Grondonteiening sonder vergoeding: Verhore begin dié week

Argieffoto

Die parlement se gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee oor onteiening sonder vergoeding gaan ʼn verskaffer inkontrakteer om te help om die meer as 700 000 insette te analiseer.

Die parlement het Sondag gesê insette waarvan die outeur nié geïdentifiseer word nie, sal as ongeldig verklaar word.

Dit kom nadat die publiek vroeër gevra is om insette te lewer op die voorgestelde wysiging van die grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding. Die gesamentlike parlementêre grondwethersieningskomitee het verlede maand vergader om sy program vir openbare verhore oor die voorgestelde wysiging te bespreek.

Die komitee is opdrag gegee om art. 25 van die Grondwet te hersien om dit moontlik te maak vir die staat om grond te onteien in openbare belang en om die nodige grondwetlike wysigings voor te stel. Hierdie proses verg egter dat die komitee die publiek moet nooi om kommentaar op die proses te lewer om alle belanghebbendes se sienings te kry en in ag te neem.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê die hersieningskomitee is in die proses om sy kapasiteit te verhoog deur ʼn diensverskaffer te verkry om die voorleggings te analiseer om sodoende te verseker dat elke inset oorweeg kan word.

Mothapo sê selfs insette met ʼn naam, ʼn selfoonnommer of ʼn e-posadres sal oorweeg word. Die komitee sal ook van 27 Junie tot 4 Augustus openbare verhore in al nege die land se provinsies hou om die voorgestelde wysiging te bespreek. Die verrigtinge skop glo dié week af in Limpopo en op 27 Junie in die Noord-Kaap.

Mondelinge vertoë sal van 7 tot 17 Augustus in die parlement aangehoor word. Daarna sal die komitee oor sy konsepverslag beraadslaag wat na verwagting op 11 September 2018 gereed sal wees, waarna aanbevelings aan die nasionale vergadering gemaak sal word.

“Die verhore moet beskou word as ʼn geleentheid om ʼn meer regverdige en billike Suid-Afrika te bou waarin ons volle en doeltreffende gebruik van die land se hulpbronne moet maak,” sê hy.

“Dit is dus noodsaaklik dat ons voordeel trek uit die verhore in plaas daarvan om dit as ʼn bedreiging te sien. Almal het onder die Grondwet ʼn geleentheid om hul standpunt uit te druk in ʼn regverdige en inklusiewe samelewing. Die hoofdoelwit van die verhore is om te verseker dat soveel moontlik burgers die geleentheid kry om hul standpunte in die belang van deelnemende demokrasie te lig.”

Om te verseker dat die verhore binne die gestipuleerde tyd plaasvind, gaan die komitee in twee verdeel en gelyktydig in verskillende provinsies werk. Die verhore sal afsluit in die Wes-Kaap.

Gedurende September sal die komitee beraadslaag oor sy konsepverslag voordat sy aanbevelings aan die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ag asseblief ·

Gaan die parlement nou regtig luister na insette van die publiek, hulle gaan maak wat hulle wil.

Botterblom ·

Sad… But true… Mense hoef nie eens hul vingers uit te put vir lang kommentaar nie… Punt.

Amanda Wait ·

@Ag asseblief. Ten minste het 700 000 waarvan ek een is, moeite gedoen om van ons te laat hoor. Op die draad sit gaan ook niks uitrig nie.

Tuislander ·

Tuisland vir ons wat moeg is vir die misdaad en korrupsie.

Onafhanklikheidsverklaring ·

Aangesien die Kommissie ons nie regverdige kans gee om insette te gee deur om slinks venues te kies waar ons geintimideer en doodgeskree gaan word, mag n groep boere hulle stuk gebied onafhanklik verklaar en wat sal die stappe wees om dit wettig te wil doen inaggenome die voorsiening daarvoor in die konstitusie en in internasionale wetgewing?

S ·

Hulle vra nie moet grondonteinding sonder vergoeding plaas vind of nie maar hulle vra net moet hulle die grondwet verander om dit te kan doen. Verstaan niemand dit nie?

Onafhanklikheidsverklaring ·

Boere gaan als verloor so is dit nie beter vir n groep boere om hulle gebied onafhanklik te verklaar nie, dit is tog toelaatbaar volgens die konstitusie en internasionale wetgewing om daarvoor aansoek te doen?

Onbenut ·

“Boere gaan als verloor” – WAAR kom jy daaraan?? Boere gaan niks verloor nie, tensy hul dalk onbenutte grond besit – dit is nou te se, indien grondonteiening sonder vergoeding wel ‘n realiteit word.

Casper Labuschagne ·

@Onbenut – veels geluk, jy is die eerste persoon wat my hierdie week warm onder die kraag gemaak het.

Ramaphosa en die ANC se onmiddelike doel is om geen plaas te onteien nie, maar om onteiening sonder vergoeding op die wetboek te plaas. En daar lê ons probleem – as dit eers wet is, bestaan eiendomsreg nie meer nie en daarna is verset daarteen vergeefs. En wees verseker, dit gaan begin met enkele eiendomme maar uiteindelik sal weinig witmense meer eiendom besit nie en daardie tydsverloop sal korter as vyf jaar wees.

Meer as 90% van plase of huise wat deur witmense besit word is gefinansier. Sou die bate of eiendom nie meer bestaan nie word die uitstaande bedrag omskep in ‘n lening sonder sekuriteit en word metodes van skuldinvordering dan toegepas om die uitstaande bedrae sover moontlik te vereffen. Die staat sal sekerlik dan ook waarborge aan banke moet bied om te voorkom dat die finansiële stelsel ineenstort, maar net vir die verliese wat hulle nie kan invorder nie. Gevolglik sal die ekonomiese mag van witmense deur bankrotskap vernietig word as hul grond afgevat word.

Die gevolg sal wees dat die getal witmense tot minder as twee miljoen sal daal omdat almal wat hoegenaamd die land kan verlaat wel sal vlug. Die ANC sal dan as ‘n party van 80% steun kan regeer sonder om uit die kussings gelig te word omdat die DA as party gebreek sal wees en die EFF daarna onbenullig sal word.

Pierre ·

Om te dink dat jy armoede gaan teëwerk deur mense grond te gee, is so goed jy voorsien mense met kookboeke om hongersnood teë te werk.

Anna ·

hul moet nie artikel 25 van die grond wet verander nie ons almal het ons plekke in die son swaar verdien dit het in niemand se skoot verniet beland nie .

Pieter ·

Ek verstaan nou nog nie die hele soustrein gemors nie. Die Voorsitter Vincent Smith het dit uitdruklik gestel dat dit nie oor die impak of enigiets anders is nie – grond gaan onteien word sonder vergoeding. Nou die hele ou soustrein om mense sonder enige konstitusionele kennis te vra of die grondwet verander moet word? Kon hulle nie maar net ‘n paar grondwet kenners se raad gevra het nie?

Akram ·

Die groot bekommernis is dat die grond sonder vergoeding van toepassing is op plase. Maar wat van erwe wat leeg staan, en as dalk lank terug as n moontlike belegging aangekoop is? Sal dit van toepassing wees op geboue en huise in woonbuurte ook wat leeg staan? Sal die grond reg benut kan word? Ek het onlangs fotos gesien van die lemoen plaas wat tot in die grond terug geboer is. Alhoewel daar sukses verhale is, sal ek graag will weet hoeveel van die plase wat “gekoop” is vir herverdeling, het sukses bereik en kan n wins toon? Of selfs bewys dat die boerdery vooruitgaan?

Gys ·

Demokrasie is waar jy die geleentheid kry om elke 5 jaar ‘n nuwe diktator te kies, ongeag in watter land jy woon. Wys vir my een (net een, nie twee nie) regering wat REGTIG na die bevolking luister.

Casper Labuschagne ·

Demokrasie is ‘n stelsel waar fondse van rykes bekom word en stemme vanaf die armes onder die voorwendsel dat jy die een groep teen die ander sal beskerm. En deesdae kan mens hierdie verskynsel duidelik waarneem.

Die fout lê dalk by die Westminister styl van ‘n demokrasie. Eerder miskien ‘n republiek wat op ‘n regsbeginsel gevestig is met ‘n Volksraad en ‘n Senaat en sonder enige politieke partye maar waar slegs individue verkiesbaar is as Volksraadslede en waar hulle dan die inwoners in ‘n bepaalde streek verteenwoordig binne ‘n Volksraad. Die inwoners stem terselfdertyd ook vir ‘n president. Daardie Volksraad stel dan senatore aan uit geëerde landsburgers en die president stel dan ‘n kabinet aan vanuit lede van die Volksraad.

Jennie ·

Om te kerm dat dit onregverdig is of ekonomies rampspoedig is, gaan ons nie help nie en gaan nie eiendomsreg bewaar nie, want die anc is gefokus op die 2de rewolusie om eiendomsreg te ontneem en kommunisme in te stel noudat hul met demokrasie die mag verkry het en dit nou weggegooi kan word om hul ware aard te voorskyn te bring: kommuniste.
Wat gaan ons help?
Kom bymekaar in areas, stel ‘n interim regering aan, neem die kwesbares (soos kinders en bejaardes) na die westelike deel van die land, beskerm hulle, besluit op strategie, stig af.

SjN ·

Die verhore word gehou tydens werksure op onrealistiese plekke, dit is hoekom dit so gaan in die land, bevoegdheid ontbreek op alle aspekte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.