Grondwethof beslis oor NVG-hoofde

Mxolisi Nxasana. Foto: ANA.

Die konstitusionele hof het Maandag beslis die verwydering van Mxolisi Nxasana as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) was ongrondwetlik en dat die aanstelling van Shaun Abrahams in sy plek ook ongrondwetlik was.

Regter Mbuyiseli Madlanga het in die hofuitspraak gesê oudpres. Jacob Zuma was daarop uit om op enige wyse van Nxasana ontslae te raak. Nxasana het ʼn goue handdruk van R17 miljoen gekry om sy pos te verlaat.

Madlanga het gesê dit is moeilik om te verstaan hoekom Zuma so ʼn groot bedrag aan Nxasana sou betaal. Volgens hom is die enigste afleiding dat Zuma hom wou “uitkoop”. Madlanga het gesê die manier waarop Nxasana verwyder is, was ongrondwetlik en dus was Abrahams se aanstelling in sy plek ook ongrondwetlik.

Die konstitusionele hof het verder beslis pres. Cyril Ramaphosa moet binne 90 dae ʼn nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging aanstel.

Hy het gesê daar was vir jare onstabiliteit rakende die aanstelling van die nasionale direkteur van openbare vervolging en hoe gouer dit tot ʼn einde kan kom, hoe beter.

Daar is ook beslis dat die parlement wetgewing rakende die NVG binne 18 maande moet wysig aangesien dele daarvan ongrondwetlik is. Nxasana moet ook die goue handdruk terugbetaal.

Shaun Abrahams. (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die uitspraak kom nadat die hof vroeër vanjaar ʼn aansoek aangehoor het om twee verklarende bevele van die hooggeregshof in Pretoria te bevestig. Die aansoeke is deur Corruption Watch, Freedom Under Law (FUL) en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) gebring.

Die hooggeregshof het bevind oudpres. Zuma het ongrondwetlik opgetree toe hy Nxasana se aanstelling as direkteur van openbare vervolging beëindig het. Nxasana het R10 miljoen van sy goue handdruk ontvang en sy posisie verlaat.

Die hof het destyds gelas dat Ramaphosa, toe nog adjunkpresident, ʼn nuwe NVG-hoof moet aanstel.

Die NVG en Abrahams het die aansoek teengestaan.

FUL het vroeër vanjaar in die konstitusionele hof aangevoer dat Zuma vir Nxasana geboelie het en onwettiglik openbare geld gebruik het om hom te oortuig om die NVG te verlaat.

Nxasana is in 2015 die goue handdruk gegee om sy pos te verlaat te midde van die korrupsieklagte wat soos ʼn swaard oor Zuma se kop gehang het. Nxasana is tydelik vervang met Silas Ramaite. Abrahams is toe permanent aangestel.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jewel ·

Moet Nxasana nou die R17 miljoen “goue handdruk” wat hy gekry het terugbetaal?

B-man ·

Sekerlik darem die rente ook? Anders was dit ‘n baie goeie belegging as hy na waardevermindering en inflasie slegs die oorspronklike hoeveelheid hoef terug te betaal. Dit was dalk R25m en het hy ‘n raps oor die 40% belasting betaal soos dit ‘n ware patriot betaam…ja, right.

Jane ·

Hoekom is daar geen blankes meer in hoë posisies by die staat, parastatals ens nie? Mens sou kon dink dat dit verteenwoordigend van alle mense in SA moet wees VERAL die belastingbetalers wat vir al hierdie mense se salarisse moet opdok … Lyk my die mense wat die hardste TEEN apartheid geveg het KEUR NOU APARTHEID GOED!

Ben ·

Stem saam met jou Jane, Dit is nie net in die regerering en parastatals nie, gaan super mark toe, gaan bank toe, munsipaliteit, gaan restaurant toe en kyk. Daar is byna geen Blankes of Indiers nie. Die diens is vrot want meeste kan nie hehoorlik lees of skryf nie, ken nie die land se geskiedenisie ens. Maar jy is reg – Nou het ons volslae Apartheid. Ons is kamstig ‘n Rainbou nasie maar ons regereings reflekteer dit nie. Dink net wat hierdie fantastiese land kon bereik het sou ons almal saam werk? n Verdeelde Nasie kan nie staan nie. Ten minste is die uistspraak is ook ‘n stap in die regte rigting. Daar is klein bietjie hoop.

Jaco ·

Geluk met jou insig in n situasie waat die ANC gedirig op blanke organisasies AFGEDWING HET EN NOG DOEN. (Vergelyk LUK Lesufi ze optredes)

Lana ·

Daar is baie dinge wat hierdie regering “ongrondwetlik” doen.

Daan Erasmus ·

Daar is bitter min dinge wat die regering grondwetlik doen. Al die Nie Regering Organisasies kan ook net by soveel dinge uitkom en keer.

Chris ·

Baie goeie nuus, maar ek wonder horveel van daardie R17miljoen is oor by Nexana . Daar is sekerlik beemer s en merc gekoop en dalk ook n paleis in Waterkloof of Sandton. Arme man sal nou seker vinnig op sy voete gehelp word deur een of ander finansiele instelling. Mnr Abrahams gaan ook nou sker n vet pakkey kry om te waai

DeVill ·

Gaan die persoon wat die ongrondwetlike besluit gemaak het moet antwoord daarvoor. Dit in die lig van dat dit nie die eerste keer is wat hierdie persoon sulke ongrondwetlike besluite gemaak het nie?
Ek verstaan seker net nie lekker nie…

jaco ·

Abrahams se aanstelling was uiters vreemde regstellende aksie: n swart man is met n kleurling vervang. gewoonlik sukkel kleurlinge om werk te kry, met verskonings van “you are not black enough” en ook “jou ras reflekteer nie die nasionale demografie nie”

Keelvol ·

AAG TOG!!!
Hier gaan dadels van kom.
Hy gaan nou weer appelleer en dan is dit een hofsaak op die ander soos met Brine Molefi van Eskom.
Nog meer geld word op regskoste gemors en wie gee om, word met belasting geld betaal.
Hoeveel gaan Shaun Abrahams se goue handdruk wees? Dit kry net nie end nie.
Zuma moet help betaal aan die gemors. Hy het iemand omgekoop.
Goed mnr. Nxana is weg want hy het ook nie integriteit gehad nie.
Oeps! wie gaan mnr Ramaphosa nou aanstel? Iemand wat hom weer moet cover soos Abrahams vir Zuma moes cover?

Alida ·

Ons sukkel om liggaam en gees bymekaar te hou en hulle speel dice met miljoene.

Linda ·

Daar word gefluister dat Abrahams baie ontevrede met die Hof se uitspraak is, maar hy aanvaar die besluit. Abrahams het vanaf dag 1 geweet dat Zuma en die Guptas hom in daardie pos inskop om van Pravin Gordhan ontslae te raak sodat Zuma en die Guptas verder kon gryp uit die staatse koffers. Abrahams het wel agter gekom wat aangaan toe hy Gordhan se afbetaling moes regstel, maar dit was te laat. Ek is bly dat nog n oneerlike persoon sonder werk sit !!! Dankie !!!!!

Linda ·

In alle eerlikheid, Abrahams is n intelligente man. Hy het baie geleer deur die foute en keuse wat hy gemaak het. Dit sal nice wees as Ramaphosa vir Abrahams aanstel as die nuwe Publieke Beskermer en ontslae van die huidige een raak. Abrahams sal goed doen in daardie pos !!!

Dankie Tog ·

Groot is my vreugde.
Wonder wat se skade hy alles aangerig het.

Ore ·

En sy “goue handruk”………………………..hoeveel miljoen?

Lerato ·

Nxasana was op die punt om Zuma te vervolg en die res is geskiedenis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.