Grondwethof sê oor Oscar Pistorius se appèlaansoek

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer in Oscar Pistorius se aansoek om teen sy vonnis te appelleer.

Die hof het Pistorius se aansoek van die hand gewys. Pistorius dien tans ʼn vonnis van 13 jaar en vyf maande tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, wat hy op Valentynsdag 2013 in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet het.

Pistorius is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis, maar dié vonnis is deur die appèlhof in Bloemfontein verleng nadat die staat teen Pistorius se vonnis geappelleer het.

Die staat het aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore was wat regverdig het dat regter Thokozile Masipa van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar vir moord moes afwyk nie. Die appèlhof het Pistorius se vonnis na net meer as 13 jaar aangepas omdat die hof in ag geneem het dat Pistorius reeds tronkstraf uitgedien het.

Volgens die hofdokumente wat Pistorius se regspan by die konstitusionele hof ingedien het, word daar aangevoer dat die appèlhof “wesenlike feitelike bevindinge van die verhoorhof geminag of geïgnoreer het”.

Pistorius voer aan dit is ʼn skending van sy grondwetlike reg tot ʼn regverdige verhoor wat die vonnis-gedeelte insluit. Hy meen dit is ook ʼn oortreding van sy grondwetlike reg om nie na willekeur of sonder rede van sy vryheid ontneem te word nie. In die aansoek word aangevoer dat dié oortredings van Pistorius se grondwetlike regte gelei het tot ʼn mislukking van geregtigheid.

Pistorius was in Desember verlede jaar weer in die nuus nadat dit aan die lig gekom het dat hy geringe beserings opgedoen het toe hy glo in ʼn rusie betrokke geraak het met ʼn ander gevangene in die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hy tans tronkstraf uitdien.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Pistorius het glo in ʼn rusie betrokke geraak met ʼn ander gevangene oor die gebruik van ʼn openbare telefoon in die spesialesorg-eenheid van die gevangenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Alida ·

Oscar bitter jammer vir jou my kind. Jou velkleur tel teen jou.

Danien ·

Dit gaan nie oor velkleur nie dit gaan oor moord. Sal jy eerder verkies dat n witman jou kind vermoor sodat hy n ligter vonnis kry. Oscar moes eerder 25 jaar gekry het en daarmee oordeel ek nie. Hy het n lewe geneem en dit sou net meer toepasliker gewees het om n langer vonnis uit te dien want dan sou sy eie lewe ook omtrent klaar gewees het. Hou asb op om te skuil agter velkleur. Dit is n mens en ja ons weet die reg stelsel is nie altyd reg nie maar Oscar het ook die voordeel gekry vir so ligte straf vir die daad wat hy geleeg het.

Chivago ·

Regtig Alida? Genade mens, miskien moet ek vir jou verduidelik: hy het ‘n lewe geneem en daarom word hy gestraf. Hoop jy verstaan nou beter, indien nie, sal ek vir jou ‘n prentjie ook teken.

Francois ·

WAT OP DEES-AARDE HET SY VELKLEUR TE MAKE MET DIE FEIT DAT HY N LEWE EN IEMAND SE KIND / SUSTER WEGGENEEM HET VIR EWIG, DEUR BLATANTE ONVERANTWOORDELIKHEID???

Blits ·

Sorry mense, maar regtig sou julle so gevoel het as hy jou dogter se lewe geneem het????

SORRY IF YOU DO THE CRIME YOU MUST DO THE TIME………
IF YOU ARE WILLING TO DO THE DEED, YOU MUST BE WILLING TO TAKE THE CONSEQUENCES

en dit geld vir enige krimminele oortreding

Valerie ·

Die enigste, regverdigste, en regte besluit deur die hof.

Nettie ·

Aan almal wat OP so verguis – ja, hy het moord gepleeg; ja, hy het ‘n jong dame van haar lewe ontneem; ja, hy moet tronkstraf uitdien en ja, ons moet sy daad veroordeel.

MAAR ……… so word 100’e en 1000’e blanke boere, hul families en dikwels jong, onskuldige kinders ook vermoor …… op die aller-wreedste, bloeddorstigste maniere. En soms, kry sulke moordenaars net 7 of tien jaar.

Maar wáág dit nou net om ‘n swartman in ‘n doodskis te sit en te dreig – en vonnisse van 11 & 14 jaar word opgelê.

JohanC ·

Hopelik is dit nou die einde van die Oscar moordsaak want alles wat sy regspan ookal probeerhet , is tot totale mislukking gedoem.

Oscar moet net aanvaar dat hy n moordenaar is van n beeldskone jong vrou want hy is tereg skuldig bevind aan moord al was dit ook dolus eventualis. Oscar moet liewer elke
dag op sy kniee gaan en dankie se dat hy nie lewenslank gekry het nie.

EN ai tog nou is al Oscar se ondersteuners wat so onwrikbaar in sy onskulg geglo het weer van vooraf ontsteld en vol selfbejammering vir Oscar

Linda ·

Hy moet maar sy straf aanvaar aangesien hy Reeva se grondwetlike reg op lewe van haar af weg geneem het, deur haar te vermoor.

Linda ·

As jy n moordenaar is het dit niks te doene met velkleur, ras, of wie jou familie is nie ! Asook geen ledemate ens het nie…..Jy moet betaal vir jou dade !

Dayan ·

Oscar, het Reeva nie ook geappelleer teen jou optrede nie? Jy het egter besluit om die sneller te trek, so jy kry nou maar net ‘n gedeelte van die reg wat jy toegepas het. Jy lewe nog, maar, sy het nie daardie voorreg nie.

Oom Kalahari ·

Stem met jou volkome saam Alida.
So sal dit vorentoe gaan waar velkleur die deurslag sal wees.

Debbie ·

Jammer Oom Kalahari, maar ek dink regtig nie velkleur het hier ‘n rol gespeel nie. Daar is dele van sy storie wat nie sin maak nie. Hy gaan heel waarskynlik nie eers die volle vonnis uitdien nie. Hy sal heel waarskynlik parool kry. Ek kry hom tog bietjie jammer. Dit kan nie lekker wees om alles waarvoor jy so hard gewerk het te verloor nie. Maar as hy dalk van die begin oop kaarte gespeel het, sou hy dalk van die begin af ‘n ligte vonnis gekry het, en hy sou dalk geld gehad gehad het om oor te begin. Dit is eintlik een groot tragedie vir albei families.

Blacklandfirst ·

Ai my oscar liefdetjie. Ek voel so jammer vir jou. Weet en glo jys onskuldig. Ekke is lief vir jou Oscar.

Mauritz ·

Onskuldig? Die feit dat hy haar vermoor het, en dit duidelik is, dink jy die ou is onskuldig?

Piet ·

Dis ironies dat Oscar se familie al hulle geld gemaak het by boere wat hulle vir baie jare getrou ondersteun het, maar nou skryf sy ondersteuners onder die skuilnaam “blacklandfirst”. Ek sou graag wou glo dat Oscar n beter mens sou wees nadat hy sy straf gevat het soos n man ip.v. dat hy almal blameer behalwe homself. Die “blacklandfirst” skrywer gee my ook die idee dat alle ander persone die blaam moet kry vir wat gebeur het behalwe die een wat die sneller getrek het.

B ·

Regtig…was almal van julle daar wat hom nou van moord aankla? Dankie Jesus dat U daar was en in daardie oomblik het U presies geweet wat het gebeur. Maar dankie ook dat U vergewe want U het ook vir Oscar aan die kruis gesterf! Dankie dat U regverdige regter is en dat reg tot eer van U sal geskied! Julle vergeet klaarblyklik dat die Bybel se daar is nie groot en klein sonde…sonde is sonde…Abba het vir als gesterf en as Oscar berou het is God getrou en regverdig en vergewe hom nes God ook daagliks jul sondes moet vergewe as jul belei met ‘n opregte hart! Wonder hoeveel jaar sou ons moes uitdien as ons vonnigs moes opgele word vir al ons sondes………… Oscar ek bid steeds vir jou….ek weet Abba gaan een amazing wonderwerk doen! Hou aan glo…hou jou oe op Hom….Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie!

Lielsa ·

@B, so jy wil vir my sê, jou witleuntjie is presies dieselfde as Oscar wat moord gepleeg het? Ek hoop net jy’t dieselfde siening oor plaasmoorde. Oscar het gemoor, simple, finish and kla.

Genoeg ·

Johan C, Oscar se ondersteuners kan nie selfbejammering vir hom hê nie, ons kan hom net uit die diepte van ons harte jammer kry en vir hom bly bid. Jesus het aan die kruis ‘n moordenaar vergewe en moet nou nie sê dat ek weer die Bybel insleep nie, want dit is feite wat in die Bybel vasgelê is. Ons oordeel maklik ons medemens, maar vergeet dat ons ook veroordeel sal word.

Stan ·

Net so Hein. Was dit in die ou bedeling was hy gehang. Mag Oscar sy straf vat, en na ‘n paar jaar weer sy plek in die samelewing hervat- hopenlik dan met nederigheid, respek en toegeneetheid.

gogga ·

en hier gaan ons weer met al die klein mannetjie sindroom span Almal wat daar was so jammer jul het nie getuig nie. ai jul moet maar met jul gewete saamleef. OORDEEL EN JY SAL GEOORDEEL WORD blablabla

Jon ·

en as Oscar nie n moordenaar was nie, was sy nog hier vandag en hy n vrye man. Lena, daai is die simpleste redinasie wat ek tot nou toe gehoor het. As die boer nie op die plaas gebly het nie, was hy nie in n plaas aanval nie.

Oscar-please ·

Eksodus 21:14: Wanneer iemand egter ‘n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.
Oscar, jy was n held, op n tyd het baie na jou opgekyk, maar jy het ook soos baie bekendes die “fame” na jou kop toe laat gaan. Jy het vinnige karre, vinnige girls en skitterende ligte gesoek. Jy het dit wat op jou pad loop, oor jouself gebring. Ek laat die vers om vir jou te wys dat dit erger kon wees. Nou het jy die kans om te berou vir jou dade, of dit nou met opset gedoen was of nie, dis nou te laat. Jy het die bloed van n andere op jou hande. Dien jou vonnis uit en maak jou hart reg. Swak keuses het gelei na swak dade.

jou lewe is nie verby nie, vir nou is dit net “anderste”

Linda ·

Dit is hoogs onwaarskynlik dat n sogenaamde inbreker dood stil sou sit agter n geslite deur, terwyl daar op hom geskiet word. Hy sou uitgespring het of terug geskiet het of vir Oscar aangeval het met n koevoet/byl. Oscar het presies geweet dat hy vir Reeva skiet, nou soek hy selfbejammering en is so vreeslik onskuldug. Hy bly n moirdenaar en moes lewenslank gekry het !!! hy het mense se kind vermoor. Nes my sussie se kind ook vermoor was, en dit get ons as familie uitmekaar uit geskeer. Jammer Pistorius familie, jul mors geld. Skend daardie geld liewers vir armsorg asb. Dit sal beter gebruik word. Saak afgehandel !!!

bloues ·

Genoeg, gaan lees weer daardie stuk in jou Bybel. Lees mooi. Dink. Reg? Jesus het die moordenaar vergewe jy het reg gelees maar Jesus het die moordenaar nie vrygestel van sy straf omdat hy ‘n moordenaar was nie. Die moordenaar het aan sy eie kruis gebly hang tot sy dood.
Verstaan jy?

kas ·

Genugtig Bloues,Hoe het jy die stuk gelees?Die een misdadiger het Jesus gespot maar die ander een het hom bestraf en vir Jesus gese.VADER DINK AAN MY AS U IN DIE PARADYS IS EN JESUS HET HOM GEANTWOORD.NOG VANDAG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES. Is hy dan nie vrygestel van sy misdaad nie,Ek vra maar net

Blits ·

Bloues, jy sien die vlees en geestelike dinge op die selfde manier, JA Jesus het vir die moordenaar gesê” jy sal van dag saam met my in die paradys wees” dit beteken dat jesus die moordenaar se sonde vergewe het en dit weg gewas het deur Jesus se bloed, die feit dat die moordenaar tot sy dood aan die kruis was, beteken nie dat Jesus hom nie vrygespreek het nie maar hy is deur die MENS nie vry gespreek in die vleeslike lewe nie, as Jesus jou vryspreek is dit in die geestelike lewe, die hiernamals en nie in die vleeslike lewe nie, as jy die vleeslike dinge najaag sal jy nie in gered word nie maar as jy die geestelike dinge najaag sal jy gered word omdat geestelik is jy bekeer omdat jy die sonige begeertes van die vlees nie jou #1 maak nie maar wel vir God ons heumelse VADER en Jesus die SEUN wat aan die kruis vir ons sondes gesterf het, sy bloed is oor ons uit gestort, Jesus het ook ges dat as jy volkome bekeer is sal die HUILIGE GEES in jou woon en jou lei, Hy sal die lig op jou pad en lewe wees

Gesiggie ·

Ek voel bitter jammer vir Oscar… ja hy is verantwoordlik vir die dood van Reeva en wat Reeva se ouers moet deurmaak, is baie erg, ek glo in hul hart voel hul ook sy swaar… maar God sal met jou n pad loop deur hierdie tyd… en jy sal n beter mens aan die ander kant uitkom… hou moed, en ja ons kan nie oordeel, want ons was nie daar… dalk was dit nie sy bedoeling om Riva dood te skiet?? agter geslote deure… sal niemand weet wat aangaan… maar hierdie saak raak ook nou maar bietjie boring””

KAS ·

Die omstandighede rondom die Oscar saak dui daarop dat hy skuldig is aan moord.As is verbrande hout.Hulle was in ‘n verhouding en het daai aand saam geslaap Onthou Oscar was jaloers en besitlik gewees teenoor Reeva.Niemand sal ooit weet of Oscar geweet het Reeva was in die badkamer nie maar sy bedoeling was om dood te skiet want hy het bedreig gevoel.Moord het ‘n minimum vonnis en dit het Odcar gekry.Niks gaan nou daai vonnis verander nie behalwe mediese redes.Daar is geen hof meer waar hy kan appeleer nie.Dien maar jou straf uit mater

Linda ·

Ek is seker maar net n dom blond, want die manier hoe Oscar nou reageer klink dit vir my asof hy n springbok of n hoender dood geskiet het en nie n mens nie ! Basta met velkleur en stompies. Jy sal jou straf uitdien soos n ware man, omdat jy n mens vermoor het !!!!

Regsterme ·

Ontspan, dit is net die regsterme waarin hy kan appelleer.

Gordon ·

Kom ons vra dit so, sien hier is mense ai Oscarjou arme ding, die lewe is so onregverdig teenoor jou.
Wat sou jou houding wees as dit jou kind is wat van jou af weg geneem is, nooit weer vir jou om haar vas te hou nie, nooit weer haar smile te sien of haar laggie te hoor nie. as dit my dogter was…..sou ek daar gesit het want ou oscar sou ook nie meer hier gewees het nie…so nee Oscar moet nie vas byt nie. jy het iemand se lewe gevat wat nie joune was om te vat nie…ek hoop jy vrot daar binne… en druk jou hele velkleur nonsins in jou agterent in… moord is moord.

KAS ·

Gordon jy is so reg.Reeva is van alle regte ontneem .Dit is iets wat Ossie oor homself gebring het.Van die kommentaar wys daarop dat hy nog lewe en sekerlik nog sal lewe as hy vrygelaat word.Reeva het nie verdien om so aan haar einde te kom nie en dit was beslis ook nie God se wil dat sy so moes sterf nie.

Jame ·

Kyk net daai kry-my-jammer gesig! Net jammer jy’t so kort straf gekry.

Magda ·

Neem die emosie en die ras uit hierdie ding. Hy het ‘n ander persoon se lewe geneem. Geregtigheid moet seevier. Hy is gestraf en hy moet dit aanvaar.
Wat as dit jou dogter of suster was wat hy geskiet het – en ook nie net 1 skoot nie – sou die tafels gedraai gewees het en jou besluit dan anders?
Nee man – REGTIG. Verkeerd is verkeerd, nie halfpad reg nie.

Hannelie ·

Liewe hemel lees jul kommentaar hier bo…..julle is nou almal besig om God se werk oor te neem deur te oordeel. Oscar gaan eendag voor God moet staan en verduidelik, nie jy nie. En ja, hy hét ‘n moord gepleeg, hy bly ‘n moordenaar en verdien straf. Ek kry Reeva se ouers jammer wat elke dag met die wete loop en dink oor die manier hoe hul dogter gesterf het. Laat haar in vrede rus en los hom hy is mos nou waar hy hoort.

christa ·

Hy kry wat hy verdien. Hy het ‘n lewe geneem en is ‘n moordenaar. Geld kan soms regmaak wat krom is maar dit werk nie altyd nie. Dien maar die minimum straf uit, want jy moet eintlik lewenslank gekry het na al jou leuens in die hof.

Simon ·

Ja ek oordeel hom, hy’t moord gepleeg. Die straf is hopeloos te min, hy leef nogsteeds soos n koning in die tronk. Sluit toe vir 23uur per dag.

Afrikaanse Knaap ·

Ek verstaan nie die wet goed genoeg om te weet hoekom hy nie vir moord tronk toe moet gaan nie.
Arme Reeva en Reeva se familie… my hart gaan uit na hulle toe.
Persoonlik dink ek dit is verregaande dat jy iemand se lewe kan neem en dan net 15 jaar in ‘n tronk sit. Ek stem saam met Eksodus.

Asseblief Alida, hy het iemand koelbloedig vermoor, hy moes die doodstraf gekry het ·

Asseblief Alida, het iemand koelbloedig vermoor, hy moes die doodstraf gekry het. Dit is nou nog ongelooflik hoe regter Masipa hom net VYF jaar gevonnis het. Gelukkig dat die Appelhof die vonnis verander het

christa ·

het jy vergeet hy het minute voor hy vir Reeva gegroet het, sy skelmpie gebel, wat hy gereeld gedoen het. Hy’t ‘n dubbel lewe gelei, dus was Reeva in sy pad…. of bed? Waar is die skelmpie nou?

Sjoe ·

Sjoe Christa is jy die skelmpie, indien nie, plaas dit jou op die toneel. Jy moes net gaan getuig het ook in die hofsaak.

VanAfrika ·

Chirsta waar val jy uit die bus, daar was nog nie in enige artikel verwys dat hy ooit n skelmpie gebel het voor hy Reeva gegroet het nie.

Nooit ·

Moordenaars hoort gladnie in die samelewing nie. Hy hoort eintlik, net soos ander moordenaars, NOOIT vrygelaat te word nie.

Ontstellend ·

Dit is ontstellend om die haat deur sekere mense te sien en hulle het hom nie eens geken nie, ek stem saam met Hannelie. Wat gebeur het, moes nie gebeur het nie, maar dit het en dit kan nooit verander nie. Oscar is nie wreedaard en betaal in gees, vlees en harde munt baie duur daarvoor. Hy het die wêreld aan sy voete vir goeie dade gehad en nou is hy verwerp deur die mensdom deur sy eie toedoen, wat meer wil julle hê. Hy moet en dien sy vonnis uit en ek glo hy sal nooit weer in so situasie kom nie, hy het alreeds gewys dat hy berou het en saamwerk in al die programme. Hier is mense los tussen ons wat daagliks vermink of moor en wegkom daarmee, maak nie saak wie jy seermaak of moor nie, dit bly dieselfde onreg.

jean ·

“Ontstellend”……al wat gebeur het was dat hy sy humeur verloor het……iets waarvoor hy glo bekend was. Laat hy bly waar hy is….dis moes langer gewees het. Die dag as roem na jou kop gaan!

Albaster ·

Jy jetr seker nog nooit n geliefde verloor aan die hande van n moordenaar nie, ne?

Ontstellend ·

Dit is juis hierdie hatigheid waarna ek verwys, ek stem hy het verkeerd gedoen en al wat ek wil sê, dit is reg, hy dien sy straf uit, wat ek wel nie verstaan is hoekom mense hulself verlekker in ‘n ander se hartseer, maak nie saak wie dit gebring het nie.
Albaster nie verloor nie, maar wel naby familie se siele en dit is amper erger, hul het oor en oor die seer beleef. Ek kon nie met my lewe aangaan voor ek nie die man vergewe het nie! Vandag kyk ek met ander oë en besef hoe geseend en ryk ons is, ons kon dit agtersit. In kort sal ek julle beter verstaan as hy aanhoudend probeer moor of mishandel het. In ‘n ondeurdenkte oomblik, maak hy ‘n groot oordeelsfout, hy betaal ‘n duur prys, nie net in geld, menswees…….

Ek glo vir Oscar ·

Tegnies het hy waarskynlik moord gepleeg.

In realiteit het hy ‘n binne ‘n oogwink ‘n oordeelsfout gemaak deur Riva te verwar met ‘n inbreker, net soos Rudi Visagie toe hy per ongeluk sy eie dogter dogter doodgeskiet het omdat hy haar met ‘n inbreker verwar het.

Wat’s die verskil? Sit Rudi 13 jaar in die tronk? En Rudi was nie eers ‘n kwesbare parapleeg sonder bene wat die reg het om meer bedreig te voel as ander mense nie.

Skaam julle ·

Julle wat simpatie met n moordenaar betoon is het geen waardes nie, dubbele standaarde, skeinheilig, en ek wil nie die land met julle deel nie. Ek wil n veilige samelewing he waar moordenaars weggepak word vir ewig. Dit is as gevolg van waardelose mense soos julle wat nie meer die verskil sien tussen reg en verkeerd nie dat die wereld so gevaarlik raak.

Tokkolos ·

Jo hier is n paar afgetrede regters en getuies wat lekker op hul stoep sit en oordeel. Get a live gaan vang vis of doen iets dat julle besig kan bly. Die man het mos nou sy straf gekry. En ja Mev Steenkamp sal hopenlik nou haar laaste hoofstuk van haar boek kan afsluit

Naomi ·

Kan nie wag vir die movie nie, een met beter actors as daai Lifetime een.

Linda ·

Christa, JA ons het vergeet van die skelmpie. Jul almal hier is oulike mense hoor. Lief vir julle om so mooi saam te staan !

BOALNDER ·

Hy het die vrou dood geskiet. Sy is weg geneem uit die lewe, haar hele lewe het voor haar gelê!! PUNT!!!!!!!!!!!!!!!!

Bollie ·

Die ou wat die “bosvark” geskiet het is ook ‘n moordenaar.

Filosoof ·

Nee, verseker is nie alle moorde dieselfde nie, dit is n hele regsprofessie op sy eie.

kas ·

Bollie, goeie punt.Ek jag self.Baie dinge in die bosvarkjag maak nie sin nie.Hy het ‘n swart figuur gesien wat vir hom kyk toe skiet hy sonder dat die vark gestorm het.Dit is volgens my ook moord maar die opset soos in Oscar se geval is nie teenwoordig nie dus is dit strafbare manslag.

Albaster ·

Bollie en Kas, julle is seker stadsjapies en ken duidelik nie van jag of landbou nie. Gaan staan in n stil , ruig mielieland in die nag in n area waar dierelewe is. Gaan doen dit net, dan praat ons weer.

Linda ·

Bollie, JA wragties n bosvark en n mens is darem een groot verskil ! So 4 jaar gelede kry my sus die idee ons moet vir n paasnaweek anderkant Parys gaan kam. Man, almal baie opgewonde ons gaan ook vis vang ! net krappe ! Maar daai eerste nag bestorm n trop bosvarke ons tent. Ek se jou ons is bo op die bakkie se dak. Gooi hulle met bottels ens. Het hulle ons ou tentjie verniel. Jy kon sien dis nie mense die goed nie !!!!

Piet ·

Linda as n vark klere aan het en regop loop sal jy dit tog sekerlik kan verwar vir n mens, maar as n mens op sy kniee kruip in die nag met n sak mielies op sy rug wat soos n boggel lyk dan is dit volgens jou ondenkbaar om te dink dis n vark? Was dit nie in n mielie land waar mens sou verwag om varke te kry nie? Miskien is jy so liberaal is dat jy nie die waarheid kan sien nie al byt dit jou aan die sitvlak.

KAS ·

Albaster,twee dinge ek is nie ‘n stadsjapie nie en as jy my berig gelees het sal jy merk ek jag self.Dit was nie in die nag nie maar net na sononder.So dit was nie stikdonker nie.

Piet ·

Kas met respek gese jy klink nie soos ‘n jagter nie. As mens een enkele mielie roer sal die varke weghol. Mens le die goed voor en as jy hulle sien skiet jy. Waarom sal die vark noodwendig storm? Meen jy dat jy nie behoorlik kan skiet nie? As jy nie kan insien dat n mens wat op sy kniee kruip (wegkruip) soos n vark lyk na sononder nie, dan glo ek jou nie dat jy al bosvarke gejag het nie.

Kas ·

Piet.ek verstaan wat jy se.Ek reageer op die eerste berig.Dit was net na sononder dan is dit mos nie donker nie.En ja ek kan skiet alhoewel ek ook nie ‘n skerpskutter is nie.As dit donker was verander die situasie heeltemal.Jy is reg bosvarke is senuweeagtig en jy skiet as jy hom sien.In mielies of suikerriet is dit gevaarlik want hulle hardloop in alle rigtings en as jy in die pad is gaan jy seerkry.Het hy ‘n lig gehad laat hy kon sien die vark kyk vir hom.Die slagoffer was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.Ek glo vas die man is nie met opset geskiet nie en sal nooit aan moord skuldig bevind word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.