Grondonteiening: ‘Wittes kan nie alleen vir eiendomsreg veg’

dr-theo-de-jager-ad-hoc-groep-vir-eiendomsreg

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboere-organisasie, was een van die sprekers by ʼn beraad van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg wat by die TLU SA se kantoor in Silverton, Pretoria plaasgevind het. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

“Die stryd vir die beskerming van eiendomsregte kan nie deur Afrikaners, Afrikaanses of wit mense alleen geveg word nie. Swart mense moet saam met ons baklei. Ons moet daardie vennote gaan soek, want daar is baie van hulle.”

Dit is die mening van dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboere-organisasie. Hy was een van die sprekers by ʼn beraad van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg wat by die TLU SA se kantoor in Silverton, Pretoria plaasgevind het.

Die Afrikanerbond en TLU SA maak saam met ander organisasie en politieke partye deel uit van dié groep wat glo die wysiging van die Grondwet hou negatiewe implikasie vir die ekonomie, voedselsekerheid, sakevertroue en eiendomsreg oor die algemeen in.

De Jager het gesê die beraad is voorafgegaan deur ʼn gesprek in Midrand oor die vorming van wat hy ʼn “breë front” noem vir die beskerming en ook uitbouing van eiendomsreg.

“Daar is sowat twee miljoen swart boere en in die stede en dorpe is daar huiseienaarsverenigings waar mense huil omdat hulle nog nie hul titelaktes gekry het nie.”

Hy het ook gepleit dat die verligting van armoede deel van die oplossing ten opsigte van die grondkwessie moet wees.

“Agter die mense wat betoog en dinge afbrand, lê ʼn diepliggende armoede. Meer mense moet iets hê om te verloor. Die meeste mense wat nou die hardste ten gunste van die wysiging aan artikel 25 skree, het reeds niks om te verloor nie.”

De Jager het gesê vir die vergadering in Midrand in Augustus het 24 van die 30 uitgenooide organisasies vir die samesprekings opgedaag.

“Ons is nou besig om te kyk hoeveel swart organisasies ons vir hierdie saak kan betrek en daar is ʼn goeie kans dat ons minstens 60 organisasies gemobiliseer kan kry.”

sprekers-by-ad-hoc-groep-vir-eiendomsreg

Die sprekers by die ad hoc-groep vir eiendomsreg was (v.l.n.r.) prof. André Duvenhage, Dave Steward, oudregter William de Villiers, dr. Anthea Jeffery, Werner Weber en dr. Theo de Jager.

Hy het bygevoeg dat die idee nie is om ʼn nuwe organisasie vir die saak te stig nie, maar eerder ʼn baie breë, losse front waar almal minstens ooreenstem dat hulle gekant is teen die wysiging van die Grondwet en ten gunste van die verbreding van eiendomsreg is.

“Suid-Afrikaners verstaan nie dat hulle elkeen eintlik ʼn plaas het om te verloor nie en die banke gaan die grootste verloorder van almal in hierdie hele proses wees.

“Boere en huiseienaars gebruik hul eiendomme as kollateraal en dit beteken almal kan verloor as dié addisionele sekerheid eers verlore is. Die gebrek aan kollateraal in Afrika is die enkele grootste rede hoekom hierdie vasteland nog nie die potensiaal as die wêreld se broodmandjie bereik het nie.

“Daar is net vier lande suid van die Sahara waar daar private grondbesit is: Suid-Afrika en Namibië en klein stukkies van Botswana en Zambië,” het De Jager gesê.

Hy het ook bygevoeg dat grond dikwels gebruik word as ʼn soort troefkaart wanneer ʼn politieke party dink hulle gaan ʼn pak slae in ʼn komende verkiesing kry.

  • Lees ook op Maroela Media wat dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, gesê het op die geleentheid oor eiendomsregte en die ANC se planne om artikel 25 van die Grondwet te wysig.
  • Lees ook op Maroela Media wat oudregter William de Villiers gesê het oor juridiese alternatiewe vir landbou en ander bekommerde organisasies op die geleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jane ·

Hulle gaan dan die VERNIET plase kry of so word daar vir hulle VERTEL, al die EFF manne en ANC ouens kan jy maar vra . hulle is ‘n PLAAS BELOWE .. so hoekom sal hulle saamstaan? Ek voel ook soos jy maar ongelukkig is daar min swartmense wat saam die wittes oor grondonteiening gaan vasstaan want hulle BESEF nie dat dit onteiening in die algemeen van ALLES gaan beteken nie. Die plaas waarop grondbesetters vandag verwyder was WAS ‘n swart man sn .. so dalk moet julle met al die swart boere eerste gaan praat.

Al ·

Ja dit was ñ goedkoop taktiek vd ANC om die skare se aandag af te lei van die nare staatskaping wat die ekonomie lam gelê het.
Nou word hul ñ nuwe lekkergoedjie belowe.
Cope en die boere oor kleurgrens sal saamstaan.
Wanneer jy eers ñ titelakte het, sal jy baklei vir jou eiendomsreg.

Hans ·

Dan gee België vir die regering R528 miljoen vir die onteiening van grond. Alle bande deur burgerregte organisasies moet met België verbreek word.

Eish ·

Of dit haalbaar gaan wees betwyfel ek ernstig.
Die regering het hom reeds behendig uitgemaneuver uit die tradisionele grondkwessie, so die hoofmanne, Indunas, konings en prinse is tevrede. Om hul sover te kry om dié minderheid se saak te steun, is n pypdroom.
Cope se ondersteuning daal met elke verkiesing en is net n krapperigheid van hul eertydse verwagting.
Die regsroete is myns insiens geblok deur aanstellings op die regbank wat waaragtig die wet gaan interpreteer volgens die hand wat hul voed.
Die hele situasie stuur af op n klimaks waar alle ontsnaproetes deur brandende bande en klippe versper is.
Dit is verstommend hoe die vertropping nou plaasvind met die uitkomste wat afdartel soos die vonke van n kampvuur.
Ons is in vir n rowwe rit met geen afdraaipaadjies oor nie.
Territoriale selfbeskikking glinster al hoe helderder.

Staak ·

Die uitdaging is nie om swart venote te kry om eiendomsreg te beskerm nie, die uitdaging is om die swart publiek te oortuig dat dit beter is om jou lewe lank te werk om n plek af te betaal teenoor om n plek verniet te kry waarvoor jy nie n sent hoef af te betaal nie.
Raai watter een sal die massas verkies.

Ampie ·

Goeie idee Theo de Jager. Behalwe Lekota, kan swartes wat onteiening teenstaan asb opstaan? Julle skitter in jul afwesigheid.

Kobus Marais ·

Die DA glo in eienaarskap, wat bewys word deur die gee van eiendomsreg (total aktes) aan behuising begunstigdes. Eienaarskap is 1 van pilare van ‘n oop ekonomiese bestel. Die DA verteenwoordig beide wit en nie-wit burgers van Suid Afrika.

Daan ·

Die DA verteenwoordig regdenkende mense. Nie andersdenkende ekstremiste nie.

Asb tog Daan ·

Die DA Gaan pakslae kry, kan nie WAG vir volgende jaar se verkiesing waar hulle meeste van die munisipaliteite gaan verloor nie . ou DAAN . lekker droom

Celtis Africana ·

Ons gewone Piete wat reeds n kwarteeu die prys betaal het deur BEE en ander drakoniese geleentheidsdiewe, sit steeds sonder enige hoop en lawaai. Die groepie word nou groter met OSV. Meer geld betrokke, dus meer lawaai. Die intelligentsia en randrampokkers kom nou ook kraal toe.

Koos Pienaar ·

Die DA kan slegs aan bewind kom as hy kiesers van die ANC af rokkel. Hierdie kiesers het dieselfde aspirasies en verwagtinge as wat hulle by die ANC gehad. Derhalwe om hulle teverede te hou sal die DA min kan afwyk van die verwagtinge wat die ANC geskep het. BEE regstellende aksies, aanstelling van kaders ens sal deel van die DA pakket wees. Aan die anderkant kan dit nie slegter gaan as nou nie. Dit is maar net die politieke soustrein wat gaan verander. Tans ry die ANC met die Soshalosa mail . Die DA gaan net met die Bloutrein ry.

Mike ·

Die broederbond was een van die voorbokke met die oorhandiging van ons toekoms aan die ANC hoekom is hulle nou teen grond onteiening?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.