Grondonteiening: Publiek het nou tot einde Februarie vir kommentaar

Argieffoto

Lede van die publiek het nou tot 29 Februarie om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet, wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak. Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die verlenging van die spertyd vir openbare deelname.

“Die DA is onomwonde teen dié wysiging en verwerp die idee van grondonteiening sonder vergoeding. Die DA meen artikel 25 is nie die hindernis ten opsigte van betekenisvolle grondhervorming nie, maar dat dit eintlik oor ʼn gebrek aan politieke wil aan die kant van die ANC-regering gaan,” sê Annelie Lotriet, parlementslid van die DA.

Sy sê die DA in die Wes-Kaap toon ʼn 72%-suksessyfer in landbougrondhervormingsprojekte wat veel meer as die nasionaal beraamde sukseskoers van 10% is. “Die DA meen dít is ʼn verdere bewys dat betekenisvolle grondhervorming moontlik is mits dit in bekwame hande gelaat word,” sê Lotriet.

Volgens Lotriet het die DA reeds derduisende besware ontvang wat teen die vooropgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet is. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het ook Woensdag aangedui dat hulle reeds 200 000 kommentare teen die wetswysigings ingevorder het.

“Die DA doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners wat ons Grondwet wil beskerm om teen hierdie geweldig kommerwekkende wetsontwerp beswaar te maak,” sê Lotriet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Luister

Ons kan maar skop en skree soos klein kindertjies; die ANC het klaar besluit.

Niné

Alles is nie verlore. Word n lid van Afriforum . maak jou bydrae en stem

Johann

Stem saam met “Luister” besluit is klaar geneem. Aantal teenkanting is hopeloos te min.

Snowball

Teken beswaar aan, dis ten minste beter as om fatalisties te aanvaar dat niks daarvan sal kom nie, want die ANC het klaar besluit. Soms is die pen magtiger as die swaard. Elke poging om die korrupte ANC teen te staan, is ‘n stap in die regte rigting. Wanneer ons moedeloos die arms vou en opgee sonder ‘n geveg dan het ons meer verloor as net ons eiendomsreg. Die vet weet, ons gaan nie net lê dat hierdie gespuis oor ons kan loop nie.

RyanSA

Weet julle hoekom dit verleng is? Omdat hulle gesien het daar is veels te min stemme pro onteiening.. 80% stemme is teen dit..