Grondwethof sê dan oor Zuma-aansoek

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die konstitusionele hof sal Vrydag uitspraak lewer oor die EFF se aansoek om pres. Jacob Zuma uit sy amp te verwyder en aanspreeklik te hou vir sy rol in die Nkandla-debakel.

Die EFF het ʼn verklarende bevel aan die parlement gestuur om te versoek dat die parlement Zuma se gedrag beoordeel en bepaal of dit genoegsame gronde is om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas nadat die konstitusionele hof bevind het Zuma het sy ampseed verbreek en die Grondwet oortree.

Die konstitusionele hof het in Maart verlede jaar in ʼn verdoemende beslissing gesê Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf, te verdedig en te respekteer toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, aangedui het.

Dit kom nadat meer as R200 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik is om opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning te doen.

Die EFF, Cope en UDM het in September in die konstitusionele hof aangevoer dat speaker Baleka Mbete nie alle gepaste meganismes in plek gestel het om Zuma aanspreeklik te hou nie.

Hulle het vir ʼn bevel gevra om Mbete te dwing om ‘n komitee, of enige onafhanklike liggaam, te stig om Zuma se optrede te ondersoek en te bepaal of hy aan enige oortreding skuldig is. Mbete het die aansoek teengestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tokkie ·

Baleka Mbete was een van die swakste speakers nog – bevooroordeeld en ongelwillig om na sie opposisie te luister – saam met Zuma het hulle n bespotting van die parlement gemaak

Vryheid ·

Eff speel net. Hulle het geen mag of gesag nie. Hulle oom zuma sal met als weg kom- wag en sien

Riette ·

Ek bly terugdink.aan die Mankweng ANC komferensie.
Daar was nooit so groot “hype” daaroor gemaak nie….
Ons het net oor die nuus gehoor Thabo Mbeki is nie meer ANC president en dat (as ek reg is) Gwede Mantashe die land se presidentskap oorgeneem het..
…Thabo het stil stil van die openbaar verdwyn.
Help my asb reg as ek verkeerd is want dit was ook al ‘n paar jaar terug….het die beleid dan verander? Moes JZ dan nie dadelik gaan uitkamp by sy swembad om te help sou ‘n brand sy huisie tref en Cyril dan die leisels van die land oorgeneem het tot 2019,

Nic ·

Riette, Die konferensie was in Polokwane in Desember 2009. Mbeki het self as kandidaat vir die ANC top pos gestaan, daarom kon hulle hom as president van die land herroep toe hy uitgeval het. Kgalema Motlanthe was waarnemende president tot in Mei 2011. Kan jy die verskil sien? Zuma het nie weer self as kandidaat vir die ANC president gestaan nie. As Ramaphosa sy sout werd is, sal hy dit vir Zuma moeilik maak en dalk (hoop ons) hom dwing om te bedank. Hy sal nie herroep word soos Mbeki nie. Daar is genoeg van sy ondersteuners in die NUK van die ANC om dit te verhoed.

Kom on sien ·

Kom ons sien of Zuma of die ANC of die regering hulle aan die konsituiele hof se uitspraak sal steur. Ek sal maar nie my asem ophou hieroor nie.

Mich ·

Nic, die ANC se 52 e konferensie (waarna jy verwys ) was in 2007, nie 2009. Was by die Turfloop-kampus (Polokwane)gehou.
* Ek glo tog ons moet nie die EFF onderskat nie. Hul speel geen speletjies nie. Hul is baie populêr in stedelike gebiede, veral onder die jonges, dié wat kwaad is en tenagekom voel én die wat voel hul het niks om te verloor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.