Grondwethof lewer uitspraak oor geheime stemming

Speaker Baleka Mbete. Foto: AP Photo/Denis Farrell

Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer rakende die versoek dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ’n geheime stemming plaasvind.

Die eenparige beslissing wat deur hoofregter Moegoeng Mogoeng voorgelees is, het bevind dat Speaker Baleka Mbete verkeerd was toe sy gesê het sy is nie by magte om te besluit oor die geheime stemming nie. Die hof het beslis dat Mbete nou weer ’n besluit moet neem op grond van die uitspraak. Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.

Daar is bevind ’n mosie van wantroue verbied nie en skryf ook nie voor watter stemproses gevolg moet word nie. Volgens die beslissing moet Mbete besluit watter stemprosedure die mees effektiewe stemming tot gevolg sal hê. Mbete het vroeër self en by monde van haar regsverteenwoordiger gesê sy is nie gekant teen ’n geheime stemming nie. Die uitspraak het ook gefokus op die belangrikheid dat regeringsamptenare verantwoording moet doen aan hul grondwetlike verpligtinge.

Daar is ook gesê lede moet nie beïnvloed of geïntimideer word wanneer hulle stem nie en dat hulle volgens hul gewete en vir dit waarin hulle glo moet kan stem. Mogoeng het gesê individue hoef nie lojaal aan hulle party te wees nie en dat hulle in die belang van die land se mense moet optree. Zuma en Mbete is beveel om al die partye se regskostes te betaal.

Die United Democratic Movement (UDM) het die aansoek gebring wat deur ander opposisiepartye gesteun is.

Opposisiepartye het ná Zuma se middernagtelike kabinetskommeling waartydens Pravin Gordhan as minister van finansies gepos is, versoek dat ’n mosie van wantroue geskeduleer word. Dit sou aanvanklik op 18 April plaasgevind het.

Opposisiepartye het egter gevra dat dit uitgestel word hangende die aansoek in die konstitusionele hof dat ’n geheime stemproses toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

gert ·

Hoop nie net die speaker maak nou die regte besluit dat dit we’ll n geheime stemming gaan wees maar sy is so in by Zuma dat hulle twee dit nie gaan toelaat nie

Ouma ·

Baleka sal nou weer ‘n ander verskoning opdis waarom sy nie toestemming kan gee vir ‘n geheime stemming nie.

WitBlits ·

Nou sê die hof regeringsamptenare moet hulle grondwetlike plig nakom, maar die geskiedenis het reeds bewys dit gebeur nooit en hiervan gaan dadels kom. Die staatskapingrowers kan vrylik voortgaan en plunder wat hulle wil, want die besluitnemingsmag lê by hulle kaders!

Johan. H. ·

Nou maak julle wragtig jakkals skaapwagter.. Veral sy.. Daaie een wat daaie miljoene ontvang het van Anglo,,, Kry weer skaam,,,,

Loeis ·

Daar is dus nie ‘n bevel oor wat Mbete MOET doen nie, slegs dat sy by magte is om ‘n geheime stemming toe te laat.

Die uitspraak beteken dus nie veel nie, behalwe dat Mbete nou meer opelik partydig genoem sal word as sy ‘n geheime stemming sou weier.

Johan ·

Ons weet nou wat haar besluit gaan wees…zuma gaan nêrens voor 2019 nie…..

Hendrik ·

Ek dink nie ons moet ons asem ophou vir hierdie een nie. Ek wed dat Mbete nie ‘n geheime stem gaan hou nie.

Siener van Melbourne ·

Hierdie spul cANCer lede as geheel, en as ‘n organisasie, was van die staanspoor af nie ‘n bevrydings beweging nie. Hul doelwit was en is om die land te plunder van als wat geplunder kan word. Zuma klou nie aan sy pos oor hy die vermoë het om dit te doen nie maar omdat hulle hom daar hou terwyl hulle die lekkergoed fles leeg stroop. ‘n Bosniese student het eendag vir my gesê as die rotte van ‘n skip begin afspring en jy is nog aan boord het jy ernstige probleme. Hy was reg.

Nettie ·

@Siener, jy praat wys ……. Ek wens net lande soos Aussieland, NZ, Kanada en Europese lande wil hul oë oopmaak vir dit wat in SA gebeur, en geld skenk sodat diegene wat wil voetsek uit die land uit, maar nie die geld het nie, dit kan doen. Ek wil beslis nie soos daai rot waarna jy verwys, bly sit terwyl die skip sink nie, maar ek het nie ‘n keuse nie – ek het nie die geld nie en ook nie uitsonderlike kwalifikasies of ervaring om te waai nie en ook is ek nie gesond nie. Nou wat nou? Ek reken ek sal maar saam met die skip moet sink ………

Hendrik ·

Ek wil saamstem met Nettie. Siener hoe kan julle ons help uit die buiteland om druk toe te pas? Onthou ons hou die pot aan die kook hierdie kant en dit is nie grappies nie. Hier is nog baie van jou familie aan hierdie kant. As jy kommetaar lewer moet jy ook bereid wees om te help vanuit die buiteland.

Louis ·

Waarom sal die speaker nou besluit op n geheime stemming? ,sy sal dit nooit doen nie want dit sal selfmoord vir haar en Zama beteken

Thabo ·

Verblydend en te verwagte. Dis egter te betwyfel of selfs n geheime stemming die diskoers gaan verander. Nou sien ons met verwagting uit na die hofsake van ABSA en die SA Reserwebank teen die OB.Natuurlik ook die verskyning van die Gupta’s en Doedoezaggies voor die parlementere komitee. Ek dink die Britse ideefabriek gaan dalk moet oorweeg om semi permanent n kantoor in Saxonworld in te rig.

Michael ·

Zuma moet bly tot die verkiesing dan is die DA koalisie verseker van n oorwinning by die volgende verkiesing …
Net my opinie

Marius ·

Die speaker is veronderstel om onpartydig te wees nie aan almal te adverteer sy stem vir die ANC met haar geel,groen en swart rokkie by elke funksie.So ja sy sal die ANC se kant kies en nie n geheime stem toelaat.

vrikie ·

Soos ek die uitspraak verstaan kandie speaker nie gedwing word van die tipe stemming wat moet plaasvind, maar wel dat elke persoon wat stem die keuse het om dit openlik of in die geheim te doen

S A Burger ·

Hierdie gifappel gaan dit nooit toelaat nie want as Zuma val, val sy en die hele ANC regering.

Kosie ·

Sy’t steeds ‘n keuse maar nie meer ‘n verskoning nie. Dink in elk geval nie ‘n geheime stemming sal veel verskil maak nie, kaders is te bang hulle verloor hul cosy werk.

Stem maar weer ANC ·

Zuma se nr1 girlfriend sal verseker nie n geheime stemming toelaat nie. Sy sê net wat haar nr1 boyfriend sê sy moet sê en zuma sal dit nie nou wil hê nie.

Boland ·

Die probleem le nie net by no1 nie.Hulle almal wat so steel moet verwyder word.As net no1 weg is sal die korrupsie nog aangaan.Die vis gaan vrot tot 2019.

B-man ·

Gelukkig moet hulle pa staan vir die regskostes, ongelukkig seker met ons almal se belastinggeld.

Ekke ·

Ek het dit agtergekom!! Dit word “verwerping” genoem!! Kry vir julle!!!

Rynhardt ·

Sopas op E-Tv het die Anc se woordvoerder, Jackson Thembu die volgende gese:”Die Anc sal nie van die geheime stemming gebruik maak om van die president ontslae te raak nie.Die Anc laat hom nie voorskryf van die DA wat geweier het om van Zille ontslae te raak nie”.Mense, hulle weet hul sal almal strafregtelik saam met Zuma vervolg word en vir hoogverraad aangekla word.SA politieke bestel word gevangene gehou deur drie Anc-partye! Die ergste le voor vir die land.

Speedguard ·

Op die ou end was dit puur verniet, ek weet nie waarom almal hande geklap en gejuig het met die uitspraak nie, al is dit ‘n geheime stemming sal hul nooit ontslae raak van die gans wat die goue eiers le nie, dit is al laaankal nie eties of verantwoordelik nie, dit is oorlewing ten koste van ander, hy moes net beslis het dat Ballega in Bedjie persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste, maar gaan ons belastingbetaler wat reeds voos is opdok !!

Alida ·

JuJu sal in elk geval sorg dat nie sy of haar Prezzie ‘n woord inkry nie. Sien nogal uit na die vra en antwoord sessie. Lekker vermaaklik maar ai tog so ‘n verleentheid.

marous ·

Kan ons asb die kwitansies sien waar hulle vir die koste opdok uit eie sak?

Bibi ·

Ek het self gewonder oor daai gedeelte…. sal seker maar weer uit ons belastingbetalers se sakke kom!!

foxi ·

Ag kom nou Baleka….kry tog nou klaar sodat ons die asblik kan leegmaak. Die deksel wil nie meer toe nie…….

Susan ·

Glo nie verkiesing sonder geheime stemming Gaan iets uitrig nie. Almal Gaan te bang wees vir intimedasie….., so niks Gaan gebeur nie. Want soos dit Gaan, Gaan dit mos goed. Of so bly hul seker glo.

Werner ·

Die ou wat dink zumpies gaan waai na 2019 leef in n droom wêreld hy gaan n Mugabe op homself trek politiek gaan nie van hom ontslae raak nie

John ·

Die Grondwethof se onderskrywing van die grondwet in die uitspraak was eerder toekomsgerig as net vir die huidige. Eintlik wen toekomstige toepassings en geen party nie. Die geleentheid vir ‘n stem teen Zuma het reeds vervaag en as dit nou gebeur sal die ANC nie teen hom/die eie draai nie. Die DA se dom leuenverklikker-idee word nou ook as waarskuwing voor die ANC-lp’s gehou. Wat anders verwag mens. Maar die grondwethof se vasbyt aan aan die letter van die wet is goeie nuus mbt tot eienaarskap, die Reserwebank en ander sake. ‘n Geheime stem kan natuurlik ook ten kwade gebruik word deur die ANC om sulke veranderings af te dwing deurdat ander partylede ook vir hul saak mag stem, maar dan is die Grondwethof darem steeds staande om te nader. Die vuur rondom Zuma moet nog warmer gestook word. Dis duidelik. Sou hy uitgestem word, trek hy heel moontlik ons regstelsel en die ekonomie saam na onder. Slimmer maniere is duidelik nodig. Miskien loop hy nog dieselfde pad as sy voorganger wie se ondergang hy so sorgvuldig beplan het.

Alida ·

Sy moet nou haar onafhanklikheid bewys wat nie gaan gebeur nie. Ry mos eersteklas soustrein!

TP ·

Wat ek nie verstaan nie, is hoekom niemand vanmiddag vir nr1 direk gevra het waarom hy nie ‘n geheimestemming wil toelaat nie & waarvoor hy bang is!!

Kabous ·

As ANC lede in die parlement ten gunste van ‘n mosie van wantroue in Zuma stem, verkoop ek my huis en my kar en skenk alles net so aan die ANC.

Daar is geen kans dat dit gaan gebeur nie want hulle is te korrup.

Leë oorwinning.

Lizl ·

Wys jou net wat se lafhartige nasie is dit… Kort `n geheime verkiesing om net te doen wat reg is !!

SARIE VAN HEERDEN ·

Vergeet van ‘n geheime stemming. Ou Zuma gaan al giggellend vir sy onderdane waarsku teen die gramskap van die Voorvader Geeste en hy sal dan nog dreig om die tokkelossie los te laat sodat die beddens op lee blikke hul nie eens sal vrywaar van die klein mannetjie nie. Miskien moet iemand vir hul vertel presies WAT die Tokkelossie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.