die Nasionale Vergadering die grondwetlike hersieningskomitee se verslag in dié verband Dinsdag aanvaar het, gevolg deur die Nasionale Raad van Provinsies Woensdag.

Die groep organisasies wat onder meer bestaan uit die ACDP, AfriForum, die Afrikanerbond, Agri SA Limpopo, Agri SA Noordwes, Cope, die DA, Dear South Africa, die FW de Klerk Stigting, die Johannesburgse Prokureursvereniging, die Sakeliga, Solidariteit, TLU SA, die VF Plus en die Vryemarkstigting, het tydens die geleentheid benadruk onteiening sonder vergoeding nadelig vir die land se ekonomie sal wees.

Boonop het talle van die organisasies benadruk dat alternatiewe metodes bestaan om grondhervorming en restitusie op ʼn ekonomiese volhoubare wyse deur te voer eerder as om die grondwet se handves van regte te wysig.

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van die Sakeliga, is die beraad ʼn opvolg op Maart se spitsberaad ná die aanvanklike mosie in die parlement aanvaar is.

Le Roux het gesê al die organisasies is ernstig bekommerd oor wat onteiening sonder vergoeding vir die toekoms van Suid-Afrika inhou en die organisasies besef die geveg het nou begin.

“Daar is talle planne van hierdie organisasies om saam en afsonderlik die prosedures en substansie van hierdie verslag en die openbare‑ deelnameproses in die hof te toets.

“Al vier die politieke partye wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is, het ook onderneem om duidelike alternatiewe te verskaf, terwyl internasionale druk terselfdertyd verhoog sal word.”

Le Roux het bygevoeg die geveg moet beskou word in die lig daarvan dat 2018 die eerste jaar op rekord is waarin meer Suid-Afrikaners in die buiteland belê het as wat buitelandse beleggers in die land belê het.

“Hierdie stappe sal alles binne die volgende paar maande gedoen word. Ons is ook besig om ʼn verklaring op te stel wat eiendomsregte steun, beskerm en uitbrei. Die verklaring kan dan deur die publiek, individue en organisasies wat tans, en ook in die toekoms by hierdie kwessie betrokke wil raak, aanvaar word.”

Bennie van Zyl van die TLU SA het gesê Suid-Afrikaners moet hulle nou al vra wat die ANC en die EFF se werklike verskuilde agenda met onteiening sonder vergoeding is: “Wil die partye ʼn werklike toekoms vir Suid-Afrika bou of probeer hulle net stemme vir die komende verkiesing werf.

“Suid-Afrikaners moet ook besef dat ons binne ʼn paar jaar weer nuwe rolspelers in die parlement kan hê en wat gaan hulle dan nie alles doen met so ʼn wysiging in die Grondwet nie?”

Van Zyl het gesê sy organisasie het reeds in 2005 ʼn plan voorgelê van hoe grondhervorming gedoen kan word terwyl dit steeds ekonomies volhoubaar is.

“Hoekom vee die regering eenvoudig net hierdie en ander rolspelers se soortgelyke planne van die tafel af? Dit is die vrae wat Suid-Afrikaners nou moet vra.

“Ek dink die ANC het Suid-Afrika se toekoms ʼn doodskoot toegedien en nou verwag hulle positiewe resultate.

sakeliga-onteieningberaad-2018-12-05-paneel

V.l.n.r. is Kallie Kriel van AfriForum, adv. Mark Oppenheimer van die Johannesburgse prokureursvereniging, Piet le Roux van Sakeliga, dr. Theuns Eloff van die FW de Klerkstigting en Bennie van Zyl van TLU SA. Foto: Sakeliga onteieningberaad.

“Suid-Afrika se handves van regte in die Grondwet is nog nooit verander nie. Ek kan nie help om te wonder waarom die regering die ekonomie wil verwoes as daar minder ingrypende maniere is om grondhervorming te laat vlot nie,” het adv. Mark Oppenheimer, ʼn verteenwoordiger van die Johannesburgse prokureursvereniging, gesê.

“Wat hierdie scenario nog verder versleg, is dat Suid-Afrikaners nog nie eens weet wat die presiese bewoording van die verandering van artikel 25 is nie. Ons is dus nog nie eers bewus van die vlak van verwoesting waarmee ons te doen het nie.”

Oppenheimer het bygevoeg dat Suid-Afrika tans met ʼn minderheid sit wat daarin geslaag het om mense te oortuig dat hulle lewens sal verander as die Grondwet verander word, wat nie die geval sal wees nie.

“Ek dink die meeste rasionele mense erken ons moet restitusie vir die verlede hê. As ʼn persoon se grond gesteel is, moet hulle vergoeding daarvoor ontvang en ons Grondwet maak reeds hiervoor voorsiening.

“Daar is geen rede om die handves van regte te verander en Suid-Afrika se naam te verwoes in die oë van die internasionale gemeenskap nie. Boonop sal ons die voordele verloor wat ons onder ALGOA kry omdat ons nie meer eiendomsregte erken nie en internasionale wette verbreek.”

Oppenheimer het benadruk dit sal ʼn lang geveg wees maar die regering moet besef dit sal ook ʼn onophoudelike stryd wees.

“Die verslag erken dat ander lande soos Venezuela en Zimbabwe hierdie roete al gevolg het en dit het hulle ekonomieë verwoes; nie net die eiendomsregte en landboubedryf nie. Zimbabwe het ʼn werkloosheidsyfer van 90% en Venezuela het ʼn inflasiesyfer van meer as 833 997%. Die eerste stap sal wees om die verslag irrasioneel te laat bevind.

“Die volgende stap sal wees om te bewys dat die openbare‑ deelnameproses gebrekkig was en dat talle stemme in ons demokrasie eenvoudig net tydens hierdie proses geïgnoreer is.

“Artikel 36 sê veranderinge aan die handves van regte en wette moet regverdig wees in ʼn ope en demokratiese samelewing. Dit moet ook op die waardes van waardigheid, vryheid en gelykheid gegrond wees.

“Wanneer jy met mense se eiendomsregte begin inmeng, belemmer jy hulle waardigheid. Ons het dit al voorheen in Suid-Afrika gedoen waar ons mense van hulle grond verdryf het en dit was toe verkeerd en dit is nou steeds verkeerd.”

Hy het ook benadruk dat Suid-Afrikaners moet besef dat as daar eers getorring word aan eiendomsregte, dit elke liewe persoon se regte in gedrang bring.

“Hierdie geveg sal lank en hard wees, maar ons kan dit wen.”

Kallie Kriel van AfriForum het bygevoeg dat Suid-Afrikaners nie nou moedeloos moet word nie.

“Die geveg is nog nie oor nie, hierdie is net die begin en wat my baie hoop gee, is dat hier vandag talle organisasies is wat vasbeslote is om hierdie wysiging teen te staan. Hierdie verskillende organisasies is ook gewillig om saam te werk en hulle samewerking verder uit te brei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

15 Kommentare

Nikita ·

Baie dankie aan al die bogenoemde organisasies. Ons voel soms magteloos..maar met julle goeie werke is daar hoop. Se net wat ons as die publiek ook kan doen..petisies teken..wat ookal enige iets. Baie, baie sterkte!

Ironies ·

So ironies. Dit was die Afrikanerbond en sy filiale soos die FW de Klerk Stigting wat voor ’94 (in die geheim) die proses aan die gang gesit het waarvan ons vandag die wrange vrugte pluk. Al die organisasies daar (behalwe die ACDP, COPE en die DA) is filiale van die Afrikanerbond. Nou probeer hulle desperaat die vure dood slaan wat hulle begin het. Dit sal wees fluit teen donderweer.

Melanie ·

Maar intussen gaan grond grype voort en dink ander dit is hul reg.

Mrs H ·

EFF noem hulself vegters, ons is soldate. Sal so moet begin optree, beplan en voorberei. Het al gedink om n groep te stig van en met alle wit werklose Afrikaners, stuur nommers van alle bereidwilligers na aangevalde plase om boer te help aan die gang bly met boerdery en so n veiligheid te skep en n kans om terug te veg sou dit nodig wees. Maar laat ons eie eerder dan die plaas beset tot oorwinning. Ons eie mense het nie en mag nie werk nie, leef reeds in haglikke omstandighede, het nie heenkome of hoop nie, hierdie sal nog “purpose” en waardigheid bied.

Magda ·

Mrs H dit is a werkbare idee en fantasties daarby! Laat al die boere wit werkers aanstel en ontslae raak van die wat daar is wat ook grond gaan soek op daardie einste plase sodra die poppe dans. Ek is seker daar is baie witmense in wit plakkerskampe wat bereid sal wees om dieselfde werk te doen teen dieselfde salaris sonder enige grondeise teen die boer.

+. ·

As jou bates bedryg word, staan mense wat nie eers met mekaar wou praat nie, saam. Moet daar dan eers n ramp plaasvind, voordat die wat bymekaar hoort saamwerk. “Eendracht maak mag”

Fanie ·

Diegene wat vra hoekom die fw stigting (kleinletters met opset) ook daar is, die antwoord is maklik. Hulle gaan sorg dat die wigte en teenwigte nou inskop.

DC ·

Die hoogste hof steun die agenda van die grondgrypers. Die howe is tyd en geldmors. Maak eerder ander beter planne om die oorlog te wen. Daar is talle aksies wat organisasies en indiwidue kan instel. Staan net saam en doen dit.

Salamander ·

Die howe is net ‘n proses wat weereens op niks gaan uitloop nie. Hier het ons te doen met ‘n ongeleerde massa vir wie ‘n ongunstige hofuitslag net nog ‘n vorm van rassisme is en hulle gaan daarteen optree soos hulle hulle verset teen als wat nie in hulle guns verloop nie. Geweld en vuur. Ek hoop ek is verkeerd, maar ek vermoed hierdie gaan in die loopgrawe eindig.

Ryan ·

Fantastiese paneel mense. Ek glo julle gaan die grondonteiening nonsens stop sit. Baie gaan aan of die grondonteiening ding al deur is.

Sarel ·

SA moet wyer kyk as grond , wat by ESKOM aangaan is ook deel van die probleem. Mense gaan ophou belasting betaal weens swak dienslewering en dan is die staat se weg oop om op alle bates ingesluit beleggings en gelde in rekeninge beslag te le. Hou op dink die goed gebeur uit onnoselgeit. Word wakker !!!!!

Jandre ·

Ok. As dit nie werk nie en uitloop tot niks. kan jy dan ook normaal veg? Sal jy?

Andrè ·

Plaaslike Howe n mors van tyd. Gaan na INTERNASIONALE HOF.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.