Grondverslag ‘ekonomies naïef en onderliggend rassisties’

Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike en internasionale vlak sal verskerp.

Dít volg nadat die presidensiële taakspan oor grondhervorming se verslag vandag bekendgestel is. Die paneel het gesê hy onderskryf die voorgestelde beleidsverskuiwing om die bepalings van die Grondwet te gebruik om grond sonder vergoeding te onteien.

Volgens die paneel kan onteiening sonder vergoeding onmiddellik begin onder bepaalde voorwaardes wat geïdentifiseer is vir geen vergoeding nie.

AfriForum het die verslag as ’n verontagsaming van basiese ekonomiese beginsels beskryf en sy kommer oor die rassistiese onderbou daarvan uitgespreek.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die verslag onderliggend rassisties is omdat dit ’n voortsetting is van die aanname dat die ras van ’n grondeienaar bepalend moet wees met betrekking tot die legitimiteit van daardie eienaarskap.

“Die onderliggende boodskap van die verslag is dat swart eienaarskap goed en wit eienaarskap sleg is. Om hierdie aanname te staaf, word daar selektief met die geskiedenis en die feite omgegaan.”

Roets voeg by dat AfriForum ten gunste is van regstelling in gevalle waar onregte plaasgevind het, maar dat so ’n proses moet behels dat die spesifieke geskiedenis van elke stuk grond nagegaan word.

“Die verslag voer aan dat daar op sekere dele van Suid-Afrika se oppervlak ongeregtighede met betrekking tot grondeienaarskap plaasgevind het, maar dat rasgebaseerde grondhervorming oor die hele oppervlak van Suid-Afrika uitgevoer moet word.”

Roets sê verder dat die presidensiële taakspan klaarblyklik ekonomies naïef is. “Die president en die taakspan verklaar graag dat grondhervorming die ekonomie moet laat groei.”

“In werklikheid is daar egter geen verband tussen die voorstelle van die taakspan en vooruitsigte vir ekonomiese groei nie. Die gepeuter met die vrye mark, soos die voorgestelde skrapping van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper, sal die teenoorgestelde tot gevolg hê.”

AfriForum spreek verder sy kommer uit oor die voorstel dat die Ingonyama Trust, met betrekking waartoe die Zoeloe-koning as trustee namens die Zoeloe-gemeenskap optree, se grond geteiken moet word en voeg by dat hy sal voortgaan om, saam met ander gemeenskappe, standpunt teen onverantwoordelike grondhervorming in te neem.

Volgens Roets sal AfriForum in die komende week ’n meer volledige reaksie op die verslag bekendstel en ’n veldtogplan aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Slagyster ·

Grond bestaan uit bogrondse en ondergrondse potensiaal, laasgenoemde is reeds ‘n paar jaar gelede sonder vergoeding onteien. Dit voorspel moeilikheid vir die boere wat die bogrondse potensiaal effektief en ekonomies benut. Wat nou?

Eléne ·

Waar de … gn die swart mens geld kry om saad, bemesting diesel en o.a om elektrisiteit te betaal om water te pomp. Ek kan blaaie en blaaie vol skryf oor ‘ waar gaan hulle kry…..,,,,’???????????? Is dit nou n finale besluit mnr Ramaphosa. Want dan is dit so dan sus en niemand wat belangstingbetalers is, weet waar staan ons nie!!!!!!!!

Danien ·

Hulle het baie geld en dit is nie virmy n probleem as hulle grond kry nie maar hoe regverdig gaan dit wees. Hulle se ANC soek nie oorlog nie maar tog neem hulle besluite wat kan lei tot oorlog en oorlog sal hul kry want daar is swart mense wat net so gekant is teen besluite wat die ANC neem. Die rand waarde gaan nou nog meer val, rente koerse gaan weer styg hulle sal nie ophou tot hierdie land geheel en al aan hulle behoort en dan gaan alles onder en vra hulle die wit europeers om te help. Julius is so mal soos n haas. Hy wil alles wat wit is weg he nou wonder ek dink hy nou alles wat ingevoer word kom van swart mense af. Plaas laat hy sy slim brein gebruik en eerder hande vat met die witmense en die land opbou maar nou skreeu hy oorlog.

Landi ·

Ek wonder waarom sekere groepe mense in hierdie land reken dis net hulle wat belasting betaal…

Staan saam ·

Ag Landi, is jy nou een van daai lib tards…. die mense wat praat van belasting wat hulle en hul voorgeslagte bygedra het tot die regering oor die afgelope 300 jaar….

Jerry ·

Die grondverslag vervang kolonialisme met sosialisme. Daar is niks ekonomies naief of onderliggend rassisties nie. Dit is hoe sosialisme is, finish en klaar, almal is gelyk, maar eintlik is die met die pyn meer gelyk as die sonder pyn. Middelklas sal begin wegkwyn met slegs superrykes soos CR, Ace, Zuma, Joemat Patterson ens. Die res sal brandarm bly, behalwe as jy in die buiteland bly! Kla en kerm pogings gaan nie help nie, het nog nooit gehelp nie. Uiteindelik sal die situasie net beredder word deur lande van herkoms sover te kry om hulle mense van oorsprong met ope arms terug te verwelkom!

marco polo ·

Die standpunt teen die Ingonyama trust grond is kortsigtig en teenstrydig met Afriforum se argumente teen grondhervorming. Daardie grond behoort aan die staat, nie aan die Zulu koning nie. Raak vir eens en vir altyd ontslae van die tradisionele leiers wat net n las oo die belastingbetaler is en gee die grond vir die mense wat daaroo woon met titelakte en al. Dan kan hulle self woeker daarmee en lenings bekom met die grond as sekuriteit. As daar hiermee begin word, bied dit blaaskans vir landbougrond wat aan blankes behoort, want daar gaan eers n bakleiery tussen al die faksies in die ANC en EFF plaasvind.

Dirk Breytenbach ·

Van wanneer af is dit verkeerd om grond vir spekulatiewe doeleindes te besit? Dalk omdat sosialisme nou aan die orde van die dag is? Geen grond oudit sal staasbeheerde grond en tuislande insluit nie, wag maar en sien.

Tanya ·

Dit wys jou nou net maak nie saak of jy graag 6 of n graad verwerf het nie as jy …… is jy ………. . Grond maak jou nie ryk nie jy vat nie saam as.jy dood gaan nie grond kom bo op jou. As julle die gront wil vat wie gaan die erf belasting betaal of leenings betaal dan sit daar 1000 mense sonder werk. Ai tog dink net wat se gemors gaan daar weed

jaco ·

het ek reg gelees? Die swart regering wil die grond van die swart Ingonyama Trust teiken vir onteiening? Waarom moet swart mense dan onteien word? hulle is dan die sogenaamde grondloses.

Bekommerd ·

Ek sou dink die regering wil alle grond besit en dit uitverhuur op ‘n 99-jaar lease aan die wat dit kan bekostig. Dit is deel van die nasionaliseringsbeleid.

Adrian ·

Die mense in beheer van die land is kommuniste. Hulle kan nie regering genoem word nie want hul is dit nie werd nie. Die belangrikste om in ag te neem is dat die witman van alle kante vasgedruk word deur die kommuniste dws hul is ons vyand no 1. Hoekom word die minderheid deur 54miljoen gewurg deur bbbee onteiening grondgrype ens, Wie het die werk in die land, stap enige checkers spar pick n pay banke staatsinstellings munisipaliteite in en wie staan agter die toonbanke….. swartes … waar is die blankes… uit hul werk gedryf en dan verwag hul steeds ons moet vir als betaal water en ligte vir die wat nie betaal nie. Universiteite is reg vir die 30 persenters maar die blanke moet betaal al het hul 90% . Ons kom tot die gevolgtrekking dat ons met n 100% beheer sit

Landi ·

Strooi. Swartmense werk in winkels en as petroljoggies, skoonmakers, tuinwerkers ens. want sommige blankes, en selfs bruinmense reken sekere poste is benede hulle. Mos beter om eerder te krepeer en te klas as om so laag te daal.

Ek raak sommer vies, want ek is geleer dat “arbeid is adel” en dat geen werk te nederig is nie.

Petrus ·

Wittes moet met hulle voete begin stem. Die wat nie wil of kan emigreer nie moet na die weste van die land migreer en met iets nuuts begin. Bou daar ‘n sterk groep en begin werk aan afstigting saam met ander minderheidsgroepe. Die ooste van die land is tydmors.

Elna ·

Almal sal dan ophou erf belasting betaal. Ons moet nou al begin ophou erf belasting betaal.Grondonteiening sonder vergoeding beteken vrystelling van erfbelasting.

Manie ·

Dit is presies wat lank aan die gang is met die ANC. Hulle is heeltyd besig met liegstories oor die witmense. Die leuns word dan later die waarheid omdat dit heeltyd met hulle propaganda masjien versprei word. Wonder waar is die groot de klerk en roelf meyer nou wat met hulle leuns die land verkoop het

Afriforum lid ·

Mense sluit asb aan by Afriforum. Ons het jou hulp nodig. Al is dit net finansiele bydrae

Piet ·

Oorlog kom , Watch this space , Die is nie zimbabwe nie , gaan kyk is geskiedenis , N boer en sy roer ,

StarShipTrooper ·

Mense, wat nie kan land uit nie, begin plan maak ERNSTIG om na bv Orania te trek en dat ons daar ‘n groot meerderheid kan wees, so kan ons beskerm wat regmating ons sin is.

Danien ·

Orania is so duur dat ek nie daar kan bly nie en wat gaan dit help ek trek soontoe het nie geld om n besigheid te begin en wie gaan vir my n werk daar gee. Nee wat sukkel maar aan hier in Gauteng as dit my tyd is dan is dit maar so.

Staan saam ·

Landi, ken jy die inbors van ‘n Afrikaner? Weet jy hoe het die Afrikaner in hierdie land gewerk in die bittere son vir lang ure. My ma en haar broers en susters het kaalvoet in die bloedige son elke dag 9 kilos skooltoe gestap in die Noordkaap en na skool in die landerye gaan werk. My skoonma het als gemaak vir haar kinders – van klere tot panties. Alle kosse was ingelê en verwerk en gestoor vir die dag van more. Moenie vir my kom vertel vam mense wat nie kan werk nie. In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien en die Afrikaner ken dit. Jy is te ver verwyderd van die werklikheid. Kyk bietjie om jou. Die Afrikaner het als verloor en weer opgestaan en deur harde werk weer opgebou. Dis in ons bloed.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.