Grondonteiening: TLU dreig met internasionale regsaksie

Argieffoto (Foto: goumbik/Pixabay)

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy beskou enige wetgewing spesifiek ontwerp om eiendom in wit besit sonder vergoeding te onteien as rasgebaseerde en diskriminerende onteiening en internasionaal onwettig.

Louis Meintjes, president van TLU SA, waarsku dat sou die parlement die voorgestelde wysigings van artikel 25 van die Grondwet aanvaar wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, gaan die organisasie internasionale regsmaatreëls toepas om die eiendomsreg van sy lede te beskerm.

Hierdie maatreëls sluit in regstappe teen enige lid van die regering, die wetgewer of selfs die regbank wat die onteiening van eiendom in wit besit steun, aanhits of daaraan deelneem.

Maroela Media het vroeër berig lede van die publiek het nou tot 29 Februarie om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings van artikel 25.

“Ons beveel steeds aan dat die bewoording van artikel 25 van die Grondwet bly soos dit is sonder enige wysigings,” sê Meintjes. Dít sê Meintjes is noodsaaklik vir stabiliteit en belegging en dus ’n noodsaaklike beginsel vir ʼn suksesvolle ekonomie.

Meintjes meen landbou is nie die enigste sektor wat geraak sal word deur onteiening sonder vergoeding nie. Die reg op private besit sal ook in gedrang kom.

“Daar is grondwetlike en universele internasionale regsbeginsels waaraan elke staat moet voldoen, ongeag sy grondwet. Hierdie beginsels handel oor die behandeling van minderhede in ’n staat, veral rasse-minderhede.”

Volgens Meintjes het die Suid-Afrikaanse regering toegetree tot verskillende internasionale verdrae wat rassediskriminasie sowel as diskriminasie op grond van eiendom verbied.

“Die reg om nie op grond van ras teen gediskrimineer te word nie, is ’n fundamentele reg. Die reg op eiendom en onteiening vir openbare doeleindes en teen vergoeding moet ook deur die Grondwet beskerm word. Enige verandering aan die Grondwet wat dus neerkom op diskriminasie teen eiendom wat deur wit mense besit word, sal die wettigheid van die Grondwet in die gedrang bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jacobus ·

Ten minste een organisasie wat die manne moed het om sy rug styf te maak.

Eragrostis ·

Dankie TLU, vir wat julle doen. In die lig van die houding wat die ANC nou ontslaan ná aanleiding van FW de Klerk se beskuldigings dat hulle nie by die KODESA ooreenkomste hou nie, is dit net nog ń bewys dat die ANC hulle nie steur aan landswette of ander se reg of diskriminasie nie. Dis reg dat organisasies soos TLU en Afriforum hulself tot die internasionale owerhede wend.

Jan ·

Die internasionale gemeenskap insluitend trump hwt nog altyd en sal altyd die anc steun…en al die sg regse europese leiers sal ook die anc steun…die boere was dom al die jare om mielies vir hul vyande te plant…

Mieke ·

Jan. Ek twyfel sterk of Trump nog die anc steun. Die wêreld weet teen hierdie tyd hoe oneerlik hulle is en watter lagwekkende stellings daar gemaak is. Die “one American one bullet” episode het nie ongesiens verby gegaan nie- vir seker! Daar is heelwat lande wat kennis dra van die boere wat eenvoudig uitgemoor word.

Hector ·

Jan, jou inligting oor hoe die buiteland dink oor SA, is nie die regte inligting nie. As ‘n vriend van die Boere, wat sedert Oktober 1982 reeds 27 toere met Vlaamse mense begelei het, kan ek met sekerheid vir jou sè die Boere én die boere geniet in Vlaandere baie ondersteuning. Sterker nog: die Vlaminge is die grootste ondersteuners van die Afrikanersaak van die heel wèreld! Ook in die Parlement het Vlaamse LP’s reeds kritiese vrae gevra oor die plaasaanvalle en -moorde en die ontkenning daarvan deur die ANC-regering. Onthou, Jan, die meeste vriende van die Boere bly in Vlaandere!

Werner ·

Wardeer wat TLU wil doen maar glo nie hofsake gaan ons meer help nie hulle sal net op groot skaal plase begin beset as hulle nie hul sin kry nie hulle is al te veel opgesweep

Flip ·

Geagte lesers
1. Die konsep wysiging is prematuur aangesien die 2018 publieke deelname proses verdag blyk te wees en derhalwe deur Afriforum teengestaan is en nog nie in die hof getoets is nie. (Hooggeregshof Wes-Kaap. saak nr. 21367/2019).

2. Die konsep wysiging is prematuur aangesien die 27 Feb.2018 parlementêre sitting waartydens die besluit om Art.25 van die grondwet te wysig, gekenmerk is aan diskriminasie en differensiasie, wat oortredings is van die grondwet van die RSA, en derhalwe ‘n sitting is wat Buite Orde en derhalwe Ongeldig blyk te wees – aldus die hangende regshulp wat die Assosiasie en Koalisie vir die Herstel van die Boererepublieke vra – Hooggeregshof Wes-Kaap saak nr.: 5089/19.

3. Die parlement het derhalwe myns insiens nog nie ‘n bewese mandaat met dit waarmee hul tans besig is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.