Grondwet ongeskonde wat eiendomsreg betref

Argieffoto

Argieffoto

Privaat eiendomseienaars kan ’n sug van verligting slaak ná gister se parlementsitting waartydens die EFF se poging onsuksesvol was om ’n mosie te laat slaag wat artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) sou verander het.

Die doel van die voorgestelde verandering is om die bepaling te verwyder wat vergoeding ’n verpligte voorvereiste maak wanneer eiendom vir die doel van grondhervorming onteien word. Die oorgrote meerderheid (261 lede) van die parlement het teen die mosie gestem, teenoor 33 wat ten gunste daarvan gestem het.

“AfriSake verwelkom die uitslag omdat beskermde eiendomseienaarskap een van die hoekstene is waarop ’n suksesvolle ekonomie rus,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake. “Die Grondwet is nie die probleem in terme van grondhervorming nie, maar eerder die regering se burokratiese stelsel en onvermoë om legitieme grondhervormingswetgewing na behore te implementeer.”

Greyling sê vergoeding is ’n noodsaaklike deel van die grondhervormingsproses en grondeienaars – wat groot bedrae geld betaal het om hul onderskeie eiendomme te bekom – kan nie nou benadeel word deur nóg ’n opbrengs op hul belegging, nóg hul kapitaalbedrag te ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johannes van Staden ·

Indien dit ooit sou slaag is ons dadelik rommelstatus en die Rand sal so erg val en nooit weer herstel nie …n ekonomiese marikana.

Lothar ·

Vir een keer het die ANC-slange hulle koppe gebruik. Bygesê, ek dink dat die mosie nie geslaag het nie bloot omdat die ANC vir die EFF ‘n pit wou druk. Ek hoop ek is verkeerd. Kom ons kyk wat gebeur.

Werner ·

Op 6 April 2017, Van Riebeeckdag, beplan die EFF om plase te beset waar daar nie n boer op is nie.

Gerhard ·

Best news in a long time from SA! I cannot understand how anyone who has even two brain cells can think in his wildest dreams that the Zimbabwean model should be repeated in SA!
I have never ever heard even one constructive short, medium or longer term contribution the EFF made to improve the economy of SA for the benefit of the poor. You cannot take from those Black, White, Coloured and Indian who worked for their possessions and give it to the “poor” who have not worked for it.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.