Grondwet sê vandag oor wettiging van dagga

Argieffoto

Die konstitusionele hof sal Dinsdag sy langverwagte uitspraak lewer oor die moontlike wetlike gebruik van dagga.

Die hof sal beslis of dit wettig is vir Suid-Afrikaners om dagga vir persoonlike gebruik te kweek.

Regter Dennis Davis het verlede jaar in Maart in die hooggeregshof in Kaapstad gedeeltes van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe ongeldig en ongrondwetlik verklaar en beslis dié gedeeltes moet gewysig word.

Die saak spruit uit ʼn aansoek wat deur Gareth Prince, ʼn prokureur, Rastafariër en kampvegter vir die dekriminalisering van dagga, en Jeremy Acton, voorsitter van die Daggaparty, ingedien is. Die respondente in die saak is verskeie regeringsdepartemente, die polisie, asook die direkteur van openbare vervolging.

Prince het aangevoer die kriminalisering van daggagebruik en die besit daarvan is ʼn skending van die reg op gelykheid, waardigheid en vryheid van geloof.

Davis het die bevel van ongeldigheid oor die gebruik van cannabis opgeskort hangende ʼn beslissing van die konstitusionele hof.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en ander regeringsdepartemente het die wettiging van dagga teengestaan en gewaarsku oor die skadelike newewerkings daarvan. Die staat het onder meer gesteun op getuienis van dr. Gouws, ʼn apteker en registrateur van medisyne, wat getuig het oor die akute uitwerking wat die gebruik van dagga tot gevolg het.

Volgens Gouws veroorsaak die neurologiese uitwerking van dagga dat kognitiewe vaardighede soos bestuursvermoë verlaag en die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels geraak word. Gouws het getuig die gebruik van dagga kan skadelik vir die brein en liggaam wees. Omdat dit ʼn hallusinogeen is, kan dit ʼn gevoel van uiterste ontspanning of hiperaktiwiteit by die gebruiker veroorsaak. Dit is ook skadelik vir die ongebore fetus van swanger vroue.

Die verdediging het op sy beurt verwys na ʼn navorsingsverslag wat aandui daar is tentatiewe bewyse dat daggagebruik nie gewoonlik misdaadoortredings aanmoedig soos ander dwelms nie. Die verslag beklemtoon daar is geen bewyse dat die wettiging van dagga in sekere state in die VSA gelei het tot ʼn toename in misdaad nie.

Daar word ook gewys op die verskillende tradisies en sienings van daggagebruik deur verskillende lede van die gemeenskap, byvoorbeeld groepe wat dit weens hul oortuiging van die medisinale eienskappe daarvan gebruik en “dit nie met dieselfde morele afkeer as ander dele van die samelewing beskou nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

a ·

Ek gebruik dagga vir my arthritis, ek gebruik dit nie om op ‘n trip te gaan nie. Ek rook dit nie.

Hendrik UAE ·

Kan jy dalk uitbrei en sal dit help vir gout?Verlangs gehoor essens of olie help daarvoor?

B ·

Daar is baie meer mense verslaaf aan voorskrif medisyne soos pynstillers, slaappille ens. Is dit nie ook n dwelm nie?

Skinny Bob ·

Drank het dieselfde uitwerking as dagga, maar tog is dit vrylik sonder enige beperkings te koop.

Deur die groen blare en ander walms ·

Daar is baie gebruikers in SA van hierie organiese blare vir gesondheidsredes, tripping ensovoorts. En ja, daar is baie Afrikaners wat ook gebruikers is. Sommiges is half permanent gerook om te ontsnap van die alledaagse realitieite in Suid-Afrika.

Johan B ·

Kan jy daardie mense kwalik neem wat dit rook om die realitieit wat hierdie helhool is te wil ontsnap?? Grype na alkohol, dwelms ens is nou wel nie die antwoord op ons probleme, maar sjoe, ek kan 100% vertaan dat ons land se nonsens mense daartoe kan dryf!

Johanna ·

Ek glo matige gebruik daarvan vir die regte doeleinde kan wel geen skade aan die mens doen nie. Drank is wettig en het al baie lewens verwoes. !!! Sigaret rook is skadelik maar tog wettig.

Bok ·

My seun rook al jare lank dagga, hoewel dit nie my goedkeuring wegdra nie. Hy beklee ‘n pos waar fisiese beinkrag en konsentrasie van uiterste belang is (sagteware ontwikkeling). Ek kon nog nooit agter kom dat dit enigsins sy vermoê om ingewikkelde werk te doen nadelig beinvloed het nie. Inteendeel, hy gaan van krag tot krag in die pos wat hy beklee.

belinda ·

Mag hulle dit wettig maak, dit baie goed vir asma, jare terug het my ouma ‘n permit by die polisie gekry om dagga te kry, om te kook en dan te drink.,

Anthony ·

Maar natuurlik sal mens altyd ‘n probleem he met diegene wat middels misbruik – ek weet van talle mense wat voorskrifmedikasie soos smarties sluk(!). Dagge vir medisinale gebruik is glad nie die probleem, my tante gebruik alreeds jare lank dagga-olie vir verligting van haar arthiritis, volgens haar werk dit baie beter as die peperduur voorskrifmedikasie wat sy skaars kan bekostig.

Kom ons wees eerlik, die wettiging hiervan is tans DIE MINSTE van ons probleme in SA. Ons sit met leiers wat RIGTINGLOOS is, rondtas in die donker met beleide wat die ekonomie skade doen en wat uitsprake lewer war rasseverhoudinge afbreek. Daar moet nou op belangriker dinge gefokus word indien ons ‘n kans wil staan om uit hierdie gemors te wil kom.

Reinhardt ·

Presies! Hierdie sal as’t ware die ekonomie selfs kan ophef!

alida ·

Dit is wettig in ‘n 1ste wereld maar in ons 3de wereld gaan dit as verskoning gebruik word om net meer misdaad te pleeg en moorde te pleeg. “Ek het nie geweet wat ek doen nie”. gaan verskoning gebruik word. Ek weet daar is baie medisinale voordele daarin maar in SA gaan die handuit ruk want bitter min weet hoe om dit verantwoordelik te gebruik.

Nikita ·

Stem saam met Alida…as hulle die rook daarvan wettig gaan maak, sien ek al hoe verdwyn wet & orde by die agterdeur uit!!

ANONIEM ·

Kan nie glo dat dit onskadelik is nie, drank is meer skadelik regering wil nie wettig nie want hulle maak nie geld daaruit nie n natuurlike plant.

Casper Labuschagne ·

@Anoniem, ek het al lank genoeg geleef om herhaaldelik eerstehands te sien dat daar ‘n verband is tussen maatskaplike agteruitgang en dwelmgebruik asook dat feitlik elke persoon met ‘n dwelmprobleem met “onskuldige dagga” begin het. Sekerlik is daar professionele persone wat op die oog af geen nagevolge van hul dwelmgebruik toon nie. Aan die ander kant het ek ook ontelbare voorbeelde gesien van disfunksionele lede van die samelewing wat uitwei oor alles wat dagga vir hulle sou doen. Teen al die positiewe aansprake het ek hoeveel keer al verwoeste lewens en gebroke gesinne waargeneem.

piper ·

ditdit is bewys dan jongmense wat dagga rook (onder 20 jaar) dat hulle brein nie ten volle ontwikkel nie wat eindig in n laer IK. verder die daggaolie wat ten duurste verkoop word is geensins gereguleer nie en dit kan enige ding wees van daggaolie tot ou karolie. veral jong meisies loop die gevaar dat hulle babas in die toekoms benadeel kan word. dit werk so dat al die ovums wat die meisie vir die res van haar lewe gaan voortbring reeds in haar eierstokke is wat die dagga gaan sleg gaan beinvloed.

Heinrich ·

Daar is soveel medisinale gebruike van dagga wat hoog is in CBD (google dit) Inflammasie is die oorsaak van meeste “oumens siektes” soos Arthritis, Parkinsons, ens. en CBD verlaag inflammasie, dit maak kanker selle dood, en dit kan epilepsy en seizures onder beheer bring.

Almal gooi heeltyd die baba saam die badwater uit deur te sê dagga is net sleg. Dis waar dat die ‘zol’ wat jy by die tuinjong kry sal die verkeerde tipe wees wat geen mediese voordele het nie en wat jou net op ‘n ‘trip’ gaan sit. As hulle dit wettig kan maak, kan jy mos die regte saadjies van ‘n ‘reputable’ plek bestel en dit self groei, dan weet jy wat jy inneem.

Op die ‘ontspannings front’ is daar al studies gedoen, as jou brein klaar ontwikkel het (op 24jaar+) dan is daar geen bewyse dat dit jou gaan dom maak as jy dit gebruik nie, maar wanneer jou brein nog besig is om te ontwikkel dan sal die gebruik van dagga die ontwikkeling van hul breine belemmer.

Ek sou sê mens moet dit maar net soos alkohol hanteer, as jy onder 18 is en iewers gevang word daarmee, dan moet hul jou ini polisie wa oplaai en jou ouers bel en die ouers sommer ‘n lekker boete gee. Ek kan nie sien hoe miljoene mense gestraf moet bly deur nie die plant met al sy mediese voordele kan gebruik, oor daar ‘n paar sal wees wat hand uit ruk nie.

Hanlie Geyser ·

Heinrich die CBD maak nie kanker dood nie. Miskien verlig dit die simptome, maar dit werk defnitief nie vir kanker en epilepsie nie.

PJN ·

Ek gebruik die daggaroom vir skurwe plekke op my vel en dit is ‘n goeie remedie. Ek wil dit nie rook nie maar vir medisinale gebruik is dit fantasties. My familie wat sterwend was aan kanker is vandag nog in die lewe as gevolg van die gebruik van die daggatee.

Ronell ·

Ek sien geen probleem daarmee mits dit matig gebruik word. Sigarette bevat boonop baie meer skadelike middels soos onder andere sianied, arseem asook teer waarvan meeste karsinogenies is. ‘n Eenvoudige Google-soektog toon dat meeste sigarette mistens 400+ bestanddele bevat. So ek kan nou wragties nie sien dat ‘n KRUI enigsins meer skadelik kan wees – dagga, indien reg gebruik, het baie medisinale voordele.

Party bak lekker koekies met die blaartjies ook ·

Hierdie groen blaartjies word ook al lank gebruik om lekker koekies mee te bak. Sommiges groei dit sommer so tusen die kombuiskruie by die agtertuin. Gaan kyk maar by die Spar hoe flink verkoop daardie zol draaiertjies en die Rizla papiertjies en die lekker melkterte met die baie kaneelsuiker bo-op. En almal lyk baie happy. Mag daar Vrede en Liefde vir almal wees.

Casper Labuschagne ·

In watter verwronge wêreld leef ons nie, waar die gebruik van aaptwak ‘n individuele reg is, maar waar tabak gekriminaliseer word?

Reinhardt ·

Ek moet bieg, ekt nie verwag dat die gemiddelde leser (oftewel die gemiddelde kommentator) so positief sal wees nie. Ek is beindruk deur hoe oop almal is vir die wettiging van dagga (die woord dagga klink tog so kras en dra so baie bagasie, is daar nie n beter woord in Afrikaans nie?).

Dit gesê, is al daardie nadele van dagga nie maar presies dieselfde nadele van alhokol nie? Moenie dit drink voor jy 18 is nie, moenie drink terwyl jy swanger is, bestuur, of selfs tydens werksure nie? Al wat dit beteken is dat dit deeglik gereguleer moet word.

Liberaal ·

So infiltreer ons liberale linkse leiers alle gemeenskappe en breek weerstand af, sosiale verval volg, en alle mag aan ons globale supperrykes.

koos1 ·

Ek stem. Dagga olie is die beste vir kroniese siektes, maar dit sal nooit gewettig word nie.
Kroniese pynlyers gaan nie meer “wettige” medikasie koop nie, of daar gaan ‘n afname daar in wees, en die regering gaan miljoene weens belasting verloor.
Ek is oortuig daarvan dat dit die enigste rede is hoekom dit nie gewettig word nie.

Almal wat dit reeds gebruik of oorweeg om dit te gebruik moet dit net eenvoudig doen. Ons howe, net soos met die ETOL, sal nie die sake kan vervolg nie weens die groot volumes.

En nee, ek is nie ‘n gebruiker nie, maar ken baie mense wat dit in olie vorm gebruik, met uitstekende resultate.

JAN ·

Verban eerder tabak asb. Die mees verslawend en besoedellende produk ooit.
Doen navorsing en ontwikkel dagga se goeie eienskappe. Standardiseer /suiwer dagga produkte op wetenskaplike manier.
VSA het reeds met studies slegs 18% probleme met hul dagga navorsing gevind.
Tabak het meer as 500 toksiese bestandele !! juskaaik.!! dit veroorsaak > 30 soorte siektes waarvan die helfte onomkeerbaar is. !!! Helse besoedeling. en helse verslawing!!

Werner ·

Stem 100%. En dan kry jy nog mense wat naby kinders sit en rook! Net verlede week by die mall sien ek hoe ‘n man in sy motor sit en trek aan ‘n sigaret dat die walms draai – ergste van als is hy sit met 2 klein kindertjies in die voertuig met nie ‘n enkele venster oop vir ventilasie!!! Het lus gehad en stap oor en gryp hom aan sy keel. Mense wat naby kinders rook hoort summier toegesluit word.

Laurika ·

Ek het vir jare die beste kwaliteit dagga olie gebruik vir kanker. Al wat my kanker werklik weg gevat het was die chemo en bestraling waardeur ek was. Ek het aangehou dagga olie gebruik na my chemo en bestraling, en my kanker het 2 keer weer terug gekom. Mense sit hopeloos te veel hoop en geloof op ‘n natuurlike produk. Al wat my kanker werklik genees het, was gif – beter bekend as chemo.

Binx ·

Dagga kan goed wees vir jou,indien jy dit op regte manier gebruik. Snaaks dat wetgewing nou skielik verander op selfde tyd wat Coca Cola aankondig hulle wil dagga in hulle drankies sit. Berig op News24

jaco ·

beteken privaat gebruik ek mag nie meer die daggarokers wat op die munisipale grond langs my huis sit en dagga rook wegjaag nie?

bgj van der westhuizen ·

wel dit lyk my mense wil dit wettig he waar om maak ons nie alles wettig wat nie wettig is nie en kry klaar ons is al so oor laai met misdaat dan kan ons mos as die land van misdaat en vry gebreuk van draks bekent staan is almal besig om mal te raak in die land

Piet Pille ·

Indien dit gewettig word sal die parlement definitief ‘n paar “smoke breaks” instel wat sekerlik deur die eff en anc gebruik sal word om “helderrer” te kan dink.

Twak ·

Ek merk dat 85% van die kommentare dagga goedpraat. Laat ek nou vir jul se dat dit vir my aanbeveel was en ek het dit in gekonsentreerde vorm gebruik. Dit het absoluut niks vir my gedoen nie. Bloeddruk en cholestrol was na ses maande se gebruik nog net so hoog en het niks gedoen aan my artritis nie. Wees realisties hieroor en moenie jouself probeer oortuig dit is medisyne nie. Dis n dwelm.

Hanlie Geyser ·

Daar is verskillende tipes dagga. Die dagga oilie wat wettig gekoop word het nie die bestandeel in wat jou op ‘n trip vat nie. Die dagga wat jy sommer self kweek in jou agterplaas het daai bestandeel in. Die probleem is dat die dagga jou ‘n lekker vreedsame gevoel gee. Maar sodra jou ligaam gewoond is aan die dagga, soek jy meer en meer. Later gaan dit oor na gebruik van ander middels omdat dagga nie meer daai lekker gevoel vir jou gee nie. Ek is heeltemal teen die wettiging van dagga vir persoonlike kweking of gebruik.

Lizelda ·

Wettig of nie wettig. Volwassenes EN skoolkinders wat dit wil gebruik, gebruik dit buitendien. n Wet gaan niemand keer om dit nie te gebruik nie. Soos bv. om aborsies wettig te gemaak het beteken nie nou vroue gaan nie meer babas in plastiek sakke gooi of babas langs die pad vir dood agter los nie. Aborsies is wettig en NOG lees ek vd mees afgryslike dinge…

Ook onkruid ·

In feite is dagga n onkruid en so ook brandnetelbos waar tee van getrek word en so ook rooibostee

RHG ·

Nie onkruid, ‘n krui.
Ek geniet die kommentare. Mense is baie opgewonde hieroor. Ek moet lag.

Annalize ·

Al die mense in my lewe wat dagga rook is onverantwoordelik, en het hul gevoel verloor vir hulle geliefdes. Hulle gee nie om hoe hulle mekaar seer maak nie. Dit gee hulle ‘n valse gevoel van vrede, geluksaligheid en kommerloosheid. Hulle gee nie om of hulle huiswek gedoen is of nie. Gee nie om of hulle dop of nie. Gee nie om hoe hulle ouers verneder en seer maak nie. Hulle daag nie op vir werk nie en is baie onbetroubaar. Rook dagga en jy verloor jou vrees vir enige vorm van gesag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.