Grondonteiening: Sakeliggaam wil met partye vergader

huis eiendom

Argieffoto.

Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag gesê hy beoog om binnekort met politieke partye te vergader om die dooiepunt tussen die regering en die sakebedryf, wat ontstaan het nadat die mosie vir onteiening sonder vergoeding aanvaar is, te bespreek.

Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA, het onderneem om met partylede te vergader om die sakeliggaam se voorstel vir inklusiewe groei en transformasie, indiensneming, vaardigheidsontwikkeling en grondeienaarskap te bespreek.

“Die BLSA-raad het op 10 April ʼn spesiale werksessie aangebied om sy voorlopige standpunt oor onteiening sonder vergoeding te formuleer nadat die mosie vir onteiening sonder vergoeding goedgekeur is,” het sy gesê. “Ons beoog om aan hierdie proses [die parlementêre proses van onteiening sonder vergoeding] deel te neem, en beoog verder om met die ANC en die EFF, wat dié mosie aan die gang gesit het, in gesprek te tree.”

Mohale het gesê BLSA neem kennis van die uitgebreide konsultasieproses oor onteiening wat deur Vincent Smith, voorsitter van die parlementêre ad hoc- grondwetlike hersieningskomitee, uiteengesit is. Sy het bygevoeg dat alle Suid-Afrikaners hul standpunte in die volgende paar maande oor dié kwessie moet laat hoor.

“Ons wil saamwerk aan ʼn oplossing wat aandag sal gee aan die swaarkry van die verlede sonder om Suid-Afrika as ʼn langtermyn volhoubare beleggingsbestemming prys te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vermeendes

En so sal hulle besluit oor aktes wat nie in hulle naam geregistreer is nie.

Selfbeskikking

Ons moet die grondsituasie gebruik om vir onsself ons eie land te onderhandel. Al is dit klein sal ons veilig wees en ons land se ekonomie op nuwe tegnologie bou, en gou uitstyg.

Kosan

Hulle moet besef dat die oorspronklike grondeienaars die koisan is en dat afrikastamme uit die noorde die grond by die koisan gevat het in die oostelike en noordelike dele van die land.

Mrs H

BLSA, die tyd het gekom om ook radikale besluite op die tafel te lê soos: Tensy Malemma, Kriminele opstokers en ander Korruptes van SA verban word, sal ons: * Geen belasting aan regering oor betaal nie. * Geen Erf belasting betaal nie. * Sal ons nie langer deur regering vertel word hoe ons besigheid sal bestuur deur ons nie langer te steur aan bv. Black Empowerment of minimum lone nie. (Wat meer Demokraties is). * Grond neem MET kompensasie sal die enigste besluit en opsie wees, aangesien die grond eienaars geen invloed of 400jaar gelede se gebeurtenisse gehad het, omdat… Lees meer »

Oom Kalahari

Hierdie aarde is God se kepping met alles daarin van mens tot dier, plantegroei en see lewe. As daar deur die regering eienaarskap toekening en registrasie is, wie kan net kom en jou eiendom neem. As daar bewys kan word dat jy dit wel onwettig geneem en betree het, dan sal ek voel dit is geregverdig.