Grondwethof keur Zuma se Nkandla-rekening goed

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die konstitusionele hof het Dinsdag die bedrag wat pres. Jacob Zuma uit sy eie sak vir Nkandla moet betaal, goedgekeur.

Die hof het die bedrag van R7 814 155 wat deur die tesourie bereken is goedgekeur en Zuma moet die bedrag nou binne 45 dae betaal.

Die tesourie is vroeër versoek om die bedrag te bepaal nadat die konstitusionele hof op 31 Maart bevind het Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is. Die nasionale tesourie is getaak met die opdrag om die bedrag te bepaal.

Volgens die tesourie moet Zuma 87,94% van die 2009-prys van die bogenoemde nie-sekuriteitsopgraderings betaal en word dit op R7 814 155 bereken.

Die OB het destyds in haar verslag oor Nkandla bevind dat daar meer as R12 miljoen se nie-sekuriteitsopgraderings aan Zuma se Nkandla-woning gedoen is. Die totale koste vir Nkandla het meer as R246 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kapenaar ·

Hy is in elk geval met soveel korrupsie betrokke, hy sal dit met ‘n “smile” betaal. Of seker sal die ANC dit namens hom betaal…………

Cherokee ·

Hy koop dus eiendom ter waarde van R¼b vir minder as R8m.

NEL ·

Kapenaar, ons die belasting betalers gaan hom finansier om die bedraggie te betaal. Die regering het lankal die ou bedraggie op sy gesit vir die nodige om ons om die bos telei.

Hulle dink ons is onnosel, maar vergeet maar, ek kan ook een en een bymekaar tel.

KarooKlong ·

Toemaar hy gaan nie meer lank baas wees nie en ek hoop hy word aangevat vir sy wandade na sy tydperk verby is.

CdV ·

Ha, ha vir binne 45 dae betaal. Die ou is mos oorsponklik ‘n beeswagter van beroep. Hy gaan seker nou ‘ poverty’ pleit en teen een Rand per maand afbetaal.

Joann ·

Se eerder vir my koningin Elizabeth speel sokker dit sal ek eeder glo as wat ek sal glo hy gaan dit uit sy sak betaal.

Kobus ·

Kyk mens na uitsprake oor ras, taal en regstellende aksie, dan is die gereg in die RSA ook maar nie konsekwent nie. Die regters gee by tye bevooroordeelde uitsprake, soos bv Moegoeng oor straatname. In sekere gevalle hou jy die asem voor die tyd op. Ek dink Zuma se aanstellings het tog al ‘n impak. Hierdie uitspraak van hulle dien die keiser.

Jan maak n Plan ·

Die vet marionet sal die geld betaal maar beslis nie uit sy eie sak uit nie. Hy het oorgenoem “sponsers” op die regte plekke.

Scalla ·

Binne die volgende 45 dae gaan daar n vliegtuig vanaf dubai land op waterkloof en dan sal die rekening uitgesorteer wees. Hou dop.

SARIE VAN HEERDEN ·

as Zuma geld van iemand ontvang sal hy daarop belasting moet betaal daarom dink ek daar is wel mense wat die saak sal dophou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.