Grondonteiening: Ramaphosa paai oorsee

Pres. Cyril Ramaphosa en Antonia Tajane, voorsitter van die Europese parlement. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag terwyl ʼn voorlopige verslag goedgekeur is om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, gesê die fokus van grondhervorming is onder meer om beleggersvertroue te handhaaf.

Ramaphosa het tydens ʼn mediakonferensie ná afloop van die SA-EU-beraad in België en Frankryk gesê grondhervorming het ook ten doel om landbouproduksie te bevorder, voedselsekerheid te verbeter en armoede te verminder.

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse regering het sy toewyding tot die waardes van die land se Grondwet, die oppergesag van die reg en die beginsel van billike en regverdige regstelling bevestig.

Ramaphosa se uitlatings volg kort nadat die grondwetlike hersieningskomitee die aanbevelings aanvaar het dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word. Die ANC, EFF en National Freedom Party het die wysiging ondersteun. Die DA, VF Plus, Cope en ACDP het die wysiging teengestaan. Die verslag sal nou in die Nasionale Vergadering gedebatteer word.

Ramaphosa het verder gesê die uitkoms van die beraad ondersteun en versterk die inisiatiewe wat in Suid-Afrika van stapel gestuur is om belegging te versnel, werksgeleenthede te skep en groei in die ekonomie te bevorder.

“Ons het saam met die EU ons daartoe verbind om geleenthede vir belegging, tegniese bystand en die verbetering van die sake- en beleggingsklimaat te ondersoek om volhoubare ontwikkeling te bevorder.

“Ons het ook ingestem om samewerking rakende belegging te versterk ter ondersteuning van ekonomiese ontwikkeling, infrastruktuur, industrialisering, vaardigheidsontwikkeling, kleinsake-ontwikkeling en entrepreneurskap.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Teenoorgesteld ·

Presies die teenoorgestelde van wat hy sê is waar.

Hannetjie ·

Ons Prez kan maar paai soos hy wil…daardie mense nie onder kalkoene uitgebroei nie.Kry vir jou?

Hoe nou....... ·

My twee middel vingers is nie lank genoeg nie CR !!!

julius ·

All die kundigheid wat cr oorsee soek is reeds in sa, maar hy kan en wil dit nie gebruik nie weens bee. Gee ons land terug!!

Nelia van Zyl ·

Glo hierdie mense Ramaphosa se stories? Hulle moet stapelgek wees om in hierdie vervalle, vuil, verrotte en misdaadgeteisterde piesangrepubliek te wil belê.

Angelique ·

Dis iets om van siek te word hoe de hel verwag hulle Dat mense net hulle please moet gee en wantoe dink hulle moet daai mense gaan die hele lot van hulle is siek en Wil alles net vernuut he hkm gee ons prese dent nie ook een van sy plase sonder vergoeding nie en as die oor see se mense AL die snert glo wat hy praat is hulle maar net so

Akes ·

Nee, die besigheidsmense internasionaal glo hom nie. Hulle weet baie goed wat op grondvlak in SA gebeur want dis hulle geld wat hulle hier wil (of eerder nie wil) investeer en hulle aldus goed op hoogte van sake. Ramaphosa het n baie vlyende manier van praat maar besigheidsmense gaan doen hulle huiswerk na al die ge-mooipratery en sien dan deur al die “bull”.

Bokram ·

Hy paai oorsee,maar hier by sy eie mense kan hy nie sy man staan nie,hy het nooit met die boere gepraat oor dit nie,hy is n slang ja.

hendrik ·

En die maan is van kaas gemaak en tandfeetjies bestaan rerig en wolf het rerig vir ouma opgeeet.

GatSienSonnerSpiël ·

En die boere gaan staan en toekyk hoe dit gebeur…….Dink weer EFFing slANC….

Anoniem ·

Ramaphosa, die buiteland is nie dom nie, hulle hoor en sien wat tans in Suid-Afrika aan die gang is. Dink hy nou werklik ‘n land gaan hier in hierdie misdaadnes geld bele. Rabes, ja ‘n slang, ‘n Kobra.

Grysburger Pretoria ·

Buitelandse beleggers gaan nie geld belê waar ‘n Stalinistiese bewind aan die hoof staan nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy’s besig om die grondwet te verander sodat die ANC se Freedom Charter toegepas kan word. Daar staan: “Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and land hunger;” Lees mooi……..to banish famine…AND LAND HUNGER!! Wat is “land hunger”? Hier kom ‘n ding….

Rita ·

SA brand en Cyril slaan vure oorsee dood! Dinge in ons land moet nou tot n punt kom. Ons kan nie toelaat dat die leuens, bedrog en onbevoegdheid langer aangaan nie. Dit wat ANC en Cyril verkondig is lynreg teenoorgesteld van wat gebeur en nog gaan gebeur. Dis n feit dat die prys van “vryheid” in Afrika gelykstaande is aan hongersnood. Hle sal sois die spreekwoordelike foxterrier wees van kar jaag. As hulle die grond eers het gaan hulle nie weet wat om daarmee te maak nie!

GES ·

CR vertel fabels wat die invers van die waarheid is. Dit is blykbaar die nuwe neiging om enige iets kwyt te raak. Dit moet net reg geinterpreteer word.

bgj van der westhuizen ·

geen kos geen werk geen geld net plakkerskampe wat sal op skit oral en siektes sal oral wees want hoe kan jy grond gee vir eimand wat arm is en se nou gaan hy nie meer arm wees nie watter vool is die man en regering of is die plan dat hy wat jou grong gee vir hulle dit en jy koop dit weer na hulle alles af gebreuk het

B ·

Agter die skerms word alles georkestreer deur bv die Klub van Rome ens. Wat ons sien is maar net skynbeelde.

Andre Nel ·

Daar is net 1 rede Vir die grinder saak, die ANC en EFF, wul oorlog verklaar teen die blankes, sodat wanneer ons opstaan vir ons regte, kan hulle ons voor die voet skiet en vir die buitewereld sê, maar kyk wat doen die blankes

Ben Brand ·

Ja CR, jy het seker nie jou argument gestaaf met voorbeelde waar die plan al sukses behaal het nie?

waarheid ·

Asseblief, ek hoop nie die Europeers glo die leuenaar nie.
Hoop hulle besef hy is ‘n slang… Trump weet dit gelukkig.

Akes ·

Nee, die besigheidsmense internasionaal glo hom nie. Hulle weet baie goed wat op grondvlak in SA gebeur want dis hulle geld wat hulle hier wil (of eerder nie wil) investeer en hulle aldus goed op hoogte van sake. Ramaphosa het n baie vlyende manier van praat maar besigheidsmense gaan doen hulle huiswerk na al die ge-mooipratery en sien dan deur al die “bull”.

Vlokkie ·

Kyk na die persone wat na sy snert moes luister. Kyk na hul lyftaal! Hulle glo nie ‘n woord nie

Wondermaar ·

Ek dink Cyril vermoed of weet dalk dat die blankes in elk geval te papbroekig is om iets te doen.

Andre ·

Wondermaar, ek dink jy is reg – nee jy is reg! Ons boere is te papbroekig om iets te doen. Ons gaan net staan en kyk en hoop daar bly vir ons iets oor. Ons sê vir mekaar ons moet tog net so dankbaar wees hulle jaag ons nie die see in nie. Tussen ons is teveel verraaiers en die sogenaamde geleerdes (luister net na RSG) etiketteer ons graag as die vêrregses en verstandelik gestremdes omdat ons nie wil buig voor die meerderheid nie. Hierdie is ’n vendetta teen al wat Kaukasies is!

Salamander ·

Wondermaar en Andre, ons wag in spanning dat julle leiding vat en almal wys hoe dapper julle is!

WW ·

Ja wragtig Salamander. Ek weet ook nie wat moet die boere nou eintlik doen nie. Op ‘n vorige berig het een wyse persook ook gesê dat moorde op kinders en bejaardes slegs sal ophou as “mense” ophou anderkant toe kyk.
Sonder om sarkasties te wees: HOE staan ons op teen die massa meerderheid sonder werk, sonder adres, wat kom en gaan soos hulle wil en deurentyd gryp en moor?
Ek kan hom skiet as hy in my slaapkamer staan, maar voor die ou tannie op die volgende hoek of die boer op sy plaas?? Hoe sal ek hom stop?

Nikita ·

Ek sien daai ding Vlokkie..kan sommer duidelik op foto bo sien hoe agterdogtig kyk Antonia vir ou cr aan…iets soos “Ek glo niks wat uit hierdie ou se mond kom nie!”

Meteer ·

Ons het nog net giftige slange gehad as presidente. Wens ons kan ook eendag ‘n leier hê wat met trots en eer sy werk doen.

J van Rustenburg ·

Op die mooiste manier wat hy kan Se hy vir hulle Wit mense se geld en kennis is welkom maar wit mense is nie welkom nie

RG ·

Net so CR. Al wat ons nou nog wil weet is wanneer is “Fry-day”. Jy’t mos gesê, jou afrikaans is baie goed op “Fry-day”. Die VF-plus het lekker saam gelag want hy’t dit nie gesnap nie!
Minstens het Dr. Mulder gister se verrigtinge goed opgesom “Die EFF dink dis ‘n wonderlike dag, die ANC weet nie wat aangaan nie (niks nuut nie)…

Jammer ·

Ek is jammer as julle mense dink dat daar enige buitelandse hulp gaan kom. Ons is op ons eie en die tyd kom nader vir ons om op ons kniee te gaan en vergifnis te vra vir wat kom. Hier kom groot dinge!

H.A. ·

Kommunisme is lewendig. Kom europa, ondersteun die anc. China, rusland, indië, pakistan, duitsland en engeland doen dit.

Johann ·

So nou is europese KOLONiseerders se geld welkom? LLLLEREUUUNNNAAARRR! SHAME ON YOU!

Nel ·

‘Paai’ beteken natuurlik lieg – soos toe hy oorsee verkondig het dat plaasmoorde nie in die RSA bestaan nie.

SP ·

Meneer die President. Jy gaan nog so paai, dan moet ons land pap invoer vir almal omte eet. Word wakker! Jy maak droog!

pinkie ·

Het hy almal daar ook vertel dat die land ten gronde gaan? Hulle ook vertel van die grootskaalse misdaad op ons bevolking? Dat die SAUK en ESKOM en DENEL almal bankrot is. Dat grondoneining anargie gaan veroorsaak? … seker nie…

Grassie ·

Ramaphosa is so glad soos ‘n paling. Al sy bewerings van hoe grondroof die land gaan baat, is absolute fopnuus maar die klomp idiote oorsee gaan hom glo. Ekonome in die Westerse wêreld is egter nie so goedgelowig en stiksienig soos hul liberale regeringsleiers nie want dit kan hul sakke raak. Ons ekonomie gaan seerkry. Die ANC weet dit, maar dit pla hulle nie want vir hulle is ideologie baie belangriker as gesonde verstand in hul stryd teen ons (die sg Westerse kolonialiste). En intussen sluip Sjina al nader, stappie vir stappie.
Diegene wat hoopvol na president Trump kyk gaan moontlik teleurgestel word. Die liberale aanslag teen hom is geweldig en ek dink hy gaan miskien oor twee jaar geskiedenis wees. Intussen gryp ons maar na elke stooihalmpie wat moontlik kan help.

David ·

Ek dink nie vir een oomblik die graderingsmaatkappye en beleggers sien dit soos CR nie. Beleggers soek dividende op hulle beleggings.

Of miskien verstaan ons hom weer verkeerd en bedoel hy “skenkings” wanneer hy “beleggings” sê

Neutraal ·

RP moet vir ons sê hoe dit voedselsekerheid landbou ens sal ontwikkel.

Gert ·

Jy kan vir die mense lieg maar nie vir GOD nie. Jul is al te deursigtig.

Judge Dredd ·

Ja ou Cyril het die EU baie belowe – maar wat hy nie genoem het is dat meeste van die sake geleenthede na China/Brics lande toe sal gaan en dit is ook die besighede wat beskerm sal word.

Monica ·

Sy woorde ….”Grondhervorming het ten doel om landbouproduksie te bevorder, voedselsekerheid te verseker…” hoe de hel kom hy met uit met wat ANC wil doen? Dit gaan net die teenoorgestelde wees….

Martiens ·

Al wat dit tot gevolg gaan hê is arm mense op grond wat hulle nie kan bewerk nie. Die arme armes het nóg die kundigheid nóg die vaardigheid om op groot skaal kos te produseer. Al pomp die regering kapitaal in die plase wat hulle gaan weggee is die hele idee gedoem tot mislukking.

Louise ·

Baie sinvolle kommentaar. Woorde en dade is myle weg van mekaar.

Johan ·

En boere het reeds begin om minder te plant ens. in die lig van die onsekerheid. Nie lank nie dan gaan daar tekort wees aan mielies, aartappels, ens. Dan moet ons invoer. So daar is reeds dinge aan’t gebeur wat ons land se voedselsekuriteit bedreig.

Ramaphosa laat my dink aan die feit dat die snelheid van lig vinniger is as die snelheid van klank. Hy lyk intelligent tot hy sy mond oopmaak om te praat en mens luister wat hy uiter.

Gerhard ·

Gaan hy die selfde duuntjie sing as hulle die regering se grond begin gryp?

Cornelia ·

Bou vir ‘n ander ‘n galg en jy sal self daaraan swaai. Ramaphosa skilder die lot wat op Afrika wag indien die anc nie spoedig uit die kussings gelig word nie! Plaaslik en internasionaal. Sy gekke paradys is in die geskiedenis aangeteken in massa – mense tragedies en skok verhale: gru fotos ingesluit. Die anc terroriste organisasie is slegs geïnteresseerd in mags konsolidasie en uitbreiding daarvan. Dit het hulle tot nou toe geluk om ‘n geslaagde soort van tragiese helde-status te besorg. Dat die wêreld so ‘n blinde oog kan gooi en so stomp kan toekyk, sê baie van hulle eie diskresie, moraliteit, inherente koersvastheid en globale relevantheid. As jy jou beste bates in ‘n poel werp wat deur dwase geskep is, het jy jou eie belange en beste bates op die “slawemark” as spotloon verkwansel.

Jacques ·

Die buitelanders lees hom soos n boek , n ou boek wat al maklik blaai . Enige mens met meer as twee breinselle kan sien wat gaan in die hool aan . Om van mense te verwag om geld te bele in die hool is baie meer gevra as war CR dink . Daar is ook in SA mense wat meer as twee breinselle het en mense ken in die buiteland wat die boodskap duidelik deurgee .

Sinies ·

Dit gaan nie oor grond nie, dit gaan oor alle eiendom.
.
Ook pensioen, beleggings ens. Een van die groot potte goud is die pensioene en die (ANC) staat het geld nodig om die leë beursies van die staatsvarkies aan te vul.
.
Dan kan die partytjie voortgaan.

pinkie ·

Dankie Sinies. Dis al waaroor dit gaan. Nie die armes nie, maar vir vergrype.

Chris Ws ·

Die’ beulbek lieg so ver hy gaan!Maar die buitewereld is nie SO dom soos hy nie.Hy sal nog sien!En as hy dink die Boere gaan net met gevoude arms hul plase weggee maak hy die grootste fout van sy lewe!

Anel ·

Hy lieg alweer, dit is al wat die man doen!
Ons almal weet die plan is om wit mense uit SA te dryf, maar jy gaan jou moses tee kom broer.

Tiger ·

Anel jy slaan die spyker op die kop! HY wat Cyril Ramaphosa is ken ons nie!Maar hy gaan binnekort begin skoolgaan!

Nikita ·

Ne…man die hele wereld se lande hou SA nou soos n valk dop en ek dink CR weet dit…hulle moet mooi dink watse bollie hulle gaan inkrap in art 25..hiers baie beleggers vn oorsee in SA..en vlieg CR nie nou orals rond en kuier om beleggings te kry v SA nie…so een verkeerde besluit ou CR en djy gaan spyt wees. Maak daardie ore en oge mooi oop…onthou vn Zimbabwe…EWC(Economy Without Capital!)

Frank ·

Ek wonder waar Dr Piet Croukamp nou staan? Ek verwys na die bespreking om 20h00 op ‘n Sondagaand op RSG ‘n paar maande gelede. Dr Croukamp het vasbeslote by sy siening gehou dat onteiening sonder vergoeding nie op die tafel is nie. Hoe nou?

Dirk Breytenbach ·

En Agri SA het ook niks vermoedend deelgeneem aan die klug van ‘n grond komitee. So smeer CR ons heuning om die mond en by elke geleentheid skep die juig kommando weer hoop. Wat moet ons nog doen om hulle tot ander insigte bring? Dis soos ‘n mot wat reguit in die kersvlam in vlieg. Die holruggeryde rympie van CR dat onteiening gedoen sal word met inagneming van die ekonomie en voedsel sekerheid ens. ens. ens. beteken niks. Mense word wakker! Ons gaan ‘n donker tyd binne en dis nou die tyd om die regte besluite te neem en aksie daarvolgens te neem. Moet asb. nie enigiets glo wat die ANC of EFF kwytraak nie.

Emma ·

Kom met busse oor die grens na Wes kaap plaas dat hy kom explain wat in sy eie land aangaan. Dink almal glo hom praat net sy bek warm

Rina Kotze ·

Die wêreld het sanksies toegepas om apartheid weg te kry, hulle sal sekerlik niks sê of doen om grondhervorming te stop nie??

Wakker word mense, die vlam onder die pan gaan weer hoër gestel word.

Jeremia ·

Nou wil ek weet wat gaan aan op die plase wat reeds deur anc-bewind uitgedeel is.
Kaalgeplunder en verlate met onkruid van hooggroei. Sommige dalk nog met plakkery en geen boerdery.
Wonder soms of mense wat ander die hals vol belieg hulself glo.
Ja, ‘n Zim swarte vertel my hy vat komende Desember “bulk” kos saam Zimbabwe toe want alles is nou “duty free”. En ek vra: om te verkoop. En hy sê nee, om te eet en vryf oor sy maag.
En ek vra: wat gaan ons doen as die boere nie meer plant en daar is nie kos nie.
Maar duidelik is hierdie ‘n onwaarskynlike scenario vir hom.
Trouens ek dink die groot ‘denkers’ aan die stuur van sake en baie Suid-Afrikaners dink dis onwaarskynlik.

Ben ·

As mense maar net weet wat B hier bo bedoel. Ons gewone mense kan ongelukkig min daaraan doen.

Gert ·

Die EU leiers glo nie woord CR se nie. Hulle het gesien hoe hy gelieg het inUSA.

Oom Kalahari ·

CR is ‘n biljoener met al sy plase, besighede en huise. Hy het nou onlangs ‘n Syrandhuis te Mosselbaai naby Mosgas (SA Petro) gekoop. So hy moet buitelanders oortuig om sodoende ook sy besighede te verryk. Hy is uitstekend met woorde speling en om mense se guns te wen.
Die witman word gebruik in elke veld om kennis oor te dra (wat ek in werkplekke bespeur het) dan moet die blanke gaan weens regstellende aksies en vorige benadeeldes in te neem. Hierdie grond kwessie is ‘n wye strategie om sekere plase te bekom wat bronne bevat em deur die Staat beheer kan word en ontginning tesame met boerdery ontwikkeling hande te vat met China. Daar was ‘n groter teenkanting teen die skraping van artikel 25 as ten gunste daarvan, maar CR moet ‘n manier vind om die massas te sus en die buiteland met sy lieg stories sodat hy 2019 stemme kan werf om in die groot stoel te bly. Die wittes se tyd in SA het uitgeloop en daar gaam nog meer druk plaasvind.

Spike ·

cr is ñ leuenaar. In VSA oor plaasmoorde en nou in parlement. Wat ñ gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.