Grondonteiening sonder vergoeding: Laaste dag vir insette

Argieffoto

Suid-Afrikaners het nog slegs ʼn enkele dag (Vrydag 15 Junie) om insette te lewer op die voorgestelde wysiging van die grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Die ANC het Suid-Afrikaners Donderdag aangemoedig om gebruik te maak van dié geleentheid om geskrewe kommentaar oor die voorgestelde wysiging te lewer.

Die gesamentlike parlementêre grondwethersieningskomitee het verlede maand vergader om sy program vir openbare verhore oor die voorgestelde wysiging te bespreek. Die komitee is opdrag gegee om art. 25 van die Grondwet te hersien om dit moontlik te maak vir die staat om grond te onteien in openbare belang en om die nodige grondwetlike wysigings voor te stel. Hierdie proses verg egter dat die komitee die publiek moet nooi om kommentaar op die proses te lewer om alle belanghebbendes se sienings te kry en in ag te neem.

Die hoofsweep van die ANC, Jackson Mthembu, het Donderdag tydens ʼn inligtingsessie aan die media bevestig dat die grondwethersieningskomitee ná die sperdatum tussen 9 en 13 Julie aandag sal gee aan geskrewe kommentaar. Die komitee sal ook van 27 Junie tot 4 Augustus openbare verhore in al nege die land se provinsies hou om die voorgestelde wysiging te bespreek. Mondelinge vertoë sal van 7 tot 17 Augustus in die parlement aangehoor word. Daarna sal die komitee oor sy konsepverslag beraadslaag wat na verwagting op 11 September 2018 gereed sal wees, waarna aanbevelings aan die nasionale vergadering gemaak sal word.

In Meimaand het die komitee gesê hy het reeds meer as 100 000 geskrewe kommentare ontvang.

Lede van die publiek wat geskrewe kommentaar wil indien oor die wysiging van die grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding, kan dit op een van die volgende wyses doen:

  1. Per pos aan Me. Pat Jayiya, Komitee-afdeling, Posbus 15, Kaapstad, 8000
  2. Per e-pos aan [email protected]
  3. Per faks aan 086 465 0678
  4. Per selfoon aan 081 441 0345
  5. Skakel (021) 403 3661
  6. Lewer kommentaar per hand af by W/S 091, Derde Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Hendrik Rosslee ·

Ek is teen grondonteiening tensy dit met vergoeding gebeur

Kannaland ·

Ek hoop jy het dit in die brief genoem? Indien nie, doen dit vandag nog.

Siener van Melbourne ·

Kannaland jy klink soos n klinkende simbaal, ek hoop jy het dit aan die parlement genoem!

Kannaland ·

Ek is trots daarop dat ek almal bewus maak om nou te praat, ons het nou die kans, en ek wil geen klagtes hoor van mense wie se erwe, plotte of plase of pensioen of bates gevat word as hulle nie teen vandag insette gelewer het nie.

Kleintjie ·

Siener van Melbourne, ek hoop jy het ook in plaas van om op die kantlyn te sit en kritiek te lewer, en weg te hardloop Australie toe.

Siener van Melbourne ·

Kleintjie, ek is seker die Rhodesiërs wat vasgebyt het kan jou ‘n les of twee leer oor “weghardloop”. Ek is ‘n oud Rhodesiër. “Weghardloop” soos jy dit noem was my “reg om te immigreer onder onaanvaarbare omstandighede’. Ten minste is hardkoppigheid nie my ondergang nie. Sterkte.

Siener van Melbourne ·

Kleintjie ek is seker die Rhodesiërs wat vasgebyt het kan jou n les leer in “weghardloop”. Jou “weghardloop” was my “reg om te immigreer onder toenemend onaanvaarbare omstandighede”. Ten minste was hardkoppigheid nie my ondergang nie. Sterkte en voorspoed en onthou, ek respekteer jou reg om nie “weg te hardloop” nie.

Marthinus Labuschagne ·

Eiendom waarvoor daar betaal is, is elke mens se reg om dit te bewaar en te beskerm teen alles moontlik. Dus is ek daarteen gekant dat die Regering eiendom kan vat sonder vergoeding.

Jaco van Niekerk ·

Vir jare het ons boere hard gewerk, harde klippe gekou en in die gesig van plaasaanvalle gestaar. Grond onteiening sonder vergoeding is n direkte aanval op hierdie groep mense. Indien grondonteiening seevier is al daardie harde werk en sweet verniet. Nie een van die plase ,wat voorheen al gevat is, is produktief nie. Inteendeel dit is vernietig. Ek is 100% teen onteiening sonder vergoeding. As hulle grond wil he moet hulle werk daarvoor en ook betaal daarvoor soos wat die boere vir jare gedoen het.

snoefie ·

niemand gaan dit hier kom copy and elders paste Jaco. stuur dit na bogenoemde epos adres. verder kan ook gesê word die menigtes sal nie werk vir iets waarvoor hy nie betaal het nie

Casper Labuschagne ·

@Jaco, die landbou in SA is ‘n meritokrasie, waar 40,000 boere, waarvan 32,000 wit is, 90% van die kos produseer wat daagliks vir 56 miljoen mense voed. Dit is niks anders as nasionale selfmoord om die meritokrasie van die landbou te vernietig nie. Maar die ANC en die EFF het vir ons goeie nuus, waar sosialisme in elke ander land gefaal het gaan hulle dit hier reg doen…

John ·

Die ANC gee geen verduideliking van wat beoog word nie en waar en hoekom vergoeding nie betaal gaan word nie. Waar is die geskrif en uiteensetting? Nou moet mense daarop reageer. ‘n Babelse verwarring word doelbewus opgekook om uiteindelik die uitwis van die wit boerdery-gemeenskap en ons kosvoorraad te bewerkstellig. Dis dit. Soos ‘n man in die verlede kon se wat hy graag nog wil eet voor hy gehang word… terwyl hy opgooi van angs. Die woord ‘vergoed’ beteken wat en ‘sonder vergoeding’ wat? Wie kan iets se oor iemand anders se wel en wee as hyself nie weet wat dit gaan behels nie? Is dit nie sonde verby nie en veral as die een wat dit wil pleeg jou vra om sy sonde as ‘nie sonde’ te verklaar: Misdaad moet dus gewettig word en ons het tot vandag tyd om chaos te help wettig en die naaste se ondergang te bewerk? Wat se die Bybel: Wee die land… En binnekort word ons Bybels ook verban want dit praat te waar…

Jan Zietsman ·

Absoluut geen regverdiging vir die stap om grond net te gryp en onteien nie. Grond is deur alle wetlike stappe bekom, en met “skoon” geld aangekoop wat met bloedsweet en harde werk bekom was. Onteiening sonder vergoeding is na my mening krimineel en onwettig. Koop dit met ń aanbod van die eienaar soos dit eties en korrek, en wettig is.

Piet Bloem ·

Ek is heeltemal teen dit.
Eerste plek behoort alles aan God.God het ons as boere toe vertrou met die grond om vir die volk (dit sluit in alles rasse tale en kleure)voedsel te voorsien.Dit is wat ons doen.

Tweedens maak dit my hardseer om te sien waar daar al grond vir die swartes grond gegee is dat daar net niks aangaan nie.Wat eens ñ spog plaas was is nou net NIKS.
Dankie vir die geleentheid.
God is in beheer.

Danie Karsten ·

Ons werk vir ons goed… hoekom dit weg gee… ek is teen grondonteiening

Attie ·

Ja as julle praat van grond bedoel hulle eintlik alles wat bo op die grond is en daarop gebou is.

Francois ·

Ok ek is nie n wiskundige nie, maar die kommiteee het in Mei-maand reeds 100 000 geskrewe kommentare ontvang, en wie sal weet hoeveel intussen tot en met vandag nog bygekom het, en luister nou wat se hulle, “die kommitee sal deur die kommentaar in 5 dae gaan”… Gestel, konserwatief gesproke – daar het nog 20 000 geskrewe kommentare in Junie sover tot vandag ingekom, dit maak die kommentare wat die kommitee moet deurgaan in 5 dae 120 000. Dis 24 000 kommentare in een dag deurgaan. Meneer, jy mors papier en ink, punt!

mens ·

sabc nuus sê meer as 700 000 gekry, maar steeds nie gemoeg nie. is joune daar? myne is en vir elke lid van my gesin ook. dis sie huidige boer se lewe. sy inkomste, sy toekoms. hdf kan hulle dit net wegvat?

Casper Labuschagne ·

Ek vermoed dat Microsoft se Outlook nie 700,000 eposse in een rekening kan hanteer sonder om die rekenaar onbruikbaar stadig te laat word nie. As hulle ‘n span het wat 24/7 slegs die uitwis knoppie druk op al die eposse, sal hulle steeds nie 100,000 per dag kan verwerk nie.

Lester ·

Onteiening sonder vergoeding gaan die land in anargie dompel en alle rasse gaan ekonomiese vlugtelinge word.

Chris Liebenberg ·

Absoluut daarteen, ons het met harde werk vir ons eiendom betaal en daar is nie manier wat ek dit opgee sonder vergoeding nie wat nog te sê van al ons hardwerkende boere wat sorg vir die kos op ons tafels.

Selfbeskikking ·

Dit, eskom, moorde en misdaad, hoeveel waarskuwings het ons nog nodig voor ons besef dis of selfbeskikkingsooreenkomste of vlug vir ons lewens?

R. L ·

Hulle het dan reeds begin?
Gauteng prepares to expropriate privately owned land without compensation – News 24

R.L ·

Hulle het nou ‘n “idle” voor die privately owned op die voorblad gaan insit, maar op die berig self staan net private land. Wat nou?

R.L ·

Ek het wel. Dis waarskynlik net jy wat nie die implikasie daarvan besef nie.

Orten van jaarsveld ·

Regtig…net die feit dat ons hieroor moet praat.
Onteiening sonder vergoeding is per defenisie diefstal.
Wid sal ooit in n land wil werk of opbou of bele as jy weet jou harde werk dn insette kan eenvoudig gevat word.

JM ·

almal wat grond besit het dit wettiglik bekom deur daarvoor te betaal. ek is teen onteiening sonder vergoeding

Dirk Slabbert ·

Absoluut daarteen hulle kry alles verniet en waardeer dit ni eers nie plase wat hulle alreeds gekry het word nie een van hulle behoorlik benut ni. Stop onteiening sonder vergoeding laat hulĺe werk vi wat hulle wil he

Clifford Fourie ·

Ek besef dat daar n regverdige verdeling van grond moet gebeur, en ek lê die klem op regverdig.
Die regering kan nie swart mense van grond voorsien as dit nie regverdig bekom is nie. Indien ek regverdig vergoed word vir my eindom dan kan die regering dit skenk aan wie hulle wil en met die voorwaardes waarop hulle besluit. Voedsel sekerheid moet te ale tye in berekining gehou word. As swart boere in die hele Afrika misluk het. Wat se versekering kan die regering ons gee dat dit hier beter sal gaan. Die gronde wat reeds deur die staat besit word lê 99% onproduktief. Maak eers van die grond in regerings besit n sukses verhaal voor daar adisionele grond ontein word. Daar sal defnitief rasse spaning veroorsaak word indien die proses nie goed deurdag word en voedsel sekerheid in gedrang kom. Ek glo en vertrou dat die regering kundige mense wat nie polities gedrewe besuite sal maak nie, en altyd die welstand en vooruitgang van SA as geheel in gedagte sal hou. Mag God die persone wat in beheer geplaas word en die finale besluite moet neem, die wysheid en insig gee om die beste besluite oor hierdie kritieke saak te doen.

Casper Labuschagne ·

@Clifford, die klem is inderdaad op regverdig. Die ANC en die EFF haal ‘n syfer van 72% grond in wit besit aan wat totaal foutief is. Al die land van die vorige tuislande asook grond wat reeds herverdeel is, is onder andere buite rekening gelaat. Daar is ‘n berekening gedoen dat daardie syfer inderdaad sowat 22% is, iets wat geensins ‘n nasionale krisis verteenwoordig nie. Neem in ag dat die meerderheid van die grond in die droë westelike deel is waar die drakrag per hektaar tot so min as ‘n sestiende is van ‘n hektaar in die ooste waar reënval hoër is. Sou die landbou potensiaal van grond in ag geneem, word en nie blote hektare nie, het wittes aansienlik minder as 20% van grond in hul besit.

Nieteenstaande, grondhervorming is noodsaaklik, en die proses kan op ordelike, regverdige en volhoubare maniere toegepas word sonder dat ‘n nasionale selfmoord gepleeg word.

Neels ·

Dan moet die bank elke sent aan my terug betaal, want dán het hulle onwettig grond aan my verkoop.

Johannes ·

Onteiening sonder vergoeding deur die staat is ‘n oorlogsverklaring!

Peet Naude ·

Grond onteiening sonder vergoeding is diefstal. Al die Boere het hulle plase gekoop dus moet daar vrywillige vergoeding wees as die staat dit wil terug hê. Dis interesant om te sien dat hulle net die ontwikkelde land wil afneem wat plase is omdat hulle nie self onontwikkelde land kan opbou en iets daarvan kan maak. Dus sal hulle ook die ontwikkelde plase tot niet laat gaan.
So my stem is teen die Grond Onteiening sonder vergoeding.

ek ·

Ek wil ook eiendom hê..is al 60 jaar oud en weet ek moet daarsonder want ek kan nie eers n tamatieplant laat groei nie. nee wat ek dink daar is baie staatsgrond wat vir die mense gegee kan word, In Tanzania word dit so gedoen maar glo my maar dit werk nie eers nie.

Martin ·

Die doel hiervan, insette lewer,? Prem David Makhura het klaar besluit hy gaan nie daarvoor wag nie, hy gaan nou begin om dit te doen om dit te toets.

Jacques ·

Die kwesie gaan die oorsaak wees een van SA se grootste slae in die geskiedenis .
Die mense kan mos nie net wil kom vat en dink dit is reg nie , en dan ondersteen die regering dit ook nog . Dit gaan n oorlog veroorsaak en ek wonder wie gaan die slegste daarvan afkom . Ek reken as iemand op n boer se plaas gaan aankom en se hy kom vat nou sal hy eers verby die boer se loop moet verby kom . Dan gaan die belastingbetaler nog vir begrafnisse ook moet betaal . Nee mense julle as die regering is besig met iets wat kon gebly het . Stop dit nou want hier gaan baie mense seer kry .

Casper Labuschagne ·

@Jaques wat jy gesê het is presies die gevolgtrekking wat ek in my voorlegging gemaak het, maar eers na 15 bladsye en 5,900 woorde. Hongersnood en burgeroorlog sal hand aan hand deur hierdie land galop.

Kabous van den Heever ·

Ek verstaan nou eers hoe hulle by grond vat sonder vergoeding uit kom. Dis is vat iets wat nie aan jou behoord nie sonder om te betaal. hel dit gaan lekker gaan in die land ek sien n ding ek like hom ek vat hom

Se maar net ·

Ek self is gekant teen grondonteiening. Ek was ook een van die 100 000 mense wat gestem het teen grondonteiening. Ek weet ek mag nie negatief klink nie, maar of ons nou gekant is daarteen, gaan die ANC nog steeds voortgaan want hul ignoreer alles en doen, maak en breek nes hulle wil, sonder dat ons enigsins n sê het in als of nie. Beste is om hierdie n saak van gebed te maak en op die Here te vertrou.

Peet Schabort ·

Dis mos die ‘demokrasie’ in werking: Die minderheid (ons) kry nou die geleentheid vir aktiewe deelname aan ons eie ondergang. Besluite is reeds vooraf geneem en dis net ‘n kwessie van tyd . . .

Anne ·

Korrek Peet. Niks gaan gelees word nie. Dis plein diefstal sonder vergoeding. Jy is slim, want jou kommentaar maak sin. Ons het nie ‘n demokrasie nie. Ons het ‘n meerderheidsregering – GROOT verskil!

Stdb ·

Dan moet wesbank maar my geld vir my terug betaal. Dan was die grond onwettig verkoop en kan hul hof toe sleep vir n paar rand.

French ·

Ek is nie ‘n boer nie, maar ek vra net almal is teen die hervorming en almal lewer allerande kommentaar. Mense is dit nie tyd dat die boere meer betrokke raak by hierdie saak (by die politiekke sy daarvan) en by die getalle opdaag by hierdie vergaderings nie. Hierdie mense weet nie wat dit behels nie (bank lenings, jare se kennis, ens, ens). Iemand moet vir hulle in detail veduidelik wat gebeur as hy sy lappie grond gekry het. Trek saam en moenie van enkele spreekbuise gebruik maak nie. Wees daar waar hierdie mense valse uitlatings maak en niemand verdeig dit wat hulle se nie. Ons is by ‘n finale punt, staan saam manne.

Noi ·

Versout die grond en brand alles af voor jy pad vat van jou grond.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat is die alternatief vir “onteiening sonder vergoeding”? Moet die staat dan die grond by die boere koop? Met wie se geld? Die belastingebetaler s’n? Met of sonder vergoeding is NIE aanvaarbaar nie…..sonder vergoeding word dit by jou gevat, en met vergoeding word dit by jou gekoop met jou eie geld? Bemagtig die opkomende swart boer deur hom ‘n rente-vrye lening toe te staan om ‘n plaas te bekom…..en as hy nie hard werk en sy lening terug betaal nie, dan verloor hy sy eiendom…nes die res van ons.

Casper Labuschagne ·

@Sopbeen, die staat bestee al vir ‘n geruime tyd meer aan hul eie BBP beskerming en blouligkonvooie as aan grondhervorming. Dit is die een geval waar ek sal sê dat die Wêreldbank die nodige geld moet voorskiet deur lenings. Maar die Wêreldbank sal juis nie, want hulle weet wat sal gebeur as die meritokrasie in die landbou vernietig sal word. Want in SA produseer 40,000 boere, waarvan 32,000 wit is, 90% van die kos vir 56 miljoen mense,

Pietman ·

Al die insette beteken niks. Die besluit is klaar geneem. kyk na Ramaphosa se toespraak in Kanada.

Jannie ·

Soos ek verstaan noem hulle dit grondonteiening sonder vergoeding maar die regte woord is eiendomsonteiening wat jou pensioen, beleggings en enige iets waarop jy ń reg het insluit.
Dit is soos die land wat ons weggegee het deur met hulle te onderhandel, nou wil ons weer onderhandel oor iets wat ons sin is, dis ń mors van tyd hulle gaan art. 25 wysig en ons goed vat.

Casper Labuschagne ·

Nee, die regte betekenis van onteiening sonder vergoeding is die wettiging daarvan dat die meerderheid hulself oombliklik kan verryk ten koste van ‘n minderheid. In Afrika moet so iets glad nie bestaan nie! As een eiendom afgeneem word sal alle eiendomme vinnig daarna ook afgeneem word en daarna sal die een na die ander etniese minderheid die slagoffer wees van selfverryking deur die meerderheid.

Frik Lotz ·

Grondonteiening sonder vergoeding kan nie regverdig word nie, dis immoreel en moet gestop word. Kom, laat ons opstaan teen hierdie euwel!

Koos de Meyer. ·

Hulle wil ons grond vat soos hulle ons land gevat het, en dan maak hulle net so ‘n gemors daarvan soos tans die geval is met alles in ons land. My arsenaal is reg. Soialisme onder die dekmantel van demokrasie, dis al wat dit is.

Leo ·

Grondonteiening sonder vergoeding is diefstal. Ek is teen dit, het dit so ook deurgestuur. Hoop net nie mens poep teen donderweer nie, want die ouens se minds is redelik opgemaak oor die grond…..

Kannaland ·

Ek hoop jy het dit net so vertel aan die kommisie, indien nie moet nie kla as dit gebeur nie.

Allan ·

News24 2018.0615
“Gauteng prepares to expropriate idle privately owned land without compensation
The province is completing an audit of all unused privately owned land to test the Constitution, says Premier David Makhura.”

Maw al die bohaai oor voorleggings en openbare gesprekvoering, petisies ens, is ‘n klomp oê verblindery. Die ANC was nog nooit van plan om te luister nie, dit is net om te kan sê hulle het “almal ‘n kans” gegee om ‘n bydrae te lewer. Alles bog.

Lana ·

As jong kind is van die eerste woorde wat ek geken het – GRONDSKULD en RENTE.
Daar was nie iets soos erf vir my ouers nie. Ons het elke sentimeter grond GEKOOP. Ek sê “ons”, want almal in die gesin moes opoffer en is soms baie dinge ontsê, omdat daar grondskuld was om te betaal. Almal in die gesin het op die plaas gewerk. My Pa het dag en nag gewerk.
Daar was nooit iets soos gaan vakansie hou nie. Ons vakansie was op die plaas. Ons het ALLES daar ingesit en GOD het ons geseën. Na baie jare is die grond klaar betaal.
My “stem” teen onteiening sonder vergoeding is reeds in (vir wat dit mag werd wees).
Op die oomblik is dit vir my die stilte voor die OORLOG – sou die regering aangaan met hierdie dom, sinnelose idee van hulle.

J. Uys ·

Ek stem vir grononteiening, gratis mediese dienste en onderwys en bekostigbare publieke vervoer. Dis ‘n goeie begin om die ongeregtighede van die verlede reg te stel.

Jeandré Uys

Casper Labuschagne ·

Baie oulik, ek neem aan jy skenk reeds ‘n ruim deel van jou inkomste en bates ter wille van die regstel van die verlede? En dat jy ‘n groot deel van jou tyd ook vir daardie doel toewend? Of is jou oproep, soos die geval is met die res van die progressiewe beweging, slegs van toepassing op die herverdeling van die bates van ander persone en nie jou eie nie?

Liberaal ·

Ek stem ook want ons as blankes het nie meer n demokraties liberale aanspraak op regte nie. Jeandre, kom ek en jy gee ons besittings oor aan die ANC. Watse eiendom het jy? Ek self umm, ek is halpad al geimmegreer so ek is nie van SA afhanklik maar ek is seker jy sal soos n ware liberale demokraat jou eiendom en inkomstebron afgee, ne myliberale vriendin?

Casper Labuschagne ·

@Jeandre – Hierdie is Afrika waar die lewe niks werd is nie. En as jy van my verskil, gaan vertel aan die moordenaars wat elke dag 52 moorde pleeg, dat die lewe kosbaar is. Hierdie is Afrika waar die vasteland bestrooi is met die verottende lyke van ontelbares wat in vergete oorloë gesterf het, maar daar is plek vir nog baie lyke – dit is presies wat sal gebeur indien onteiening van vergoeding sal voortgaan. Hierdie land sal ‘n hongersnood beleef waarin miljoene sal sterf en ‘n burgeroorlog sal uitbreek. Dit is wat ek wil probeer verhoed en dit sal die direkte gevolg wees van jou naïewe versugting na geregtigheid. Dit is jou keuse.

Casper Labuschagne ·

Ek het my inset gelewer, het jy dit ook gedoen? Want as jy dit nie gedoen het nie neem ek aan jy is heeltemal akkoord daarmee om jou eiendom aan die meerderheid te skenk ter wille van die herstel van die sondes van die verlede waaroor die wit minderheid vandag as reeds veroordeeldes staan.

E.K. die eerste ·

Mense, in plaas van hier kerm en doen LAAT JOU STEM GEHOOR WORD! Gebruik een van die bogenoemde maniere om dit te doen asb!

Reguit ·

Die infantiele naïwiteit van sommiges wat steeds dink dat ‘n spul kriminele stelle dik pakke paier gaan deurlees dien as ‘n barometer van die vervalle samelewing se gemiddelde intellek en insig. Lagwekkend.

Katerina ·

As die konstitusie verander kan word vir een ding,is dit n presedent..wat is volgende? Dat witmense nie meer mag werk nie? Dat witmense Geen eiendom mag besit nie? Dat witmense in ghettos moet woon en n ster op hul moue dra?????

Ja ·

Ja, hulle gaan BEE nog strenger maak. Witmense kan klaar vergeet om nou al selfs met die privaatsektor sake te doen. Ons sal met die regering moet gaan praat oor n eie land, anders gaan dit wat jy voorspel gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.