Grondonteieningswetsontwerp goedgekeur

huis eiendom

Argieffoto

Die parlement het Donderdag die omstrede grondonteieningswetsontwerp goedgekeur.

Die Wetsontwerp op Grondonteiening is aanvanklik in Februarie 2016 deur die Nasionale Vergadering aanvaar en daarna na die Nasionale Raad van Provinsies verwys, wat sy eie wysigings aangebring het. Dié wysigings is Donderdag in die Nasionale Vergadering goedgekeur en die wetsontwerp word nou na die president gestuur om dit as ʼn wet te bekragtig, en sodoende die Wet op Grondonteiening van 1975 te kanselleer.

Volgens dié wetsontwerp sal die regering die mag hê om onder andere, in nasionale belang, enigiemand se eiendom, wat huise en plase insluit, te onteien.

Die ANC het onderneem om planne, om grond te herverdeel, te bespoedig.

Stone Sizani, hoofsweep van die ANC, het in ʼn verklaring gesê die ANC is “tevrede” met die goedkeuring van die wetsontwerp. “Dit bring jare se harde werk tot vervulling,” het hy gesê.

Sizani het gesê dit is ʼn doodskoot vir die “ondoeltreffende gewillige koper-gewillige verkoper”-benadering tot grondhervorming.

Die Demokratiese Alliansie en die VF Plus het hul sterk teen die wetsontwerp uitgespreek.

Volgens die DA is daar nog minstens vier beginsels waaraan die wetsontwerp nie voldoen nie, waaronder die feit dat “eiendom” nie duidelik gedefinieer is nie. “Die huidige interpretasie strek veel wyer as net onbeweegbare bates en sluit bates soos pensioenfondse en vee in, wat moontlik ook onteien kan word – tot nadeel van talle gewone burgers,” het Anchen Dreyer, adjunk federale voorsitter van die DA, gesê.

“Die omvang van ‘onteiening’ word ook nie gedefinieer nie,” het Dreyer bygevoeg. “Dit beteken dat die staat se voogdyskap oor bates moontlik nie as vergoeding kan kwalifiseer nie, en burgers kan moontlik die reg om hul grond te gebruik verloor, sonder enige vergoeding.”

Volgens haar maak die wetsontwerp ook nie voorsiening vir ʼn waarborg dat vergoeding vir onteiening uitstaande banklenings sal dek nie. “Dis dus moontlik dat ʼn eienaar, wat onteien is, sy huis of plaas kan verloor, maar nog steeds die paaiemente op die uitstaande banklening sal moet betaal. Watter bank sal ooit sulke lenings toestaan?”

Die DA het gewaarsku dat die wetsontwerp vertroue in die sakewêreld kan skend en tot ʼn afgradering na rommelstatus vir Suid-Afrika kan beteken.

Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus, het gesê dit is duidelik die nuwe wetsontwerp het sy oorsprong in artikel 25 van Suid-Afrika se Grondwet en diegene wat dié artikel help skryf en ondersteun het, sal saam met die ANC moet pa staan as daar grondgrype in Suid-Afrika plaasvind.

Groenewald het verduidelik die beginsel van onteiening is nie vreemd nie. “Dit is wêreldwyd van toepassing waar noodsaaklike ontwikkeling moet plaasvind, soos met die bou van brûe of paaie. In Suid-Afrika maak die ANC-regering dit egter ʼn politieke aangeleentheid. Die ANC wil hierdie wetsontwerp misbruik as emosionele politieke speelbal oor grond.”

Hy het gesê president Jacob Zuma val in by die koor van die EFF wat sê wittes het grond gesteel. “Sodoende jaag hulle emosies op. Dit is in werklikheid net ʼn verskuilde poging tot grondgryp in Suid-Afrika.”
Groenewald doen ʼn beroep op instellings, wat gesê het hulle sal hierdie wet beveg tot in die Grondwethof, om dit asseblief te doen.

“Die president het inderwaarheid gesê hy het ʼn nuwe wetsontwerp wat nou by die kabinet is, wat ʼn beperking gaan plaas op grondbesit. Daardeur gaan groot plase beperk word tot 5 000 hektaar en ondernemings soos plantasies tot 12 000 hektaar. Oor die res van die grond word duidelik gesê dit sal onteien word, en dit sal hierdie Onteieningswet wees wat gebruik sal word om grond te gryp moontlik sonder enige vergoeding aan die eienaar. Diegene agter artikel 25 sal dan moet pa staan as grondgrype plaasvind,” het Groenewald bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor die Onteieningswetsontwerp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

humor ·

Ek kan ook maar net vra; hoe gaan dit met Triexie se spene?

Pietskuet ·

Trieksie het vier spene hulle is nou op no 3 dan alle belegings…. pensione en bates is die volgende speen so drink maar rustig voort

JC ·

Moenie kommer nie Afriforum gaan die grondwetlikheid van hierdie wet tot na die hoogste hof vat daar is net nie n moontlikheid dat dit ooit GW like “scrutiny “sal slaag nie NO 1 behoort dit te weet so ek weet nie wat die doel daarvan is om die wet deur die wetgewer te jaag nie sinloos se ekjou …sinloos !

JC ·

Indien hierdie land van ons n ware demokrasie was en NO1 n behoorlike staatsman en president nie net van cANCer nie maar van die RSA sou hy die wet voordat hy teken na die GW hof gestuur het vir GW like scrutiny maar helaas nie hy is niks van die aard nie NOU SAL DIT MAAR VIR HOM GEDOEN MOET WORD !!!!!!!!

PM ·

Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Ek dink dis tyd dat ons Hom aanroep en Hy sal Sy kinders beskerm!

At van Jaarsveld ·

Kan jou verseker dat as ek nie my elendom kan hou nie sal niemand anders dit kry nie. Brand dit af en gaan plak op hul voorstoep.

Besorg ·

Ja, vir jare het ‘n skrale minderheid gewaarsku teen hierdie kommunisme. Ons geboortereg is weg gegee.

Cherokee ·

Jy’s heeltemal reg. En nou pak die oorgrote meerderheid die skuld op hul leier.

Pietskiet ·

Kyk dis eers die grond dan alle pensions want die benadelde volk het nie daai voorreg gehad om n pension op te bou nie hulle sal nie stop tot en met alles wat wit is hulle sin is nie

Rakker ·

O TOG !!!! Hier kom GROOT moeilikheid en op die ou end voedselgebrek! Asof die droogte nie genoeg skade aangerig het nie. …. Mens kan mos nie net iemand anders se goed VAT waarvoor hy JARE GEWERK het nie. Dis totaal en al oneties!

Pietskiet ·

Lucky het ek alles self gevat voordat n staats toelaag van my geld geword het wees verseker ons gaan nog lang trane huil die verdrukking het nog nie eers begin nie
Kyk om julle rond alle eet plekke is net regstellende personeel maar ons wittes ondersteun al te lekker

manie ·

Daar is nie n manier wat enige iemand met n gesonde verstand gaan aanhou om die bank te betaal vir iets wat hy niw meer het nie. Halo. Dit laat my dink aan seker mense wat eerste op die son gaan land deur in die aand na sie Aon toe te hahahaha.

Bosveld G ·

Nou gaan die mense in die land mekaar beter leerken. Die wat altyd gedink het alles in die land is ok en ń klomp regses is maar alweer negatief, ook. As ons begin vat aan beursies dan draai ń man se kop gou… Ons ander landgenote gaan ook begin sien dat ń goeie ou ook kwaad kan word… Hulle verwag alles, maar moet nie te ver gaan.. Die feit dat ons stil was sé nie ons is stupid of sonder regte nie! Ek sal my plek tot die laaste verdedig…

Flintstone ·

Stem volkome saam Bosveld.Ek dink net dat daar baie meer is wat dieselfde groeiende sentiment deel as wat jy maar kan dink!

Riaan ·

Maak groot skuld op jou grond en huise as hulle dit vat het jy ten minste ietsie,die banke kan maar kyk waar kry hulle die geld

Flippie ·

Die banker is slimmer as dit en hulle is kop in een Mis met die regering.

Johannes ·

Ons wou dan so graag met madiba en sy kommunistiese terroriste beweging onderhandel in die 90’s…

Tertius ·

Ja, en die beste van alles is dat die liberale kerk wat die kommuniste vroeër jare as vyande van die “christendom” gebrandmerk het, tjoepstil is vanaf die preekstoel…. Klomp Baälpriesters!

Christiaan ·

Janee, gelukkig ken ek heelwat Ja- en DA-stemmers by wie hulle kan begin. Maar ons almal weet HULLE sal die meeste baklei en op die eerste Quantas vlug spring Australie toe.

vermeende ·

En die beste van alles, hulle gaan alles wat jy het vat en niemand gaan hulle keer nie.
Selfs die “seunse weenkoor” soos Herman Toerien hulle noem gaan niks doen nie.

Rakket ·

Jip, JY sal net as ‘n rassis uit die apartheidsera afgemaak word! Dis mos AL waarop hul terugval!

Rakker ·

Verseker, hy sal nie ‘n stoel he om op te sit waarvoor EK my alie afgewerk het nie. Dit sal lyk soos UJ (RAU) se auditorium!

John ·

Dit gaan nie op ‘n wen-wen- situasie uitloop nie. Dis die plan. Die ANC hoop die boere verset hulle en gaan oor tot aksie. Die weermag het nooit ingegryp toe boere in groot getalle vermoor is nie, maar nou sal hulle gou ontplooi word om met die regering se planne te help. Ongelukkig gaan die platteland nooit weer dieselfde wees nie. Draai lanferlappe om die stamme van die ou bloekom- en akkerlanings van ons ou plase. Mimi sing vir ons O, Boereplaas en Anna lees vir ons: Op die hoeveld … waar dit oop is, en die hemel wyd daarbo … Ek is vandag bly die vorige ou garde is reeds weg en die komende tye gespaar.

Oom Kalahari ·

Die koeël is deur die kerk. Plaasboere gaan nou omring word met squatters.

Cherokee ·

In Rhodesië het dit nie net verkiesingstye gebeur nie. Onteiening (is)was permanent toegepas.

F. Van Eeden ·

Banke het hulle lankal teen die goed verskans, die HNP by monde Van mnr Jaap Marais het nasionalisering in die sewentiger jare voorspel sou die nasionale party die land aan kommuniste gaan uitlewer. FW en sy te ligte onderhandelaars het die volk bang gepraat met oorlog stories. Ten spyte glo die meerderheid blankes steeds die blanke se veiligheid word gewaarborg. Slaap rustig voort

vermeende ·

Kom ek waag n voorspelling soos die geskiedenis homself herhaal.

Eerste gaan hulle eiendom vat dan gaan die markte rieageer en ons is dan al op rommelstatus. Die rand sal aanhou verswak tot ons hiperinflasie het dan sal jou pensioen gegaps word en apartheid sal die skuld kry vir die toestand en dan, dan sal jy moet hardloop want petrol sal jy nie kan koop nie en jy sal teen daai tyd al vir meer as n jaar sonder werk sit agv hierdie wet.

Net n dwaas ignoreer die geskiedenis want dit is waar ons lesse leer.

Chris Ws ·

Toe daar NEE gestem moes word toe stem die meeste BLANKES JA.Ons sit met hulle in ons familie en dit maak seer maar hulle kyk nou ander pad en sal NOOIT erken dat hulle van die JA-stemmers was nie.Die suiwering is beslis oppad en ons gaan daai familie eendag nog mis . . . . . .Waar dit die onteinings wet betref – ons Almagtige Vader JaWeH IS in beheer!!En die anc kommuniste en hul comrades KEN HOM NOG NIE!

Annette ·

Ja ek kan ook eerlik se , Ek het NEE gestem en my familie het ja gestem. Nou is hulle doodstil en ek vryf dit in dat ek nee gestem het. Daar is selfs vir my gese as die nee stem inkom dan moet die krieket spelers (wat toe oorsee ws) terugkom. Toe se ek vir hom , as die ja stem inkom eet ons krieket balle. Hulle was vreeslik kwaad vir my maar nou is hulle doodstil.

Johan ·

Ek hoop die spul wat ja gestem het verloor eerste hulle eiendom met de Klerk aan die voorpunt. Ek wonder wat in sy kop aangaan as hy sien wat die effek van sy agterbakse volksverraad is. Steur hom seker nie daaraan nie. Sal dit nie wonderlik wees as hy in ‘n tent in ‘n plakkerskamp moet sit en krepeer nie !!

Lourens ·

Ek mis sa maar die einde is opad leer maar nog spaans en probeer arg geniet maar mis my sa en mis my wit kluerling en swart vriende

J.A. Barnard ·

Elke huis sal moet besluit wat sy staan oor die saak gaan wees. Ons as mans, leiers van ons gesinne, families en ook gemeenskappe moet besluit of ons gaan verhuis en of ons die saak gaan aanspreek. Beide het nagevolge maar ‘n besluit sal gemaak moet word. Om passief te sit plaas jou in ‘n posisie om nie net bates te verloor nie, maar ook die reg om daaroor te kla te verloor. Opsweping is nie my motief nie, maar neem die tyd om vir ‘n wyle stil te word met jou gedagtes, bekend met die feite, maar ook Hom te ken in al jou wee. “Waak en Bid” Dit praat van aksie sowel as geloof. Het ek antwoorde. Beslis nie, maar ek sal aanhou soek en klop tot ek een kry wat my mense, my land my erfenis sowel as hulle wat na my sal kom sal regverdig en eer.

Ons vir jou Suid Afrika.

Annette ·

Ek glo met my hele hart dat God ons sal help. Dit is waarvoor ek bid en dit is wat ek glo. My kleinkinders sal ek met my lewe beskerm maar ek weet ook dat as Hy nie by ons is nie sal niks help nie. Die Vader het ons voorouers gehelp en so sal Hy ons help. Ons het dit gesien kom en het voorsiening gemaak vir amper n jaar maar sal nog moet doen. Dit gaan n geval wees van elkeen vir homself. Mense moet dit net besef want so baie leef nog in Lala land. Hull wil nie weet nie.

Andrea ·

Deel met ons jou gedagtes, moontlikhede?
Binne watter raamwerk bedink n mens planne? Dink mens uit die boks in Orania in?

vierkleur ·

zuma,teken daai wet,en jy sal oorlog in die land sien. As julle te slapgat was om te werk en julle eie bates op te bou, sal jul nie myne net kom vat nie.
Hierdie is nie zim nie,hier is heelwat meet boere,wat sal terug baklei vir wat hulle sin is

Stev ·

Ek stem volkome saam met jou.
Hier sal ek staan, hier sal ek sweet, hier sal ek bloei, JY mnr anc, sal nie dit regkry om ‘n wet te gebruik om my van my reg te ontneem om vir my familie te sorg nie en ‘n dak oor hulle koppe te sit nie. Ek het nie baie nie, maar ek het genoeg rede om te baklei tot ek my laaste asem blaas. Ek sal saam staan met die 1000de wat dieselfde voel.

Johan ·

Die blankes waarvan ek tot my skaamte en skande een is, is gewoon te sleg en te papbroekig om iets aan die chaos te doen. Vir meer as twintig jaar ja en amen hulle. Praat baie maar doen niks. Enigste volk op aarde wat nie nie wil voet neersit en saamstaan nie. SIES!!! Skande !!

Theo ·

Mense, ons moet ophou klippe gooi na die ja of nee stemmers. Het JY nog nooit n fout gemaak nie. Mense verskil en dis goed so. Ek stem saam met baie van die kommentare hierbo, Ons Moet Stil Word. Dis nou die tyd om ou koeie te begrawe mekaar te vergewe en hande te vat. Afriforum gaan hierdie euwel beveg, en alhoewel ek nie grond besit nie sal ek hulle finansieel ondersteun, om ook my solidariteit met u wat grond het te bewys, Dankie Afriforum dat julle opstaan, doen en nie net praat nie. Ek is lief vir my volk en sy mense, of jy nou n ja of nee stemmer was, ons is saam in hierdie ding.

GJ de C K ·

Ek respekteer graag mense vir groothartigheid en goeie voorstelle en kommentaar.

Maar ‘n wyse “omie” met die naam van Andries Treurnicht het ‘n paar jaar terug, tereg opgemerk: “Elke outjie maak ‘n foutjie, maar dan moet elke outjie ook sy foutjie erken en regmaak.”

As ons toelaat dat ons verlei word, dan verdien ons die sleg wat oor ons kom. Maar verdien húlle dit wat juis toe die smaad met moed gedra het omdat hulle nie wou verlei word nie?

As ons as volk / gemeenskap wil vorentoe gaan het ons ‘n paar sake om met mekaar reg te maak! Waarheid en versoening – in ons eie geledere! Nie net nog ‘n goedkoop – duur katsprong deur politieke of entrepreneuriese opportuniste nie – nee – WAARDIGE, eerbare leierskap!

En bo alles moet ons ophou om so skaam en bang te wees om die naam van ons Here in die openbaar te bely. Ek praat nie van dweep nie maar van bely. Ons Heer na wie baie van ons verwys, het ‘n naam: die naam bo alle name, Jesus Christus! Jesus is eindelik ons Soewereine Leier (Koning).

Reinhardt ·

Is daar n verskil tussen n onbeweegbare bate en n vaste bate?

WWW ·

Ja, vaste bate sluit gewoonlik onbeweegbare bate (bv. grond) in, maar ook beweegbare bates (soos n voertuig) – onbeweegbare bate kan ook n bedryfs bate wees (eiendomme koop en verkoop)

Pietskiet ·

Ek kan net vir almal hier se God gaan ons by staan nie die geveg vir ons veg nie
Nog n bietjie slaap nog n bietjie sluimer terwyl die vyand ons friend is
Kyk ek werk met die mense elke dag en wees verseker hulle soek alkes jou kar jou huis en jou bank rek niks gaan on aangeraak wees nie
Almal is honger en daar is net eenvoudig nie kos en huise nie want met die geld wat Zuma gesteel het kon ons amper die hele bloemfontein se plakkers huise gegee het

John ·

Vierkleur, wat wil jy met grond doen? Die kluite graaf op die grafte van jou naaste? Daar gaan sekerlik gereageer word as die boere hulle teensit. Ons boere het raad nodig. Dringend. Maar nie van opswepers nie. Ons het ook nie voordansers nodig wat die stem sing nie. As ons voor die Anglo-Boereoorloe kalm gebly het, was duisende lewens gespaar en was ons vandag baie meer en sou ons steeds in 1948 die regering oorgeneem het. Die 1e boere wat dwaas optree gaan erge reaksie ontketen omdat ons teen ons eie weermag, ook met ‘n grondlus, te staan gaan kom. Rubberkoeels sal nie gebruik word nie.

Flintstone ·

John,groei ‘n ruggraat.As ‘n man nie kan opstaan vir dit waarin hy glo nie het hy geen besigheid daar nie.Jy moet onthou daar is idealiste en realiste.Dromers en doeners.Pasiviste en aktiviste.Mense wat geleenthede sien en dit aangryp en ander wat dit sien,en niks daraan doen.As almal jou siening gehad het,was Suid Afrika nie eens vandag op die wereldkaart nie.Droom aan jou illusie voort en laat manne soos Vierkleur jou die weg baan om jou illusie uit te leef.

Stev ·

So jy stel voor om net dit te oorhandig, bang te wees en in n hoekie te gaan sit. Ek haal die volgende aan.

Jesus Christus het aan Sy dissipels gesê: “En wie nie ’n swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf.” Lukas 22:36

“As iemand nie vir sy eie mense en veral nie sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige.” 1 Timoteus 5:8

cherokee ·

Flintstone, jy sê daar is dromers en doeners en jy vra John om ‘n ‘ruggraat’ te groei. (wàt op aarde is dìt!) Jy Flintstone, word geklassifiseer as ‘n dromer en John as ‘n realis.

Flintstone ·

Blyk al meer dat hierdie regering ‘n beleid van konfrontasie navolg.Ek is sterk van mening dat dit die enigste beleid gaan wees wat dividende gaan oplewer.Of hulle tevrede gaan wees met die dividende wat gaan uitbetaal is ek nie so seker nie.

André ·

Klink vir my al hoe meer na ons “Boere” voorvaders. TOE kon hulle ook nie saamstem oor wat om te doen nie. Oorlog? Join? Versoen? Dis ons blankes se ondergang en lot.

Moeg ·

Ek het gisteraand n kleed repetiesie van n kerk konsert gekyk. In die konsert word daar beeld materiaal gewys van afgebrande plase en konsentrasie kampe. Ek het gesit en gewonder hoe ons voorvaders daar deur gekom het om te oorleef, maar het gou besef dat hulle aangehou het sonder om op te gee. Kyk wat het ons voorvaders gedoen. Hulle het opgebou wat afgebreek en afgebrand was. Hulle het nie opgegee nie. n Mens gee nie op nie, al is jy ses voet onder die grond. Ek glo dat niks op jou pad kom wat jy nie sal kan hanteer nie. Ons het in die verlede die “wesens in wit klere” aan ons kant gehad. Dalk gebeur dit weer. Solank ons in God glo. (Die konsert bring hulde aan onderandere ons boere , ons bid HARD vir julle!!!!)

m ·

Dis net wittes se grond wat herverdeel gaan word so waar kom demokrasie in?

Marius strydom ·

Kyk net oor die heining daar oor die limpopo heining en sien wat het dit aan Zimbabwe gedoen. Zimbabwe is n skande vir die wereld en nou gaan SA fie grootste skande ooit wees. Zuma en die ANC sal in die geskiedenis onthou word as die regering wat as gevolg van eie hebsig n land en volk tot ondergang gelei het en Die volk as d ie volk wat als maar net laat gaan het sonder enige verset. Inderwaarheid sal ons die papbroekigste volk ooit wees en dit sal so opgeteken word vir die nageslag wat geen land en geen grond meer sal hě. Ek kan nie dink dat ons voorouers enige trots vir ons kan hê nie

Jef ·

Ek dink as die regering die wetsvoorstel daadwerklik gaan deurvoer dan staan die buiteland wat aandele het in SA baie gou op hulle voorstoep en miskien is dit n metode om die buiteland te laat wakker skrik want mors met die buiteland se geld dan kry die SA regering groot probleme.En miskien sien hulle dan in oor hoe ons blankes word behandel in ons eie land.
Dit kan dalk in ons voordeel werk maar miskien ook nie.

Lee ·

Een van die dae is hier ook nie meer kos in ons land nie. Hulle doen dieselfde wat Zimbabwe gedoen het. Kan seker nie vir hulle self dink nie. Ons is Zimbabwe die 2de. Wil net als opneek wat werk en soek als verniet!!!

M'Lady ·

Ag daar is niks om oor te “worry” nie. FW se wigte en teenwigte gaan nou enige oomblik inskop en ons gaan almal “happy go lucky” wees.

alida ·

En hulle laat dit in die hande van ‘n man met 700+ aanklagtes teen hom. Grootste bedrieër en skelm in die land. Vader behoed ons.

vermeende ·

John al raad wat daar dan vir jou is, verkoop terwyl jy nog n prys kan kry en emigreer waar jy vylig sal wees. Doen iets goeds en gee vir n “Die Stem voorsanger” die geleendheid om sy hakke in die grond te kap.
Wees verseker, alle politieke scenarios op die oomblik lei na oorlog in die land en nie van die blankes se kant af nie en die weermag sal ingespan word teen jou.
Die Zim boere kon SA vlug maar waar vlug ons heen? Vir ons sal daar net een opsie wees…..baklei vir al wat jy werd is.

Bolander ·

Afriforum, asb julle moet ons help hier!! Mense sluit aan by die mense want ons het baie ondersteuning nodig!!!! Is bly ek het aan gesluit want ek stel my vertroue op hulle en die hand van bo!!!

Flippie ·

Hierdie wet nie Zuma se idee nie. Dit is ‘n meerderheidsbesluit van die ANC, EFF en nog ander. Dus die meerderheid van die land se bevolking is ten gunste hiervan. En dit sluit Swartes, Bruines, Indiërs en ook Wittes in. Omtrent 65-70℅ mense ondersteun die wet.

Dit is duidelik dat eienaars (van plase, huise, pensioene, woonstelle, fabrieke, winkels en beleggings) nie politiese beskerming gaan kry nie. Ek glo ook dat regspleging nie ‘n opsie gaan wees nie. As regspleging in die guns van die eienaars beslis word sal die regering dit net ignoreer.

Al wat ek besit is ‘n plaas. As die regering dit wil opeis en my nie behoorlik wil vergoed nie, gaan hulle nie die grond kry nie. En as hulle my fisies gaan verwyder – sal ek sorg dat die eiendom totaal onbruikbaar gemaak word vir enige iets.

Peet J ·

Volgens ‘n opname is die staat inbesit van 22% 26miljoen hektaar grond en in private besit 78% 96miljoen hektaar waarvan meesal aan wittes behoort. Die Grondonteieningswet wat sekerlik maar gaan realiseer sal nou ook die grondbesetters bevoordeel soos wat reeds in Hammanskraal plaasgevind het nl. die uitsettingsbevel was deur die minister van die hand gewys alhoerwel die grond ge-oormerk was vir een of ander projek.
Ek merk ook dat die staatsveearts besig is om ‘n opname van die lewende hawe wat op jou grond is te maak. Volgens hom is dit maar net ‘n opname ingeval daar siektes uitbreek.

At van Jaarsveld ·

Daar is baie maniere om eiendom wat gevat word onbruikbaar te maak. Almal wie se eiendom gevat word moet dit net doen. Jy gaan in elkgeval op straat sit.
Tegnologie is uitstekend vandag.

Jeanette Visser ·

O Genade mense hier kom ‘n baie lelike ding. Soos almal se hierbo ons gaan veg teen ons eie weermag hulle gaan ons afmaai soos vliee, maar ek stem saam brand alles af of verkoop nou en immigreer. Ongelukkig is ek en my man ook al in ons vyftigs so waarheen immigreer jy ander lande aanvaar nie oues van dae nie. So al wat dan oorbly is veg maar tot die dood toe. Voel net jammer vir almal wat hulle wapens ingehandig het. Ons sal saam die boere staan en veg tot ons nie meer kan nie.

Theo ·

ek kan net met vreugde juig dat daar van die opposisie partye, grondwetlike hof toe gaan om hierdie onteieningswet te toets aan die grondwet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.