Grondwethof sê oor borgtog vir kettie-student

Khanyile en Mpofu. Foto: ANA.

Khanyile en Mpofu. Foto: ANA.

Die student van die Durban Universiteit van Tegnologie, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kettie gebruik het tydens die #feesmustfall-optogte, se prokureurs het vandag in die stampvol Grondwethof gaan argumenteer dat die besluit om sy borgtog te weier, ongrondwetlik was.

Bonginkosi Kh‎anyile (26) is op 27 September 2016 in hegtenis geneem en aangekla van aanhitsing tot geweld, onwettige samekoms, besit van plofstof en gevaarlike wapens, versperring van verkeer en ontwrigting van openbare paaie.

Hy is vroeër borgtog geweier omdat hy ten tyde van sy in inhegtenisneming ʼn vorige oortreding se borgvoorwaardes geminag het.

Die Durban-landdroshof, Durbanse hooggeregshof en die appèlhof het sy appèlaansoeke om borgtog geweier.

Khanyile, ʼn EFF-lid, voer aan landdros Jackie Jonk het nie vasgestel of die protesaksie onwettig was nie en sy het te veel klem gelê op die voorwaardes van die waarskuwing wat verband hou met sy vorige oortreding.

Advokaat Dali Mpofu, Khanyile se advokaat, het gesê daar is geen sin daarin om hom langer aan te hou nie, omdat hy nie ʼn vlugrisiko is nie en die hof nie kon bevestig dat die byeenkoms onwettig was nie. Hy het ook gesê Khanyile het vier onderskeidings in sy eksamen gekry en moet ʼn kans gegun word om te studeer eerder as om in ʼn tronk te sit vir ses maande.

Regter Mogoeng Mogoeng  het borgtog van R250 aan Khanyile toegestaan. Hy moet onmiddellik vrygelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kiepie ·

Hoekom betoog jy vir “Fees-must-fall” as jy die dienste van ‘n advokaat en die koste van twee appèlsake kan bekostig?

Leilani ·

Wel teminste het hy vir ñ paar maande in die tronk gesit.

Jean ·

Janee en so wen die skelms, die oproermakers en protesteerders in hierdie land. Dali Mpofu kom seker ook nie gratis nie, maar die moeilikheidmaker word op R250 borgtog vrygelaat. Amazing land en regstelsel wat ons het . Wat het die onderskeidings met iets te doen? Waar is die twee wit ouens wat die man in die doodskis skrikgemaak het? Hulle gesinne het nou geen inkomste nie, wie veg vir hulle? Hoekom is hulle nog nie verhoor nie? Hoekom is hulle nog nie gevonnis nie? Hoekom sit hulle nog in die tronk? Hulle is ook nie ‘n vlugrisiko nie. Jinne dit is lekker in SA om swart te wees! Iemand het waarskynlik sy regsonkoste betaal, of Dali het dit as ‘n persoonlike skenking vir sy STRUGGLE against apaaathaaait gedoen!

Scalla ·

26 Jarige kettie kop met 4 onderskeidings, baie beter as st 3

Johann ·

Hoop die EFF her waarde vir hulle geld gekry met die boorgatspook se tirades? Wanneer kry ek as blanke kans om in die howe te kla oor die aanslag teen ons lewens en welbeing?

zoom zoom ·

Waar kry die man die geld vir hofsake. Word hy geborg met geld wat vir arm students bedpel is. Hier is ‘n slang in die gras.

Leon ·

Lyk vir my as jy swart is kry jy ook voorkeurbehandeling by die Grondwethof. Wat weet die Grondwethof van sy borgtog wat die landdroshof, die Hooggeregshof en die Appélhof nie geweet het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.