Grondwethof sê oor borgtog vir kettie-student

Khanyile en Mpofu. Foto: ANA.

Khanyile en Mpofu. Foto: ANA.

Die student van die Durban Universiteit van Tegnologie, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kettie gebruik het tydens die #feesmustfall-optogte, se prokureurs het vandag in die stampvol Grondwethof gaan argumenteer dat die besluit om sy borgtog te weier, ongrondwetlik was.

Bonginkosi Kh‎anyile (26) is op 27 September 2016 in hegtenis geneem en aangekla van aanhitsing tot geweld, onwettige samekoms, besit van plofstof en gevaarlike wapens, versperring van verkeer en ontwrigting van openbare paaie.

Hy is vroeër borgtog geweier omdat hy ten tyde van sy in inhegtenisneming ʼn vorige oortreding se borgvoorwaardes geminag het.

Die Durban-landdroshof, Durbanse hooggeregshof en die appèlhof het sy appèlaansoeke om borgtog geweier.

Khanyile, ʼn EFF-lid, voer aan landdros Jackie Jonk het nie vasgestel of die protesaksie onwettig was nie en sy het te veel klem gelê op die voorwaardes van die waarskuwing wat verband hou met sy vorige oortreding.

Advokaat Dali Mpofu, Khanyile se advokaat, het gesê daar is geen sin daarin om hom langer aan te hou nie, omdat hy nie ʼn vlugrisiko is nie en die hof nie kon bevestig dat die byeenkoms onwettig was nie. Hy het ook gesê Khanyile het vier onderskeidings in sy eksamen gekry en moet ʼn kans gegun word om te studeer eerder as om in ʼn tronk te sit vir ses maande.

Regter Mogoeng Mogoeng  het borgtog van R250 aan Khanyile toegestaan. Hy moet onmiddellik vrygelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kiepie

Hoekom betoog jy vir “Fees-must-fall” as jy die dienste van ‘n advokaat en die koste van twee appèlsake kan bekostig?

Leilani

Wel teminste het hy vir ñ paar maande in die tronk gesit.

Jean

Janee en so wen die skelms, die oproermakers en protesteerders in hierdie land. Dali Mpofu kom seker ook nie gratis nie, maar die moeilikheidmaker word op R250 borgtog vrygelaat. Amazing land en regstelsel wat ons het . Wat het die onderskeidings met iets te doen? Waar is die twee wit ouens wat die man in die doodskis skrikgemaak het? Hulle gesinne het nou geen inkomste nie, wie veg vir hulle? Hoekom is hulle nog nie verhoor nie? Hoekom is hulle nog nie gevonnis nie? Hoekom sit hulle nog in die tronk? Hulle is ook nie ‘n vlugrisiko nie. Jinne dit… Lees meer »

Scalla

26 Jarige kettie kop met 4 onderskeidings, baie beter as st 3

Estelle

Omdat hy nie vir die advokaat of hofsake betaal nie.