Grondwethof se Khampepe, Jafta tree ook af

grondwethof2

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Regters Sisi Khampepe en Chris Jafta, albei ervare regters, het soos voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng besluit om die tuig neer te lê en af te tree.

Die twee regters het meer as drie dekades diens in die regsberoep agter die rug waarvan 12 in die Konstitusionele Hof.

“Hulle word erken vir hul rol in die bevestiging en versterking van die oppergesag van die wet, die evolusie en transformasie van die regstelsel en die onafhanklikheid van elk van die drie gesagstrukture van die staat,” lui ʼn verklaring van die voorsittende beamptes van die parlement.

“Ons sal vir ewig dank verskuldig wees vir die onbaatsugtige diens wat hulle aan verskillende Suid-Afrikaanse howe gelewer het, asook vir die onuitwisbare bydrae tot die ontwikkeling van die land se regstelsel.”

“Hulle toewyding, oortuiging en noulettendheid in die hantering van grondwetlike kwessies van die land is ʼn nalatenskap wat in die geskiedenisboeke opgeteken sal staan as beste praktyke wat waardig is om deur regstelsels wêreldwyd nagedoen te word.

“Ons salueer hulle dat hulle getrou gebly het aan die oppergesag van die reg en vir die beskerming van die Grondwet as die hoogste gesag.”

Die parlementariërs sê die regter het die land se hoogste hof gedien op ʼn belangrike tyd wat die krag van die land se grondwetlike demokrasie kwaai getoets is en nuwe hoogtes van volwassenheid bereik het.

“Ons wens hulle ʼn goeie, welverdiende en gelukkige aftrede toe.”

Khampepe en Jafta se aftrede kom kort na dié van Mogoeng wat Maandag die amp ná tien haar as hoofregter neergelê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Khampepe, hoe kan jy aftree. Ons het jou nodig om die korrupte ANC/EFF “honourables” se strotte af te trap.

annie ·

… die land is in ‘n grondwetlike krisis van epidermiese proporsie… ‘n stryd tussen goed en sleg, reg en verkeerd, oorlog en vrede… chaos en chaos… Terwyl covid speel en die regering diep besin oor watter edellui volgende nuwe-nuwe Merc’s sal mag kry as onderdanige burgermeesters…

Henri ·

“Khampepe en Jafta se aftrede kom kort na dié van Mogoeng wat Maandag die amp ná tien haar as hoofregter neergelê het.”. Dit moet seker “ná tien jaar” wees. Anders maak ek nie hond haar-af nie.

Prikkie ·

Sisi, hoe kan jy gaan rus terwyl Jakob nog op vrye voet is?

Kokerboom ·

Dankie vir jul goeie diens! Vraag is: Wie en wat volg jul op? Gesien teen kortlys vir Hoofregter moet ons bang wees, “baie bang”!

JohanR ·

Net een kyk gegee, en besluit hulle wil nie onder of saam met Hoofregter John Hlophe of adv. Busisiwe Mkhwebane dien nie!

Piet ·

Werk half gedoen nou hardloop hulle weg!!!Hoe ironies.Bang jz sirkus gaan hulle haunt!!!!!

Jaco ·

Sulke wonderlike regters, maar het hulle ooit die grondwetlikheid, regverdigheid en menslikheid van regstellende aksie getoets? Of is ek verkeerd: is regstellende aksie nie rassisme teenoor wit mense nie?

Dries ·

Jafta was deel van die minderheids uitspraak dat Zuma sou loskom.. onthou dit net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.