Grondonteiening: Pasop as ANC, EFF begin saamstem

Foto ter illustrasie (Foto: Maroela Media)

Die omstrede politieke dooiepunt tussen die EFF en die ANC oor die grondwetlike wysiging van artikel 25, moenie veroorsaak dat landsburgers nou hul waaksaamheid verslap nie.

Volgens Francois Wilken, die president van Vrystaat Landbou (VL), is dit nie ongewoon in die Suid-Afrikaanse politieke arena dat politieke partye, selfs alliansievennote, mekaar hewig oor ’n kwessie teenstaan, maar dan later besluit om kragte saam te snoer nie.

“Die EFF en ANC verskil nie in beginsel oor onteiening sonder vergoeding nie, maar slegs oor metode. Ons moet waaksaam wees vir die moontlikheid dat die ANC en EFF hul semantiese verskille kan oorkom en sodoende die parlementêre meerderheid van 66% kry wat nodig is om artikel 25 te verander,” sê hy.

Indien die 18de grondwetwysiging aanvaar word, sal dit die beginsel vir nulvergoeding vir onteiende eiendom vestig, oftewel nasionalisering. Boonop sal die staat deur middel van die beginsel van voogdyskap volle seggenskap oor onteiende eiendom vestig.

“As hierdie wysigings met die voorgestelde onteieningswetsontwerp (wat die staat in staat sal stel om enige bate te teiken) saamgelees word, word die volle impak van beleidmakers duidelik.”

Wilken het beklemtoon dat die ANC en EFF steeds kragte kan saamsnoer nadat die sperdatum van 13 Augustus vir openbare kommentaar oor die grondwetlike wysiging verstryk het. Dit is dus uiters belangrik dat burgers en organisasies wat die wysiging teenstaan, seker maak dat hul stem voor of op 13 Augustus gehoor word.

VL het aangedui dat hy namens sy lede en ondersteuners sy formele beswaar teen die voorgestelde 18de grondwetwysiging maak. “Ons doen ’n beroep op almal wat in vryheid, die vrye mark en die beskerming en uitbreiding van individuele privaat eiendomsreg glo, om die 18de grondwetlike wysiging van artikel 25 van die Handves van Regte teë te staan,” sê Wilken.

Die publiek kan Vrystaat Landbou se veldtog op sy webwerf ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Persheks Adri ·

Hulle kan dit óók vergeet nes die vuurwapen wet! Ons boerevolk sal dit nie net los nie dít kan hulle ook weet pffft!!!

Thom ·

Kom vertel wat jy gaan doen ___ met jou windbuks teen militêre wapens opstaan en weer deur jou neus pffft ?

Kokerboom ·

Die saak is uiters belangrik en ek vertrou die landsburgers bejeën dit in ‘n ernstige lig!! Hier kom groot moeilikheid!!

Cherokee ·

Koker, die bejeëning van die landsburgers gaan dit nie verander nie. En ek wonder of teenstand ‘n verskil gaan maak. Akhoewel ek dit ook invul, betwyfel ek die waarde van petisies, afgesien van waaroor dit gaan.

Werner ·

Petisies beteken niks.Hulle steur hulle dan nie eers aan wette nie

Kokerboom ·

Ek hoor, maar ekt nie petisies bedoel..getalle te min..meer ekonomiese aksies /optredes om te slaan waar dit die seerste maak..regering se sak. Okk internasionale druk

Cherokee ·

Klink vir my steeds na petisies waar ons mee saamstem. Ek wens jòu optimisme te hê. Maar ek ondersteun jou met die wens dat ons wen.

Roebs ·

Regtig, die media is die grootste probleem sodra ons as land saam staan word die verlede uitgehaal of iets word gese om die land weer van vooraf op te stook, kan ons nie al die mooi begin sien nie. Daar is baie mense daar buite wat glad nie die politiekke partye wil he nie, maar ja die media stook alles altyd aan.

marius ·

Lankal die waarskuwings gerig , maar dan word jy as pessimis en sameswering teorie twaksel uitgekryt . Niemand sal dit keer nie . Dit is al beplan lank voor hul ikoon laggend uit die tronk geloop het .

Cherokee ·

Jy’s in ‘n goeie bui vandag… jou nog nooit so lang kommentaar gesien doen nie! :-)

Michal ·

hulle stem al van die eerste dag saam, hulle gee ons net elke dag ń konsert wat kamma wys hulle verskil

Werner ·

Ek het nooit gedink hy is n goeie ou nie.Hoeveel onse is on jou pond

Grassie ·

Johan – omskryf bietjie jou “ons”. Ek was beslis nie deel daarvan nie.

Pieter ·

Hulle moet net my skuld ook saam vat want as die bank dink ek gaan hulle betaal maak hulle n groot vout. Wat gaan die bank doen my grond vat wat die ANC kommuniste klaar gevat het.

Cherokee ·

Ag Piet…, fout en vat kan nie dieselfde geskryf word nie. Asseblief!!

Caroline ·

The banks will still hold us the first owners responsible for the payments

Hennie J ·

Ai dit is sulke neerdrukkende nuus, maar iets wat ons almal besef. Die vraag is egter hoe gaan ons ou volkie dit beveg. Het ons iets by verulam geleer of gaan elkeen weer op sy eie aanneuk?
EENDRAG MAAK MAG!!!!

Grassie ·

Die voorstel soos verwoord deur die EFF is reeds lank gelede, nog voor 1994, deur die ANC geneem. Hulle is net besig met ‘n woordespel om die buiteland om die bos te lei. Diegene van ons wat destyds daarteen gewaarsku het is deur die wit liberales, insluitende die De Klerk regering, uitgekryt as verkramptes en nog vele ander byvoeglike naamwoorde. Dit is waar die hele grondkwessie uiteindelik gaan eindig. Is daar nog mense wat wonder waarom die regering besig is om ons stelselmatig te ontwapen?

Jojo ·

Jammer om te se maar in hierdie land is anc gewettig sonder n skoot wat geklap het en die land is ook gevat sonder enige probleme. Hou dop grond en eiendom gaan afgevat word sonder enige probleme. Ek dink die kwessies met plaasmoorde is stomende pot wat lankal moes oorkook maar baie van die volkie is te benoud want saamstaan is n probleem. Ons kan nie as eenheid saamstem en saamstaan nie elkeen vir sy eie sak en huis

Werner ·

Net soos almal geweet het Zuma gaan n hospitaal plan trek.Net so gaan onteienig plaasvind dit is hoe Mugabe probeer stemme werf het en hierdie lot loop presies dieselfde pad.Hier gaan nog besettings ook kom hulle is nie regtig oor die wet gepla nie.Politiek en n gestemmery gaan ons ook nie help nie.Bloed sweet en trane.

Hoekom ·

As hulle ons grond kom vat, of te wel steel, gaan die gebeure in Natal lyk soos ‘n tee partytjie…

Danie ·

Daar is geen twyfel dat hulle sal saamstem om die grondwet te verander nie.
Blaas raas en handeklap gaan absoluut niks help nie.
Beplan liewers hoe om hierdie gemors in die toekoms te omseil.

Frik ·

Julle maak nie reg aan die een kant bybel verse en aan die ander kant maak stook julle vrees…

Thom ·

Praat met entiteite wat nie bestaan nie het nog nooit resultate gegee nie en sal ook nie in die volgende duisend jaar nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.