Die organisasie My Vote Counts voer aan dat daar ‘n “afwesigheid van voldoende en akkurate inligting oor elke party se waarskynlik lojaliteite is”.
Die organisasie versoek die konstitusionele hof om die parlement te dwing om ‘n reël te maak waarvolgens politieke partye hulle private donateurs bekend moet maak.
Verskeie politieke partye, die voortsittende beamptes van die parlement, president Jacob Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Michael Masutha, minister van justisie, is as respondente gelys in die saak.
Die saak is op 16 Julie by die hof ingedien en dit is nog nie bekend wanneer dit aangehoor sal word nie.