Grondonteiening: TLU SA ‘stuur noodsein’ aan buiteland

Argieffoto (Foto: goumbik/Pixabay)

TLU SA het vandeesweek ’n veldtog van stapel gestuur waar hulle landsburgers versoek om standpunt in te neem teen grondonteiening sonder vergoeding om sodoende dié dreigende kwessie onder die aandag van die buiteland te bring.

Louis Meintjes, president van TLU SA, het aan Maroela Media gesê die veldtog bied ʼn platform deur middel van ʼn petisie waarin landsburgers hul mening oor grondonteiening kan stel. Die landbou-organisasie beskou die veldtog as ʼn “noodsein” wat aan die buiteland gestuur word.

Meintjes verduidelik dat Suid-Afrikaners dié petisie kan teken wat deel sal vorm van ʼn formele versoekskrif wat aan “leiers, ambassadeurs en invloedryke rolspelers” van ander lande oorhandig sal word sodra die organisasie voldoende steun het. Dié lande sluit Engeland, Amerika, Duitsland en Australië in.

Die versoekskrif wat teen grondonteiening sonder vergoeding sal skop, sal ook aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig word, het Meintjes verduidelik.

Meintjies het Maroela Media verseker dat TLU SA reeds in verbinding met die betrokke lande getree het. “Ons het reeds die Europese Unie genader en ʼn voorlegging gedoen. Ons het ook kontak met die ander lande. Ons het direkte toegang tot [pres. Donald] Trump. Dit gaan hul hand sterker maak om aksie teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika te neem,” het hy verduidelik.

Volgens Meintjes staan die veldtog bekend as die “SOS-veldtog” en het dit ten doel om druk op die plaaslike regering te plaas.

Luidens ʼn verklaring oor die aangeleentheid, beklemtoon die organisasie weereens dat die bedreiging van private besitreg ’n noodlottige uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê.

“Met dié veldtog sal ons ’n noodsein aan die buiteland stuur wat hulle versoek om standpunt in te neem teen die grondwetwysiging en die Suid-Afrikaanse regering te waarsku om nie met die kortsigtige planne voort te gaan nie,” lui die verklaring.

“Privaat eiendomsreg, hetsy dit grond, aandele of selfs kontant is, is die belangrikste beginsel van ’n land se ekonomiese groei,” glo Meintjes.

Die organisasie glo dat die staat ʼn verpligting teenoor landsburgers het om hul eiendom te beskerm. “Wanneer privaat eiendomsreg deur die staat self ondermyn word, [versuim] die regering om hulle verantwoordelikhede na te kom tot nadeel van die land se ekonomie.”

Meintjes verduidelik dat TLU SA deur middel van die veldtog die posisie van ʼn middelman ingeneem het.

Hoewel die petisie vereis dat ʼn persoon sy of haar naam, van, e‑pos‑adres en selfoonnommer moet verskaf, verseker die organisasie dat dié inligting streng beskerm sal word. “Vir veiligheidsdoeleindes gaan ons net die name op die amptelike petisie deurgee,” sêMeintjes.

Die petisie is op TLU SA se webblad asook Facebook beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Frank ·

Het ek nou die kat aan die stert beet as ek vra:
Het TLU SA nie kapsie gemaak toe Afriforum verlede jaar met so ‘n veldtog begin het nie, en Afriforum gekritiseer nie?

JG ·

Ek weet nie so lekker met Engeland wat deel vorm van daai groep nie…hulle is/was die oorsprong van 90% van die probleme wat ons tans ervaar…andersins, n saak wat ek wel sal ondersteun.
Wat dink jy Jerry, ou maat ?

Ida Kriel ·

Engeland het ons al baie gekos en Ek beskou hul nie as n vriend van my nie. Een land wat ek nie sal in bly nie. Sterwe eerder hier.

Riaan ·

Jerry sal dit nie ondersteun nie want dit het die potensiaal om CancER en die rooi beret gang kwaad te maak?

Frank ·

Theresa May het mos gesê Engeland sal grondonteiening sonder vergoeding steun, solank dit net wettig is.
Dws solank die Grondwet gewysig word….

Dries ·

Die wereld het destyds met dieselfde beleid in Zim, geen woord gerep ni…

Rina Penaar ·

Enige pogings is welkom maar, ek stem saam met ander – England is swak keuse vir ondersteuning. Dit is telkemale bewys dat ons nie op. hulle kan staat maak nie.

Gaitsigubib ·

Ja dis nie heeltemal korrek nie. n Hof in Namibie het beslig Mugabe mag nie aangaan met sy “land reform” soos wat hy gedoen het op daardie stadium nie – Jy kan gerus hierdie uitspraak gaan bestudeer. Die regters in Zim het ook dikwels teen Mugabe beslis. Die rede waarom hy in elk geval kon voortgaan om te doen wat hy wou is omdat daar burgers (blankes) in die land was, wat n miskonsepsie van “samewerking” gehad het, wat basies daarop neer gekom het dat jy jou eiendom, of deel daarvan, moes oorhandig. Die mense in die stede het dit van die boere verwag. Later het die wal natuurlik gebreek en die wat in die stede bly moes ook die prys van hul eie kortsigtigheid betaal. Dit klink nogal bekend.

Gaitsigubib ·

Hi Andreas, nee ek het al onder die naam “Piet” geskryf maar elke 2de ou is Piet toe verander ek maar my naam. Ek volg ook wat Ben se, maar daar is beslis ook meer as een van hulle, ek dink die een gebruik sy van wanneer hy plaas.

Cherokee ·

Jy kan gerus vertel vanwaar jou gebruikersnaam oorsprong het.

marous ·

Daar is klaar besluit en geen buiteland sal dit keer nie . As jy wit is sal jy van al jou regte ontneem word . Dis die waarheid.

Jimmy ·

Die wolk van apartheid sal oor Afrikaners totdat die laaste een verdwyn het. Ons het nie vriende nie.

Cherokee ·

‘….totdat die laaste een verdwyn het.’
Kom ons maak ‘n afspraak dat àl die Suid Afrikaners Woensdag om 4nm by die lughawe ontmoet, dan gee pad ons uit die land.
Hulle sal egter steeds aanhou om die verskoning te gebruik ten einde hul onbevoegdheid te verskoon.

Pampoen ·

Meeste van daardie land het dan destyds bankvas agter die kommuniste gestaan om in Suid Afrika te regeer. Mantel draaiers. Sal niks doen om ons te help nie

Elna ·

Dis waar pampoen. Ons sit met die gebakte pere terwyl hulle hulle vir ons sit en lag

Boerin ·

Agteroor gesit en kyk hoe gaan Zim ten gronde , hoekom ons probeer help ?
Maar ek sal die petisie teken vir wat dit werd is,mens moet enige organisasie ondersteun wat iets probeer doen !

Wessel ·

Het jy gesien, hulle het intussen ‘n ander President gekry.

Vra net ·

Was TLU nie ook van die groepe wat Afriforum uit gevat het omdat hulle na die buiteland is oor plaasmoorde en grondonteiening.

Sarel ·

Engelse het Zimbabwe en SA uitverkoop. Europa het tans probleme van hulle eie. Ek sal egter die veldtog ondersteun. Sal net graag wil weet of Agri SA die veldtog sal ondersteun.

Jerry ·

JG, petisies, net soos interdikte is iets wat die revolusioneres nie respekteer nie, dit laat hulle uitdagend optree, hulle skeur dit en verbrand dit terwyl die wetstoepassers staan en toekyk, nie net op die grond nie, maar ook in die parlement. Om te dink dat die lande wat genoem is, ons gaan help en werklik genoegsame druk sal kan uitoefen om die revolusioneres te keer om hulle reg en die wil van die meerderheid kiesers vir n twee derde meerderheid uit te oefen ten einde broodnodige sosiale verandering mee te bring, is onrealisties. Ons verwag te veel van ander lande wie ons inderwaarheid niks skuld nie, inteendeel ook nie eintlik eers goedgesind is nie. Die probleem waarmee ons sit is dat die regeerders ons nie goedgesind is nie en ons wil vernietig met elke geleentheid wat ons aan hulle bied. Die regeerders verdra geen onreg nie, nie van die verlede nie en ook nie van die hede nie. Dit beteken dat vir elke aksie wat ons teen hulle loods daar n reaksie met gevolge vir ons mense sal wees, al is dit net om te wys wie is nou die baas en wie is klaas! In die lig van al die gevolge vir ons mense agv ons weerstand, dade en aksies teen die regeerders reken ek moet ons ons aksies meer versigtig kies. Om strategies net soms te wen is n fout en n onreg teenoor ons eie mense, omrede dit die aanslag teen ons mense verskerp!

Wessel ·

Dit is regtig ‘n patetiese seining. So wat stel jy voor moet gedoen word, wat nie die regeerders sal kwaad maak nie?

Andreas ·

In ongeloof staar ek na Jerry se kommentaar, kan nie ‘n woord uit kry nie, die gebarste tong vee so oor die kurkdroeë lippe van smag na bietjie vog, krampagtig klou ek die rekenaar se muis vas, my wysvinger gevries op die wiel, dit roer nie.

Gaitsigubib ·

Ja ek voel dat sommige mense plaas hulself in die kategorie van “kaas” en gaan dan verder en noem die wat dit die minste verdien “baas.” Ek het “kruipers” gesien wat tydens die transformasie van die SAUK, in die De Klerk era, letterlik van hul kolegas as “Oubaas’ aangespreek het, so asof hulle dit altyd gedoen het. Onregte was daar in elke volk se verlede, almal is egter gelyk, almal verdien n plek in die son, almal verdien n gelyke kans. Om diskriminasie teen my eie te sit en aanskou maak my siek.

Vordering ·

Eks seker die buiteland sien uit na die petisie en vorderingsverslag! Dit is tyd dat ons besef dat ons alleen staan. Kan jul nie sien die buiteland sit handegevou en wag dat die finale nekslag ons ingedien word nie. Hul geniet dit om te sien hoe hier gespartel word! As ons nie iets DRASTIES gaan begin doen nie GAAN ons presies dieselfde en ERGER as Zimbabwe opeindig

Judge Dredd ·

Jerry/TN/Kolla en bollie wil he ons moet so al versoenend en samewerkend die verderf ingaan !!!

Jerry ·

Wessel dink jy regtig dat die buiteland omgee wie se grond dit is. Daar is baie meer voordele vir die staat om die grond te besit, ook vir die buiteland wat die minerale nodig het. Die plan is nie om te boer of te bewaar nie, die plan is om te myn orals waar daar gemyn kan word! Voedselsekerheid is nie die staat se prioriteit nie, mynbou is. Dit bied duisende werksgeleenthede aan die werkersunies en genoeg geld om voedsel in te voer. Op die einde van die dag gaan daar net n mynhoop oor wees van SA. Die riviere en ondergrondse water gaan besoedel wees, geen mens of dier sal die water kan drink nie, selfs plante sal nie groei nie. Dit is waarheen die revolusioneres met SA oppad is, dit is hulle oplossing om werk te skep en om miljoene mense te voed. Wat ookal daarna gebeur tel nie punte nie. My en jou kolonialistiese oplossings is dus miljoene ligjare verwyderd van hulle oplossing! Om die regeerders kwaad te maak help nie, want onskuldige mense ly daaronder. Indien jy hulle wil kwaadmaak, sorg dan dat dit net jy is wat daaronder ly. Soos die geval van Steve, net Steve moes vir sy standpunt gely het, nou ly ander onskuldige kunstenaars ook daaronder. Die Afrikaner is nie meer n volk nie, ons is verskillende organisasies met verskillende oogmerke. Net n wonderwerk kan red wat te redde is!

Andreas ·

Jerry, maar jy staan dan eenkant weg van al die strukture en organisasies. Dit lyk my al die organisasies wat darem redelik ooreenstemmende oogmerke het, elkeen nou net op sy eie terrein en spesialisveld, is jy ongelukkig mee. Ek het idee as jy toentertyd saam met die Groot Trek was, het jy voor die Drakensbege weg noord gedraai.

Gaitsigubib ·

n Mens se posisie m.b.t ander lande, is inderwaarheid baie belangrik. Toe die Boere teen Engeland in opstand gekom het, het die Engelse nog met voorlaaiers geskiet tewyl die Boere slotgewere gehad het, wat van Duitsland ingevoer was. Die Duitsers was toe lank reeds dik vir die Engelse. Hou aan om die waarheid die wereld in te versprei. Jy mag dit nie onder n maatemmer plaas nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek ondersteun ook hierdie petisie. Die pres is baie slinks met sy woordspeling.
Hulle sal “niks onwettigs doen” met grondonteining nie. Die grondwet gaan beslsis deur die parlement verander word, met die dat die ANC/EFF bedmaats is, dan is gondvergrype mos nie meer teen die wet nie. Indien hulle dit nie regkry om die grondwet te verander nie, sal enige vorm van grondonteiening sonder vergoeding teen die huidige wet wees. Slim stukkie skaakspel van Ramaphosa om buitelandse beleggers te bedrieg.

koos ·

Ek besit nie n plaas nie, maar ek besit 2 huise. een word verhuur.
gaan ek albei verloor, of net die een waarin ek nie woon nie?
wats die tydsraamwerk? Moet ek nou verkoop omdat die onteiening volgende jaar gaan wees, of is dit n langtermyn ding?

Cherokee ·

Ek neig te onthou koos, dat jy voorheen hierdie vraag gevra het. Miskien iemand anders, miskien jy. Ek onthou selfs wat jy geantwoord is.
Daar word nie slegs een plaas weggeneem van boere wat twee plase besit nie. Boere wat net een plaas het, se plaas word ook onteien.

Kallie ·

Moenie worry nie. Sneeuwitjie en die nege dwergies sal ons red.

PJC ·

Jerry miskien moet ons juis die regeerders so ontstel dat dinge maar tot ń punt kom. Ek kry die idee dat ń volskaalse revolusie die enigste iets is wat dinge gaan oplos in hierdie mooi land van ons wat so gruwelik verraai is. Miskien moet die Afrikaner weer bloei om vry te wees en van al die verraaiers in sy midde ontslae te raak. Dinge kan doodeenvoudig nie so bly aangaan soos nou nie. Ons sing mos “ons sal offer wat jy vra” en miskien is nou die tyd.

Hendrik ·

Dit beteken nie ons moet tou opgooi nie – komaan, doen jou deel en teken die petisie!

Jacqui ·

Nie n vinger was geroer toe Zimbabwe se blanke boere ontein is nie. Geen vinger sal geroer word vir ons nie. Al wanneer n wenkbrou sal lig is as dit n buitelander se grond is. Tog glo ek hulle sal gespaar word. Nee wat. Die Afrikaner sal seker binnekort besef ons het net ons self om dié oorlog te voer. Waar is menseregte kampvegters vir boere wat soos diere geslag word? Laat n Afrikaner sy hand lig, dan dans die poppe. Sal ons opstaan of gaan lê?

Boerboel ·

Ek Lees nou almal se kommentaar en raak benoud. Ek sal die ding teken. Hoopenlik is daar een land wat sy stem sal duk maak. Ek glo die EFF gaan vroeg al geraas maak oor grond as die parlement oop maak.

Andreas ·

Saterdae is daar mos nou vir jare lank nie meer noemenswaardige rugby op TV nie, sit jou Skype aan dan gesels ons lekker oor ‘n koppie koffie, ons ontspan heerlik terwyl ons melktert nuttig. Bring die vrou saam, dan stel ek haar aan my liefde voor, my inspirasie wat my op die pols tik as ek verkeerd is. So terloops, ek geniet altyd jou kommentare.

Boerboel ·

Mense praat asb. As julle verskil.
Duitsland kan dalk ons Redding wees.
Onthou in 1915 net na die rebellie het unie magte die duitsers uit SWA verjaag.
Dit was op bevel van Engeland. Duitsers het tans 3 groot motorvoertuig fabrieke in SA. Ek hoop hulle sal help. Hulle hou nie van die Engelse nie so dalk gooi hulle nog hulle gewig agter ons.

Judge Dredd ·

Die huidige Duitsland waarskynlik nie.
Toekomstige Duitsland moontlik – ek sien Duitsland is stadig maar seker besig om weer regs te draai.

Cherokee ·

Nie slegs Duitsland nie, Judge. Heelwat Europese èn ook ander Westerse lande draai konserwatief, miskien grootliks aangepos deur moslems wat die aardbol probeer oorneem, soos 2000 jaar gelede deur Johannes geskryf op die eiland Patmos.

Boerboel ·

@Andreas Ek sal dit met graagte aanvaar, ek geniet jou se goed, ek het amper die been ingesluk wat ek aan kou toe ek dit lees, baie goed gestel, ek is ongelukkig n’ man wat met sy hande werk so ek is nie goed met woorde nie.
Dis duidelik as mens al die kommentaar lees dat die kwessie oor grond n’ baie groot swaard is wat oor ons koppe hang. Veral as die ANC en EFF trou en die kinders wat uit die huwelik gebore gaan word…………Kom ons hoop dat TLU iets sal vermag met die veldtog. Ons kan op die stadium net hoop vir die beste. Die ding kan baie lelik raak.

Jerry ·

PJC of jy die regeerders ontstel of nie, dinge gaan in elk geval tot n punt kom en die vraag is hoe berei ons ons mense voor vir wanneer dinge tot n punt gaan kom? Berei ons ons mense voor vir dit waaraan ons hulle blootstel. Is ons mense verenig, toegerus, voorberei en opgewasse vir die taak op hande wanneer dinge tot n punt kom? Weet ons wat die dinge behels wat tot n punt gaan kom en waarvoor ons onsself inlaat, ken ons hierdie dinge, of gaan die dinge wat tot n punt gaan kom iets nuuts wees vir onse mense? Glo my dat onse jongmense het nie n idee van wat die dinge wat tot op n punt gaan kom, behels nie! Daarom se ek, moet nie wit teen swart afspeel nie, moet nie mense blootstel wat nie verenig, voorberei, toegerus en opgewasse is vir die taak op hande is nie. Vanwaar ek staan en die kat uit die boom kyk, sien ek dat dit waaraan julle onse mense blootstel, ons mense nie op voorberei is nie, toegerus is nie, voor opgewasse is nie, verenig is nie. Dus beskou ek dit as my plig om mede landburgers aan te moedig om hulself en hulle geliefdes nie te laat blootstel aan dinge waarteen hulle nie opgewasse sal wees nie en om hulle grond, besittings en eiendomme te verkoop en te emigreer indien dit hulle beskore sou wees! Die wat bly kan later gehelp word deur die wat gly!

Attie. ·

Een of ander tyd gaan Skotland besluit on sy bande met Britanje te breek en dan kan ons weet dat Engeland geskiedenis is. Engeland sal nie kan vootbestaan sonder Skotland nie. Daardie dag sal ek vir my ‘n koue uithaal en sê “Gesonheid….op Gueen en Country.” en ek sal begin om Engels te praat en ek sal sê” There wil always be a country where England used to be.” en die Walliesers en die Iere sal saamsing, want hulle onthou nog so goed….en die twee klein Boererepubliekies onthou ook dat die magtige Britanje se duurste oorlog het amper drie jaar geduur terwyl die Britse soldate gesê het , ” Keep hot the tea, see you before Chrismas.”

Attie. ·

En in 2024 gaan alle SA Britte sowaar teen die DA draai en VF+ stem. Wat gaan ek dan stem want ek weier om saam met Engelse te stem. Dan liewers EFF………..

Gaitsigubib ·

Attie dit wat jy nou se was Oom Jaap Marais se probleem ook (en hy was eintlik briljant in baie opsigte). Hier is mense onder ons wat ook ‘n verskil wil trek tussen die Afrikaners en die Boer. Die Boer het blykbaar saam en kort na Van Riebeek hierheen gekom, die Afrikaners het gekom na die ontdekking van goud op die Witwatersrand. In Zim was die boere engels, maar hulle was ysters. Hulle het baklei tot John Voster en die NP van SA handel met Zim opgeskort het. Boere daar is swaar gestraf sonder brandstof en treine met hul produkte wat op Beitbrug staan en vrot het. Later is Recce 5 in SA gevorm uit die Selous Scouts. As mens ooit in n oorlog sou ingaan sal jy moet besef wie jou vyand is anders gaan jy nie juis vorder nie, maar as almal egter jou vyand is, is dit miskien tyd vir selfondersoek.

Mossie ·

Werklik nè?! Verkoop en vlug?! Waarnatoe, na n ander land wat my ook nie wil hê nie?!
Ek is n gebore Suid-Afrikaner en n afstammeling van die Voortrekkers, dieselfde Voortrekkers wat n onbekende, onveilige land ingetrek het om onder die Engelse druk weg te beweeg en n beter toekoms vir elkeen te skep. Ek is deur God op hierdie lappie wat Suid-Afrika heet gesit en hier sal ek bly en verdedig wat God aan my toevertrou het tot die dag wat Hy my weer kom haal.
My gebed is dat n ieder en elk wat in murg en been en bloed n getroue Suid-Afrikaner is deur God bemoedig en versterk sal word in gees en vlees, breinkrag en liggaamskrag en in Sy Naam tot stilstand sal kom en sal verdedig wat God aan elkeen toevertrou het in hierdie land. Hierdie oorlog wat oppad is en wat sal gebeur is nie teen wit of swart of ras nie, dis teen die Antichris wat in alle vorme, kleure en tale voorkom.
Hou op vlug, jy bluf net jouself!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.