Grondonteiening sonder vergoeding ‘ʼn harde werklikheid’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het laat Dinsdagaand gesê die mense van Suid-Afrika moet wakker skrik en besef die ANC en sy opposisievennote se plan om grond te onteien sonder vergoeding is ʼn harde werklikheid.

“Indien die hek van veranderinge aan die Grondwet eers oopgemaak is, sal dit onmoontlik wees om hom weer toe te maak,” het hy in reaksie gesê nadat die parlement Dinsdagaand ʼn mosie aanvaar het dat hy maniere ondersoek om die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.

“Die amendemente wat die ANC vandag laat aanbring het aan die mosie van die EFF om die Grondwet te verander om onteienings sonder vergoeding toe te laat, is onheilspellend en laat ernstige vrae ontstaan oor enige vorm van privaat eienaarskap van enige eiendom in Suid-Afrika.”

Groenewald het gesê dit lui onder meer dat die beginsel van gewillige koper of gewillige verkoper ʼn struikelblok in die pad van grondhervorming is en dat pres. Cyril Ramaphosa elke instrument tot die staat se beskikking sal gebruik om sy plan oor grondonteiening sonder vergoeding deur te voer.

“Alle grondeienaars in Suid-Afrika moet met erns kennis neem wat vandag in die parlement gebeur het. Daar is liggelowige mense wat glo die proses sal nooit deurgaan nie, aangesien Ramaphosa gesê het die ekonomie en voedselsekerheid mag nie in die proses benadeel word nie,” het Groenewald gesê.

“Ek sê vandag vir elke mens in die land die ANC en sy opposisie-vennote gaan die Grondwet hieroor verander. Hulle het ʼn tweederde-meerderheid, en as die Grondwet eers verander is, dan kan jou eiendom van jou afgeneem word sonder vergoeding. Ek wil herhaal – dit kan énige eiendom wees. Hetsy ʼn plaas óf ʼn huis in ʼn dorp of stad. Grondeienaars moet weet hierdie proses is deel van die spreekwoordelike voorbeeld van ʼn padda in ʼn pot water wat stadig verhit word totdat die padda doodkook.”

Groenewald het gesê eiendom en veral private eiendomsbesit is die hoeksteen van ʼn ekonomie en bou ʼn ekonomie, maar die ANC wil dit nie toelaat nie.

“Die tyd het aangebreek dat mense wat ernstig is oor hul eiendom hul stem begin dik maak en hul besware opper. Die tyd het ook aangebreek dat mense hul afvalligheid en apatie rakende die politiek in die land eenkant toe skuif om te oorleef. Dit help nie jy sê jy is klaar met die politiek van die land nie, want die politiek is nooit klaar met jou nie.”

Hy het gesê die VF Plus sal nooit so ʼn mosie steun nie en sal dit beveg waar en hoe die party kan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

150 Kommentare

Wanda ·

As daar maar net meer blankes vir die VF wil stem sodat daar meer gewig is maar…….van saam staan is daar geen kans onder ons blankes nie, dit is waarom dit gaan soos dit gaan

Alex ·

Wanda, ek twyfel of hierdie dilemma wettiglik in n hof of parlement opgelos kan word. Dalk het die tyd aangebreek vir ander metodes.

Hendrik ·

Wanda al stem al die witmense (Engelse, Afrikaners, ….) vir die VF+ is ons nog steeds net 2% van die kieserstem. Werklik feite en dit wys maar net die massiewe oormag waar die meerderheid die trom (nie die kitaar) slaan. Dit is waarom aksies soos Solidariteit se Plan B ondersteun moet word. (Wel dit was hulle laaste plan) Intussen is die twee onafhanklike gebiede nog steeds besig om te groei indien mense belangstel om self in te spring en die ding te doen.

Skepties ·

Hierdie kan veroorsaal dat die land in totale chaos verval, armoede en burgeroorlog, ek hoop die ANC gaan mooi dink want hulle gaan die gans wat die goue eiers le doodmaak.

Hulp van Europa ·

Ons moet hulp vra vir die konserwatiewe mense in VSA en Europa, hulle gaan ons asseblief moet help met regskostes en dalk plek om na heen te vlug.

Sue ·

Saam staan se voet. Dis juis die blankes wat kyk waar hulle jou in die rug kan steek en uit buit. Sonder om te blik of te bloos oor waar dit jou laat nie.

Piet ·

Al staan ons almal saam en elke wit mens stem vir VF sal dit geen verskil maak nie ons is minder as 10%.

Don Herman ·

AFriaAfrikaanses se hoof-verdeling is hul VERDEELDHEID!

Andreas Meyer ·

… “As daar maar net meer Blankes” ‘n sesessie ondersteun het in die verlede, dan was hierdie gesprek nou onnodig gewees.

Anoniem ·

Soos ek voorheen gese het ek is bitter spyt dat ek ooit geglo het dat die DA vir my as witman omgee. Hulle sal dieselfde doen as met Helen Zille ons uitwerp. Dus vra ek omverskoning my boer volk en stem met die volgende verkiesing reg.

Boerseun ·

Plan B??? Hoe gaan dit ons help. Ten minute as almal VV steun wys dit ons is n volk, al kry ons net 5%. Solank dit 80% van ons mense is wat deelneem het ons n kaans. Maar die kaap, natal en midvaal glo mis nog die son sak op die britse ryk

nie blind nie ·

Jip dit is presies wat ou Siener oor geskryf het – ons gaan ALLES verloor – gaan lees dit maar en eers DAARNA wanneer alles ten gronde gegaan het sal die wiel draai – maar in ons guns. Maak julle oe oop…….

Christo Visagie ·

Die mense wat so vir Siener van Rensburg aanhang, julle gryp na strooi halms,,,,,,,,,,,,,,,,

Mauri ·

Siener dit en siener dat, hy’t niks meer reg as wat ek sou kry nie, ek kan ook nou net deurmekaar skryf, “die wiel sal draai, en die volk sal lig sien” oor 200jaar is dit oop vir enige iemand te ontleed soos hul goed dink.

Na wie dan Christo? ·

Waarna gryp jy Christo Visagie? Na Cyril jou messias? Kyk wat het hy toegelaat, iets wat Zuma nie eers toegelaat het nie.

Al ·

Christo is reg. Waarseêrs is partykeer reg ander kere nie.
Dis net die Here wat die koers kan bepaal – en Hy is die enigste messias.

Lola ·

Die toekoms is nog nie geskryf nie. As ons saamstaan kan ons as mens dit verander maak nie saak wat enige waarseêr sê nie. Dit wat hy sien is sy persepsie. Kom ons verander ons denkwyse. Soos God sê ons kan met ons gedagtes Berge verskyf.

Frank ·

is dit wat jy ook gese het in 1994, en toe Mandela dood is, en seker vele kere in die verlede.

Ek is geensins blind nie, maar dit is om te worry omdat iemand voorspel het dat ek sal doodgaan, en dit terwyl enige mens enige dag uiteindelik sal doodgaan.

Realis ·

Kan mense asseblief ophou met hierdie esoteriese, handegevou en passiewe sag-brein, lae-IK grype na ‘n misterieuse geskiedkundige figuur en eenvoudig prakties raak en moue oprol vir die harde realistiese stryd op hande?

niklaas ·

Tot die Duitsers se oe het begin oopgaan en Siener begin lees omdat hulle oorval word met Afrika immigrante en het dieselfde probleme daar.

Corlea ·

Ek wonder of die banke besef dat ons wat ons kruppel betaal aan verbande op ons grond dan gaan ophou betaal. Ek gaan defenitief nie geld betaal op eiendom wat nie myne is nie. Wat gaan met al daai skild doen? Afskryf?

B-man ·

Registreer ‘n nuwe verband op jou eiendom en laat dit lê tot op nommer 99. Trek die lening leeg en los staat met SKULD by die bank.

Al ·

Wat gaan die Reserwebank dan doen? Want tuimel ons as grondeienaars, tuimel die banke ook.

**anoniem** ·

Corlea, dit is my vraag ook! Ons is relatiewe nuwe huiseienaars (3 jaar terug gekoop). Ek sal NIE ‘n verband bly afbetaal as hulle net wil vat soos hulle wil nie. Die banke (en ons ekonomie) gaan hard vir hierdie DOM besluit van Julius, Ramaphosa en Kie betaal. Dit is is glad nie in belang van voedselsekerheid en ons ekonomie nie! So, as hulle my huis wil vat, by all means, its all yours, maar my skuld dan ook!!!!

Andre ·

Jy moet verstaan as daar grond sonder vergoeding gevat word sal die man met n verband op die grond ophou betaal, al manier hoe dit opgelos kan word is om die banke te nasionaliseer en die buitelandse beleggers gaan die pad vat so ook die mense met vaste depositos,dus die banke genoteer op die aandele markte se beleggers sal verkoop voor dat die wetgewing aangaande die nasionalisasie plaasvind.Die vergrype sal oorspoel na die myne wat reeds op die agenda isonder leiding van Malema en daar is dit bewys dat hy reeds basies sy 2de mosie wat hulle geplaas het goedgekeur gekry het. n Interesante ding wat kop uitsteek is dat die Eff meer gedoen kry en dis die populistiese aanhangers meer beindruk as enige ander party,as die EFF en die ANC in koalisie gaan volgende jaar wat reeds gebeur op munisipale vlak gaan ons n baie groot tameletjie mee sit wat die verandering van die grondwet betref en is ons dae getel as grond eienaars sowel as eienaars van enige tipe van besittings, eiendom se omskrywing is baie wyd in regstegniese bewoording en kan enigeiets insluyit van beleggings tot grond. Enige persoon wat n vaste belegging sou he tydens die nasionalisering van die banke sal dit kwyt wees……………… die is maar my onkundige mening maar ek dink wel deurdag en moet nie noodwendig met n knippie sout geneem word nie, ek dog ek se maar net.

Johan van der Colf ·

Dit was wat in zimbabwe gebeur het. Die bankstelsel is verlam en daarmee saam die totale ekonomie.

Crystle ·

Graag wil ek net se god sien als ons bloed roep uit die aarde na god. Dinge gaan draai god het vir ons goeie brein gegee asb moet nie met die hart dink nie maar met ons brein. Asb staan saam spreuk woorde na god ons gaan gehelp word ek weet god is aan die werk. Ek kan ook se god is beseg om mense op te wek wat vir ons gaan praat. Bly kalm ek se weer god het ons goeie breine gegee. Als is okey god is in beheer en is klaar besig om die mense op te wek wat ons gaan help

Lena Jonk ·

Mense daar is net een uitweg, soos ook die enigste. Bid dat ons Almagtige God dinge daar nie sal toelaat dat boere van hulle plase oneien word nie asook eienaars van eiendomme nie, Staan saam onthou niks is vir God onmoontlik nie, Hy het nog altyd opregte gebede en na roepstemme geluister, hou aan bid HY SAL n oplossing stuur, ek glo dit vas.

Al ·

Amen. Ons geloof moet sterk wees en onsself vry maak van vrees. Ons kan in die Naam van Jesus die Dawids wees wat die Goliats verslaan.
Ek weier om slagoffer te speel, ek sal als in my vermoë doen menslik om hierdie stryd te stry en die uitkoms en genade vir die Here los.

Francois ·

Lena, kan jy ook vir God vra om intussentyd te keer dat onskuldige weerlose goeie Godvresende mense op plase nie meer gemartel en vermoor word nie.
Dankie.

Boerseun ·

Daar was 16 dec 1838 ook gebid, nadat ons goed gevat was en niemand wou help. Ek noem net

honger ·

Groot hongerte is oppad.
Hier gaan nie ‘n greintjie kos in S A wees oor ‘n paar jaarnie.
Wag maar en sien.

Andrea van Vuren ·

Swak grensbeheer, bevolkingsontploffing en honger massas. Die antwoord: Vat die wittes se grond en eet julle mae vol aan hul gewasse, diere en drink die water uit hul swaarbetaalde boorgate. Ek het geen maar geen hoop meer oor vir ons lieflike land nie.

Casper Labuschagne ·

Oor die hongersnood en ellende wat sal volg, stem ek verseker saam. Voor die 1994 verkiesings het mense blikkieskos opgespaar, maar noudat die gevolge van daardie verkiesing werklikheid word, sal almal maar moet begin spaar vir blikkieskos.

Rupert Ashford ·

En so werk die paddaman se party met ons. Hulle is in die politiek om mag te he en te wen en as grond gryp van witmense die EFF vir nog ‘n rukkie kan neutraliseer sal hulle dit met liefde doen ongeag die toekomstige gevolge. Onthou ons is ‘n minderheid.

Paul ·

Ook die wit paddas is deur Cyril en sy nuwe kabinet, waaroor almal so handegeklap het, wol om die oë gesit met die ministers wat die ekonomie moet regruk en die aandag van die realiteit afgelei het. Sommer op dag 1 van die nuwe parlement het die water verby kookpunt gestyg en die gekookte wit paddas kan nou nie meer handeklap nie. Die wigte en teenwigte help ook nie meer nie, en ‘n wit gekookte padda is ook nie ‘n Laserus nie.

Yankee ·

Te min, te laat. Voel regtig jammer vir julle!! Maar julle moet mos geweet het dit gaan kom!!

nog nooit kans gestaan nie ·

Altyd maklik vir ander lande om te praat waar daar baie meer wit mense is as swart mense en dit was nog altyd ons probleem. Al het al die witmense saamgestaan sou hulle nog steeds in die minderheid gewees het….daar was nooit werklik n kans nie….dus moet daar nou bewapen en geveg word…..soos in die verlede!

Nolene ·

Ek sal dieselfde vir jou sê wanneer Kim n kernbom in Amerika laat ontplof.

Callie ·

Maroela plaas asb. Wittes moet hul verbande tot die uiterste toe verhoog. As die eiendom gevat word gaan die banke saam ondertoe. Die nuwe pres. is erger. Die ou gaan deurvoer om wittes finaal te sink

Johann Marx ·

Ag, Dr. Groenewald…………die hek waarna jy verwys is in 1990 oopgegooi. Nou stuur ‘n klomp Suid Afrikanertjies die whatsappie van die mier en die sprinkaan rond, ‘n ander klomp gaan verwoed aan die bid, ‘n klomp sê “Hier gebeur wat Siener gesê het!!”, ‘n klomp gaan weer die “ja-stemmers” sarkasties bedank, die tou by die Departement van Binnelandse sake vir paspoorte staan om die blok, ‘n klomp begin dreig en koop buskruit……..en ‘n klomp gaan nog hierdie stap “verwelkom” en dink as jy “saamwerk” gaan dit nie so erg wees nie!!!

Marina ·

Dit is n ware werklikheid en die feit is daar sal gevegte kom wat kan ontaard in n oorlog in ons land ek wonder of die president dit besef? Hy moet spesifiseer watter gronde hy gaan vat aangesien die meeste grond aan die staat alreeds behoort. Baie van ons mense sal opstaan en veg vir ons eiendomme en grond.

Vernon ·

..en ek sal NIE belasting betaal aan n land wat grond net vat nie!!

Stella Barnard ·

Amen so sê ekke ook..hy sal ny huis kry soos wat ons voorvaders SA gekry het WOES en LEEG …en hy sal nat my huisverband ook oorvat..ek sal ni een duit verder in di land bestee ni..nix!!!

Ben ·

Uit protes moet die blankes nou saamstaan en van nou af weier om enige belasting te betaal. Dan sal die ANC vinnig anders praat.

jc ·

Dankie de klerk. Ek maak ‘n oproep aan alle boere om produksie onmiddelik te staak sodat die regering kan sien wat met ‘n land gebeur sonder voedsel produksie.

Johann Dyason ·

Die werklikheid van die saak is dat die ANC en sy vennoot die EFF en andere wat soortgelyke denke het nie ons grond op n individuele basis wil ontein nie maar alle grond gaan onteien (alle ground in RSA) sodat niemand meer ground besit nie. Ons sal dan op n kommunistiese wyse grond op n huurpag stelsel huur by die staat. Dit is wanneer hulle ons van die grond gaan verwyder soos dit hulle pas.

snoefie ·

gebeur alreeds. 150akker vir die onverbeterlike prys van R15 000 vir 99 jaar maar….. jy mag nie n besigheid daarop bedryf nie. nou weer ek nie, is boerdery nie ook besigheid nie? hoeie ding hieromtrent is, blankes het ook sulke grond gekry.

John ·

Wat se die banke hieroor, gaan hulle dit net gedwee aanvaar. Ek dink ek moet reel dat my salaris in kontant betaal word want hier kom ‘n ding, een oomblik het jy geld in jou spaar rekening en die volgende oomblik stort die bankwese in duie en jy sit daar sonder ….

Casper Labuschagne ·

Die regering sal wel ‘n vorm van ‘n waarborg vir banke gee om te vergoed vir die verliese wat banke mag lei. Maar dit sal bloot die uitstaande balans wees nadat die bank op jou toegeslaan het om jou vorige verband wat nou ‘n lening sonder sekuriteit geword het, te vereffen. Sodoende sal diegene wie se eiendom onteien word dus van alle bates en besittinge gestroop word. Daarby sal die risiko- en krediet profiel van diegene wat nie as inheemse Afrikane geklassifiseer word nie, ‘n vet rooi streep daardeur kry. Ek en jy sal effektief vir dertig jaar moet spaar om ‘n huis kontant te koop, net om dalk te sien hoe dit in elk geval onteien word.

Soois ·

Dr Mulder, sê asb waar en, hoe en teenoor wie ons die besware kan opper? Die regering? Wat gaan hulle.met die besware doen? Dit aflag! Julle sal moet hulp vabaf die buiteland inkry, dis al oplossing wat ek kan sien.

CHL ·

Die buiteland het geen saak met ons nie want hulle sit met hul eie probleme.

Sarel swartbrand ·

As daar nog n Afrikaans sprekende persoon vir die DA stem sal hy in my oë n veraaier wees wat my kinders se kanse weg gestem het vir n regverdige toekoms.

snoefie ·

sarel swartbrand na my mening sal net n gek vir vf+ stem .

Gerhard ·

Die mense sal agter die DA/ANC lite aan hardloop tot die einde.

Casper Labuschagne ·

@Sarek Swartbrand, die korrekte feit is dat die DA van 2018 nie soseer vir onteiening verantwoordelik is as wat die NP van 1990 asook die Ja stem in die referendum daarna vierkantig die skuld hiervoor moet kry nie. Ek weet nie wat in ander dorpe aangaan nie, maar in hierdie dorp is die ou Broederbond NP dryfvere, ten minste diegene wat nog oor is, juis nou die dryfvere agter die DA, so jy het dalk tog ‘n punt beet.

Aalwyn ·

1. Suid Afrika het teenoor die groter Afrika nog nie n volskaalse burgeroorlog gehad nie.
2. Suid Afrikaners het oor die algemeen grootliks afvallig geword van hul GOD. Die selfde God wat hulle deur baie ander gevare gedra het en wat ons mense verruil het vir sepies, sport, besigheid bedryf op Sondae, aborsies te wettig, dobbelhuise en hand om die blaas te wees met ons komministiese vriende.
3. Ooral in Afrika is die witman al uitgedruk, hoekom sal dit hier anders wees, BEHALWE AS ONS WEER KAN VEREENIG IN DIE 3 ENIGE GOD VAN OUDS! en ek’s bevrees dis n bomenslike uitdaaging, daarom dat so baie blankes al die land verlaat het.
4. Maak julle gereed vir die ergste. Wonderwerke kan nog gebeur. Ek maak eerder staat op God se Genade as my medemens se baie planne. Ek probeer al vir jare om mense te organieseer, maar ons mense wil dit eers aan hul lywe voel voor hulle sal wakker skrik en dan wil hulle soos afkop hoeders rond hardloop. Dis seker menslik om die pad van minste weerstand te kies vandaar dat 72% van ons JA gestem het in ’92. Vandag sou hulle dalk anders NEE gesê het. Nou is ons met die rug teen die muur. Tyd om kniëkoppe toe te gaan!

Gerrit ·

Nadat de klerk en meyer die land net weg gegee het het almal gesê dit sal beter gaan en wat het beter gegaan die afrikaanse skole word gekaap die hospitale is n doodsvonnis die misdaad is buite beheer ,maar hou aan DA stem julle sal kripeer van elende en vra julle self die vraag verdien my kinders dit “there is no lesson to be learned by the second kick of the donkey”

Willie ·

Mens kon die rasse haat teen wittes duidelik gehoor het in die parlement.. Die Paddas in die pot!

Robert ·

Wat is jou opsies op die staduim as ń grondeienaar?
Maar jou huis in die mark sit terwyl jy nog kan en dan huur, of wat ?

Spook ·

Dit wonder ek ook nou, vrek soveel idees gehad, dink ek moet verkoop en in n ander land gaan koop

Moeg vir SA ·

Onteiening is lankal besig in ons land.PLAASMOORDE is die woord dink ek.Ek wonder by wie moet ons ons stem gaan dik maak?Elke dag is daar nog ñ aanval of ñ plaasmoord en geen politieke firguur reageer daarop nie,nie eens die DA nie,net die VF +.Hierdie onteiening gaan lei tot ñ volskaalse burger oorlog dis net ñ kwessie van tyd.Niemand gaan toestaan en kyk hoe jou eiendom net gevat word nie,of dit plaas of dorp is.Dan kan ek ook mos gaan en enige persoon maak nie saak sy vel kleur se eiendom sommer net myne maak sonder enige title aktes of kostes of oordrag daarvan.Baie van die boere se grond is in die britse oorlog onteien en hulle moes maar net trek na ander plekke,en daar het hulle maar weer voor begin,hulle het grond gaan koop,nie onteien nie.

ARI ·

Ek vat my lening tot die max sit die geld in oorsee rekening en brand die plek af voor HULLE intrek

Anoniem ·

Ek voel die land gaan te gronde ons moet op ons kniee bly ons het baie hard gewerk vir ons grond nou wil hulle dit wettig om te vat hier kom groot baklei gani staan dat ons grond net gevat word nie sonder bloed nie

DAVID ·

Lees die stelling baie mooi,dit is nie net op landbou van toepasing nie ALLE grond gaan aan die staat behoord en jy gaan dalk dit by die staat moet huur indien die staat wel met jou n huur ooreenkoms wil aangaan anders gee hulle dit weg,ek sal graag wil weet wat gaan die banke doen indien dit die geval gaan wees wat word dan van uitstaande verband lenings?

esther ·

Almal was bly toe Ramaphosa oorgeneem het. Nou gaan dinge draai…. Ja dinge gaan draai en nie ten goede nie. Nooit sal ek Ramaphosa ondersteun of vertrou nie. Hy het nou sy ware kleure gewys. Dis hoekom Lakotla ook nie Ramaphosa gesteun het as president nie. In artikels word gese Ramaphosa is n gelowige…. Is dit wat n man van God doen? I do not think so! Gelukkig is ons Jesus soveel GROTER as die ou klein partytjie en sy klein leiertjies

Stop paying tax ·

Stop paying tax!! Its with our own tax money that we are funding the corrupt ANC!and the EFF “everything for free”,

Frik Nieuwoudt ·

Blote kommentaar lewer gaan nie help nie. Hoe beveg ons dit ?? Ek is moeg om te hoor ons is die minderheid en magteloos. Dit is egter die werklikheid. Ons benodig hulp en daarom moet ons trots in die sak steek en die regte internasionale instansies nader. Internasionale druk EN weerhouding van belastings sal hopelik die gewenste uitwerking hê. Ek is huiwerig om te veel op die howe te vertrou.

Emma ·

En as hul nou die grond gekry het wat dan….. en vir wie gaan hul die grond gee want daar is nie vir almal grond nie.. Ek besit ook nie grond nie, maar nou is ek geleer vir dit wat jy in die lewe wil he moet jy werk daarvoor.

griet ·

OK, so wat maak ek nou? Hou dadelik op om paaiemente te betaal? Stop die aankoop van eiendom wat in proses is? Stop die bouery? Verkoop dadelik wat ek het? Kan jy jou die chaos voorstel oor die volgende paar maande? Of hou ek maar aan asof niks fout is nie en hoop vir die beste? Iemand met ‘n antwoord sal nou vinnig na vore moet kom.

Niel ·

baie baie goeie vraag @ huidiglike huis/eiendomsverbande waarop geld geskuld word. Wat is die banke se siening daaroor! Maar rerig, ek hoop dat hierdie grondonteiening sonder vergoeding nooit sal realiseer nie. dis ‘n hartseer oomblik.

Al ·

Die grondonteiening gaan n domino effek hê, elke finansiële instelling gaan verwoes word. En mnr CR se ‘prime land’ wat hy vir R30 milj gekoop het in Kaap, sê nou daardie grond was kamtig n ander stam s’n? En sy wildsplase wat konsuis aan n ander stam behoort het? Het hul ooit al diep in die geskiedenis gedelf?
Daarom moet ons internasionale steun werf.

**anoniem** ·

Ek kan nogsteeds nie verstaan nie. Hulle wil free education hê, free water & sanitation, free housing, free medical care, en nou nog free land ook!!! Nee genade!!! Hoe moet ‘n mens ‘n ekonomie bou met mense wat ALLES verniet wil hê!! So kan ‘n land mos nie operate nie!! Hulle moet ophou bakhand staan en begin werk vir wat hulle wil hê, net soos ons almal moet doen!!

griet ·

Ja, ek dink dis die antwoord: stop onmiddelik alle aftrekorders, geen paaiemente word op 1maart betaal nie. Dan sal die banke ook iets moet begin sê.

anton ·

Nee wat, in 24 jaar het ons niks gedoen om te keer wat met ons gebeur nie. Wie gaan dan skierlik iets doen as hulle eiendom sonder vergoeding begin afneem?
Ek voorspel hulle gaan dit deurvoer en niks en niemand gaan dit stop nie!!!
Dus begin werk aan n plan B.

Gerhard ·

Anton, ongelukkig sal hulle vir die selfde redes ook nie begin met plan B nie.

CHL ·

Die buiteland het geen saak met ons nie want hulle sit met hul eie probleme.

Wilma ·

Hulle sal n burgeroorlog begin met hul belaglike uitlatings en eise.

Anoniem ·

Dr Groenewald, baklei die skermutselings in die Parlement namens ons, ek sal die geveg by my hek baklei.

Word WAKKER mense ·

Christo Visagie,
As jy siener se boeke al gelles het sal jy slim genoeg wees om agter te kom dat wat hy skryf n nare werklikheid is.
Maar jy gaaneers agter kom van die strooi halms, wanner jou grond onder jou sterre uitgehaal word.

Elizabeth ·

Ek stem, oom Siener het alles voorspel maar oo wee hy was nog regter as Nostradamus!
Gebed alleen gaan nie werk nie, dade moet gedoen word! Hoe en wat gaan ons maak! Mag God saam ons almal wees!
Nee as jy groot skuld maak op grond en hul vat dit, bly daai skuld joune mense lees en ondersoek alles!

anti vergrype ·

Yankee
ek is so bly jy is land-uit. Ons het nie sulke ‘bagasie’ en ouens sonder rugraat hier nodig nie.
Dit is maklik om kommentaar van ‘n ander land af te stuur.

Grassie ·

Sodra die wysiging van die betrokke artikel in die grondwet aangebring is, is daar ikabod geskryf oor die toekoms van die witmense in die land. Ramaphosa kan maar allerhande mooi praatjies maak oor die toepassing van die wet, maar as die deur eers oop is, is dit permanent oop. Dit is die spreekwoordelike dun end van die wig wat ingedryf word en vorentoe sal dit al hoe meer gebruik word om eiendomme wat aan witmense behoort te onteien, totdat daardie padda in die pot morsdood is.
Hierdie hele proses is op’n leuen gebou – die president weet baie goed dat geen grond nog ooit van hulle gesteel is nie maar hy lieg kliphard saam met die res.
Diegene van ons wat al in 1992 geweet het hierdie dinge gaan gebeur, weet ook hoe dit gaan eindig. Die res van ons mense kyk nog teen die skille voor hul oë vas.

Doris ·

Wanda ek stem nogal saam met jou en ek wil net sê Mnr Pieter Groenewald ons staan saam julle want ons oë en ore het oopgegaan na hierdie laaste paar dae ons moenie ophou bid en moed verloor nie.

Wanda ·

Aalwyn van al die komentare is jy die enigste persoon wat ek 100% mee saamstem. Die Here is ons enigste hoop.

Johan Kloppers ·

McAlvany ‘n Amerikaanse inteligensie advisueer het al in 1989 gewaarsku dat wat vandag aan die gebeur is alreeds van die begin af in die ANC beplanning was. Totale oorheersing en beheer van alles. Dit het begin by die skole, taal universiteite, naamsveranderinge sport en kultuur. Die titel van sy artikel was “Betrayal, Surrender into Communism and Chaos (and hope Afrikaner and Zoeloe). Die hele doel was om die blanke te verlam en wat nog gaan volg is totale ontwapening. So moet onder geen indruk wees dat dit gaan beter word nie. Die situasie soos dit tans ontwikkel is baie ernstig.
Onthou net dit is nie net Suid Afrika wat in die vissuur is van die kommuniste nie maar die hele wêreld. Die gelykenis van die saaier beskryf die toestande wanneer die vals saad gesaai word en wat alles sal oorgroei en verstik.
Die Skrif sê in Eze 21:27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie—totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
Al oplossing is Eph 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. (Lees self verder)

Casper Labuschagne ·

En niks het sedert 1989 plaasgevind wat enige stelling van McAlvany as verkeerd bewys het nie. Daar was pieke van euforie oor Mandela, rugby, Mandela en rugby, Mandela, rugby en die wêreldbeker en nou ook ‘n golf van positiewe Ramaforie wat mense verblind het, maar wat McAlvany gesê het, het presies net so gebeur.

debbie ·

Mense nou moet ons saam staan nou gaan ons niks meer oorhe van one eie goed nie gaan ons net stil staan en niks weer doen nie mense dink aan julle kinders en kleinkinders wat gaan van hulle word ons sal nou moet saam staan of ons wil of nie want ek gaan nie my huis verllor wat ek so voor hard af betaal het nie party maande amper niks gehad om te eet nie maar my huis het ek elke maand betaal hulle wat nog nooit n huis gekoop het en daaraan moes af betaal nie hulle weet nie watse soeg en sweet dit was om daardie huis af te betaal nie kom ons staan nou op en staan saam en baklei nou saam vir ons erfnis groete Debbie

Nettie ·

Die President moet maar begin om van sy grond weg te gee vir “our people”……………..hy het n plek in Bela-Bela EN n plaas by Badplaas met n vier slaapkamer huis ………………en hy is nooit daar nie. Vlieg met n helikopter nou en dan soontoe om te gaan kyk na sy beeste maar vlieg dieselfde dag terug. Lees maar die artikel in verlede week se Huisgenoot………….

hendrik ·

Almal van julle wat so maklik praat van burgeroorlog moet weet dat n oorlog nie sal gebeur as ons nie n leier het nie. Die laaste leier wat ons gehad het was Dr HF Verwoerd en sy kaliber sal ons nooit weer sien nie.

Attie ·

Bid vir hulp in oorlog want dis die pad wat kom selfs God het mense gestuur om oorlog te maak

Lynette ·

DIS WAT EK OOK NOU WIL WEET..ONS HUIS IS AFBETAAL EN ONS IS PENSIONARISSE. AS ONS ONS HUIS VERLOOR HET ONS NIKS… WIE GAAN NOU EIENDOM WIL KOOP? SO SAL SUKKEL OM TE VERKOOP….

VanAfrika ·

Kom ons laat Jesus hulle planne in die wiele ry:

Kyk verder, sê die HERE. Jy kyk te naby. Jy staar jou BLIND teen die OMSTANDIGHEDE. Kyk verder, en jy sal My PLAN en DOEL in jou lewe begin raak sien. EK het n GROTER plan en DROOM vir jou lewe as wat jy besef. Ek SPESIALISEER daarin om elke verleentheid te omskep in n Goddelike GELEENTHEID. Dit wat jy nou as n KRISIS beskou, is eintlik n WONDERWERK wat n plek soek om te gebeur. Daarom hou jy aan om LEWE te spreek oor ALLES wat met jou gebeur. Dis wat My WOORD sê. Alles sal TEN GOEDE meewerk vir hulle wat GOD liefhet. Ek is MET jou … in ALLE omstandighede.

Kom ons almal spreek “LEWE” oor ons self, ons families, ons eiendom, grond, land en oor ons nasie

Hennie Theart ·

Ons MAG nie toelaat dat die huidige regering met die grondwet peuter nie.
Die grondwet is al wat ons het tussen ons en totale uitwissing.

Anonniem ·

Ek sal graag wil weet hoekom ons blankes nie ook n optog kan reel en daarteen betoog nie ons het die reg tot blyplek en n lewe en hulle wil als net vat??? En ek dog hulle wou rasissme stop, nou hoekom dit aanmoedig?

Hennie ·

Grondonteiening gaan ń grootter impak op ons ekonomie hê as wat Zuma ooit gehad het.
Dit raak nie net die man op straat, wat eiendom het nie, maar elke bank wat ń huisverband toegestaan het (want die eiendom behoort aan die bank totdat die verband afbetaal is) asook die staat wat die grootste grond eienaar in SA is.
Dis tipies Afrika mentaliteit, wil alles hê, solank daar nie daarvoor gewerk te word nie.
Die wet is juis in die grondwet gesit om ‘n burger oorlog te verhoed toe die land oorgegee is.
….dalk het die tyd nou aangebreek.

Maddy ·

In kort as EK dan nog R1 miljoen op my eiendom skuld gaan ek virseker nie meer daai paaiement betaal nie…waarop gaan bank dan beslag lê? Nuwe eienaars? Hoe de heck gaan DIE een realiseer????

Myne is myne ·

Hou julle hande van my goed af, wees gewaarsku. Ek sal myself verdedig.

Mariaan ·

Ek wil net weet, daar is soveel staats gronde wat net le, hoekom word dit nie vir hulle gegee of dat hulle dit koop soos ons ons eindom gekoop het. Gaan hulle die lenings betaal en die plekke opbou????

Daleen ·

So as ek ‘n lening maak om ‘n stuk grond te koop en as die lening nog nie ten volle terugbetaal is is nie gaan die EFF die helfte betaal van wat ek skuld? Ek sal sekerlik nie betaal vir iets wat ek nie besit nie. Daar is baie boere wat lenings maak om kop bo water te hou gaan EFF die helfde betaal? Nothing in life is for mahala. As dinge so aan gaan vrek ons almal van die honger want ons is besig om in Zimbabwe te verander.

Herman ·

MENSE WORD WAKKER. Banke gaan genasionaliseer word so jy gaan jou ‘verband’ aan die staat betaal. So banke val weg en eiendomsreg word vervang met n 99 jaar huurpag konsep. Jy besit dus niks.

Casper Labuschagne ·

@Herman, jy is reg. Hoe meer ek dink oor hoe onteiening sal werk, kom ek uit by dieselfde twee faktore:
* Alle banke sal genasionaliseer moet word. Dus word eiendom ‘n bate op die balansstaat van die owerheid waarteen onbetaalde verbande ‘n verlies sou wees sou ‘n bank in privaatbesit self die gepaardgaande verlies van onteiening sou dra.
* Daar gaan dalk slegs ‘n enkele daad van onteiening plaasvind waar alle eiendom eenmalig in staatsbesit opgeneem sal word. Jou maandelikse huurbedrag verskuldig aan die staat sal gelykstaande wees aan jou huidige verbandbetaling plus ‘n verdere bedrag wat bereken word volgens ‘n berekende waarde van daardie eiendom.

Dit is erg, maar wel werkbaar. Elke ander opsie waaraan ek kan dink het net veel erger gevolge. Maar in die afwesigheid van feite, kan ek en jy net bespiegel.

Casper Labuschagne ·

Maar hoe durf Pieter Groenewald dan so negatief wees? ‘n Vorige NP LPR in ons dorp wat so hard vir die Ja-Stem geveg het, is nou ‘n ywerige DA man en volgens hom kan die DA vorentoe ‘n algemene verkiesing wen en sal die DA dan ons land red.

Gelukkig glo ek vandag eerder vir Pieter Groenewald en sy party as diegene wat aan ergelike Ramaforie en ‘n positiewe toekomsblik ly.

anti vergrype ·

Ons volgende leier kom uit Duitsland en is ‘n Suid Afrikaner.
Saam met hom gaan daar oor Duitsers kom.

Gert ·

Nou my vraag. Wat van grond wat reeds gekoop is by die staat weens land claims? Val dit nou weer onder grond wat net geneem kan word? Grond soos Orania wat reeds 2 keer al voor betaal is.

AmY ·

Hulle kan met liefde my plek kom vat, maar daar is nog ‘n verband op my blyplek. Gaan hulle die verband ook oorneem?

Casper Labuschagne ·

Kort antwoord is nee. Lang antwoord is ook nee, die eiendom is jou sekuriteit vir die verband. Die oomblik dat die sekuriteit nie meer bestaan nie, word jou lening by die bank ‘n lening sonder sekuriteit en die bank sal eis dat jy onmiddelik die volle uitstaande bedrag moet terugbetaal. En as jy dit nie kan doen nie, sal die bank die gewone prosedure gebruik om die uitstaande bedrag volgens die regsproses in te vorder. Vir meeste slagoffers van onteiening sal dit dus ook effektief bankrotskap beteken. Jy sal dus alles verloor, jou eiendom, dit wat jy reeds op die eiendom betaal het asook al jou bates wat jy tans besit.

Maar onteiening sal ook die bankwese bedreig. Ek vermoed dat die regering ‘n meganisme in werking sal stel wat as waarborg sal dien vir die finale balans wat die bank nie deur die regsproses kon terugneem nie. Daar is verskillende opsies waar die regering dus kan voorkom dat die bankbedryf benadeel sal word, en waarskynlik is die beste opsie juis die aanspraak van Julius Malema dat alle banke genasionaliseer moet word. Dus sal die staat dan die banke besit en wys die onteiende eiendomme aan die ander kant van die staat se balansstaat as bates. En ek vermoed die bank in staatsbesit sal in elk geval eers hul lenings sonder sekuriteit van jou af verhaal sover moontlik.

adriana ·

Jerry – niks kan met ‘n verraaier/verraaiers gered word nie – sy woorde beteken niks nie – en hy is nie welkom in S A en by ons Afrikanervolk nie -.

Iza Rust ·

Glo ook die banke sal dalk ook nie van die plan hou nie….al di skuld, maar, sal hul nie steeds die geld eis van die persoon op wie se naam die verband uitgeneem is nie?

Het die skelms in die parlement al n idee wie en waar hul grond/eiendom wil vat, of is dit net easy pickings/ free for all?

Keelvol ·

So lank ons net agter ‘n “bolletjie” kan aanhardloop, woes skreeu en die “ref” verjaag….
So lank ons net ons “klippies en coke” kan drink….. maak nie saak dat die ramapokker die grootste aandeel in die cola-maatskappy besit nie.
En dit, liewe stemmers, was waarteen ons al jare en jare gewaarsku het – maar ons was so, o, so verkeerd! BA!

O, jy kan jou eiendom verloor…. maar darem het jy nog ‘n werk, ‘n ouderdomspensioen, ‘n mediese fonds.
Jy kan jou eiendom verloor, maar hopelik iewers gaan huur…

Vir my is dit my huis, my werk, my ouderdomspensioen, my mediese fonds, my beleggings, my lewe….

Keelvol verby vir praatjiesmakers, saam-by-die-pot-sitters.

Hierdie realiteit het my pa (en nie Siener nie) al in die tagtigerjare voorspel. Ek het daarmee grootgeword. Dit skok my geensins nie, al wat my wel geskok het, is dat dit so lank gevat het voordat die ANC uiteindelik die besluit geneem het.

Gelukkige “bôggers” wat hulle grond, totale boerderye, teen gawe en goeie pryse kon verkoop.

Leer oor Afrika se kultuur. Alles, maar alles, is in die “koning” se besit. Geen, maar geen onderdaan besit enige eiendom nie. Het julle dan regtig verwag dat hulle die westerse “demokratiese” bestel met sy private eiendomsreg sal omhels?

“Voedselsekerheid?” Moenie my laat lag nie…. Afrika leef van veldkos, hy het ons verboude produkte nie nodig nie. In elk geval glad nie so lank as die Amerikas ‘n asgat vir hul oorproduksie soek nie.

Francois ·

Ek het gehoor ander mense stel voor dat ons almal net skielik besluit om nie meer belasting betaal nie. As almal dit doen gaan die regering n groot probleem he. Gaan hulle almal in die tronk gooi ?

Michelle ·

daar is soveel plase wat al afgeneem is en in totale onbruik verval het, met miljoene rande se bates daarop (om mee te boer) – nou vra ek jou. Gee grond weg verniet – as hulle hiermee wegkom, wat gaan hulle keer om jou huis in Residential Straat, Elke Omgewing, in elke dorp of stad af te neem. Nee, nee, nee, nogmaals nee.

Yankee ·

” Ek gaan my huis eerder afbrand ” n Spoeg in die wind. Waarheen gaan jy, jou kinder, ouma en oupa dan nou heen??

Johann Holtzhausen ·

Wanneer gaan hierdie regering volwasse genoeg raak om te besef dat ons deel is van die res van die wêreld en dus nie net kan maak soos hulle lus is nie! Verstaan hulle nie wat is basiese menseregte nie?????

Boerseun ·

Positiewe denke (lewe spreek) sonder waaragtige bekering tot die enigste lewende God deur Jesus Christus, Sy seun, gaan niks help nie! Dan sal dit ook nie help om dit ter wille van “self” te doen nie, maar ter wille van Hom alleen. Menslik gesproke stuur ons op ‘n onvermydelike ramp (moposa) af. Kom ons kondig ‘n nasionale dag van vas e n gebed af en staan dan terug om te aanskou die verlossing wat alleenlik die Here kan bring!

Boerseun ·

Soos die buchan bid dag? God werk nie so nie so nie . As jy jou bybel ken sal jy weet Moses was n ongelowige en het nie gebid tot God sy volk kom red het nie.

Ben ·

Wat van al die eiendomme wat nou te koop staan? Ek glo nie dit gaan nou nog verkoop word. Mens raak bang om nou iets te koop of te belê in eiendom.

Jacques Christie ·

Dit is bull,, alles wat ek en my family het het ons voor gewerk en betaal met harde werk en spaar.
Sal nie ons goed sommer net so gee nie.

Antoinette ·

Ek en my man bly nou 10 jaar op ons plot. En ons het al baie swaar gekry net sodat ons, ons eie plek kan hê. Ons het die plek met ons eie hande leefbaar gemaak. En nou wil hulle dit sommer net vat. Hulle sê ons moet ons stemme dik maak. Hoe doen ons dit??
Ek weet my saak met die vader is nie wat dit moet wees. Ek sal hier begin en op my knee staan en bid die vader sê in Psalm 50:15 Roep my aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou help en jy moet my eer.

Louis ·

Ek gaan dan vir my een van Ramaposa se wilds plase vat sonder vergoeding. Dit is mos wettig.

Matt ·

As hulle my grond wil VAT, sal ek dit eers afbrand end als vernietig dan kan hulle maar met niks begin soos ons voorvaders het.

Amanda ·

As hul eiendom wil terugvat sonder vergoeding moet hul die verband ook saam vat. Wie gaan dan betaal ek as eienaar gaan nie, dan sal ons sien wat word van die eiendom, die bank gaan dit dan in elk geval onder hul uitvat, dan sit hul met niks. Die banke gaan groot verliese hê.

Matt ·

As hulle my grond wil VAT, sal ek dit eers afbrand end als vernietig dan kan hulle maar met niks begin soos ons voorvaders het.

Casper Labuschagne ·

@Matt, jy hoef verseker niks te vernietig nie. In Zimbabwe het ‘n groep boere na ‘n dekade weer hul ou plase wat afgeneem as ‘n buitelandse toergroep gaan besoek. Hulle kon in meeste gevalle nie eens die ou plase vind nie, daar was nog doringdraadheinings, boorgate, windpompe of enigiets oor nie, net die murasies van ou plaashuise tussen lappies grond van honderde bestaansboere. Hele distrikte was sonder ‘n enkele boom of bossie, alles is afgekap om tabak te droog wat elke bestaansboer op sy klein lappie grond verbou. Dit is ‘n ekologiese ramp waarvan die gevolge vorentoe tot die hongersnood van miljoene sal lei.

Casper Labuschagne ·

Ek is oor een ding spyt en dit is dat hierdie debat op 27 Februarie 2018 plaasgevind het in plaas van 2 Februarie 2018. Dit sou heel gepas gewees het om te kon sê, “2 Februarie 1990 = 2 Februarie 2018.”

BEKOLAN ·

Stem saam met Aalwyn,
Almal vertrou te veel op mense en besef nie dat God alleen in beheer is.God sal self op die regte tyd ingryp. Laat los en laat God toe om julle denke te verander. Hou op negatief wees.

BEATY ·

Kan ons nie meer positief wees,en volkome op GOD vertrou nie. Laat los en Laat GOD toe .HY alleen is inbeheer.

Vat maar ·

my huis behoort in elke geval aan die bank. die rente veroorsaak dat hy my amper 3x sy prys kos. hulle kan maar vat want ek kan goedkoper huur.

Jasper ·

Ek dink ‘n solidariteit veldtog moet van stapel gestuur word om te demonstreer wat die gevolg van hierdie malspul gaan wees. Almal met huisverbande moet dit vir een of twee maande eenvoudig nie betaal nie. Laat die banke dan vir die regering bewys was watse waansin hierdie beleid eintlik is.

Prediker 3 ·

Prediker 3. ‘n Bepaalde tyd vir alles

1: ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd:

2: ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te roei wat geplant is,

8: ’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.

Hvh ·

Miskien is dit tyd dat die blanke belasting-betalingbetalende eiendom eienaars saamkom en die regering dagvaar. Daar is in 1994 ondernemings onderteken dat selfs minderheidsgroepe se regte beskerm sal word. Ons regte word geskend en hierdie land se geskiedenis brutraal verwring.
Dis tyd dat ons aandring dat die historiese feite op die tafel geplaas word, te same met die bewyse oor grond wat reeds terug gegee is.
Ek is VERBY moeg vir die leuens en die dreigemente.

WaarheidSpreker ·

Waar is die wigte en teëwigte????? Waar is die JA-broers van 1992….ons gaan mos in Utopia bly. Waar het alles geëindig vir ons nasie en ons volk?

Boer ·

Die boere moet ophou om produkte aan die markte te lewer uit protes. Hulle moet maatskappy stig en al hul mielies oorsee verkoop en die geld daar hou. Leef soos ‘n xpat in Afrika en betaal so min as moontlik belasting.

Stem VF, nooit weer DA. Zille het die les van Piet Retief maar weer geleer nes frikkie en roelfie ook moes

PJN ·

Ek lees deur al die klaagliedere en skud net my kop. Dink julle regtig met al Cyril se kwalifikasies en leierseienskappe sal hy die land in ‘n tweede Zimbabwe verander? Nie in sy termyn as staatshoof nie. Onthou hy is eerder ‘n suksesvolle sakeman as ‘n gierige staatsman wat vir eie gewin die land sal wil uitverkoop. Populisme is miskien die beste strategie om steun vir die komende verkiesing te werf, wie weet wat sy strategie is. Onteiening sonder vergoeding is en sal nooit sy opsie wees nie. Alles wat nou gepraat en gesê word is lippetaal om die oorgrote gedeelte volk kalm te hou behalwe die pesimistiese minderheid . Dink jy Cyril sal as ‘n suksesvolle sakeman ‘n koninkryk vir hom opbou en alles dan net so vir die wolwe gooi. Hy is ‘n uiters slim strateeg en speel die ander partye onbewustelik teenoor mekaar af om steun te wen vir die ANC vir die komende verkiesing. Onthou mnr Ramaphosa het eiehandig die grondwet in 1994 herskryf, Hoekom het hy nie toe hierdie opsessie gehad en homself vergryp het aan grondbesetting sonder vergoeding nie. Sou hy nie toe dan al so gewild gewees het dat hy as Staatspresident kon verkies word nie. So asseblief kalm af die wat moet afkalm…….niemand sal hul swaarverdiende eiendom sommer so verloor sonder vergoeding nie. Miskien verloor ons nou bietjie beleggersvertroue, maar daar is ‘n doel agter alles.

Boer ·

Juis waarom ek hom nie vertrou nie. Hy het in 94 daarin geslaag om alles by ons af te vat sonder om enige iets as teen prestasie te gee.

Lpe ·

Ek weet nie waar PJN sy inligting kry nie maar Cyril het defnitief nie die grondwet EIEHANDIG geskryf nie! Dit klink of jy hom baie goed ken met al die aannames wat jy oor hom maak. Gaan lees assblief op oor hoe hy sy geld gekry het. Let wel nie gemaak het nie. Hoekom kry jy nie jou feite reg voor jy kommentaar lewer nie.

Paul ·

PJN jy is naief, dis hoe hy vir Roelf en kie destyds met die onderhandelinge van die grondwet met die broek op die knieë gevang het, en jy sien nog nie deur Cyril nie.

Boerseun ·

En vertel ons hoe hy sy geld gemaak het? mugabe het dit ook uitgestel tot hy nie meer n verskoning kon kry nie. Lees bietjie broer jy mag iets leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.