Grondonteiening sal nie politici of elite bevoordeel nie, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto

Grondonteiening sonder vergoeding sal nie politici of die elite bevoordeel nie, maar lei tot ʼn wen-wen-situasie vir almal, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

“Die grond gaan nie aan politici gegee word nie, dit gaan aan ons mense gegee word,” het Ramaphosa tydens ʼn sakeontbyt in Pietermaritzburg gesê as deel van die ANC se nasionale “Thuma Mina”-naweekveldtog.

“Uiteindelik in die grondhervormingsproses, gaan gryp revolusionêre partye grond vir hulleself. Die elite gryp grond. Dit is nie ʼn bemagtigingsproses vir die elite nie. Dit is ʼn bemagtigingsproses vir al ons mense.”

Sihle Zikalala, voorsitter van die ANC, en adjunkvoorsitter Mike Mabuyakhulu het ook die geleentheid bygewoon.

“Ons wil ʼn wen-wen-uitslag hê, ons wil hê ons mense moet wen en net so wil ons hê dat diegene, wat grond besit, ook ʼn mate van sukses moet behaal,” het Ramaphosa bygevoeg.

Sommige maatskappye het reeds vir hom gesê hulle “wil grond weggee” en gesamentlike eienaarskap is een van die maatreëls wat oorweeg word. “As ʼn land moet ons beheer word deur die wet. Vorige leiers van hierdie land het gedoen net wat hulle wil. Nou wil ons hê die wet moet bepaal hoe ons met mekaar saamleef.”

Wat betref die land se resessie het Ramaphosa gesê “dit sal waarskynlik binne die volgende kwartaal self regkom”. “Boonop was ons al hier. Ons het al dié situasie beleef en ekonomieë beleef siklusse. Ekonomieë groei en daal soms,” het hy gesê. “Slim regerings kan leiding gee deur moeilike ekonomiese tye, en dit is wat die regering sal doen. Ons sal reageer en ons sal binnekort die regering se reaksie bekend maak oor wat ons wil doen om ʼn inspuiting in ons ekonomie te verseker.”

Hy het gesê die regering hou sy vinger op die pols van dit wat gebeur. “Werkskepping is nog steeds ʼn groot probleem, maar maatreëls sal ingestel word om dit aan te spreek.”

Ramaphosa sal na verwagting Saterdagmdidag ʼn gemeenskapsvergadering in Chatsworth toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

AmY ·

Gaan jy jou rykdom ook deel, mnr Ramsposa? Jy het meer geld en eiendom as my hele familie saam.

Al ·

Goeie vraag. Gaan sy duur wild, wildplaas en residensiële eiendomme ongeskonde bly tydens grondhervorming?

honourable member ·

Ja ons glo jou. En die maan is van kaas gemaak.

hendrik ·

In 1992 was ons dom toe hy ons n rat voor die oe gedraai het. Nou dink hy dat hy dit weer kan doen.

Penellope Jones ·

Nee, seker net die politieke elite wat grondvergrype promoveer, aanhits, aankondigings maak, ens.

Soos alles in SA, is hierdie grondvergrype ook polities bewerkstellig en geinspireer wat ”perfekte” redes verskaf hoekom dit moet gebeur, van wie geneem sal word, en wie sala voor gegee word. ens.

Deon ·

En dan dink Rama ons glo nog in Kersvader en die tandemuis. Hy moet dink ons is onnosel.

Herman ·

Die peobleem is daar is nog baie mense wat hom glo. Vra sommer net vir Agri SA en max du preez. Spieeltjie spieeltjie in my hand. Wie is die domste in die land? Is dit die mense wat swak besluite neem of die mense wat hulle glo….

frikkie ·

Ja nee kyk ou Max se geloofwaardigheid as joernalis kannie laer wees as nou nie. Kom laat hy en FW en PIK en ROELF gougou vir ons kom vertel how werk daai checks and balances van die NP nou.

Ellisras ·

Soos hy sê dit is wen wen. Eenvoudige wiskunde sê wen wen beteken 2x wen. Die regering wen 2x. En aan die ander kant van die vergelyking moet daar verloor verloor wees.

Mia ·

Mamparra-Ramapossa ……………..Hy lyk soos n mars mannetjie.

sons ·

Bla bla bla bla!!! Die toestand waarin S.A verkeer, is beslis nie ‘n slim regering wat dit regeer nie. Dis S.A van ALMAL in die land is besig om onder te gaan. Danksy die slim regering….Pfffff!!!

IK ·

Dit is ‘n slim regering sons. ‘n Regering wat ‘lyding’ (spelling korrek) gaan gee. Kyk ook na die R/dollar en Ramp-phosa voeter voort.

Lana ·

Ja, IK, hier gaan ons net LY, want onder die ANC is daar nie LEIDING nie!!!

Frikkie Geld en huis ·

Vorige leiers van hierdie land het gedoen net wat hulle wil ??!!! En die huidige leiers ???????

Nikita ·

Hehehe…se ek ook…praat Rampmaphosa nou van toeka sy leiers. Jammer om te se maar daai tyd was daar nog WET EN ORDE!!! Genade, hierdie mense kan darem maar die waarheid geweld aan doen! Bou die nasie…hoe? Reverse gear apartheid, dis al!!

Koeloekoe ·

Mamparra
Dink jy ons is dof en jy skitterende ster
Regtig ons mense
Wie is jou ons mense
Ja praat maar jy sê niks ?
Ek glo jy besef S.A. slide nou af maar jy maak nes jou gespuis ignoreer
Want julle is klaar skatryk en untouchable

Johanna Botha ·

Kry die land reg en hou op met al die dom praatjies ….NIKS wat die regering gedoen het is n sukses nie dis hoekom die Rand sit waar hy sit …..skrik wakker man ! Eskom Prasa SAA noem maar op ….alles n GEMORS !

Emma ·

Ja Ramaphosa dit is n sirkus besef die anc dit nie. Ek besit ook nie grond nie maar sal nie vir my gee wat blank is nie ek is.mos nie n agtergeblewe nie. Ek is geleer jy moet werk vir wat jy wil he in die lewe. Die land is waar hy is oor julle blerrie swak besluite

What a joke! ·

Wen wen vir almal ne..behalwe die blankes…Hul vorm mos nie deel van Suid Afrika se mense in jou oe nie Ramaphosa..

leser ·

“die regering hou sy vinger op die pols van dit wat gebeur”
LMGA – ,!!!!
die gering -“stir-all”- hou sy vinger in sy g; agterent en sien net raak wat hy wil
SPREEK die plaasmoorde ook met soveel woorde aan as wat grond grype aangespreek word

Werner ·

Seker nog net Agri SA wat nou n riel van vreugde dans nog net hulle wat in kersvader glo

frikkie ·

Dir is JY Ramaphosa wat die resessie veroorsaak. Jy en jou tjommies Julius. Nog ‘n piesangrepubliek in afrika oppad. hou vas jou matras

willie ·

As twak praat riool was dan was CR in beheer van die grootste rioolplaas in die wêreld!

Anoniem ·

Wat het gebeur met Oompie Robert oorkant die Limpopo, 14 plase ! O dit is glad nie bevoordeling nie ! Omie Cyril onderskat Jy die luisteraars publiek se beoordelings vermoë en Jy dink dat ons die snert wat Jy verkondig gaan glo ! Gaan vra vir God insig en wysheid Asseblief !! En VOORKOM ‘n RAMP

Callie ·

Kan Ramaphosa net een keer antwoord. Ons mense is sy swartmense of is ek verkeerd. Sy slim regering het Eskom, wat n nismark is en biljoene moet maak vernietig tot n bankrot spul. Sy slim regering het die SAA, Denel, stadsrade, gesondheidssorg, ag alles vernietig waarop hul hande was. Kry hom eenkeer op n program waar die publiek hom kan vrae vra. Nie waar sy gevolg wat hom bewonder oor hy na sy mense omsien prys nie. Daar waar die mense wat nie sy mense is nie, vrae kan vra

Bison ·

Ek wens dinge wil nou tot ‘n punt kom. Ons weet tog waarheen dit beweeg.

Snowball ·

Gaan al 50+ miljoen ‘n grondjie kry? Wie gaan kyk en wie gaan kry? Wolhaarstorie sowaar!

Ruiklont ·

Kan mens enige iets glo wat uit ‘n politikus se mond kom? Kyk en luister mooi wat hy sê, ons mense, dus Indiërs, Kleurlinge en Blankes uitgesluit.

GP ·

Kry al die onwettige uitlanders uit die land uit partoleer die grense en kry mense om gesins beplanning te doen.
Leer om op te bou ipv als te wil vernietig.

Marinda ·

Regtig? Hoe presies gaan die wen wen situasie werk? Wie bly en wie betaal?

Los ons uit ANC ·

Julle moet ons los, ons het ook regte en ons sal dit beskerm.

Anita ·

Die politici en elite gryp mos reeds deur grond met steenkool op te probeer gryp vir hul Chinese trawante se ontwikkelings. En ons praat v hande wat met Amerikaanse dollars die wiele laat rol. Maar vir daardie plaas wil die politici/elite net R20 betaal alhoewel dit blykbaar vir R 200 milj gewaardeer is. Let wel: die arme grondhongeres wie se voorsate glo daar sou gebly het, is glad nie in die prentjie nie. Dis ‘n ou Afrika ‘tradisie’ – die politici/elite leef in weelde en die res krepeer.

Brutus ·

OSV sal so goed soos misdaad wees want dit is diefstal as dit deur gevoer word. Punt!!

ne ·

Mantel draaier CR. Het alle respek vir jou verloor. Die Chinese is seker sy mense…

Anita ·

Klink my die politici/elite was mos weer in China. En dis juis daardie Chinese trawante wat weet hoe om dingr reg te kry hier in Afrika. En hulle haal seker aan uit Mao Tse Tung se Great Leap Forward as hulle met maparras te doen het. Ons hlo dat grond met steenkool toevallig deur die Chinese vir ontwikkelings gebruik wil word.

Nie verbaas ·

Dit sal my nie verbaas as SA oor 5jaar n Chinese president het nie en waar sal Ramaphosa dan wees?
In Verwegistan waar die Guptas ook bly en leef nog lank en gelukkig van ons swaar verdiende geld.
Dan verdwyn die Rand en alle SA burgers loop met n sakkie steenkool in die agtersak om die Chinees te kan betaal vir voedsel.

Jerry ·

Die ANC lieg oor baie dinge vanuit Lutuli huis, maar terwyl CR aan die stuur van sake is, is eiendomsreg hier om te bly! 80% wit en swart Suid Afrikaners is goeie mense en CR is een van die goeies. CR het goeie intensies om die gemors wat hy geerf het uit te sorteer. Hy is die beter leier in SA op hierdie stadium en vir ons eie onthalwe moet ons hoop hy dien twee termyne. Die volgende ANC president kan weer uit die Zuma stal kom en nie so verdraagsaam teenoor ons wees nie! Ons het tans nog baie om voor dankbaar te wees, ons kan dit ongelukkig net nie meer raaksien nie, want die rigting waarin ons beweeg maak dit al moeiliker om onderskeid te kan tref tussen goed en sleg!

Lerato ·

Jerry
Weereens praat jy sinvolle waarheid.

Cyril probeer red wat te redde is.

Hy is nie die bedreiging nie. Die EFF is.

Anne ·

Dear mr President. Who are “our people” in your opinion? Who pays most of the taxes? Your people??? I don’t think so. If you insist on doing this, the repercussions will be felt forever. Please look at the way people live in Zimbabwe. You need to seriously wake up. If my people stop paying taxes what would you do? Who will fund ridiculous ideas then? Think, Sir. You must let sleeping dogs lie.

Jerry ·

Dear Anne relax. All is not as it seems. There is still hope while CR is president that he will bring good. Remember that he inherited a disaster and is trying to fix what he can. You should be more concerned about the one who will take over from him. He or she will not tolerate our nonsense like CR does!

Twakkie ·

Jerry: so “the next president will not tolerate our nonsense the way Ramaphosa does”? Explain please? Are you referring to “our” resistance to his expropriation without compensation? That you state above “will never take place”?

Simon ·

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.
Ek sou kon doen met ‘n miljoen.
Ja, ek sou myself met net
ses nulle kon versoen.
Ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen.

DC ·

Niemand gaan enigiets deel nie. Die deler is net so aandadig as die steler. Beide gaan deur selektiewe teen optrede epenaliseer word. Politici het geen begrip van wat wag nie.

Sarel ·

Moet nie vergeet dat die Chinese reeds swart geklasifiseer is nie ., Dus noodwendig ook CR se my people en dus ook in die ry staan vir n stukkie grond en dan nou die Liefde bande wat nou gesmee word? Ek vra maar net .

Blits ·

Al hoekom hy die Biljoene het is omdat dit vir hom gegee is deur die ANC net na 1994 verkiesing om sekere uitgekieste anc hoog geplaastes finansieel sterk te maak om so hulle geheime bevondsing te verseker, hy het vir niks gewerk nie net soos zuma en kie

Jerry ·

SA is n multi rasse demokrasie wat onder CR nie bedreig word deur die Chinese of enige ander land nie. SA se demokrasie word bedreig deur groeperinge wie se leiers en hulle ondersteuners agv rasgebaseerde politieke agendas ondermynende intensies openbaar teenoor alle nie rassige intensies. Dit sluit die anargistiese Zuma faksie binne die ANC ook in!

Grootgert ·

Jakkals nooi vir Gansie,
“Kom eet vanaand by my.
Daar’s heerlike kossies
met uintjies uit die vlei.”
“Nee, dankie,” sê Neef Gansie, “Al staan jy op jou kop!
As ek vanaand by jou gaan kuier,
Eet jy my sekerlik op!”

Nikita ·

Net so! En moenie die storie vd Legende van die mier en sprinkaan vergeet nie. Ek raak nou nog harseer en kwaad as ek dit sien. Maar dis die harde werklikheid…kommunisme!

Jerry ·

Twakkie, expropriation with compensation and property rights is going to take place while CR is president. Everyone who can read the indicators correctly, see it as clearly as daylight! Those who cant see it, has been influenced by some sort of distorted left and right wing ideology!

Sarel ·

Wens tog so ek kon nog in feeverhale glo . Daar is al net teveel bewys dat geen geloofwaardigheid uit daardie monde kom nie. Slegs kommunisme is verstaanbaar want dit klink maklik . Kapitalisme verg n bietjie dink werk en n redelike begrip vermoe. Die hoeveelheid grond in swart hande word steeds ontken en so ook die grond besit se geskiedenis. Wat is n pesimis ? n Optimis met ondervinding . Hou aan vorentoe sal die waarheid tog tref .

Kobie ·

Ramaphosa sê: die grond gaan aan ‘ons mense’ gegee word, ‘ons wil ‘n wen-wen situasie hê’. O ja, en dié wat grond besit (wittes, soos ek dit sien), moet ook ’tot ‘n mate’ bevoordeel word. Kan jy nou meer! Is daar geen einde aan sy gekkighede nie?!

Liz ·

Vraag is dit net die mielieboere se plase wat hulle wil vat wat van die wildboere? Want mnr die president het ‘n ook ‘n plaas met wild…

Nikita ·

Wonder net wat het geword vd ooreenkoms wat geteken is vd wet van Rome die ICC (International Criminal Court?.) Destyds deur Thabo Mbeki geteken in 2002 saam met n paar ander lande toe SA aangesluit het. Hierdie wet identifiseer dan 4 misdade: volksmoord, misdaad teen mensdom, oorlog misdaad en misdaad van aggressie. ICC mag en kan enige van hierdie misdade ondersoek. Onwettige OSV is natuurlik n misdaad teen die mensdom. So as CR voortgaan met OSV breek hulle mos nou die ooreenkoms en die lande wat ooreenkoms geteken het mag sanksies instel. Sover ek weet wou Lindiwe Sisulu in Julie 2018 SA uit ooreenkoms onttrek het maar sy het nie. Is hierdie ooreenkoms wat geteken is dan nou net n gekrap op n stukkie papier gewees, of sal daar iets gedoen word. Of nee wat daar word dan nie eers iets gedoen aan die plaasmoorde/volksmoorde nie…waarvoor is die ICC dan daar, net omdat hulle daar moet wees. Hierdie dinge raak net te veel…als is belaglik!!

Oom Kalahari ·

Wat ‘n kommunistiese Sirkus vol feeverhale. Daar is geen wen-wen situasie buiten grondvergrype en diefstal. Begin by jou grond Mnr Rama-padda, regerings grond, Zoeloe Koning en tradisionele leiers se grond en siedaar almal het ‘n stukkie grond om te plak en het ‘n wen-wen situasie. Die toekoms word ingelei met Chinetiese gemengde boerdery. (met tong in kies gese).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.