Grondonteiening: Sakeliggaam wil met partye vergader

huis eiendom

Argieffoto.

Business Leadership South Africa (BLSA) het Donderdag gesê hy beoog om binnekort met politieke partye te vergader om die dooiepunt tussen die regering en die sakebedryf, wat ontstaan het nadat die mosie vir onteiening sonder vergoeding aanvaar is, te bespreek.

Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA, het onderneem om met partylede te vergader om die sakeliggaam se voorstel vir inklusiewe groei en transformasie, indiensneming, vaardigheidsontwikkeling en grondeienaarskap te bespreek.

“Die BLSA-raad het op 10 April ʼn spesiale werksessie aangebied om sy voorlopige standpunt oor onteiening sonder vergoeding te formuleer nadat die mosie vir onteiening sonder vergoeding goedgekeur is,” het sy gesê. “Ons beoog om aan hierdie proses [die parlementêre proses van onteiening sonder vergoeding] deel te neem, en beoog verder om met die ANC en die EFF, wat dié mosie aan die gang gesit het, in gesprek te tree.”

Mohale het gesê BLSA neem kennis van die uitgebreide konsultasieproses oor onteiening wat deur Vincent Smith, voorsitter van die parlementêre ad hoc- grondwetlike hersieningskomitee, uiteengesit is. Sy het bygevoeg dat alle Suid-Afrikaners hul standpunte in die volgende paar maande oor dié kwessie moet laat hoor.

“Ons wil saamwerk aan ʼn oplossing wat aandag sal gee aan die swaarkry van die verlede sonder om Suid-Afrika as ʼn langtermyn volhoubare beleggingsbestemming prys te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vermeendes ·

En so sal hulle besluit oor aktes wat nie in hulle naam geregistreer is nie.

Selfbeskikking ·

Ons moet die grondsituasie gebruik om vir onsself ons eie land te onderhandel. Al is dit klein sal ons veilig wees en ons land se ekonomie op nuwe tegnologie bou, en gou uitstyg.

Kosan ·

Hulle moet besef dat die oorspronklike grondeienaars die koisan is en dat afrikastamme uit die noorde die grond by die koisan gevat het in die oostelike en noordelike dele van die land.

Mrs H ·

BLSA, die tyd het gekom om ook radikale besluite op die tafel te lê soos:
Tensy Malemma, Kriminele opstokers en ander Korruptes van SA verban word, sal ons:
* Geen belasting aan regering oor betaal nie.
* Geen Erf belasting betaal nie.
* Sal ons nie langer deur regering vertel word hoe ons besigheid sal bestuur deur ons nie langer te steur aan bv. Black Empowerment of minimum lone nie. (Wat meer Demokraties is).
* Grond neem MET kompensasie sal die enigste besluit en opsie wees, aangesien die grond eienaars geen invloed of 400jaar gelede se gebeurtenisse gehad het, omdat hul voorvaders net so hard oorlog gevoer het teen die Britte vir SA, omdat elkeen van hulle oor AL die jare bydrae aan SA ekonomie en groei gehad het, omdat hulle almal hul “dues” en belasting AL die jare betaal het, omdat hulle werksgeleenthede AL die jare in SA verskaf het, omdat hulle produktief en konstruktief gebruik maak van die grond en nie vervalling toegelaat het in AL die jare nie, wat wel die geval is en was van grond wat geneem was binne n bitter kleine duur – die bewyse is reeds daar.
Dis net om mee te begin…. En dis net my opinie, want Malemma se trawante dra geensins by op enigge manier, selfs met 24 jaar se bevoordeling, en het dus geen ekskuus. Hulle gaan nie skielik die belang op die hart dra van suksesvol grond bewerk of verstaanbaarheid teenoor die lojaliteit van SA ekonomie en burgers.

Oom Kalahari ·

Hierdie aarde is God se kepping met alles daarin van mens tot dier, plantegroei en see lewe. As daar deur die regering eienaarskap toekening en registrasie is, wie kan net kom en jou eiendom neem. As daar bewys kan word dat jy dit wel onwettig geneem en betree het, dan sal ek voel dit is geregverdig.

Mark ·

Dit is baie kommerwekkend om op sosiale media te sien wat hulle verwagtinge is. Hulle wil alles vat wat deur “apartheid bevoordeling” opgebou en verkry was, ons besittings, eiendom, alles. Kan iemand lig hierop werp asseblief.

Casper Labuschagne ·

Inderdaad! Ongeag wat enigeen hieroor sê, spreek die volgende feite:

* Die regerende party se kongres het op 17 Desember 2017 die resolusie aanvaar dat onteiening sonder vergoeding (OSV) aanvaarde beleid word.
* Die nuwe staatspresident het keer op keer herhaal dat OSV ingestel sal word. Hy het ook gesê dat in 2018 twee miljoen werksgeleenthede in die landbousektor geskep sal word – hoe anders kan dit gebeur as met onteiening?
* Die parlement het op 27 Februarie 2018 met 241 teen 83 stemme ‘n mosie aanvaar dat die proses in werking gestel word om die grondwet te wysig sodat OSV ingestel kan word.

Let wel dat deurgaans van “eiendom” gepraat word, nie bloot grondregte nie. Dit sluit dus alle moontlike eiendom in, tensy daar vorentoe nog verduideliking hieroor uitkom. Let ook daarop dat daar ‘n verband of lening op meeste grondaktes by handelsbanke bestaan. Sou die bate wat as sekuriteit dien verdwyn sal daardie lenings onmiddelik deur die proses van skuldinvordering ingevorder word. Soos in Zimbabwe sal diegene wie se grond onteien word gevolglik ook bankrotskap in die gesig staar.

In die aangesig van ‘n donker nagmerrie leef ons tans in ‘n salige ontkenning van die werklikheid.

Al ·

Ons was nog nooit bevoorreg om ñ stukkie grond hetsy ñ plaas of munisipale grond vir ñ belaglike lae bedrag te koop of verniet te kry. Tog was ander gemeenskappe nog altyd in die bevoorregte posisie om blyplek te hê.
Baie wit Afrikaners was en is nog steeds arm. Daar was nooit omgesien na hul dilemma om blyplek te hê nie.
Die geweldige bevolkingsaanwas oor al die jare veroorsaak dat ouers hulself en hul klomp kinders ontneem van geleenthede om ñ beter lewe te skep. So is die bose kringloop van armoede nooit gestop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.