Grondwethof sê oor vuurwapenlisensies

Argieffoto: SAPD

Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die hofgeding rakende vuurwapenlisensies.

Die konstitusionele hof het die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria ter syde gestel.

Die hooggeregshof het in Julie 2017 beslis dat twee artikels (artikel 24 en 28) van die Vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is en dat alle vuurwapenlisensies wat verval het of binnekort verval, geldig sal wees totdat die konstitusionele hof die betrokke artikels hersien het. Die parlement is ook 18 maande gegun om die wet te wysig om aan grondwetlike beginsels te voldoen.

Die konstitusionele hof se uitspraak beteken egter nou dat vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, hul vuurwapens by die polisie moet gaan inhandig en aansoek doen vir vergoeding. Indien dit nie gedoen word nie, kan hulle vervolg word vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word.

Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SA Jagters), meen die uitspraak het verreikende gevolge aangesien daar volgens hul statistieke sowat 300 000 vuurwapeneienaars is wie se lisensies verval het.

“Die chaos wat reeds bestaan rakende swak administrasie en implementering van die Vuurwapenbeheerwet gaan dus net voortduur. Die polisie kan nou optree teen individue wie se lisensies verval het. Die regter het in sy uitspraak gesê hy kan hom nie indink dat die polisie nou sal optree teen vuurwapeneienaars wat hulle wapens gaan inhandig nie, maar daar is niks wat die polisie keer om dit te doen nie.”

Camphor het gesê hulle sal hul lede aanraai om wel hul vuurwapens wat se lisensies verval het, te gaan inhandig en aansoek te doen vir vergoeding. “Indien daar amnestie aangekondig word moet vuurwapeneienaars daarvoor aansoek doen en dan aansoek doen vir hul lisensies.”

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Bheki Cele, minister van polisie, het verlede maand in sy begrotingsrede in die parlement aangekondig dat vuurwapeneienaars wat onwettige vuurwapens in hul besit het, weer kans sal kry om die wapens vrywillig in te dien sonder om vervolg te word.

Volgens Cele het die kabinet die vuurwapenamnestietydperk vir 2018 goedgekeur en is die doelwitte hiervan om die aantal onwettige vuurwapens wat steeds in die land in omloop is te verminder; vuurwapeneienaars die geleentheid te gee om wettige vuurwapens wat hulle nie meer wil hê nie in te handig; misdaad en geweld te voorkom en te verseker dat Suid-Afrikaners veilig voel en nie langer in vrees vir misdaad leef nie.

Cele het gesê daar sal binnekort ʼn aankondiging gedoen word oor hoe die proses sal ontvou. “Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om hul wettige en onwettige vuurwapens vrywillig in te dien en ons sal amnestie verskaf vir die besit van onwettige vuurwapens.”

Ingevolge die Vuurwapenbeheerwet het elke wapenlisensie ʼn beperkte leeftyd en moet wapeneienaars binne 90 dae voordat ʼn lisensie verval, aansoek doen om hul lisensies te hernu. Met die instelling van die nuwe wet moes derduisende vuurwapeneienaars tussen 2006 en 2009 aansoek doen om hul lisensies te hernu. Diegene wat dus nie voor die spertyd aansoek gedoen het nie, sou dus hul lisensies verbeur. Daar is toe tussen 2011 en 2016 weer tyd gegee om aansoek te doen, maar Khomotso Phahlane, destydse minister van polisie, het vroeg in 2016 aangekondig dat aansoeke sluit en dat diegene wat nog nie hul lisensies hernu het nie, hul wapens by die polisie moes inhandig.

SA Jagters het hom egter tot die hof gewend en aangevoer dele van die Vuurwapenbeheerwet is irrasioneel, vaag en skend persone se grondwetlike regte op die beskerming van eiendom. SA Jagters het ook aangevoer die spertyd van 90 dae is nie voldoende nie en dat indien iemand die sperdatum misloop hulle gedwing word om hul wapens in te handig en daar geen manier is om dit te behou of later weer terug te kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Grondwethof is beslis eensydig / voorgese. As daar geen probleem by SAPD was i.v.m. vurwapenlisensie aansoeke of hernuwings nie, sou hulel ook kennisgewings uitreik dat jou lisensie gaan verval, en was die hele proses vlot en op datum; dan was daar geen meriete in die saak nie. MAAR kyk hoe gaan dit tans, en in die verlede daar!
Moenie meer probeer staatmaak op reg en geregtigheid nie!

Werner ·

Handig wapen in by wapenwinkels, vir bewaring, tot dit later uitgesorteer kan word, of verkoop kan word.
Moet netnie by polisie inhandig nie!

Jaco de langen ·

Ek is tans besig om uit te help met die admin by n vuurwapen handelaar. Ek het wel opgelet dat wapens wat meer as n jaar terug aangekoop is nogsteeds nie gerigstreer is deur die SAPS nie. Hulle doen alles in hulle vermoe om nie die werk tw doen nien sodat ons geontwapen kan word. Hulle werk met n plan

Rudi Makkink ·

Ek stem saam Werner, moenie by polisie indien nie, gee in by vuurwapen handelaar. En ja Thinus jy’s 100% reg, die staat het nooit papier of ink om hulle werk te doen nie.
Groetnis

Casper Labuschagne ·

Ons het almal geweet dat hierdie dag sal kom waar vuurwapens teruggeneem sal word. Nou kan hulle solank al 300,000 vuurwapens terugneem.

Verwag komende wetgewing waarvolgens ook nog vuurwapens teruggeneem kan word.

BenaYaHU ·

@Casper L
PRESIES, dit is ‘n globale tendens.. kamtig vir ons eie veiligheid!!!
Die ‘geskiedenis’ het dit tot op hede duidelik gemaak (meeste het dit net vergeet/stel nie belang) – ten einde die bevolking te beheer, neem eers hul wapens weg.
Indien hierdie volkie dit toelaat, is dit my oortuiging dat ons laaste kans op oorlewing daarmee heen is .. want praat (politiek) help beslis nie! Selfbeskikking en -verdediging is ‘n REG .. nie ‘n voorrreg.
Die meerderheid sal weereens moet gaan navors wat ANARGIE waarlik beteken.. en besef dat daar ‘n veel groter AGENDA is wat hier gedryf word.. (Agenda 21, 2030, ens.)

Rudi Makkink ·

Dis beslis n plan, soos met Piet Retief waar hulle so uitgevang was om sonder wapens in die kraal in te gaan.

Freddie ·

Nog ‘n bewys dat die ANC ten gunste is van plaasmoorde en misdaad oor die algemeen. Dit is slegs die wetsgehoorsame burger wie hierdeur ge-affekteer word. Hulle wil nie hê ons moet ons self kan verdedig nie. Sien hoe misdaad nog erger word. Ons grondwet is die swakste ter wêreld en word wetgewing nie toegepas nie, maar eerder die regter se eie diskresie / bevooroordeeldheid. Dan het die SAJWV in 2009 die geleentheid gehad om die saak te hanteer, maar het hulle dit gelos vir geen goeie rede nie. So is sy lede en ander wapeneienaars benadeel.

Tommie Schmidt ·

Die groen lisensie en die ID boek lisensies is nog geldig .

Marius ·

Nee Vossie glad nie meer.Wat my kwaad maak is dat die mense kerm nou oor die nuwe wet as julle wapens so kosbaar is vir julle hoekom het julle nie aansoek gaan doen toe julle moes soos ek gedoen het en is my wapen geldig vandag.Nou het julle groot probleme jy kan al jou wapens maar gaan inhandig of hulle gaan dit by jou kom haal en 15 jr tronsktraf as jy dit nie inhandig.Aai Ai

Danie ·

Nee, ongelukkig nie. Beste wat ek nou aan kan dink (en ek weet dat dit nie is wat iemand wil hoor nie) is om jou wapen in te gee en seker te maak dis van jou naam af, en dan n ander goedkoop 2de handse wapen te koop en seker te maak dat jou lisensie op datum te hou. As jy skuldig bevind word aan besit van ongelisensieerde wapen, gaan jy nooit in jou lewe weer enige wapen kan besit nie.

Maica ·

Die groen lisensie bly geldig as jy nog nooit tevore oorgegaan het na die nuwe wetgewing (wit Lisensie) nie. Stel egter voor dat jy so gou as moontlik wel aansoek doen om op die nuwe wetgewing te kom.

Johnny Smith ·

Hierdie hofuitspraak het niks met die groen lisensie te doen. Jou groen lisensie bly geldig.

Veritas ·

Vossie, soos ek dit verstaan, is Tommie reg. Die lisensies in die ou ID boekies, is nog geldig.

Peet ·

So, mense moet vuurwapens inhandig by die polisie, dis nou die SAPS wat beroof word? Die SAPS wat nie eens hulself kan verdedig nie? Maar ons moet vuurwapens vir hulle gee? LOL

BenaYaHU ·

@Wynand
100% – dit is nog deurgaans die PLAN! (Agenda21, Agenda2030, ens.)
Die mens-dom verkies egter om NIE te wil weet/verstaan waarheen alles oppad is nie.
Anargis vs Statis – keuse bly elkeen s’n .. Slawerny op die mees subtiele wyse.

bgj van der westhuizen ·

ja neem die wettige wapen uit en laat die onwettige wapen toe dis verplig die land ons om onwettige wapens te bekom om ons te beskerm teen misdaat lekker nou kan misdaat nog meer raak en nou word wettige mense verplig om die wet te verbreuk ek kan dit se ek sien dat baie wapens nou net weg raak

Johan ·

Wonder of daai regters wat die uitspraak gelewer het ooit prakties kan dink. Kan eienaars nie met wapenhandelaars saamwerk en dit aan hulle skenk nie, aansoek doen vir lisensies en dit dan weer terug geskenk kry nie?

Danie ·

Dit sou wonderlik wees as dit so kon werk maar die wapen, volgens die fantastiese hof uitslag, word nou as “onwettig” beskou en n handelaar mag dit nie vat nie en jy as eienaar mag dit nie aan iemand skenk of verkoop nie. Mag nou net terug gegee word aan ons behulpsame, hoogs bekwame SAPD.

Johan ·

Wonder of daai regters wat die uitspraak gelewer het ooit prakties kan dink.

Skokkend ·

Hoe skeefgetrek is dit nou nie net nie? Mense word DAAGLIKS vermoor maar die oorhandiging van wapens van mense wat wettige wapens besit het en hulle lisensies laat verval het moet nou hulle wapens ingee sodat MISDAAD Bekamp kan word en mense nie meer hoef te vrees vir hulle lewens nie?? ASKIES??? Nou gaan jy eers vrees vir jou lewe want nou het JY nie meer ‘n wapen nie maar die KRIMINELE het wel nog wapens.

BenaYaHU ·

“Grondwetlike reg” om jouself te beskerm.. Statistike in hierdie land beaam dit juis te meer!
In lyn met bogenoemde, bestudeer gerus die onderwerp rakende die “Natuurlike reg” .. en as jy waarlik dieper wil gaan (rooi pil), die beginsel “Clausula rebus sic stantibus” en “legal name fraud”.
Wees egter oopkop – hierdie ou matriks is NIE enigsins wat die mens-dom dink dit is.. dit strek VEEL dieper!

Wurmpie ·

Ek wag nou al amper 2 jaar vir my lisensie. Vorige een het verval. Wat nou

Wettig ·

Wurmpie die polisie gaan jou nie skakel jy moes lankal opgevolg en of na die plek gaan waar ju aansoek gedoen het hy le seker daar.Sterkte

Gerhardb ·

Konfiskeer alle wettige wapens wat se lisensies verval het?…… Dan maak dit die besit van onwettige wapens in die land minder….Watse Nonsens en onnosele denkwyse is dit. Daardie Wapens was nooit onwettig nie en op ‘n tyd almal gelisensieer. Dit is in my insiens slegs ‘n administratiewe plig wat nagekom moet word. Dit is die Kriminele wat met onwettige wapens loop. Nou moet jy vir 15 jaar tronk toe gaan….en as jy hulle nog so ietsie gaan toevoeg kry jy nog drie jaar by? Dis netsowel as my bestuurslisensie verval, gee jou kar terug of gaan tronk toe vir 15 Jaar. Die Polisie en Justisie het Mal geword….

Johnny Smith ·

Jou bestuurderslisensie verval nie – slegs die kaart. Maar ons is al so gebreinspoel dat ons maar aanvaar dat ons bestuurders lisensie verval – lekker geldmaak skema van die staat en die privaat tjomme wat die kaartjies druk.

Dupie ·

Hoekom teken SA Jagters dan nie nou apel teen die uitspraak aan nie, dan kan die uitspraak omgeswaai word soos met 90% van hof uitsprake in ons land.

Shaun ·

Waar gaan hulle appelleer ? Die konstisionele hof is die hoogste gesag in die land

Theresa ·

Wat se snert is dit om mense wat nog altyd hul lisensies getrou byhou (dalk nou met al die veranderinge en dan ja dan nee nou 1 keer agtergeraak??) hul wapens moet inhandig. Belaglik verby (maar wag, nie so belaglik nie – eintlik heel in lyn met al die besluite wat onlogies is).
FOKUS op die verdomde kriminele wat mense afmaai.
Gee elkeen wat nou die laaste keer nie hernu het nie ‘n kans! Boete by die hernuwing – dan score die departement nog – maar glad nie nodig om in te handig nie. Hierdie is nie ‘n positiewe besluit in belang van mense wat hulself heeldag, elke dag moet beskerm teen misdadigers wat volop rondwriemel nie. Hoe staan mens die inhandiging teë??? Boetes is tog die antwoord?

Johann Nel ·

Die kriminele gaan beslis nie hulle vuurwapens inhandig nie en ons het al gesien hoeveel van die wettige wapens wat ingehandig was was deur korrupte polisiemanne aan kriminele verkoop en onwettig in sirkulsie geplaas. If guns are outlawed, only outlaws will have guns…

Rina ·

dink net hoeveel van die ingehandigde vuurwapens nou in verkeerde hande gaan beland. Ons gaan doodgeskiet word met ons eie ingehandigde wapens. Gaan doen aansoek vir die hernuwing eerder so gou moontlik

Carien ·

Dit is wat weer gaan gebeur, presies wat gebeur het met die vorige inhandigings. Niemand weet waar daardie wapens is nie.

Jo ·

Breek jou wapen, maak hom onbruikbaar voor jy hom ingee. Doen aansoek vir n nuwe lisensie en kry n nuwe wapen. Nie veel anders wat nou gedoen kan word nie. En moenie weer vergeet nie!

James ·

Maak net gou, op nuwe aansoek vorms gaan jy seker moet aandui of jy al n vervalde vuurwapen lisensie gehad het en dan sal jy nie kwalifiseer vir n nuwe nie

Martin ·

Ek het myne betyds hernu, en ek het geen probleem gehad nie.

Casper Labuschagne ·

As ander gemeenskappe in die land probleme het, dan betoog hulle, brand geboue af en steek die polisie onder die klippe totdat die regering hulle te gemoed kom. Hier het die eienaars van 300,000 vuurwapens ‘n probleem, maar hulle behoort aan ‘n gemeenskap wat heeltemal te ordentlik is en hulle sal maar gedwee hul vuurwapens verbeur.

tamboti ·

Die grodwethof is daar om te sorg dat ons, die burgers (wetsgehoorsame) se grondwetlike reg nie vertrap of ontneem word deur die magbehepte regering nie. Soos met mineraal regte en water regte, is die grondwethof nie baie behulpsaam met Jan-publiek nie. En nou weer met verstreke vuurwapenlisensies, dit laat mens net dink hoe gaan hul in die toekoms die publiek beskerm?
Al is die koeel deur die kerk, kan ons nie maar ‘n ou petisie van stapel stuur nie?

BenaYaHU ·

@tamboti
Die algemene “persepsie” bestaan dat die s.g. “geregsdienaars” (polisie, weermag & veral die regstelsel) daargestel is om die bevolking te “beskerm” & te dien.. dit is egter ‘n verdraaing van die werkliheid!
Die polisie en weermag is mos ‘veronderstel’ om apolities te wees – om maw. die “regering van die dag” te gehoorsaam & te dien. Hulle bewaak en beskerm dus die STELSEL! Hulle verseker (en hul primere raak) is dus om die stelsel aan die gang te hou!
Verder is die “regstelsel” onderhewig aan die BAR (British Accredited Registry – City of London Corporation) en dus pro die STAAT (‘Maritime Law’) en maak gebruik van “legalese” (Black’s Law Dictionary) om in hul “court” die spel te speel .. en vertrou my gerus, dit IS ‘n SPEL!

Opdieball ·

Hoekom wag tot jou lisensie verval en dan wil jy n bohaai opskop. Dit is n omslagtige proses, maar dit is wat die wet vereis. Ek het nyne gedoen binne die raamwerk van die wet en het geen probleme gehad nie.

Fred Van Lith ·

Dit is maklik om oor n’ periode van 5 jaar te laat jou lisensie te hernuwe. Alle ander tipe lisensies word n’ mens herrinner wanneer die hernuwingsdatum is. Vuurwapen eienaars word nou ook vroegtydig gewaarsku voordat lisensies verval. Dit is uiters onregverdig dat mense wat vergeet het en n’ maand laat aansoek gedoen het nou soos kriminele behandel word. Sommige van ons besit al 50 jaar ons vuurwapens. Ironies ook dat “competency” sertifikate wel uitgereik is maar lisensie hernuwings word dan afgekeur.

JJ ·

Dit is seker menslike om ‘n fout te maak? Wie van ons het nie al nagelaat om ‘n munisipale of Telkom rekening betyds te betaal nie of per ongeluk 80 in ‘n 60 sone te ry nie. Dan betaal mens ‘n boete vir jou fout en volgende keer maak jy seker jy is betyds, maar hierdie inhandiging van jou privaat eiendom is verregaande! Ek besit my vuurwapen al vir amper 30 jaar en dit was nooit nodig om die lisensie te hernu nie. Nou skielik is daar ‘n nuwe wet en toe ek my oë uitvee is ek laat met die hernuwing…

Johnny Smith ·

Dit is menslik om te vergeet – dit is maklik om nou op die kantlyn te sit en te oordeel. Merk my woorde – die regering gaan nog meer valstrikke aanbring om hulle uiteindelik doelwit – DIE TOTALE ONTWAPENING VAN DIE PUBLIEK – te weeg te bring.

marous ·

Haal die kolwe af en slagpenne uit . Gaan foeter dit op hulle tafels neer. Begin dadelik met eise vir vergoeding en dagvaar . Hulle gaan nie 300 000 sake kan hanteer nie

Casper Labuschagne ·

Hulle het nie nodig om 300,000 hofsake te hanteer nie. Hulle sal soos altyd net een saak hanteer en dit in elke hof verloor tot by die apelhof waar, soos almal weet, die regerende party selde ‘n saak verloor.

JMC ·

Ek het eenkeer ‘n fliek gesien waar net die staat vuurwapens gehad het. Die fliek se naam was Schindler’s List.

Martieat van ·

Wat van die gaspistool wat Francois Swart se lewe gekos het? Vir dit het jy nie eers ‘n lisensie nodig nie.

Oom Kalahari ·

As daar gekyk word na die meerderheid kommentare hoerbo dan kan mens nie anders as om tot die slotsom kom van ontwapening wat ‘n swak na smaak laat.

Hierdie uitspraak se baie en hoe die toekoms daar gaan uitsien en was dieselfde regdeur Afrika. Daarom as daar genoem was oor die aandring van Selfbeskikking, dan was juy deur sommiges gestenig en onder sand toegegooi, maar is dit die pad wat ‘n gehoorsame burger moet stap om die krimineel te bevonds met wapens.
Skielik gaan daar weer inbrake wees by SAPD kantore van berging of die verkope styg. Ek breek my wapens uitmekaar deel vir deel onbruikbaar en handig in. Waarom nie aan wapen handelaars met die nodige wetgewing wat toegepas gebruik word nie. In SAPD se hande kan die wapens ook moontlik misbruik word soos al gemeld in rooftogte of ander misdaad gevalle. Hierdie is ‘n seerpunt.

Rina Scheepers ·

Net nog n rede om die wapens in kriminele se hande te gee en onskuldige mense vermoor……..korrup, korru in die ergste graad… dit al wat ek kan sê

Ver links ·

This process is needed and we as liberals requires no weapons in the wrong hands. Go and hand in your firearms while you have the chance to do it or my people will come and collect both.

Nie ver links nie ·

Julle is te bang om in die gebiede in te gaan waar die ware onwettige vuurwapens is. Hulle gaan op geen manier hierdie onwettige vuurwapens inhandig nie.

Rob ·

Toe maar Mnr Smart, die dag gaan kom dat jy sal ook jou wapens moet oor gee aan die SAPS

Rudolf ·

Ja en so het ek my vuurwapen lisensie herniewing in 2017 ingehandig nadat dit teruggekim het was daar gese ek het nie n geldige bevoegdheid nie maar ek het die nuwe een gekry.toe weer ingesit met alles en weer betaal en sowaar nou wag ek al n jaar en n half en al wat hulle kan se is ek moet wag dit is in proses.

Bernard ·

My lisensie, het ook verval, reeds aansoek gedoen intussen. Nou wonder ek of die aansoek ongeldig gaan verklaar word, ek dink ook aan die bogenoemde kommentaar, maak die vuurwapen buitewerking? Sal lood in die loop reg wees.? Gelukkig is my antieke vuurwapens nog geldig. nounet op nuus gehoor Gauteng polisie stasie beroof van vuurwapens.

Teresa ·

Persoonlik dink ek dit n korrupte manier on mense ongewapen the kry sodoende het skelms weereens meer reg as die gewone ou op straat. Polisie is nie bevoeg on hul week in eerste plek te doen nie so nou raak dit die publiek se problem.

Pieter ·

Ek probeer nou al van 2011af om my compentensie te doen.het nou weer met die prodes van voor af begin,ons lokale DFO was op verlof,noudat hy terug is mort hy n nuwe kode -woord kry voordat hy op sy rekenaar kan ingaan,hoe nou gemaak 60 dae later?

Logies ·

Dupie die Grondwettelikehof is die hoogste hof van die land en sy uitspraak is finaal jy kan nie teen sy uitspraak apel aanteken nie.

John ·

Waar word die wapens wat ingehandig is, gehou? Is daar bereplek by stasies en riglyne hoe dit gehanteer moet word, soos deur die Grondwethof aangedui, of maak die offisier aan diens wat hy wil, Sou iemand met jou wapen later aangeval word, kan jy die skuld kry, indien die bewyse dat jy wel dit oorhandig het, soek raak?

Nikita ·

Ja nee dink hulle nou n mens is so dom. Dis tog duidelik dat hulle probeer om ons te ontwapen…met die wat die prosesse ook so lank vat. Hulle probeer dit nou regtig ongemaklik maak. Lande wie se burgers meeste bewapen is het die minste misdade…gaan google die statestieke maar. Vir ons wetgehoorsames maak hulle dit ongemaklik…maar die misdadigers help hulle sommer self om gewapen te bly. Gin wonder dit gaan al hoe slegter in SA!

DewaldS ·

Ek wonder nou net oor iets – dalk kan iemand wat weet dit vir my verduidelik. As jy ‘n vuurwapen gaan koop dan betaal jy vir die vuurwapen en dit is alreed jou eiendom, maar jy mag nie in besit van dit wees voordat jy ‘n geldige vuurwapen-lisensie het nie. Is daar ‘n maksimum tydperk wat hierdie situasie kan voortduur?

Sou dit wettiglik moontlik wees om ‘n vuurwapen (waarvoor jou lisensie verval het) – nou by ‘n geregistreerde wapenhandelaar of skietbaan in te dien en dan kan hulle dit veilig en wettig bewaar totdat jy weer ‘n aansoek vir ‘n lisensie vir die betrokke vuurwapen (wat steeds jou wettige eiendom is) ingedien het en goedgekeur kry?

Pieter ·

Ek dink dit is ‘n goeie plan en ek sal ook graag hierop ‘n antwoord wou hê.

Danie ·

Nee jy kan nie. n Handelaar en of skietbaan mag nie ongelisensieerde wapen in vat nie.

DIRK ·

Ek my lisensie hernu lank voor tyd en toe het polisie man my aansoek laat weg raak ek maand voor verval datum navraag gedoen en dis nooit ingehandig ek doen weer aansoek toe word aansoek afgekeur omdat ek te laat aansoek gedoen het en polisie trek skouers op ,en niemand kon my help nie

JC ·

Sjoe ! Wat ‘n verrassing!/s. Ek het geweet!

Hierdie wonderlike “grondwethof” van ons speel gou-gou klaar met ons regte. Eers ons taal (juridies gesien; gelukkig maak ons ander planne om ons taal op akademiese vlak te laat voortleef, ontwikkel en te laat blom as ons grootste skat en trots). Die punt is: Ons taal Afrikaans en die verrotting van staatskampusse was maar net die begin. Taalregte is weggeneem van onskuldige jongmense wat niks anders wil doen as om in hul geliefde moedertaal onderrig te ontvang nie. Dieselfde gebeur nou hier, dit is baie slinks en skelm, want omdat die “KH” kwansuis die laaste se het; is wetsgehoorsame burgers se reg om ‘n wapen te dra nou weggeneem, sonder enige aanstoot, sonder enige dreigemente, sonder enigsins enige kwaadwillige optrede van hul kant af. Dis skokkend.

Dit MOET NOU BEGIN AANVAAR word dat hierdie hopeloos bevooroordeelde en ideologiese gedrewe “hof” die instrument geword het waarmee die ANC sy bose planne, indoktrinasie en sosiale ingenieurswese mee wil uitvoer. Dit is geniaal eintlik indien jy daaraan dink, behawle, sommige van ons is nie onder kalkoene uitgebroei nie.
“Wetsgehoorsame” burgers moet nou boet; gestraf word, en hul reg om ‘n vuurwapen te dra vir o.a. beskerming van hul persoon; inboet a.g.v. die SAP se onbevoegdheid!!!

Afrikaners en minderhede het geen meer regte nie…ons is beslis nie vry nie

Moet nooit se dat ek nie gewaarsku het nie, ek doen dit nou!!!

KP ·

Van die kommentaar wat se maak die wapen onbruikbaar of gooi loop vol lood het ek verneem kan hulle jou ook aankla. Maak eers seker voor jy dit doen

Haibo ·

Ek verstaan nie hoekom nie, dit bly jou eiendom en jy word gedwing om hom weg te gee, hulle MAG hom nie weer gebruik of verkoop nie, so hoekom kan jy dit nie onskadelik maak nie?

Ver links ·

@ die wit wolf, it is with regret that you feel that way, but there is no other alternative to change these views. The liberal way is the only multi cultural way to the future. I’m already involve to bring about rules and regulatory measures whereby chuldren at school must interact in all facets, socially, sitting a white boy or girl next to one of colour and must do eveything together. It is so that Government of the day must be in charge 100%. Firearms should be confiscated from all and given to the military and Police for cost savings to the goverment.

Alice ·

Mense moenie op ver links se plasings kommentaar lewer nie. Hy of sy gaan mense probeer uitlok om iets hier te plaas wat jou dalk in moeilikheid kan beland.

PJC ·

Hierdie uitspraak was te wagte. Vele vorige uitsprake van die grondwethof het mos al vir ons gewys hoe die wind noe waai. Dit is iets waarmee ons sal moet leer om mee saam te leef.

Marinda ·

Het vandag weer gehoor van polisie kantoor wat aangeval is, nou wonder ek wie bel hulle in so geval om te kom help.

Bert ·

Hierdie is die finale ontwapeningsproses. Misdaad sal proporsioneel en eksponensieël vermeerder na elke wapen wat ingehandig is aan ‘n onbevoegde en vyandiggesinde polisiemag. Dis met die vorige ingehandigde wapens waarmee ons uitgewis word. Dit is na my mening ‘n oorlogsverklaring.

JJ ·

Hoe moeilik kan dit wees? 120 dae voor die tyd handig ek hernuwing in. Dan volg ek maar net gereeld op en maak seker als is in orde. Die SA polisie werk ook maar onder onmoontlike omstandighede. Als is nie maanskyn en rose nie en daar is baie probleme maar ons kan nie elke keer wat ons nie van reels hou hof toe hardloop nie. Ek het nooit gevoel dat iemand my probeer ontwapen nie, maar eerder net om n vorm van beheer in te bring. Ek kom die reels na, respekteer die DFO en sorg dat ek pro aktief na my sake omsien. As jy nie eers betyds n aansoek kan indien en net goeder trou uit ordentlikeid opvolg en seker maak als is in orde nie dink ek nie jy behoort n wapen te besit nie. Miskien is ek simple maar dit is mos net selfdisipline en is vir my ongelukkig een van die verantwoordelikhede as jy n wapen wil besit.

Charles ·

JJ, as dit net so maklik was soos jy dit stel sou baie mense hul lisensies gehad het. Ek het presies gedoen wat jy daar se. Het vir ses jaar die aansoek gereeld opgevolg en het later n prokureur gekry om hul te dwing om my aansoek te verwerk. Ek kry toe uiteindelik die bevoegdheid vanaf hulle en toe ek wil aankoek doen vir die wit lisensie kaart het die beampte gese dis nie nodig nie die groen kaart bly wettig. Ek het nou n bevoegdheid wat volgens die beampte eers in 2022 verval en n groen lisensie kaart. Is ek nou n wettige eienaar of nie.

Jannie ·

R5 aanvals geweer geroof uit polisiestasie waar 4 polisie beamptes aan diens was, hierdie wapen is 100 maal gevaarliker as enige jaggeweer.
Dit is duidelik wat hier aangaan, my wapens het nognie verval nie maar ek gaan hulle maar ingee want dis duidelik dat die vuurwapenwet daar gestel is om die wettige landsburger ń krimineel te maak.
Ek hoop in die vervolg as die mense se voertuiglisensies en bestuurslisensies verval hulle ook nie weer die geleentheid gegun sal word om dit te hernu nie, kom ons gaan nou maar groot.

Anoniem ·

Dankie Jesus dat U ook hier in BEHEER is en op die REGTE TYD sal ingryp

Cherokee ·

Iemand het hier bo beweer dat eienaars van vuurwapens (nou – want dit is nie voorheen gedoen nie) betyds gewaarsku word dat hul lisensies hernu moet word. Indien dit die waarheid is, word dit per geregistreerde pos gedoen? Of sommer ‘n vel papier in ‘n koevert wat dikwels in verkeerde posbus beland? . Iemand anders sê ‘n polisieman het sy aansoek laat wegraak maar sê nie of hy bewyse het daarvan nie. Ek dink mens moet dalk om veiligheidshalwe vierjaarliks hernu, terwille van veiligheid.

Gert Kruger ·

Daar word reeds oor ‘n lang tyd groot gewag gemaak van die Wapenwet wat strenger wapenbeheer in die vooruitsig stel. Min mense is daarvan bewus dat hierdie Wet reeds dateer uit die dae van die ou NP en dat die groot aanstigter daartoe die links-liberale Regter Goldstone met sy Goldstone Kommissie was. Uit ‘n koerantberig van 8 Januarie 1993 onder die opskrif GUN CURB LEGISLATION ON THE CARDS word daar reeds gemeld hoedat bg Kommissie onder invloed van die ANC en in samewerking met die NP, wat toe alreeds in proses van oorgawe aan die ANC/SAKP was, bg wetgewing geformuleer het. In die kommentaar van die betrokke berig word daar verwys na ‘n verskuilde agenda agter die be-oogde wetgewing omdat dieselfde wetgewing in die destydse Angola en in Rhodesië ook geïmplementeer is en hoofsaaklik daarop gerig was om Blankes te ontwapen, wat toe wel gebeur het. Die gevolgtrekking word gemaak dat dit destyds in SA presies dieselfde ten doel gehad het nl die ontwapening van Blankes met die oog op die oorname van die ANC/SAKP-terroriste ten einde te verhoed dat daar ‘n Wit weerstand (White Resistance) ontstaan. (Ongelukkig vir hulle kon die implementering van die Wet toe nie betyds vergestalt nie.)

Ver links ·

@ Jannie, you are a real gentleman and realise the problems. NO firearms then no crime. The police will do everything in their power to trace the R5 weapon and has experts in fighting this sort of crimes.

Johnny Smith ·

Lekker dom – in plaas daarvan dat die staat ten minste R280 miljoen kan kry (laat lisensies) – gooi hulle dit weg EN moet nog die persone wat inhandig vergoed vir die wapen

BenaYaHU ·

@Jannie
Inderdaad! Die persoon is egter of vreeslik naïef, of (en dit opsig self skrikwekkend), uiters blind vir die realiteite.. In beide geval, uiters gevaarlik in hierdie tyd en era.

Reguit ·

Alvorens hulle ‘n teikengroep wil onteien moet hulle immers eers hulle wapens ‘wettig’ konfiskeer.

Gert Kruger ·

Daar word reeds oor ‘n lang tyd groot gewag gemaak van die Wapenwet wat strenger wapenbeheer in die vooruitsig stel. Min mense is daarvan bewus dat hierdie Wet reeds dateer uit die dae van die ou NP en dat die groot aanstigter daartoe die links-liberale Regter Goldstone met sy Goldstone Kommissie was. Uit ‘n koerantberig van 8 Januarie 1993 onder die opskrif GUN CURB LEGISLATION ON THE CARDS word daar reeds gemeld hoedat bg Kommissie onder invloed van die ANC en in samewerking met die NP, wat toe alreeds in proses van oorgawe aan die ANC/SAKP was, bg wetgewing geformuleer het. In die kommentaar van die betrokke berig word daar verwys na ‘n verskuilde agenda agter die be-oogde wetgewing omdat dieselfde wetgewing in die destydse Angola en in Rhodesië ook geïmplementeer is en hoofsaaklik daarop gerig was om Blankes te ontwapen, wat toe wel gebeur het. Die gevolgtrekking word gemaak dat dit destyds in SA presies dieselfde ten doel gehad het nl die ontwapening van Blankes met die oog op die oorname van die ANC/SAKP-terroriste ten einde te verhoed dat daar ‘n Wit weerstand (White Resistance) ontstaan.

Thea ·

AL wat ek wil sê is: EN so word ALMAL ONTWAPEN!!! Maak maar jul eie afleidings!

Lorraine ·

Ek het vuurwapens by my pa geerf..dit is nog in sy boedel se naam…moet ek aansoek doen vir ‘n lisensie of moet ek dit eerder gaan inhandig (dis unieke vurwapens)

Ver links ·

@Jannie, it is herself and appreciatethat you have made a statement above, that however you are in posession of any firearms illegal and ot legally it is best to hand them in and every firearm owner should follow your example.

Sputnik ·

Net soos JJ hierbo gemaak en geen probleem gehad nie. Dit word selfdissipline genoem – dit help nogal baie in die lewe.

Kotie Jonker ·

Ek het nou vroegtydig, 5 maande voor die vervaldatum aansoek gedoen vir my wapen lisensie, omrede my een wapen vroeër laat hernu was. Ek wou nie weer laat wees vir die ander wapens se lisensiëring nie. Ek het Okt 2017 aansoek gedoen en lisensies het Maart 2018 verval. Die SAP kan nie eens lisensies uitreik , wat meer as 90 dae voor vervaldatum aansoek gedoen is nie. Hulle maak nou eerbare burgers wat voorheen in besit was van lisensies, kriminele. Wanneer weer n wet gewysig word, sal ek nie weer voorbarig wees om dit te volg nie, want iewers is daar n slang in die gras. Dit is die onwettige ongelisensieerde misdadigers wat wapens op
swartmark koop wat moorde pleeg wat probleem is. SAP te bang om hulle uit die gemeenskap en plakkerskampe te haal. Dit is mos makliker en geriefliker om agter n lessenaar te sit en die eerbare burgers wat die wet volg te ontwapen. Hulle stel wette in, wat hulle nie kan uitvoer. Van hulle het nie eens voertuig lisensie nie, maar bestuur amptelike voertuie, moet al die voertuie dan weg gevat word. Die 300 000 lisensies en wapens wat wapen nommers op register aangeteken is ,waar die mense’ wel aansoek gedoen het, maar net te laat. Na die ontwapening gaan meer mense wapens tuisgemaak maak en hoe gaan dit beheer word. Geen nommer geen registrasie, hulle dink nie sovêr. hulle skep nou meer probleme. Die SAP het in elk geval dubbele standaarde en helse binnenshuise kriminele.

Kotie ·

Ek stem, alles waarvoor ons hard gewerk het, hoekom nie hulle eie opbou en los ander s’n uit. Niks word meer opgebou, breek alles af wat voorheen gebou en gerespekteer wás . Ons raak nou gatvol.

Se maar net ·

Ons het almal geweet dat dit gaan gebeur, want hoe gaan hulle grondonteiening sonder vergoeding toepas as die grond eienaars gewapen is. Ai mense skrik wakker ons moet ons neuse skoon hou en die wet gehoorsaam(betyds aansoek doen vir lisensies bv) totdat die tyd aanbreek dat ons almal saamstem en dan gelyktydig die wette begin breek en ignoreer. Ona ia regtig soos n klomp skape wat net kop onderste bo loop en groener gras soek terwyl die vwld om ona afbrand.

Thinus ·

Hoe reg was oom Jaap Marais nie toe hy gesê het dat die Grondwet nie die papier werd is waarop dit op geskryf is nie. Die meerderheid blankes het hom nie geglo nie en hier sit ons nou. Ons sal ALLE middele tot ons beskikking gebruik om ons voortbestaan hier te verseker.

MADELEIN ·

Asb moet geen Vuurwapen inhandig nie, leer uit die verlede hoeveel wetsgehoorsame Burgers het wapens ingehandig laat die krimenele eers hulle wapens inhandig. Hulle kry 2 jaar vir besit van onwetige vuurwapen.

Jan ·

Ja nee ontwapen die wetsgehoorsames ,sodat makleker is om uit gemoor te word,jy kan beslis nie die polisie se woord aanvaar nie,nog minder die reg…..

Johnny Smith ·

Die grondwet hof se regters word almal deur die staat aangestel en salaris betaal. Na wie se pype dink jy gaan hulle dans ?

@lee ·

kan mens dit ingee by n vuurwapen plek vir veilige stoor ? en dan jou lisensie doen?? of net SAPS?

Leon Bezuidenhout ·

Daar moet TEN MINSTE 90 DAE VOOR DIE LISENSIE VERVAL AANSOEK GEDOEN WORD. As jy binne 90 DAE aansoek doen is jy LAAT

vissie ·

Is daar plek in die tronke vir 300,000 mense met lisensies wat verval het en weier om vuurwapens in te handig?

Ben ·

EK het 2 vuurwapens my een lisensie wit het reeds verval maar jageweer lisensie verval eers oor twee jaar, wapens is by geweer handelaar ingegee en ek verstaan dat ek hoef eers 90 dae voor my 10 jaar lisensie verval aansoek doen vir beide is dit waar

Kobus Van Wyk ·

Ope vraag aan Gerrie Nel.

1) Het dit nie tyd geword dat u indringend die regte van u lede by Afriforum wat gister kriminele geword het probeer beredder nie?
2) Hierdie aksie kan in samewerking met ander betrokke organisasies beplan word.
3) Weeg dit nie swaarder as u huidige aksies teen korrupte staatsamptenare nie?

U terugvoering word waardeer.

Justice ·

Het hooggeregshowe nog enigsins `n doel in Suid Afrika wanneer die kostitutionele hof hul besluite wat deur hoogsgekwalifiseerde regters geneem was net so kan omkeer. Beslis `n klap in die gesig vir daardie regters se bevoegtheid.

Emma ·

Die polisie sukkel met my vuurwapenlisensie van 2015 af, en het nog niks ontvang nie net n sms om te se hul werk daaraan.

Lou ·

Ek hoor en lees nou orals net van die vuurwapen lisensies wat verval het maar wat daarvan as jy geldige vuurwapen lisensies het maar jou bevoegdheid sertifikaart het verval? Is jou wapens nou nog wettig of nie en kan jy die bevoegdheid gaan hernu voordat jy jou vuurwapen lisensies gaan hernu?

Ricco ·

Ja hy is wettig… jou competency verval as jou lisensie verval hernu 3maande voor jou lisensie verval

Nikita ·

Ek stem saam almal wat hierbo se “moenie julle vuurwapens ingee nie”…..die land is in elk geval vol korupsie en ag als is so deur mekaar maar as julle dan moet maak die goed permanent onbruikbaar anders gaan dit beslis in VERKEERDR HANDE beland. Ja nee en met die grondonteiening storie wonder mens ook nou hoekom skielik die inhandiging van vuurwapens so saam terwyl hulle besig is om te peuter aan artikel 25 van die grondwet.

Frans C ·

Die uitspraak was tewagte.Dit is ‘n ANC president wat die regters aanstel uit ‘n lys
wat die ‘Judicial Service Commission’ aan hom voorlê.Die ‘Judicial Service Commission’
se samestelling bevat nie sommer mense wat gekant is teen die ANC-regering nie.

As ‘n mens eiedom aankoop kan die staat dit net nie goedsmoed onteien nie.’n Wapenlisensie reêl mi nie die besit maar wel die gebruik daarvan.Dit is netso onsinnig
om ‘n persoon wat nie oor ‘n geldige bestuurslisensie besit nie te verbied om ‘n voertuig aan te koop.

Indien FCA wel die reg om ‘n vuurwapen sonder ‘n wettige lisensie te besit,verbied is dit maar ‘n manier om eiendom sonder vergoeding te bekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.