Grondonteiening: ‘SA’ners het niks om te vrees’

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdag gesê “organisasies soos AfriForum” versprei inkorrekte inligting oor grondhervorming “wat vrees en paniek saai”, en dat “geen Suid-Afrikaner deur hul eie regering bedreig word nie”.

Dit kom nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê het sy departement is besig om ondersoek in te stel na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.

Maroela Media het vroeër berig Dutton het gesê hy meen wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die omstandighede waarin hulle hul bevind. Dutton het gesê as daar na beeldmateriaal gekyk word en stories gelees word, is dit duidelik dat wit Suid-Afrikaanse boere “deur gruwelike omstandighede in die gesig gestaar word”. Volgens Dutton is daar ʼn visumkategorie wat voorsiening maak vir mense wat in hul tuisland vervolg word.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in ʼn verklaring gesê dit is jammer dat die Australiese regering nie gekies het om die “beskikbare diplomatieke kanale” te gebruik om hul kommer oor die grondhervormingsproses in Suid-Afrika te kenne te gee nie.

Peter Dutton. Foto: Facebook

“Die Suid-Afrikaanse regering was nog heeltyd baie duidelik en deursigtig oor die grondhervormingsproses en die saak is nou voor die parlement. Alle rolspelers sal betrek word en hulle word ook aangemoedig om met die parlement in gesprek te tree,” het Sisulu gesê.

Die minister het herhaal dat die proses van grondhervorming “ordelik” gedoen sal word binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse wetgewing en dat die maatskaplike en ekonomiese impak daarvan in ag geneem sal word.

“Daar is geen rede vir enige regering enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties-verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie.”

Volgens Sisulu sal die Suid-Afrikaanse regering met die Australiese regering in gesprek tree oor die saak.

Intussen het AfriForum gesê Dutton se uitsprake oor Suid-Afrikaanse boere is “’n ernstige aanklag teen die Suid-Afrikaanse regering”.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, neem die Australiese minister duidelik kwessies soos die hoë voorkoms van plaasaanvalle, misdaadstatistieke en die regering se stappe om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak ernstig op, terwyl die Suid-Afrikaanse regering die kwessies bloot ignoreer of as ongegronde vrese afmaak.

alana bailey afriforum

Alana Bailey

“Verder erken hy skynbaar ook dat die kommer van wit Suid-Afrikaners net so geldig soos dié van enige ander landsburger is, terwyl die Suid-Afrikaanse owerhede al te graag dié gemeenskap as sondebokke vir probleme in die land voorhou en hulle soos tweedeklasburgers behandel,” sê Bailey.

Bailey meen Dutton, as verteenwoordiger van ’n suksesvolle internasionale demokrasie, se houding behoort stof tot nadenke vir die regering te wees. “Dit moet as waarskuwing dien dat Suid-Afrika die gevaar loop om nog meer produktiewe, lojale burgers te verloor as daar nie met erns na hul kommer oor kwessies soos eiendomsregte geluister word en daadwerklike aksies geloods word om probleme soos misdaad in die land aan te pak nie.”

Sy het gesê AfriForum se standpunt bly dat oplossings vir die probleme wat Afrikaners en ander minderhede in Suid-Afrika ondervind, gevind moet word en dat ’n toekoms aan die suidpunt van Afrika geskep moet word waarin ook Afrikaners en ander minderhede blywend vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. “Die organisasie verwelkom verder enige internasionale druk wat die uitdagings wat minderhede in die gesig staar in die kollig plaas en die regering help oortuig om dit te prioritiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

christa ·

nou dat ‘n ander land kan sien wat in SA aangaan skrik die regering wakker. Ek is seker in Australie gaan dit beter met die witmense. Jy hoor nie heeldag van moord en doodslag en plaasmoorde nie. Gelukkig is daar nog ‘n regering wat Kan regeer en nie een wat Wil regeer nie

Selfbeskikking ·

Ons het al oor en oor gesels met die regering oor plaasmoorde en viktimisering van minderheidsgroepe, en dit werk nie, nee, dit werk nie. Al wat nou oor is is om te begin met ons laaste samesprekings met die regering en dit is om oor selfbeskikking te praat.

Rynhardt ·

Minister Sisulu,mense het niks te vrees oor grondonteiening nie???Vertel asb.u stelling vir die paashaas!Jammer,maar u en Anc is nie geloofwaardig nie.As blankes vir die Anc belangrik was,dan sou regstellende aksie nie 24 jaar al geduur het nie.Mense sien deur die Anc!!!

Ina Cronje ·

Ons boere leef in vrees vir hulle gesinne omdat hulle uitgemoor word en wat my baie bekommerd maak is dat Cyril nou hand om die blaas met Malema wil wees en hom terugnooi in hulle geledere – watse boodskap gee dit vir ons mense?

Wessel ·

Dit is nie Afri-forum wat ‘vals’ berigte die wereld instuur nie. Die SA regering en Eff doen dit sommer self met hulle ondeurdagte uitsprake. Dit sal n heuglike dag wees as al die blankes eensklaps in n ander land kon wees. Ek wonder wie en wat gaan dan blameer word vir hulle ellende

Blue Butterfly ·

Wessel ek stem 100%. Ek wens ‘n ander land wil uitreik na ons minderheid dat ons hierdie land in groot getalle kan verlaat. As dit gebeur, pak ek my tassie onmiddellik. Die ANC se praaitjies laat my dink aan Dingaan. En laat ons as blankes nooit vergeet van daardie deel van ons geskiedenis nie.

Siener van Melbourne ·

Wessel jy’s reg, die regering wys hul ware kleure. Die wêreld moet maar net oplet.

Ray ·

“Suid Afrikaanse” regering praat met gesplete tonge en probeer die waarheid verdoesel.

Lee ·

Dink die Regering nou regtig ons is almal onnosel. Ons het opgelet in die klas. Hulle wil SA ‘n tweede Zimbabwe maak deur van ons boere ontslae te raak deur te moor. As ek ‘n boer was sal ek defnitief Australia toe gaan en daar in vrede gaan boer. Kom ons kyk hoe hulle mense gaan boer in SA. Ons sal als moet invoer want hulle sal als afbreek en afbrand.

Karen ·

Ek wonder net wat die afsny ouderdom vir boere sal wees? Ons en talle ander boere sit met die dilemma dat die plaas ‘n bate is wat verkoop moet word sodat die geld aangewend kan word, hetsy vir aftrede of vir immigrasie. Hoe gaan ons so ‘n skuif befonds, ons sukkel al meer as 6 jaar om die plaas verkoop te kry en kannie waag om dit net te verlaat nie, want dan bly daar niks oor nie.

Danika ·

Goeie vraag Karen. Dink nie enige land gaan pensioenarisse met net die klere aan hul lyf inneem aan wie hulle dan welsyntoelae sal moet betaal nie.

Cherokee ·

Heel teenstellend om ‘n berig te lees oor ‘n vrou wat aangeval is op ‘n plaas in Moreesburg-omgewing net om opgevolg te word deur ‘n regeringsamptenaar wat sê Suid Afrikaners het niks om te vrees nie. Dit mag gaan or verskillende aspekte maar nie werklik nie. Daar is ‘n derde mag wat bestaan uit terroriste en die vraag bestaan of dit nie dalk ‘n opvolg van Umkhonto we Siswe is nie.

Lola ·

Ja ek het ook nogal sarkasties gelag. Een berig die normale gang van wit suid-afikaners, die volgende ‘n teenstelling…..

Linda Gouws ·

Ek vertrou AfriForum se oordeel 100% en is baie bly oor die standpunt wat hulle neem t.o.v oplossings wat gevind moet word om die minderheidsgroepe te beskerm en te ondersteun. Dankie AfriForum!

Anschen ·

Ons WORD wel bedreig en deur die “demokraties verkose regering” geminag en in die gesig gespoeg. HOE? Deurdat toegelaat word dat Malema haat op openbare podiums aanblaas teen wittes, BFLF word toegelaat om hul haatsprake en slogans op vragmotors te plaas en so openlik rond te ry, ons eie President wat ons wettige eiendomme wil gebruik soos hy wil en dit nog sonder vergoeding. Ek wil nie in hulle skoene wees in die oordeelsdag nie. Ons president kan nie eers die wittes insluit wanneer hy praat van “sy” mense nie… elke witte is in lewensgevaar. Hoekom sit die EFF en BFLF se leiers nie al in die tronk nie, meneer president?

Apie ·

Whaaaa lekker lag ek nou dit lyk my die PADDAS gaan spring VOORDAT Die pot kook . en dit hou julle niks van nie want JULLE wou hulle SELF kook, Ramaphosa en Sisulu wou nou nog meer kole op die POTJIE gooi en oops daar gaat die paddas en word met ope arms in ‘n ander land ontvang SONDER dat hulle verbrand het . moet ‘n vreeslike slag vir julle wees.

JSG ·

Hulle probeer die paddas paai deur hulle te probeer oortuig dat die water nie warmer word en dat dit die paddas se verbeelding is. Stem saam, daar is paddas wat nie so onnosel is. Wens ek kon uit die pot spring.

Michelle ·

Ȅk◦°˚° wil in Australia gaan boer, n beesplaas koop ȇȠ dan hoef ȅk◦°˚° nie meer te bekommer oor diefstal ȇȠ ȇȠ ȇȠ. Rus ȇȠ vrede. Ȅk◦°˚° gaan defnitief die opsie oorweeg sodra dit werklik realiteit word.

Ronel ·

Ok, kom ons gee dan ons eiendom op ‘n “ordelike” manier weg, die vrou dink seker ons is vertraag, dis om room op ‘n vrot koek te smeer, valse stellings, skrif wakker minister, jy het met mense met ‘n ik te doen!

christa ·

as die ANC nie gtediend is met grondvergrype nie, hoekom tree hulle nie op teen Everything For Free nie. hulle steun op die EFF om van die boere ontslae te raak

Andréas ·

Minister Sisulu, Hoekom het die SA Banke reeds dan begin briek aandraai met die goedkeuring van “nuwe” Verbandlenings? As hul reeds iets weet wat die “gewone man” weerhou word, hoe wil u hê kan dié kwessie anders gesien word? Ek sou as wit plaasboer nie tweemaal dink om so ‘n reddingsboei te gryp as Australië bereid is om my ope-arms te ontvang en daarna lewenslank te waardeer en te koester nie.

Theresa B ·

Ek stem Christa. Ek vertrou glad nie hierdie klomp nie. Wat hulle sê en doen is twee verskillende dinge.

Theresa B ·

Regtig Sisulu??!! Daar is al privaat huise opge-eis. Daar word al op die stoep vir foto’s geposeer. En jou storie is……………………………..

adriana ·

Daar was alweer ‘n plaasaanval vandag – nou wat se jy daarvan Sisulu?
Waarvoor moet ons nie bang of versigtig wees nie?
En wat se jy Ramaposa? Ons is mos nie deel van julle ‘people’ nie.
Ons sal wel ander lande se ‘peoples’ wees en ook welkom daar wees.
Dan het julle ongelukkig niks oor vir die pot nie!!

julius ·

As ek al die kommentare lees het ek niks verder te sê nie. Ons weet van beter en dis duidelik sigbaar soos mense hier skryf. Ek stem met julle almal saam.

Kelner ·

Realiteit. Daar word nou baie mooi broodjies gebak en lee beloftes gemaak vanaf ons regering se kant.Stille waters, diepe grond…. Plaasmoorde geniet geen prioriteit, waarom sou grondondeiening vreedsaam en regverdig geskied? Basies word ons net gevra om die skinkbord te kies waarop ons die grond vrywilliglik en sonder vergoeding moet oorhandig!

Sê maar net ·

Ek hoop dit geld vir alle ander blankes ook. Ek mag dalk nie n plaas hê nie, maar my eiendom en lewe word in die dorp ook vedreig. Ek sal met graagte gaan boer of ander werk doen.

Marius ·

Ek stem 100% met jou saam! Of is ons ander Suid Afrikaners minder belangrik as die wit boere???

Gestremde ·

Dus dieselfde Lindiwe Sisulu wat as Minister van Staatsdiens seker gemaak het dat wittes geen bevordering kry nie en elke staatsdepartement nou 97% swart is en wanbestuur word. Die uwe moet asseblief begin besef dat alle Suid Afrikaners nie ongeskoold is nie….sometimes you can fool some people, but you cannot always fool all people. Gaan dink asseblief ‘n ander lieg storie uit. Julle ANC kinderliga “EFF” wys wat jul doelwitte is sodat self ander partye, waarvan die spreker swart is, kommentaar lewer oor wanadministrasie en grondgrype en die gevolge wat dit vir die land inhou. Artikel was op News 24 gister gewees van Patriotic Front wat se dat Julius Malema die land gaan vernietig oor sy grondgrype en die einste ANC smeek hom om terug te kom.

Spiekeries ·

Madam Sisulu, “in the land of the blind one-eye is king” of overgesetsynde, niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie. Dit gaan nie net oor grondonteiening nie, dit gaan oor die plaasmoorde en die gepaardgaande wreedaardigheid. Die motief is lankal nie meer (was nog nooit) diefstal of roof nie, dit gaan oor doelgerigte MOORD op ons boere terwyl die regering wat nou so wal gooi, dit goekeurend gade slaan en selfs aanmoedig. Hoekom word daar gefokus op bejaardes en vroue? Swyg is ook ‘n antwoord. ONTKEN U DIT OOK??

Magda ·

Dit is dalk om dat sy nie direk bedreig word deur die grondonteiening omdat sy nie eiendom in haar naam het nie dat sy voel dit is nie n probleem, dit raak gewoonlik die ouens wat die stellings maak, nie direk nie.

Attie ·

Darm snaaks hoe vinnig hul storie verander nou dat die buite wereld ons wil help

T N ·

So , die Australiërs is toe nie die ” convicts ” waarna so neerhalend deur hope Suid – Afrikaners verwys word nie ?

ChristaT ·

Gewag vir so ‘n vraag? Het toevalig aan dieselfde ding gedink.

Sak ·

Ag T N, Dis tog nie hulle skuld dat hulle”convicts” was nie. Op n positiewe not , dis duidelik dat hulle suksesvol gerehabiliteer is….

Dolf ·

Waarom het lande soos die VSA en Australie en Kanada byna geen inheemse bevolkings nie maar SA het….?

Want hulle is feitlik voor die voet uitgewis, iets wat die Boere nie gedoen het nie.

Wat leer mens daarruit?

Gerhard ·

Dolf, die rede waarom hulle min inheemse mense het is omdat hulle nie afhanklik van die inheemse volke geraak het vir goedkoop arbeid nie en werkers meestal van Europa ingevoer het.

Rooibok ·

Grond herforming is baie verskillend van grond onteining, en dan se hulle by dit is sonder vergoeding. Is dit nie wat die ANC en EFF en nog klom voor ja gestem het nie? Verder doen die ANC niks teen JM wat se hy wil nie al die wit mense nou al dood maak nie ……. want hulle wil dit ook doen. Het Cyrel nie gese hy wil die wit mense kook soos paddas nie …… En as ek as wit man so iets sal se oor swart mense dan is ek ‘n rassis

Pietman ·

Ek is geensins bekommerd oor die uitsprake van die minister nie. Sy is heeltemal reg. Die ANC het bloot eenvoudig nie die kapasiteit om te doen wat hy preek nie. Terwyl hulle aanhou om onbevoegde en onbekwame mense in top poste aan te stel wat sulke belangrike projekte sal moet aanpak en deurvoer sal daar waarskynlik min van kom. Dit is ‘n politieke speelbal om te keer dat die massas in opstand teen die regering kom. Ek wil graag sien hoe sewe miljoen swart eienaars gaan stilsit en kyk hoe die regering hulle grond onder staatsbesit gaan plaas deur middel van onteiening. Die gedagte dat die hele kwessie van onsekerheid beleggers weghou kom oënskynlik nie by die regering op nie – hulle maak die regte geluide op podiums waar hulle dink dis paslik en dan gebeur al die teenstrydige uitsprake en gebeure wat die teendeel impliseer.

Attie ·

Daar word aangehou se dis nie ons land nie en ons moet uit, nou dat ander lande wil help wil ons regeering keer. Ek verstaan nie hoe werk hulle koppe nie

Theresa ·

Sal mens ooit… dan is ‘n ding sus en dan is ‘n ding so. Glad nie goed uit regeringsgeledere nie.

Wax ·

Waar kom sy aan al die klomp snert? Wat van al die boere wat daagliks geteister en vermoor word! Duidelik kan Australie sien ons land is oppad om in n ashoop te verander net soos Zim nou is.

Hendrik ·

Dit wys maar net hoe kragtig is die sosiale media. Die druk wat toegepas tot nou toe was maar ongeorganiseerd vanaf die publiek. Dit was nog net TLU en Afriforum wat werklik internationaal druk toegepas het. Die res is maar so deur twitter en faceboek. Druk om sport en ekonomiese saksies op S.A toe te pas het nog nie begin nie. DIe wereld is anders as pre ’94 toe die ANC druk toegepas het. Nou weet die wereld alles ombliklik as iets gebeur.

Liamari ·

Uiteindelik word daar nou notisie geneem van die boere se nood. Nou skielik weet die regering van niks. Maar hoeveel keer is daar gepleit en gesmeek dat plaasmoorde prioriteit moet geskied. Dit word toegelaat in die parlement om na blankes as kriminele te verwys. Aanhoudende haatspraak deur Malema word nie eenkeer deur die ANC veroordeel nie. Inteendeel, daar word beloof om hom terug te lok na die ANC. Ek hoop almal sien deur hulle. Want tot op hede word die Afrikaner net onderdruk en op ons taal en kultuur gespoeg. EK wens vir elke boer in heirdie land ‘n veilige hawe. Kan ons nie maar almal ‘n stukkie van Texas kry nie? Die plek sal blom as die Afrikaner sy intrek neem…

RM ·

Texas en die Afrikaner sal so goed oor die weg kom!! Hulle beloon harde werk. Ook in die Suide van Amerika is hulle gelowige, welvarende, vriendelike mense net soos ons.

Sherise ·

Die Blanke boere word ELKE dag gedreig en gewaarsku. Wat beteken die slogan KILL THE BOER Hoe moet ‘n boer vanaand voel as hy gaan slaap ?? Hy weet hy gaan aangeval word die vraag is net WANNEER? Miskien as julle minder met julle kop in die SAND geleef het het julle gesien dat DUISENDE wit boere al vermoor is .. vrouens verkrag en aangerand is SOWEL as ‘n handvol KINDERS wat wreed doodgeslaan of verdrink is . so as JULLE nie die feite wil raaksien nie .. moenie dink ANDER mis dit ook nie!!

Jerry ·

Wat grondonteiening aanbetref sal nie die DA, Vryheidsfront, Cope of CR en sy gematigde ANC lojaliste grondeienaarskap en eiendomsreg afskaf nie. Slegs grond wat n grondeienaar nie gebruik nie sal onteien word sonder vergoeding. Die genoemde partye het reeds by herhaling dit so verduidellik. Wat plaasmoorde aanbetref is dit alleen reeds genoegsame rede vir boere om die Australiese uitnodiging te aanvaar en werklik nie eers twee keer daaroor te dink nie. Die forum en opposisie partye kan gedurende CR se termyn vir baie dinge beding vir die Afrikaner en daar is n kans dat hulle dit kan kry, maar dan weer sal moet prysgee of voor baklei indien n anargis weer na CR aan bewind kom. Wil die Afrikaner regtig so voortploeter!

B R ·

Australia bo nou kan hulle die krieket maar wen asook die rugby.

Johan. H. ·

Boere moet nie die land verlaat nie,,,, ek stem saam!!!!Plaas Australie ons help deur sanksies toe te pas op ons,,, BBBee te help beveg, En sommer halfte van ons agtergeblewenis oor te neem en hulle dan op te ly en sommer daar te hou,, Ek vertrou eerder dit sal gebeur as wat ek die lot comrades in jul regering vertrou, Moet egter se Mnr M, Lekota is iemand wat uit heel ander stofasie gemaak is!!!Dis iemand na wie almal kan opkyk…En SELFBESKIKING is nie die andwoord nie, want as dit suksesvol is volg die sprinkaan die mielies om dit maar net ook te vernietig,

Gerhard ·

Johan. H.

Sankies gaan nou werklik die boere en blankes in SA help hoor. Ek se vir jou dit gaan wonderlik met hulle gaan ;-)

Lizette ·

Hoekom doen julle niks aan Malema nie, haatspraak wat lei tot vervolging van blankes, hy kan sè net wat hy wil, en moorde wat n direkte gevolg is van dit, word afgemaak as Agriforum wat paniek saai, julle het julle eie spykers in julle eie kis geslaan, deur NIKS te doen nie, Suid-Afrikaners vrees elke liewe dag, dit is ons realiteit. Ons lewe in n nagmerie. Ek hoop elke liewe blanke mens verlaat hierdie land.

GM ·

Haha, nou moet hul vinnig vure doodslaan, voor die belastingbetalers die pad vat en hul agtergelaat word met die massas vir wie SASSA-toelae uitbetaal moet word. Wat nog te sê van al die kos wat voorsien moet word. (Ander lande moet net ons almal vat, en nie net boere nie).

Eish ·

Die feite spreek vanself. Mnr. Dutton is ook nie n comrade of onder n pampoen uitgebroei nie. Sy verklaring is op feite gebasseer. Anders dan in die helhool, is nepotisme en kaderontplooing nie deel van die Australiese regeringopset nie. Dit is vir my verblydend dat Afriforum se Simson opsie die klas van vrug begin oplewer. Ek vertrou dit sal nie gestaak word nie, maar inteendeel verskerp word sodat die res van ons ook n heenkome kan vind. In 23 jaar van demokrasie is daar nie n hand van samewerking uitgereik na die minderheidsgroepe nie, maar n veldtog geloods wat jaar na jaar verskerp is om veral die blankes en Afrikaanssprekendes te reduseer tot houthakkers en waterdraers.
Ek is 100% vir buitelandse bewusmaking van ons situasie. Inteendeel, mag die veldtog van krag tot krag gaan.

Jacques ·

Kan nie glo dat ons minister se dat daar geen bedreiging is vanaf die regering nie!Hulle is die bedreiging vir vrede in die land.Wonder van wanneer af is dit ons verkose demokratiese regering,kan nie onthou dat ek al ooit vir hulle gestem het nie.

marous ·

Kan iemand asb ‘n paar honder liter super gom skenk vir lipstiffie sodat leuns ophou om uit die vrou en haar hanteerders se monde kom .

Oom Kalahari ·

Die feite is op die tafel liewe Minister en Afriforum en VF sal nie ongegronde stellings maak nie. Daar is nie een week wat verbygaan sonder plaas en kleinhoewe aanvalle nie. Mev. Alana Bailey, dankie vir die insette en bydrae. Is daar geen manier dat alle blanke SA mense in AUS herplaas kan word nie en alle finansieele bydraes maak vir hervestiging voor hierdie volkie heel uitgemoor word. Laat ons dan kyk wat die toestand van die land oor 10jr mag wees.

jaco ·

Is daar iewers ‘n forum of liggaam waar ek my vrae oor hierdie nuwe grondhervorming kan vra én beantwoord kry?

hit me ·

Ek dink meeste van die mense se kommentaar verskil soos dag en nag wanneer dit kom by jou mening in die werks plek en by jou braai vleis. Two faced

Polonie ·

“‘SA’ners het niks te vrees nie”? En toe hulle wat die stelling gemaak het wakker word is die koffie al lankal yskoud. Dit gaan nie regtig hier oor die onteiening van grond nie maar die feit dat ons boere met rasseskrede uitgewis word. Baie bly dat die buitewereld nou uiteindelik geraas maak! Nou skielik word daar probeer om die situasie te beredder omdat almal weet as dit gebeur dat die bron van voedsel verdwyn sal die res sonder twyfel vrek van die honger!

Oom Piet ·

Na hierdie aankondiging van Australia ondersteun ek hulle krieketspan.

Beesplaas ·

Hierdie regering is SO gewoond aan misleiding van die oningeligte swart massas dat hulle naief aanvaar dat die hele wereld ook oningelig is en nie vir hulself kan dink nie.

REGTIG? ·

So pas die TWEEDE aanval ingekom van gister .. Martin Louw is DOODGESTEEK met ‘n skerp voorwerp maar doe boere het NIKS te vrees nie ?? Die eier op julle gesigte begin nou net GROTER raak .. hulle VREES natuurlik vir hulle lewens en tweedens vir hulle EIENDOM, wie probeer jy ‘n rat voor die oe draai ???

Helene ·

En hul moor steeds
2 aanvalle een in Koringnerg
Een in Moorresburg, wat gaan kul doen??

Rupert Ashford ·

In die woorde van ‘n ander bekende Suid Afrikaner: He-he-he. Die wereld praat nou vir die eerste keer openlik oor hoe julle ware kleure tevoorskyn kom.

Pieter ·

So die boodskap van die regering is eintlik: “Ons wil nie julle grond vat nie. Ons wil dit net kan vat wanneer ons so besluit!” So hoekom wil jy dan die wetgewing hê wat jou toelaat om dit te doen as jy dit nie wil doen nie? Gaan praat nonsens op ‘n ander plek.

Anoniem ·

Hulle smeer heuning om ons monde. Onthou wat Dingaan gedoen het met Piet Retief. Dink, groet en gaan my vriend want jou lewe en jou familie sin is meer werd kyk om jou elke dag plaas aanvalle en moorde. Hulle moor ons stadig uit.Word wakker SA

lizl ·

Autralie het geen verpligting teenoor ons. Hoekom moet hulle finansiële hulp verleen ? Die feit laat hulle `n hand uitsteek en ons wil inneem is al klaar `n groot gebaar. Vir diegene wat kan gaan… GAAN !!! Elke dag is daar `n plaasmoord, maar as `n ander land wil hulp aanbied, dan keer die regering… ??? Ek glo nie `n woord wat enige 1 van hulle vir my sè nie.

Erika ·

Sy is besig met die “padda in ‘n pot” plan! Dink as sy ons paai dan kom ons nie agter wat gebeur nie!

bgj van der westhuizen ·

wel as jy nog niks besit het nie en altyd net gekry het dan wil jy alles he gaan werk vir jou goed

Theresa ·

Uiterste bog. Wanneer die kaartmannetjie ophou moord skreeu agter ‘n mikrofoon uit en in die strate en vergadering, kan daar dalk ‘n mate van moed wees. Dink die mense regtig dat na byna 24j se verskillende skokkende gebeure, dinge vir soetkoek opgevreet word?
Wonder wat behels die “makliker” waarvan Mnr Hutton praat?

Tiaan ·

Ek sou ook graag wil weet of daar enige agendskap is wat n mens kan help om werk te kry in n ander land wat n mens sal wardeer waarvoor ons blanke mense werd is nie.

Ja nee ·

Dit gaan nie net oor grondonteiening nie. Wat van boere wat wreed vermoor of aangeval word? En die regering beweer ons het niks om oor bekommerd te wees nie….

Eddie ·

Dankie Afriforum vir wat julle tot sover gedoen het , kan julle nie asb ook onderhandel met lande soos Argentinië , dir Rep van Ierland ens. Ons kan dalk China kry om die Blankes se bates in SA te koop !

Dawie ·

Dis dalk tyd dat hier iewers n veteenwoordiger of spreker gekies word om namens alle witmense in SA te onderhandel dat ons as geheel uit hierdie land uit met ons gesinne en geld om elders te begin. Dalk op ons eie eilandjie ek dink ons sal wel alle skils onder mekaar vind om alles te kan doen

Oom Kalahari ·

@Dawie, sekondeer jou stelling ten volle. Glo almal sal graag geleentheid aangryp om net weg te kan kom. Die toekoms is leeg hier (Vakuum Put). Vlugteling status waar ons produktief aangewend kan word. Die BRICKS lande kan ons eiendomme uitkoop en verder bele.

Willem Frost ·

Wie dink sy gaan haar glo ? ANC het GEEN geloofwaardigheid nie ! Berug vir hulle leuns.

DieVanDerMerwe ·

Moenie te vining bly raak nie. Peter Dutton is klaar gemerk as ‘n rasis en “white supremacist” deur baie media groepe. Sal nie verbaas wees as Australië onder genoeg druk geplaas word om die kwessie te laat vaar nie. Onthou dit is nie polities korrek om WIT te help nie.
Ek wil nie ‘n nat handdoek wees nie, maar ek dink die w

Lizette ·

As jy mense een vir een, stadig uitmoor, en jy noem dit “normal crime” sien die wereld dit nie as teenstrydig met die ooreenkoms wat geteken is deur SA m.b.t mense regte nie. Ons regering se taktiek het geflop, want die wereld sien dit, vir wat dit is. Rasse moord.

Stephen Namibia ·

Gaan aub voort om berigte en fotos van die moorde en aanrandings die wereld in te stuur.
Dis al wat help soos blyk uit die reaksie van Australia

Etienne ·

Eenvoudige oplossing, staan as boeregemeenskap saam en plant niks vir een seisoen nie….

Labous ·

Ek sal jou op n ander dag wys wat jy met jou DEMAND kan doen julle is almal deur die bank WITMENS HATERS LW die GOD VAN ABRAHAM ISAAC EN JAKOB Stry my stryd as ek slaap EN JULLE HET GEEN KANS vir wat julle ook in die duister besluit JULLE is vol bedrog afguns en haat Laat GOD SE WIL GEBEUR.

E ·

Net so mevrou. U is heeltemal korrek, want almal gaan uitgemoor wees voor die grond gevat word!

Johan ·

Ok….. bied my n baie goeie prys vir my huis en erf aan sodat ek kan emmigreer en die haatlike land kan verlaat.

Helena ·

Wie glo die ANC as hulle se ons het niks te vrees nie, ons lewe met hierdie dreigemente oor ons koppe, ek wil / wou ‘n huis koop nou is my toekoms nog meer onseker as wat dit was,
Ek leef met die wete dat ‘n groep moordenare, verkragters enige tyd toegang tot my huis kan verkry en die wreedste dade pleeg, die polisie volg gedurig leidrade op maar hoeveel van die kriminele word werklik gearresteer en hoe hard probeer die polisie om hulle aan te keer. Maar dat ‘n wit man / vrou nou net iets se of doen en kyk wat gebeur. Gewoonlik word die krimineel nog vrygelaat op borgtog, hulle pleeg dieselfde dade en kom daarmee weg

p ·

You now so called minister do not mislead the world, as dingaan did, promises but afterwords kill and kill. There is no land like south africa but not worth killing for.

Eddie de Jager ·

Aanstoot word geneem nie gegee nie. Die simpatieke houding van die internasionale gemeenskap kort na die aanbreek van demokrasie is stadig maar seker besig om te verander. Sulke uitsprake deur Min. Dutton kan te wagte wees gesien in die lug van die situasie tans in Suid Afrika. Wat is die situasie? SA is nou meer gepolariseer as ooit. Mense van oor die rasse grens slinger doodsdreigemente rond, selfs in die parlement! Gaan die nasies wat destyds so vurig teen Apartheid baklei het net arms gevou sit en toekyk hoe jare se “struggle ” eintlik maar ‘n groot toorkunsie was deur die elite om hulle gevonde kommunisme af te dwing op mense en veral die wie nie vir hulle gestem het nie? Die regering gaan aanspreeklikheid moet aanvaar en rekenskap gee van hulle besluite en toepassing daarvan. Uncle Sam gaan nie ‘n raps op die hand uitdeel nie. Europa ken die tipe truuks net te goed. Ons government moet besef die wêreld is nie so onnosel soos hulle dink nie.

Hoekom neem jy aanstoot as jy dan beweer almal is veilig Min. Sisulu? Aanstoot neem is ‘n teken van ‘n gewete wat pla. Benoude katte maak benoude spronge.

Kom ons probeer iets ·

Ek wil iets propose

Kom ons kyk of ons kan saam staan met die eenvoudige idee
Kan ieder en elke wit Suid Afrikaner, man en vrou, vir hul elkeen n Aussie Krieket en Rugby trui aanskaf en vir hulle skree….ek belowe dit sal wereldwyd Hoofnuus wees….en ek glo dit sal n sterk boodskap lewer

Ounatjie ·

N absolute grap. Dink ons tegering hulle het met n klomp swape te doen? Wat is reg daaraan om plase wat al geslagte in familiebesit is, net te vat? Gee regeringsgrond wat onproduktief is, vir die wat gratis wil boer. Laat hulle onder begin en ook hard werk om n sukses te mask. Alles is net te maklik. Dankie Australie. En Afriforum, vir julle pogings om die boere se lot aan die res van die wereld bekend te maak. Ons weet mos almal wat die waarheid is, dan nie?

Piet Lourens ·

As jy die regering glo sal jy seker ook glo dat Rooikappie n voortrekker heldin was. Hulle wil die wittes uit werk maar dan kla hulle oor Oz die wittes wil he. Kan hulle nie hulle mind op maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.