Grondverslag ‘ekonomies naïef en onderliggend rassisties’

Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike en internasionale vlak sal verskerp.

Dít volg nadat die presidensiële taakspan oor grondhervorming se verslag vandag bekendgestel is. Die paneel het gesê hy onderskryf die voorgestelde beleidsverskuiwing om die bepalings van die Grondwet te gebruik om grond sonder vergoeding te onteien.

Volgens die paneel kan onteiening sonder vergoeding onmiddellik begin onder bepaalde voorwaardes wat geïdentifiseer is vir geen vergoeding nie.

AfriForum het die verslag as ’n verontagsaming van basiese ekonomiese beginsels beskryf en sy kommer oor die rassistiese onderbou daarvan uitgespreek.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die verslag onderliggend rassisties is omdat dit ’n voortsetting is van die aanname dat die ras van ’n grondeienaar bepalend moet wees met betrekking tot die legitimiteit van daardie eienaarskap.

“Die onderliggende boodskap van die verslag is dat swart eienaarskap goed en wit eienaarskap sleg is. Om hierdie aanname te staaf, word daar selektief met die geskiedenis en die feite omgegaan.”

Roets voeg by dat AfriForum ten gunste is van regstelling in gevalle waar onregte plaasgevind het, maar dat so ’n proses moet behels dat die spesifieke geskiedenis van elke stuk grond nagegaan word.

“Die verslag voer aan dat daar op sekere dele van Suid-Afrika se oppervlak ongeregtighede met betrekking tot grondeienaarskap plaasgevind het, maar dat rasgebaseerde grondhervorming oor die hele oppervlak van Suid-Afrika uitgevoer moet word.”

Roets sê verder dat die presidensiële taakspan klaarblyklik ekonomies naïef is. “Die president en die taakspan verklaar graag dat grondhervorming die ekonomie moet laat groei.”

“In werklikheid is daar egter geen verband tussen die voorstelle van die taakspan en vooruitsigte vir ekonomiese groei nie. Die gepeuter met die vrye mark, soos die voorgestelde skrapping van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper, sal die teenoorgestelde tot gevolg hê.”

AfriForum spreek verder sy kommer uit oor die voorstel dat die Ingonyama Trust, met betrekking waartoe die Zoeloe-koning as trustee namens die Zoeloe-gemeenskap optree, se grond geteiken moet word en voeg by dat hy sal voortgaan om, saam met ander gemeenskappe, standpunt teen onverantwoordelike grondhervorming in te neem.

Volgens Roets sal AfriForum in die komende week ’n meer volledige reaksie op die verslag bekendstel en ’n veldtogplan aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Slagyster

Grond bestaan uit bogrondse en ondergrondse potensiaal, laasgenoemde is reeds ‘n paar jaar gelede sonder vergoeding onteien. Dit voorspel moeilikheid vir die boere wat die bogrondse potensiaal effektief en ekonomies benut. Wat nou?

Eléne

Waar de … gn die swart mens geld kry om saad, bemesting diesel en o.a om elektrisiteit te betaal om water te pomp. Ek kan blaaie en blaaie vol skryf oor ‘ waar gaan hulle kry…..,,,,’???????????? Is dit nou n finale besluit mnr Ramaphosa. Want dan is dit so dan sus en niemand wat belangstingbetalers is, weet waar staan ons nie!!!!!!!!

Zaks

Anglo 3 oppad

Jerry

Die grondverslag vervang kolonialisme met sosialisme. Daar is niks ekonomies naief of onderliggend rassisties nie. Dit is hoe sosialisme is, finish en klaar, almal is gelyk, maar eintlik is die met die pyn meer gelyk as die sonder pyn. Middelklas sal begin wegkwyn met slegs superrykes soos CR, Ace, Zuma, Joemat Patterson ens. Die res sal brandarm bly, behalwe as jy in die buiteland bly! Kla en kerm pogings gaan nie help nie, het nog nooit gehelp nie. Uiteindelik sal die situasie net beredder word deur lande van herkoms sover te kry om hulle mense van oorsprong met ope arms… Lees meer »

marco polo

Die standpunt teen die Ingonyama trust grond is kortsigtig en teenstrydig met Afriforum se argumente teen grondhervorming. Daardie grond behoort aan die staat, nie aan die Zulu koning nie. Raak vir eens en vir altyd ontslae van die tradisionele leiers wat net n las oo die belastingbetaler is en gee die grond vir die mense wat daaroo woon met titelakte en al. Dan kan hulle self woeker daarmee en lenings bekom met die grond as sekuriteit. As daar hiermee begin word, bied dit blaaskans vir landbougrond wat aan blankes behoort, want daar gaan eers n bakleiery tussen al die faksies… Lees meer »